Geen lesings by UK, sê VSR

Studente en personeel het Vrydag ʼn stille betoging op die trappe voor die Jameson-saal gehou, en plakkate rondgeswaai met versoeke dat akademiese aktiwiteit moet hervat (30 September 2016) Foto: Ashraf Hendricks, GroundUp

Studente en personeel het Vrydag ʼn stille betoging op die trappe voor die Jameson-saal gehou, en plakkate rondgeswaai met versoeke dat akademiese aktiwiteit moet hervat (30 September 2016) Foto: Ashraf Hendricks, GroundUp

Die Universiteit van Kaapstad (UK) se Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) het studente gewaarsku om nie Maandag na hul klasse terug te keer nie, nadat die universiteitsraad beslis het dat lesings sal hervat te midde van betogings oor studentegelde.

Die VSR het Sondag in ʼn verklaring gesê hy ondersteun nie die raad se besluit om die universiteit weer oop te maak nie. “Ons ondersteun of moedig studente nie aan om Maandag terug te keer klas toe nie, met die teenwoordigheid van privaat sekuriteit en sonder behoorlike gesprekke tussen alle belanghebbendes met ʼn duidelike oplossing nie.”

Die veiligheid van studente en personeel kan bedreig word, aangesien dit nog steeds nie duidelik is of die universiteitbestuur enige vordering gemaak het wat die betogers en die “interdik- en tribunaalproses” betref nie, het die VSR bygevoeg.

“Dit sou oneerlik wees van ons as ons studente sou aanmoedig om terug te keer, wetend dat die spanning tussen belanghebbendes voortduur, wat beteken dit is nie ʼn voordelige omgewing vir studente om behoorlik hul studies te hervat nie,” het die VSR gesê.

Volgens die VSR het die universiteit ook “ʼn gebrek aan toewyding om die vraag na gratis hoër onderrig te ondersteun en die regering word gemaan om dringend ʼn duidelike toewyding te toon”.

Studente en personeel het Vrydag ʼn stille betoging op die trappe voor die Jameson-saal gehou, en plakkate rondgeswaai met versoeke dat akademiese aktiwiteit moet hervat.

Intussen het bestuur van die Universiteit van die Witwatersrand Sondag aangedui dat personeel Maandag sal terugkeer werk toe en lesings sal Dinsdag by dié universiteit hervat. Lees meer.

Universiteite word geteister deur betogings oor studentegelde en studente eis gratis hoër onderwys. Die betogings het weer opgevlam nadat Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, aangekondig het dat studentegelde met ʼn maksimum van 8% in 2017 sal styg.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann Marx ·

Nee? STUDENTE wil studeer, graad kry en begin toekoms bou. Die res wil staak vir “gratis watookal”….na hulle met 30% slaagsyfer in Matriek ingeskryf het by ‘n universiteit. As my studente NIE hulle graadkursusse klaarmaak hierdie jaar nie, gaan hulle nie volgende jaar kan begin werk by die hulle beurs-maatskappye nie, gaan hulle nie volgende jaar plek hê in die koshuise nie. Nou eindig die universiteit op met duisende studente wat NIE klaar geswot het nie, PLUS al die nuwe eerste jaars vir 2017…..waar gaan almal klas loop?

John ·

Die groen appels het toe nie ver van die boom geval nie. Wie gaan dit optel? Pappa?

RK ·

Hoe op dees aarde wil hulle gratis opleiding hê. Hulle kom nie eens hulle vakke deur nie….. Dink net hoeveel geld gaan gemors word; want Mnr en Mej Student gaan vir altyd op universiteit wil bly. My hart gaan uit na die studente wat hul kant bring en nou moet swaar kry.

Maria van Dieweeck ·

Maar net nog n onreg in SA. Baie van die wit studente, wat betaal het om in die koshuis te bly, bly nou oor by vriende of familie. Van die studente doen nou aansoek by oorsese universiteite, my hart breek.

John ·

Die woede oor die ellende van agtergeblewenes en werkloosheid is ‘n mite. Die waarheid is dat dit skynbaar groot voordele inhou. Om nie werk te kry nie of ‘n sg slawesalaris ontvang laat jou nie vir water of krag betaal in die huis wat die staat borg nie, kinders kom gratis in die wereld en kry onderhoud, skoolfonds word nie betaal nie, kos en klere word deur samaritane geskenk, studente leef en studeer gratis en kry hierna topposte en gaan sit vir ‘n paar maande tuis totdat hul sg verontregte student weer sy gratis studie-kaart bekom, en dan is ons weer terug in die job wat van die sg voorheen-bevoorregtes afgevat is. Laasgenoemde moet egter vir alles betaal…

Corrie ·

Om te kan studeer aan ‘n universiteit is ‘n VOORREG NIÉ ‘n RÉG nie!! Daar is duisende blanke kinders wat die voorreg nie beskore is nie omdat die fondse om te studeer ontbreek. Inherente ordentlikheid weerhou hulle egter om af te breek, te plunder en te eis.

Landi Slatter ·

Dagsê Amanda

Dankie vir jou navraag. Die betrokke kommentaar is reeds verwyder, dit neem dalk net nog ‘n rukkie voor dit so vertoon.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Piet ·

Hi Amanda, ek sou vrek graag Oink se kommentaar wou sien. Het hy dalk die K woord gebruik of so iets? Ek wil graag weet watter kriteria Landie hulle gebruik om kommentaar te delete. Myne maak dit dikwels nie, maar is die kruks van goeie beriggewing nie om die waarheid te publiseer nie. Ek verstaan dat mens kru taal en self my swak spelling wil delete maar die vet weet as mens te veel delete is jy nounou weer terug in 1982.

Landi Slatter ·

Dagsê Piet

Dankie vir jou navraag. Kommentaar wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word ongelukkig verwyder. Maroela Media se bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname is opgestel in oorleg met regskenners om seker te maak dat ons en ons lesers daardeur beskerm word. Let asseblief ook daarop dat jy telkens aandui dat jy die bepalings en voorwaardes aanvaar wanneer jy kommentaar lewer. Ek hoop jy kuier tog lekker verder op Maroela, al is ons streng met ons kommentaarbeleid.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Karma ·

Toe ek vanoggend dardie spul onwettige immigrante (ja, dis wat hulle is – jy HOORTnie in SA as jy nie hier gebore is nie, behalwe as jy wettig geimmigreer het of hier kom vakansie hou) is dit: hulle sit mos in die pad – dit is obstruksie van die gereg. Net ‘n Njyala of Casspir of twee op hul laat afstorm – hulle sal gou padgee! Hulle wil alles verniet hê – mediese sorg, huise, water, krag, geld vir hul 100’e nasate en nou ook tersiêre opleiding. Ons sit vandag hier – weereens – met die nalatenskap van Zuma se onvermoë om die land te regeer – in 2015 het hy toegegee aan hul eise, met die plaaslike verkiesings in die oog: geen verhogings nie. Nou sit ons met die gebakte pere. Nee, dit is tyd dat die Weermag inkom en die universiteite en land skoonmaak van hierdie tipe selfsugtige anargiste!

dewald ·

Dagvaar UK. Is Price se seun nog deel vd betogings? Hy was mos laas sooooo trots op sy seun . Hy het dit selfs op Nationale TV gese. En nou? Dagvaar ook vir Price. Hy kannie lei nie en mors stusente wat wil leer se kosbare tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.