Geen luukse motors meer vir Tshwane-amptenare

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane. Foto: http://da-gpl.co.za/

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane. Foto: http://da-gpl.co.za/

Solly Msimanga, nuutverkose burgemeester van Tshwane, het Dinsdag aangekondig dat geen luukse motors meer vir politici of senior amptenare van die stad aangekoop of gehuur sal word nie.

Die besluit vorm deel van verskeie kostebesparingsmaatreëls wat deur Msimanga ingestel word.

Die Stad Tshwane het in ʼn verklaring gesê indien motors wat deur die munisipaliteit besit word vervang moet word, sal sinvolle en laekoste motors verkry word. “Ek sal nie toelaat dat openbare geld op luukse motors bestee word, terwyl ons mense met dienslewering, huise en werksgeleenthede sukkel nie. Geen luukse motors sal onder my bestuur aangekoop of gehuur word nie. ʼn Hyundai i20 of Toyota Corolla kan presies dieselfde werk vir ʼn politikus doen as ʼn duur sedanmotor,” het Msimanga gesê.

Volgens die verklaring het Msimanga ook besluit dat tien nuwe luukse BMW-motors wat deur die vorige administrasie vir politici aangekoop is, aan die Tshwane-metropolisie gegee word om in die nuutgevormde teenkapings-eenheid te gebruik sodra dit afgelewer word.

“In plaas daarvan dat luukse motors aan politici gegee word, sal ons hierdie motors gebruik in dié eenheid wat motorkapings beveg en betrokke is by hoëspoed-jaagtogte. Die motors het kragtige enjins en kan gebruik word vir vinnige reaksie. Sodoende word die behoeftes van die mense eerste geplaas en nie die behoeftes van die politici nie,” het Msimanga gesê.

Msimanga het ook vroeër blouligte vir gebruik deur politici en amptenare in Tshwane verbied, insluitend die burgemeester se motor. “Tshwane-beamptes sal voortaan saam met gewone burgers reis, in die verkeer wag en by rooi verkeersligte stilhou,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Yolanda Lotter ·

Mnr Solly Msimanga…. ek is mal oor jou denkwyse, waar was jy al die tyd!!!!!!! Jy kan verseker prioritiseer!

Tubby ·

Dankie tog n burgermeester wat klink of hy op die regte pad is

Deloris ·

Mnr die Burgermeester, ek en baie ander kry sommer baie meer respek vir jou en die DA …. we salute you …

Albert ·

Het nog altyd gese dit gaan nie oor kleur nie. Dit gaan oor bevoegdheid. Dankie DA

m ·

Mr Msimanga ons support jou denkwyse 100%. Die streep moes lankal getrek gewees het. Hou so aan!!!!

Sandra Bester ·

Wonderlik ! Dit is n Burgermeester om op trots te wees. Met sulke mense sal SA weer kan opstaan.

Christo de Klerk ·

Wat? ‘n Politikus wat logiese rasionele besluite maak wat tot voordeel van Suid Afrikaners is? Dit moet seker ‘n vroee April grappie wees

Eva ·

Hierdie word al jare reeds in die Wes-Kaap toegepas. Ek is net bly ons Pretorianers kry nou ook n beurt om goeie munisipalebestuur te ondervind.

Griet ·

Of ‘n baie LAAT April grappie!! LOL, stem 100% saam, klink amper te goed om waar te wees…..

Annelie Joubert ·

Mnr Solly Msimango. Dankie ons is trots op jou… amper te onwerklik om te glo… maar baie dankie. Gaan so voort

AJ

Corrie ·

Wow, dis soos ‘n droom! Ek het weer hoop vir ons pragtige stad.

Louw ·

Trots op jou Mnr, ek sien groot verandering vir die toekoms.

Jakkalas ·

Mooi so! Al die bietjies maak ‘n baie waarmee jy ander se lewens standaarde mee kan oplig sonder dat die belasting betalers deur hulle ore hoef te betaal en af getrek word deur spandabelrige politici.

Lollos ·

Dankie tog daars hoop. Asb Mnr die Burgermeester moet asseblief ons nie in die steek laat nie, terwyl jy nou tshwane reg ruk kan jy asseblief iets doen oor die gemors met ons krag en water rekeninge?

arizona ·

Dear Mr Msimanga, well done. Now if only all of the Mayors will follow suite there will be hope for this Country. Your decisions are benefitting South Africans of all colour and we are proud of you

Cherokee ·

Solly, jy het ‘n adviseur wat in die diplomatieke diens hoort.

Frederik ·

Stadig, almal, stadig!! Dit is presies dieselfde Solly wat verlede week by die meisieskool ingemeng het met die hare-storie. Asof skooldogters se hare iets uit te waai het met munisipale sake.
Solly dink dus net soms reg en ook nie altyd heeltemal nie. Die politisie kan hul eie voertuie koop soos al die belastingbetalers . Meeste belastingbetalers kan nie eens ‘n nuwe i 20 bekostig nie.

