‘Geen meer droogte teen Maart’, sê Buchan

Angus Buchan by die parlement. Foto: Ina Murison via Facebook

Die evangelis Angus Buchan meen daar sal teen Maart volgende jaar nie meer ʼn droogte in die Wes-Kaap wees nie en die provinsie se damme sal teen daardie tyd vol wees.

News24 berig Buchan het die uitlating Vrydag gemaak toe hy verskeie LP’s en Christelike organisasies tydens ʼn gebedsdag in die parlement toegespreek het. Volgens News24 het Buchan in sy preek gesê Suid-Afrika is ʼn “vaderlose nasie” en dat die land geloof nodig het.

Die gebedsessie, wat ten doel gehad het om vir die toekoms van Suid-Afrika te bid, kon slegs op uitnodiging bygewoon word. ʼn Video van Buchan wat meer oor die geleentheid vertel is sedert Woensdag wyd op sosiale media versprei.

In die video vertel Buchan dat ʼn ouditorium wat 250 mense kan huisves bespreek is vir die gebedsessie. “Ons het voorbidders gehad wat van reg oor Suid-Afrika kom. Ek is so opgewonde hieroor,” sê Buchan in die video.

Angus Buchan by die parlement. Foto: Ina Murison via Facebook

“Ek weet jy glo in gebed. Ek glo in gebed. Ons het reeds gesien wat God in ons nasie doen deur gebed.” Hy vra in die video dat alle Suid-Afrikaners, waar hulle hul ook al mag bevind, by hom aansluit in gebed vir die land.

“Daar is geen toekoms in die verlede nie. Ons moet vorentoe beweeg in die naam van Jesus Christus. Lukas 1:37 stel dit dat met God niks onmoontlik is nie. As iemand vir jou sê hierdie land is op sy einde, dan antwoord jy ‘…maar God’. As mense sê daar is nie ʼn toekoms vir die land nie, antwoord jy ‘…maar God’. Ons glo in niks minder nie as herlewing.”

Buchan het vroeër vanjaar ʼn nasionale biddag gereël waartydens soveel as ʼn miljoen mense op die plaas Wildeals buite Bloemfontein saamgetrek het om vir die land te bid. Dit was die grootste interkerklike gebedsbyeenkoms nóg in Suid-Afrika. Mense van Australië, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Namibië, Nieu-Seeland en Duitsland het ook die geleentheid bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Martin ·

As Christen is ek versigtig om uitlatings en voorspellings wat mense namens God maak, te glo.
Dit gee mense vals hoop en later glo hulle nie meer in God nie.
Het oom Angus nie met sy groot byeenkoms gesê dat daar ń verandering in ons land gaan kom nie? Plaasmoorde neem drasties toe, die misdaad raak al meer buite beheer en werkloosheid styg.
Sulke dinge laat mense nou vra of God valse beloftes aan Angus maak.
Net God weet wat in die toekoms gaan gebeur en ons moet op Hom vertrou.
Sy tyd is sy eie.

Leon ·

Die antwoord waarna u vra lê opgeteken in Nehemia 9. Siener het ook genoem dat ons eers die hervorming van Nehemia moet deurgaan voordat ons dinge sal verander. Die vraag is net wanneer ons die Skrifgedeelte wat nooit in enige Angus preek sal voorkom nie ter harte sal neem. Groete

Pete ·

Dit is niemand se skuld as jy besluit om op te hou glo nie; dit is ‘n keuse wat jyself maak. Ekself wag al twee dekades op uitkoms wat die Here beloof het. Langs pad het Hy baie dinge in drome gewys en het dit dan so ook gebeur. Dus sal my uitkoms ook kom, al neem dit nog twintig jaar. Ek kies om te glo. Mense maak die fout om kitsoplossings te soek; die Heer het gewys dat baie langs pad gaan uitval gewoon omdat dit te veel moeite is om te stry vir oorlewing. Ek het ook inspraak gehad van goeie reens teen Maart 2018, maar dit mag afhang daarvan of daar geloof te vind is – moet dus nie die uitkoms doodpraat en agterna verkondig dat dit nooit sou gekom het nie. Jesus kon nie in Sy eie dorp wonderwerke doen nie agv doe ongeloof van sy eie mense. Lewe en dood is gestel in die tong.

