Geen luukse vlugte meer vir NMB-amptenare

Athol Trollip. Foto: Twitter

Athol Trollip. Foto: Twitter

Athol Trollip, die nuutverkose burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, gaan eersteklas- en besigheidsklasvlugte vir munisipale beamptes stopsit.

Trollip het in ʼn verklaring gesê in ʼn poging om uitgawes vir die metro te beperk, het hy ʼn kennisgewing uitgereik dat geen Nelson Mandelabaai-amptenare of openbare verteenwoordigers meer toegelaat sal word om op plaaslike vlugte eerste- of besigheidsklas te vlieg nie. “Onder vorige administrasies is ʼn buitensporige hoeveelheid geld aan luukse reise bestee in plaas van aan dienslewering. Daardie dae is verby,” het Trollip gesê.

“Soms moet munisipale amptenare en openbare verteenwoordigers wel reis om beste praktyke by ander munisipaliteite te leer. Van nou af sal al hierdie reise egter in ekonomiese klas onderneem word.”

Trollip het bygevoeg dat reisbesprekings ook ver vooruit gedoen sal word om te verseker dat die laags moontlike tariewe bekom word. “Hierdie praktyk sal met ons huidige diensverskaffers onderhandel word,” het hy gesê.

“Hierdie regering het ʼn belofte gemaak om binne ons eerste 100 dae aan bewind R100 miljoen te bespaar. Dit is ʼn stap in die regte rigting om daardie belofte na te kom, die ekonomie te laat groei en werksgeleenthede te skep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Lance ·

Genadiglik iemand wat n ligpunt kan gee in al die deurmekaar in SA waar gebrand geplunder en verniel word.

Anna-Mari Kriel ·

Wonderlikste nuus in hierdie deurmekaar tyd. Sterkte en voorspoed met kragtige inisiatief!!!

Jan ·

Hoe gemaak dat hierdie benadering en gesindheid soos ‘n veldbrand deur die hele land versprei??

Kobus ·

En dat hulle die munisipale tariewe sny omdat die ANC rade die inwoners gerook het. Sny terug aan dit wat te veel en onregmatig deur die keiser gevra was. Gee terug aan die volk. Die tariewe is onmenslik hoog!

NH ·

Hiphiphoerah! Ons wag al hoe lank die regte dinge begin gebeur. Doen so voort!

Kobus ·

Wat ek graag wil weet is: Ek sien al die DA burgemeersters verkondig almal net dat daar nie meer korrupsie gaan wees nie, hulle gaan die mense wat korrup was aan die pen laat ry.

Dan beduie hulle ook daardie geld wat bespaar word en dit wat op luukshede deur die vorige raad uitgegee was, gaan op dienslewering spandeer word. Ek het nog in geen van hul verklarings gesien dat hulle ook die tariewe gaan sny of aanpas omdat die mense onbehoorlik met buitensporige tariewe gemelk is nie.

Kom DA waarom belowe julle net beter dienslewering, waarom gee julle nie ook vir die mense afslag in die munisipale tariewe nie?

Moet ons nie dalk ‘n betoog begin met #munisipale tariewe must fall nie?

Kobus ·

O’ja Alida, en ek het nie van Eskom se tariewe gepraat nie, maar van die hele munisipale rekening.

Anoniem ·

Munisipale tariewe soos erfbelasting en vullisverwydering, Alida.

Bessie ·

Kobus ek glo nie wat ek lees nie
Ons wat 42 jaar vir die Plaaslike Owerhede (Munisipaliteite) gewerk het, vind jou opmerking lagwekkend
ñ Munisipaliteit werk met helse groot begrotings (Wat die ANC vermors het)
Sodoende moet agterstallige rekening skuld deur die Munisipaliteit afgehaal word, en agterstallige rekeninge wat nooit ingevorder is nie ook nog ingevorder word
Deurdat die ANC geen Interne ouditeure meer in Munisipaliteite gehad en nog het nie, het die gemors begin
Die Ouditeur Generaal se ouditeure het ook nie hulle werk reg gedoen by die Munisipaliteite nie
Tariewe kan nie soos Petrol op en af daar gestel word nie
Die Munisipaliteit pas sy tarief aan na gelang van Eskom se tariewe
Belasting word bepaal deur die verkope in elke buurt, en dan jou grote van jou huis en erf
Mense wat nog nooit vir Munisipaliteite gewerk het, weet daar niks van nie
Ook nie die Burgemeester en Raadslede van die ANC nie
Trollop ons lig n hoed vir jou en sit nog sommer n veertjie in ook.
Sterkte
Die Munisipale Ordonansies en regulasies en Regering wette is meer ingewikkeld as wat mense dink.
Sterkte
Geen afslag vir ons nie. Dan raak Munisipaliteite nog meer bankrot as wat hulle reeds is

Hans Heyneke ·

Kobus, Die ANC het soveel opgehoopte skuld vir die DA nagelaat wat eers reggestel moet word voordat tariewe verlaag kan word. Pretoria is deur die ANC bankrot gelaat. Die DA kan nie probleme wat oor 20 jaar geskep is oornag regmaak nie. Gee die DA n bilike kans. Dit het tyd geneem in Kaapstad en vandag pluk die Kapenaars die vrugte van goeie bestuur en geen korupsie.

