‘Geen krisis’ in SA se lugvaartbedryf

mango

(Argieffoto)

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê dit is normaal vir die Burgerlugvaartowerheid (BLO) om vliegtuie te hok en dat Suid-Afrikaners nie buitengewoon bekommerd daaroor moet wees nie. “Ek wil benadruk dat daar geen krisis is nie.”

Die minister het gereageer ná die afgelope week se herrie toe verskeie vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Mango, asook Comair – wat Kulula en British Airways in Suid-Afrika bedryf – verbied is om te vlieg.

Die BLO het dié stap gedoen ná kommer oor die instandhoudingswerk wat SAA Tegnies (SAAT) op die vliegtuie gedoen het. SAAT is deel van die SAL.

BLO se oudit het tot vyf bevindings gelei wat verband hou met die nienakoming van spesifieke regulasies. Die owerheid het SAAT se korrektiewe plan aanvaar, maar twee bevindings, wat die hele vloot van die drie rederye kon raak, het ʼn bron van kommer gebly, het Mbalula gesê.

Die twee bevindings het verband gehou met ongekwalifiseerde personeel wat instandhoudingswerk afgeteken het en instandhoudingskontroles van vlugopnemers wat nie korrek gedoen is nie. Die rederye is gevolglik beveel om te verseker hul vloot is wel lugwaardig. Hulle moes daarna ook terugvoer aan die BLO gee.

Uiteindelik is 25 vliegtuie van die SAL, 12 van Comair en sewe van Mango geraak. Volgens Mbalula het die rederye self besluit om die geraakte vliegtuie te hok. Verskeie van die vliegtuie is reeds weer in diens gestel.

Die minister het vandag volgehou dat Suid-Afrika se lugruim veilig is.

Hy sê die getal vliegongelukke kan gebruik word as ʼn aanduiding van die doeltreffende administrasie van burgerlugvaartveiligheid en oorsig in ʼn land.

“Deur die maksimum voldoening aan burgerlugvaartbepalings, help die BLO Suid-Afrika om sy onberispelike rekord van geen dodelike ongelukke – wat betref lugrederye en geskeduleerde vlugte – te handhaaf,” het Mbalula gesê.

“Dit is ʼn voorbeeld van die hoë standaard van lugvaartveiligheid en -sekuriteit in die bedryf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lekkerman ·

Met al die reddingsboeie van belastingbetalersgeld, kan korrupsie en onbevoegdheid maar voortgaan! Daar is beslis nie n krisis nie!

Ekke ·

Ons het 2 jaar gelede al 4 ure in die Kaap gestrand gesit toe presies dieselfde gebeur het. Nogal op die 2de Januarie!!!!!

Gert van Wierdapark ·

Nie geweet SAL het nog 25 vliegtuie wat kan vlieg nie. Hul YS is maar Dun, en dis nou somer!!! Eish!

Erg Realisties ·

Die spotnaam van SA Scareways word nou waar. Wag tot boeings uit die lug op voorstede val. Dan hoor ons die slim minister weer praat.

Elize ·

4 jaar gelede het leerling vlieeniers by die lugskool in Port Alfred dit al voorspel.Die agteruitgang het toe al begin

Andre ·

Die enigste rede waarom die ongeluksyfer by SAL so laag is, is omdat die ANC GANGSTERS nog nie beheer oor BLO het nie.

Hou dit so!

George in Bloem ·

Absoluut niks onder die beheer van die ANC sirkus met al sy narre in hierdie land is veilig nie. Mens hoef nie ‘n lugvaart kenner te wees om te sien dat hier een of ander tyd,vroeer eerder as later,’n groot ramp kom nie. Mense word in belangrike posisies geplaas as gevolg van hulle politieke affiliasies in plaas van kwalifikasies. Net ‘n sot kan nie sien wat die uiteinde hiervan gaan wees nie. Ek vlieg enige iets anders as SAL en as slegs SAL of verwante rederye beskikbaar is,stel ek uit of ek ry met my kar.

Joubert ·

Die ‘Geen krisis…’ kommentaar laat my met heimwee terugdink aan een van my voorgeskrewe boeke van hoërskool, genaamd ‘Animal farm’. Hoe ironies darem, dat dit op die einde tog in my leeftyd en in my land toe so gebeur.

Pieter ·

Ons menisters weet alles hulle kan enige werk doen eers menister van sport dan menister van vervoer ai maar die ANC is n grap die werled lag vir julle klomp narre

m ·

Ja Johanna, die ou nar, is seker die enigtse “deluded” een, wat die bollie, wat uit sy mond uit kom glo.

BlinkStephaans ·

oom fikile… weet jy hoeveel voor jou het al daardie woorde gesê terwyl die spreekwoordelike vliegtuig besig is om te val. Ons glo jou nie en ons vertrou jou nie.Julle is besig om te speel en te mors met mense lewens, en dit oor jul eie gulsigheid. Ek hoop jy vlieg ook met een van daardie vliegtuie met die pirate onderdele en nie met n gehuurde privaat straler wat behoorlik na gekyk word. Ek hoop jul leuns en geknoei haal julle nog in in my leeftyd.

daniel ·

Sal dit snaaks wees as die skoonmakers van die vliegtuie toegelaat word om in te staan vir die gekwalifiseerde loodse?.

Johan ·

Ja daar is ook geen probleem by Eskom nie!!! almal moet bid dat die laaste paar manne met ondervinding nog daar is as jy moet vlieg. soos alles in die land verval dit as die verkeerde ouens die plek verlaat. lekker vlieg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.