M A ·

Ek is seker dit was Lesufi en nie Solly wat sy neus in die haar-storie gedruk het.

erica ·

hy ,moes president gewees het.dis nou iemand om op trots te wees

MM ·

Nee Mnr Sooly ‘n I20 is not te duur. kom na my toe ons gee vir hulle Sparks om mee te ry. Baie lig op brandstof ook!

M A ·

So? Die meeste nuwe karre is peperduur. Die Corolla en i20 se prys is n breukdeel van die prys van die luukse karre wat hulle tot dusver gekoop het. Solly sal darem baie simpel lyk as hy nou in n duur kar ry, tensy hy dit in sy privaat hoedanigheid gekoop het.

cow ·

Ek is n DA lid vir baie jare en hulle moet alle grond en Wet Land grond wat aan munisipaleteite en staat behoort het ondersoek wat hulle vir a appel en uie vekoop het onder soek. Kopers het dit vir miljoen verkoop en selfs blokke woonstelle vir hulself daar opgebou.

M A ·

Ek is seker dit was Lesufi en nie Solly wat sy neus in die haar-storie gedruk het.

M A ·

Skuus, maar dis “n appel en n ei”. Niks met uie te doen nie. Njannies.

Zirk ·

Nou vir stap no. 2. Beperk en verlaag nikswerd ANC aanstellings se salarisse en voordele in die munisipaliteite. Daarna sal diesulkes stelselmatig self verdwyn.

Berhalet ·

Moenie van die luukse huise in die luukse buurte vergeet nie! ;-)

Ai tog!! ·

Uiltjie ek het jou kommentaar gelees en gee jou 10/10!! Nou wonder ek wat het gebeur met vryheid van afspraak?

Wenner ·

Eish! Mensig maar die DA “means business!”. Jis ek kry eintlik hoendervleis van lekkerte. Dis WONDERLIKE nuus! Nou kan Tshwane se mense sommer al die verskil begin beleef wanneer die DA beheer oorneem!

GP ·

Uitstekende nuus. Wil nie negatief wees nie. Maar soos die engelse sê woord gaan: the proof is in the pudding. Maar goed gedoen!!!! Hou so aan ASSEBLIEF. Lekker om te lees van iemand wat nugtere besluite neem.

Jan maak n plan ·

Kom ons kyk hoe lank wee hierdie nuwe besem skoon. Op hierdie oomblik is ek nog tevrede met wat ek hoor maar ek sien nog niks.

Louwrens ·

Mense wat nog niks sien nie moet versigtig wees. Onthou alles is n proses en jy kan nie verwag om more al die sypaadjie skoon, of die straat voor jou huis sonder slaggate te sien nie. Voor die verkiesing het ons al gepraat dat die beginsel primer moet gaan oor dienslewering. Maar om dienslewering suksesvol te implementeer moet daar genoegsame fondse gevind word, en dit is presies wat Mr Msimanga nou probeer doen. Ek hoop net van harte dat die mense wat die DA so gekritiseer het groot genoeg sal wees om te erken dat hulle dalk net TE bevooroordeeld was in die aanloop na die verkiesing. Die DA het 5 jaar kans om die dinge reg te ruk en met sulke opmerkings is hulle sover hande voor.

danie ·

Ek persoonlik dink dis n stap in die regte rigting, alhoewel ek sal aanbeveel dat die burgermeester, sy sekeriteit en blou lig brigade gebruik, as hy so begin skoonvee gaan daar n paar ouens wees wat nie gelukkig gaan wees nie

Hannes de Jongh ·

Vir ń slag, voel mense positief oor ons Pta toekoms. Solly, as jy so voortdoen, gaan jy baie mense baie gelukkig maak…

Fanie ·

Onthou net asseblief: Tshwane word deur ‘n koalisie regeer. VryheidsFront raadslede beklee hele aantal sleutel portefeuljes. Nogtans : Baie dankie aan die Burgemeester wat die raad se standpunt so onomwonde stel.

marius ·

Mnr Msimango, moet asb net nie onder druk bieg nie, self as ‘n wetstoepasser is dit groot nuus van die blou lig brigade, baie dankie om te help met die wetteloosheid van die politikuste, ek hoop die res van die land se munisipaliteite volg u.

Scalla ·

Stap in die regte rigting, ondersoek sommer ook, tenders, salarisse en bevoegdheid, hoop hy maak n reuse verskil

Petro ·

Solly…jou doring…. daar is hoop vir hierdie land…blou hoop ?