Kobus ·

Hans, probeer weer, ons op die grond is gerook. Sien ook my verdere kommentaar ondertoe. Almal wat onder die ANC munisipaliteite swaar gekry het met tariewe, gaan van hulle laat hoor.

Kobus ·

Hans, ek beduie graag vir jou verder, vertel jy nou vir die mense dat die kinders moet vir die sondes van die vaders boet? Ek verstaan finansies. Maar, ek vra of julle die skuld wat die ANC met wanbestuur gemaak het van die mense op die grond moet verhaal? Is dit wat jy beduie?

Kobus ·

Kom ons gee die DA kans, ons hou dop, dan maak ons ‘n #munisipalityfeesmustfall webwerf oop, ons nooi sommer al die studente wat so swaar kry en die EFF uit om deel te neem.

Alida ·

n vlug van PE na JHB duur slegs ongeveer 90 min. Ekonomiese klas is goedgenoeg vir ALMAL. Mooi so DA. Trots op julle.

Carel ·

Mooi Athol Trollip, jy gaan bewys dat die ANC te lank regeer het en dat hulle dae finaal getel is.

Sarie ·

Ek waardeer èlke positiewe poging van die DA om die sinkende skepe te red. Ek verwag voorwaar nie dat hulle oornag àl die gemors wat hulle geërf het moet uitsorteer nie!! Hulle moèt besnoei op salarisse, maar kannie onmiddellik van àl die “hoogs-betaalde” boetie-boetie aanstellings ontslae raak, sònder aanvaarbare redes nie & hulle kan òòk niè die bestaande salarisse verminder nie. Gaan hulle die aanvangs-salarisse verminder, of wàt stel julle voor? Hoè hulle daardie tameletjie gaan oplos, is gelukkig nie mý probleem nie & dis maar net èèn van die talle probleme waarmee hulle sit…

Kobus ·

Hulle moet net gewone byvoordele vir die ampsdraes gee, nie uitspattighede nie. In Pretoria het hulle al met die blou ligte weggedoen en dit gaan ‘n helse verskil maak. Ek kan nie glo dat ek dit geskryf het nie. Ek kan nie glo dat ons die wiel oor en oor moet onwerp nie, dan vierkantig, dan seskantig, dan rond, so ploeter ons voort.

Kobus ·

Sarie, kyk wat het hulle al vermag met salarisse en byvoordele, nie omdat hulle slim is nie, maar net omdat hulle nie korrup is nie en omdat hulle nuwe mense in poste aangestel het.

zahn ·

Aan die salarisse kan daar dalk nie veel gedoen word nie, maar die lang vakansies, duur voertuie en al die ander duur onnodige bykomstighede (fringe benefits) kan besnoei word. Sodra die soustrein se sous valerig raak, sal die bloedsuiers vanself geepad. Dan kaan daar ook gekyk word na die sogenaamde prestasiebonusse, bywoningsbonusse, en al die ander bonusse wat so mildelik uitgedeel is. Kyk ook sommer na hoeveel amptenare het hul vingers in ander se besighede, en hoeveel ontvang omkoopgeld. Jip. daar is baie maniere..

danie ·

Ek verstaan nie iets nie dalk kan iemand dit verduidelik, hoe gereeld moet die amptenare vlieg,dat om dit te beberk n groot besparing bewerk wword.as ek iets wil leer van bv microsoft dan koop ek n boek , ek vlieg nie amerika toe en gaan praat met bill gates nie.

Marina ·

Ek is bly dat van die nuwe DA Burgemeesters nou hulle voet neersit, ek hoop net nie dit is die geval van ‘n nuwe besem vee skoon nie.

Alida ·

Die besparing op salarisse is maklik. Meeste van hulle het kontrakte. Sodra hulle kontrakte verstryk en hulle is nie bevoeg om die werk te doen nie, word die kontrak eenvoudig nie hernu nie en moet hulle gaan. Die mense kan nie net afgedank word sonder goeie rede nie. Glo my daar is honderde oor die land wat aangestel is deur die ou burgermeesters wat nie ‘n benul het van die werk wat hulle moet doen nie, maar daardie kopseer sal ook uitgestryk word. Gee die DA kans. Dit vat dalk bietjie lank vir sommige van ons maar onthou Rome is nie in ‘n dag gebou nie. Oor ‘n jaar of twee gaan ons die verskil sien en voel.

neelsie ·

Die soustrien se wiele nou verloor?
Hoop hierdie beleid suurdeeg deur ons land.
Hierdie bankrotbeleid van die Anc moet nou tot einde kom.

Niemand se Maat ·

Mooi gepraat Athol – nou, verduidelik vir ons die vuillisverwyderaars was / is nou vir 10 dae op onwettige staking. Die DA regering het ‘n ooreenkoms met hulle bereik en die stakings is blykbaar oor – nou wat van die onwettigheid van die staking? Gaan hulle wat die wet oortree het, vervolg word?

m ·

Hierdie is n stap in die regte rigting. Die DA kan nie 20 jaar se chaos en korrupsie oornag oplos nie. Welgedaan Mr Trollip.

Rina Kotze ·

Wel gedaan Mnr Trollip! Dis ‘n stap in die regte rigting.
Soos hulle sê: Hoe eet jy ‘n olifant???
Stukkie vir stukkie!
Mag jy en jou Raad baie mylpale bereik!
Athol Trollip vir President!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.