‘Geen kragkrisis,’ sê Eskom

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Die land ervaar nie ʼn kragkrisis nie, het Eskom Maandag gesê.

“Daar is g’n krisis by Eskom nie. Ek dink die manier waarop daar oor Eskom verslag gedoen word, skep die persepsie van ʼn krisis,” het Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, aan verslaggewers in Johannesburg gesê.
Matona het gesê die kragvoorsiener benodig finansiële stabiliteit en bykomende krag om seker te maak elektrisiteitsvoorsiening is betroubaar. “Ons verkoop elektrisiteit onder kosprys in vergelyking met ander lande.

Ons het al hieroor gepraat. Dit is ‘n kwessie rakende die implementering van beleid, wat ons nie self doen nie.”
Eskom het gesê hy verwag nie dat beurtkrag fase drie weer die maand toegepas sal word nie. Matona het gesê die kragnetwerk sal onder druk bly tot die Medupi- en Kusile-kragstasies begin krag opwek in 12 tot 18 maande. Matona het gesê daar word intussen ook hard gewerk om die Majuba-kragstasie in Mpumalanga weer op volle kapasiteit te kry.

Matona het gesê die kragonderbrekings het ook ʼn invloed op Suid-Afrika se buurlande. “Daar is die persepsie dat beurtkrag voorkom en dat ons voortgaan om ons bure van krag te voorsien. Dit is nie waar nie.”
Matona het die land vroeër om verskoning gevra vir die onlangse kragonderbrekings maar terselfdertyd gewaarsku dat elektrisiteitvoorsiening tot Maart volgende jaar onder druk sal wees.

“Eskom vra die land om verskoning vir die afgelope paar weke se ongerief. Die gebeure was heeltemal onverwags, veral Donderdag en Vrydag.”

Matona het gesê ʼn totale verduistering sal rampspoedig wees vir die land. “Ons pas beurtkrag uit verantwoordelikheid toe. ʼn Totale verduistering sal katastrofies wees en dit kan weke neem om daarvan te herstel.”

Volgens Matona sal elektrisiteitsvoorsiening na verwagting tot Maart volgende jaar onder druk wees. “Februarie en Maart is weens begrotingsbeperkings kommerwekkend vir ons. Ons finansiële direkteur is besig om na opsies te kyk in die verband.”

Hy het gesê kragvoorsiening in die tyd sal afhang van die beskikbaarheid van diesel. Eskom het in November 140 miljoen liter diesel gebruik om krag op te wek. “Ons het die afgelope week situasies gehad waar die bestel van diesel vertraag is weens begrotingsbeperkings. Somtyds loop dinge nie logistiek glad tussen ons, PetroSA en ander verskaffers nie,” het Matona bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ansie ·

Hahahahaha. En WIE gaan die spul leuns glo? Eskom moedig mense dan aan om NIE hul produk te gebruik/koop nie. Verklaar dan Eskom, hoekom was ons Donderdag 10 ure sonder krag? Raai neh, dit was “beurt krag”. As gevolg van jull self verryking en swak bestuur moet die res betaal. En WIE gaan my vrieskas vervang wat agv jull onbevoegdheid en beurtkrag onklaar geraak het? Kan ek Eskom aanspreeklik hou vir my vrieskas? So gaan vertel spul leuns vir idiote wat jul nonsens sal glo.

anet ·

Tshediso Matona, net die volgende vraag: en ek hoop dat Afriforum dit sal ondersoek. Tembisa,
Diepsloot, Alexandra en Soweto, loop nie so erg deur onder die beurt krag nie, so hoekom is daar dan ander dele wat soos gisteraand in Randburg 12ure sonder krag was?. Ek is so moeg vir al hulle leuns en verduidelikings dat ek net niks nie meer glo of luister wat Eskom te se het nie.

Ons moet maar net staak en ophou om te betaal vir elektrisiteit, dan sien ons wat maak hulle dan, met al hulle slim praatjies

Theresa ·

Dink julle nou regtig ons is almal SO onnosel om julle te glo! Julle is onbevoeg om julle werk te doen. Uit en gedaan. Hoekom lewer die spul wat sakke vol geld kry elke maand nie hulle kommentaar op TV en radio nie. Daar word altyd iemand anders “vorentoe” gestuur om julle bog kwyt te raak.
Sit die regte mense terug in hulle poste wat weet wat om te doen en ons land van ondergang te red.

se-net ·

Wat is die verskil tussen die Titanic en SA. Die Titanic het met ligte gesink!!!!!!

Estelle ·

Well said! Miskien moes al die grotes wat die geldtrommel so besteel op die Titanic gewees het en met ‘n lig in hul lewe heen gegaan het!

Riaan ·

Klink logies…. G’n krag, g’n krisis! Wat is so moeilik aan die sommetjie? ;-)

Elizabeth ·

Nee daar is geen krisis nie. Dis ook nie vandag 9 Desember nie. Kersdag val nie op 25 Desember nie. Elke vierde jaar is ook nie ‘n skrikkeljaar nie. Die maan IS van kaas gemaak. Daar IS iets soos die tandemuis en kersvader – jip, hy bestaan regtig. Dis die waarheid, die volle waarheid en niks minder of meer!

Anoniem ·

Matona moet vervang word met iemand wat regtig bestuurs vermoe het. Dit sal altyd so gaan met
onbevoegde mense in posisies waar hulle nie hoort nie. Dis donker vir ons as dit nie meer ‘n
krisis is wat nou gebeur nie.

hanlie ·

…..en hulle glo hulleself sowaar. Geen krag krisis – maar ons is die enigste land in die wereld wat beurtkrag toepas. Hulle was ook amper die oorsaak dat my Tannie gister gesterf het – sy is op suurstof en die krag het sonder waarskuwing afgegaan want volgens die web was daar nie beurtkrag en my niggie moes van die werk af jaag om die suurstof oor te skakel na die ‘handmodel” – 5 minute later en my Tannie sou nie meer met ons gewees het nie.

Hulle voorsien krag onder kosprys – miskien in hulle minds, maar terselfdertyd moet ons hulle paar miljoen salarisse in die jaar betaal – en dit is eindelik die elektrisiteit wat ons betaal……

Snaaks dat ons nie sulke probleme 15 jaar terug gehad het nie…….
Dit beteken mos iemand het iewers op sy alie gesit en speel en miljoene verdien in plaas van om sy werk te doen……
Ek sal maar vir my weer allerhande verskillende kerse koop en romanties raak en orals kerse brand. Weet net nie wat om met my koue goed te maak nie…,.

Ann Strydom ·

Shame on me! You could have fooled me! Don’t try an make fools out of us!! Be honest to all – a mess cannot be changed into a flower bed. Kapish,honesty is not a strong point from Eskom’s side over the past decade – window dressing,Yes!!!!

dries ·

Almal kla oor die onbevoegte mense wat in poste is, maar wie het gestem ja, te laat om nou te kla bloeitjies, leef saam met die probleme,of maak dit nog meer moeilik vir jou self.

Dalleen ·

Dries, jy is amper net soos die ANC met die apartheid verskoning vir alle probleme. Get over it! Dit is al 20 jaar later! Skrik wakker – die lewe gaan aan!

zahn ·

Ons verkoop elektrisiteit onder kosprys in vergelyking met ander lande.

Ek verstaan nie lekker hoe dit gebeur nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.