‘Geen krisis met water’ – minister

(Foto: iStock)

Senzo Mchunu, minister van water en sanitasie, sal Maandag met munisipaliteite in Gauteng vergader oor die waterbeperkings wat deur Rand Water ingestel is.

“Daar is toenemend ʼn oorverbruik van water in die provinsie, wat druk op die stelsel plaas, daarom dat Rand Water besluit het om watertoevoer na huishoudings te beperk. Dit beteken egter nie daar is ʼn krisis wat die beskikbaarheid van water betref nie, maar eerder ʼn behoefte om die stelsel beter te bestuur om die aanvraag na water en die beskikbaarheid daarvan te balanseer,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Rand Water het Vrydag aangekondig dat waterverbruik aanhou toeneem ten spyte van die vlak 2-waterbeperkings wat geld en daarom het hy besluit om watertoevoer na huishoudings beperk, eerder as om op huishoudings staat te maak om water te bespaar.

Die minister sê die waterverbruik het die afgelope weke toegeneem weens ʼn voortslepende hittegolf in die provinsie, en het ook erken dat water verlore gaan weens lekplekke in die waterstelsel. Maroela Media het vroeër berig dat sowat 42% van water verlore gaan weens diefstal of lekkasies, voordat dit die verbruiker bereik.

Die vergadering word Maandag om 09:00 bygewoon deur lede van die departement van water en sanitasie, Rand Water se uitvoerende hoof en verteenwoordigers van al drie Gautengse metro’s sowel as geaffekteerde munisipaliteite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Shakespeare ·

Die kader regering het nie die vermoë om n krisis raak te sien, nie soos Ramaslopski wat uitbasuin dat boere nie vermoor word nie.

Flip ·

Kom kyk gerus in Pretoria Noord hoe bars die pype en loop SKOON water in die pad af. So van pad gepraat, baie is stukkend en vol gate. Plek val uit mekaar…..

JohanR ·

En die DA raadslid Flip? Al gesien hoe lyk Ben Viljoen af berg toe op vullis dag? Maak jou kyk en dan lus voel om Orania toe te trek waar alles skoon is en werk.

Harley Davidson ·

Twak, die kundiges op hierdie gebied waarsku al vir jare dat water n groot probleem gaan word oor die regering se onvermoë om dit te bestuur en infrastruktuur te onderhou.

Snowball ·

Geen krisis? Seker as jy in jou gesubsidieerde beurtkrag vrygestelde huis bly waar water en elektrisiteit verniet is, is niks ‘n krisis nie – as die water af is by jou gaan bly jy en jou entourage seker in die naaste 5ster hotel. En as jy nou nog boonop deur die ministeriële handboek toegelaat word om 15 betaalde ‘aides’ te hê om soos ‘royalty’ te lewe is geen krisis deel van jou bestaan nie. Vir wat wil die onderdane (belastingbetalers) nou weer kom kla oor ‘n waterkrisis?

Bertie ·

Geen krisis met water? Alweer volstruispolitiek. Hulle dink as hulle ‘n krisis ontken, dan is daar nie ‘n krisis nie?

Gawie ·

Die minister sê daar is nie ‘n krisis nie.
Daar is woonbuurtes in Gauteng wat die hele naweek sonder water gesit het.
Die vaaldam is meer as 90% vol.
Maar daar is nie ‘n krisis nie – dis maar net weer swak bestuur en onbeholpenheid wat ons in hierdie situasie laat beland het.

Johan ·

Nou sê sy ons gebruik 300L per dag inplaasvan die wêreld gemiddeld van 178. Trek die 42% (wat hul mors) van 300 af en jy kry 174l per dag, so nee minister julle mors meer as die wêreld gemiddelde, julle is die bo wêrels gemiddelde probleem. Ek daar is n probleem, daarom het julle beperkings ingestel.

Lillian ·

jy sal sê daar is geen krisis nie, want jy beleef dit nie, leef in weelde wat uit die belastingbetalers se sakke kom.

Republikein in die Wes Kaap ·

Daar is ook nie ‘n krisis met krag, misdaad, spore, paaie, riool, sanitasie, afval, lugbesoedeling, onderwys, gesondheid, korrupsie, staatskaping, swak openbare dienste, armoede, werkloosheid, ou myne, landbou, staatskuld en ‘n hele klomp ander dinge nie. Dit gaan eintlik baie goed.

Phillip ·

M M kan u asb ook ondersoek instel by Madibeng local Municipality hoekom Elandsrand Brits 1 keer water 3 dae sonder water is , gaan nou vir die 2 de week So

Jacobus ·

Gebrek aan haas is krimineel! Suide is mildelik oopgegooi om munisipale riool skandes te verbeter. – en dit in die res van Vaal sisteem te versprei. Maar nou ja – Cyril se JoJo’s het gesorg dat sommige van ons huise darem sorgvry is.

Andries ·

Weereens word die onvermoeè, om vooruit te kan dink, bewys. Daar is nie meer mense wat die onbevoegdes kan sê wat, wanneer en hoe dinge gedoen moet word nie.

Heinrich ·

Natuurlik is daar nie ‘n krisis met water nie, net soos daar nie ‘n krisis is met misdaad, plaasmoorde of elektrisiteit nie…dis net standaard ANC ‘operating procedure’.

Susanna ·

Maak al die lekkende pype reg en beperk water aan diegene wat dit verniet kry. En so ook met elektrisiteit.

JohanR ·

Man minister julle ANC’s sal nie ‘n krisis kan sien al slaat hy jou drie maal deur die gesug!

Kattebol ·

Liewe magtag, kry julle agterente in rat en doen julle werk !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.