Geen kragonderbrekings verwag nie

Danville-liggiehuis Foto: www.danvilleliggiehuis.co.za

Danville-liggiehuis Foto: www.danvilleliggiehuis.co.za

Eskom is “versigtig vol vertroue” dat hy nie tydens die feesgety beurtkrag sal instel nie, ondanks die druk op die kragnetwerk.

“Die kragnetwerk sal na verwagting onder druk maar stabiel bly gedurende hierdie week en die res van die feesseisoen,” het Eskom Donderdag in ʼn verklaring gesê. “Die risiko van beurtkrag is laag gedurende hierdie tyd.”

Enige ekstra las op die stelsel of foute in die sisteem kan egter wel daartoe lei dat Eskom beurtkrag moet instel. “Ons sal hierdie periode gebruik om ons aanleginstandhoudingsprogram te verskerp.”

Eskom het Suid-Afrikaners gemaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik en geisers, swembadpompe en nie-noodsaaklike ligte af te skakel, asook om lugverkoelers doeltreffend te gebruik deur die kamertemperatuur teen ʼn konstante 23 grade Celsius te hou en te reageer op kennisgewings wat elke aan op die televisie uitgesaai word.

Klante word ook versoek om hul gebruik tussen 17:30 en 18:30 te verminder om die druk op die stelsel te verlig.

Eskom sukkel al die afgelope paar weke om die ligte aan te hou en ondervind instandhoudingsprobleme. Fase 3-beurtkrag is op 5 Desember ingestel. Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, het op 8 Desember ontken dat Eskom ʼn krisis beleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.