Trotse Pretorianer ·

Eerste keer DA gestem en gladnie spyt daaroor nie!!. Solly, ek het respek vir jou. Jou besluite dwing reeds gesag af.

MissDemeanor ·

Ek hou van die man. Hy verdien ‘n klop op die skouer.

Sputnik ·

Marius, die burgemeester moenie onder druk bieg (skuld erken) nie, maar hy moet eerder nie onder druk swig nie.

Mariana ·

Dankie tog iemand wat die onbenullige uitgawes in die bek gaan ruk sodat die minder bevoorregtes ook n slag kan voordeel trek uit ons mooi land

Markus Venter ·

Om reg te stel wat verkeerd is neem verg durf, maar durf strek slegs so ver soos die politieke storm wat onpopulêre besluite kan ontketen. Ek leef vir die dag dat my kinders en hul vriende op grond van bevoegdheid allen, en nie verteenwoordiging nie, oorweeg word vir poste.

Lizelle ·

Solly dankie dat jy ons suid-afrikaners in ag neem. Jy maak ons weer positief vir ins land. Welgedaan!!!!

Koos1 ·

My broer Solly. Ek is so geweldig trots op jou om so ‘n besluit te neem. Dis ‘n skop in die ANC se tande! Vat tot die nuwe karre wat vir die kaders gekoop is en gee hulle vir die mense van die stad, dit mag gedoen word.
Hou aan met sulke goeie besluite en ek waarborg julle nog ‘n termyn as leiers, en wie weet miskien nog die regering van die land.

Cherokee ·

Tipies DA-lede. ‘n Paar uiters diplomatiese toegewings en hy is skielik ‘meneer’ ‘good for president’ en iemamd noem hom selfs ‘brother’.

Hendrik ·

Ja nee ek sien dit ook so. Dit is tog niks uitsonderliks wat hy gedoen het nie. Dit is asof die mense(kiesers) aan niks gewoond is nie. Ons sal maar nog sien na die besluite waartoe die EFF die DA gaan dwing in hulle gesamentlike ooreenkoms. Sover gaan dit nog goed. Ek moet se die ANC was ons gemeenskap nog baie meer goedgesind as die DA in die verlede… Kom ons kyk wat voerntoe gebeur…

E.K. - ek sê net! ·

Aan al die negatiewes hier: Mnr Msimanga het ook ‘n salaris VERLAGING geneem. Gee hom die er wat hom toekom, hy doen dinge en stel ‘n voorbeeld. DA rules!

Hendrik ·

Ja nee ek ontvang ook elke jaar ‘n verlaging in salaris soos die 6%+ inflasiekoers my 3% salarisverhoging opvreet. Kom aan mense dit wat die DA nou doen sal enige normale munisipaliteit ook doen. Dit is regtig niks uitsonderliks nie. Julle is net nie gewoond daaraan nie en dit wat nou gebeur het voorheen (pre-Tshwane Metro) jare die norm gewees. Dit is hoe ‘n normale munisipaliteit gehardloop word.

Gerti ·

Ou suurgat Hendrik, niemand van ons, nie eers jyself, is gewoond aan ‘n munisipaliteit wat beheer word, op die wyse wat die nuwe Tswane raad wil voorstel, nie !! Bloot omdat dit nog nooit so bestaan het nie. Waar het jy die afgelope 20jaar gebly !!!!! Dit waarvan jy praat, (meer as twintig jaar gelede !!) was ‘n plaaslike regering, bloot vir die bepaalde (blanke, mag ek byvoeg) inwoners wat in die dorp/stad mag gebly het. Hierdie nuwe Tswane raad moet al die inwoners van die hele Tswane gebied bedien, dit my vriend is ‘n totale nuwe scenario vir die DA-koalisie vandag. So, gun die positiewe bydraers van hierdie forum, ook hulle blydskap, verbasing, mooi wense en vreugde, …dit is immers ook ‘n welkome nuwe vooruitsig. Terloops ek is 64 jaar oud, ek het ook ons vorige bedeling beleef, en ja ek is ook dankbaar en opgewonde as ek hoor van die besluite en planne wat ons nuwe burgermeester beplan, en ek wens hom en sy raad alle voorspoed toe.!!!!

Annelie ·

Bly om al die positiewe komentaar te sien en nie veel negatief soos altyd.

Cherokee ·

Dit is nie snaaks dat julle op hol raak hieroor nie. Julle DA-party is immers nou met die EFF getroud. Jul volgende handeklap sal wees vir die EFF wie se raadslede deel van hul salarisse moet opoffer ter wille van kostes aangegaan.

E.K. ·

Snedige kommentaar deur bitterbekke is soos altyd, onvanpas. Kyk hoe lekker skyn die son daarbuite man, lente is in die lug, glimlag en, probeer om positief te wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.