CHRISTA ·

Martin, sien jy nie hierdie onderlinge getwis van die ANC as ‘n verandering nie? Kyk hoe trek die ANC hulle eie party uitmekaar! Hulle onderlinge bakleiery en struweling gaan hulle ondergang beteken!!

madels ·

God werk op SY TYD! Daar gaan verseker veranderinge kom. En julle wat so se Oom Angus is n valse profeet en julle wat so se julle glo nie meer nie en blameer Oom Angus, ekskuus! Dis JOU keuse hoekom jy nie meer glo nie. En mag ek vra, is jy/julle elke dag op jul kniee voor die Here vir ons land? hmmmm

Barend ·

Of dit óf Angus dien ‘n valse God… Omdat die Here nie valse beloftes maak nie, is my opinie uitgemaak. Mattheus 24 lees van oorloë en nasies wat teen mekaar opstaan, hongersnode, pessiektes, aardbewings; Markus 13 voeg beroeringe by. En dat hierdie dinge net die begin van smarte is. Dit gaan erger word. Ek gaan eerder met wat die Bybel vir my sê as wat enige mens my probeer wys maak. Ons word ook gewaarsku om op te pas dat niemand ons mislei nie! Soos die Jode, toe Jesus op aarde was verwag mense ‘n aardse verlosser, een wat verlos van verdrukking; die Here se koms sal spoedig kom en Hy sal vir ewig verlos van sonde en boosheid en hierdie wêreld sal nie meer wees nie!

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=10155284347033925&id=583083924

Lee Kotze ·

Ag tog ou Oom Angus…jy maak beloftes en niks daarvan kom waar nie! Voel jy nie skuldig dat jy valse hoop opwek nie?? Mense hang jou aan uit pure desperaatheid, ek kry hulle so jammer. Het jy nog nooit daaraan gedink hoe jy meer destruktief as opbouend is nie?? Jy het met Swart Maandag ‘n beroep op alle Christene gedoen om na vore te kom en saam te bid….het jy nog nooit daaraan gedink dat nie-Christene ook opgeroep moet word nie? Ons land is in ‘n verskriklike krisis, oom Angus….hou op om eksklusief te wees. Reik uit na ALLE Suid Afrikaners en hou op met jou belaglike lëe en onwaar profesiëe.

Magrietha ·

O ja die man wat uit God se woord geld maak God se jy kry God se eoird en genade verniwt so moet jy dit ook verniet doen

CB ·

Ek daag jou uit om jou stelling te bewys. Gewoonlik is dit net bitter mense of mense wat in die kerk seergekry het wat sulke uitlatings maak. Bewys jou woorde mevrou, anders bly stil.

Geagte CB ·

Jy val vir Magrietha aan! Jy hoef nie ver te gaan soek vir die bewyse! Gaan kyk by CUM boeke. Die April biddag is op DVD.. Wie dink u kry die opbrengs hiervan, die DBV?? En gaan gerus na die ou oom se webwerf dan kan jy sien daar is n knoppie wat jy gerus kan gaan druk om te ‘donate’. Virseker een knoppie wat ek nie sal druk nie!

Callie ·

Die wat al ewig oordeel. Is reeds veroordeel. Hou op beledig en aanval. Begin liewr saambid. Die land is op n mespunt. Bid dag en nag en volg die wat God soek na, want hulle soek vrede

Ben ·

Eintlik het ek nie woorde nie: News24 berig dat Angus gebed gedoen het kort nadat hy beweer het hy n vrou uit die dood uit opgewek het!!!!!!!!!!!!!!!!! Ek sal in my lewe nooit na n woord luister wat die man sê nie!!!!!

Brian ·

Ai oom aartapplel, jou gebede vir die land het nie eers gewerk nie . . . Duidelik doen ons sover iets nie reg nie.

Cowboy ·

Regte cowboy! Kani glo hy het die moed om so arrogant te wees nie! Dankie tog ons het n keuse na wie en wat ons luister. Hy is beslis een na wie ek nooit sal luister nie.. so allerheilig… Ek kry eintlik skaam.

Gert ·

His prayer followed shortly after he alleged that a woman rose from the dead after he prayed for her.
???????????????????

Angash ·

Ek kan nie glo dat Spamgus so iets kon kwyt raak nie. Dink hy dat hy God is?? Sy Bloem samekoms het niks gedoen nie behalwe dat hy mense uitgebuit het vir geld.

TDW ·

Ek is baie trots op Angus! Wat ‘n pragtige voorbeeld is hy nie net nie! Hy inspireer my om harder en sterker te glo. Mag God al die mense se gebede verhoor en die droogte lig. Dankie Angus vir jou inspirasie en wonderlike voorbeeld. Dankie dat jy die woord na almal vat. Baie trots op jou. Ek probeer elke dag om my geloof tot ‘n mosterdsaad te vergroot.

Daleen ·

Ek sien Heinz Wanker se knië kon hom ook nie vinnig genieg dra na die soveelste onbeantwoorde gebede van oom aartappel nie.

Andre Traut ·

Ek is baie versigtig vir alles wat hierdie man sê. Ek glo in God daagliks en glo ook in wonderwerke, maar ek twyfel in Angus Buchan. As ons moet reën kry sal God vur ons gee soos en wanneer ons dit moet kry. Nie wanneer hierdie man so sê nie.

M. Francis ·

Wat presies was sy woorde? In die artikel word daar net gesê dat hy die uitlating gemaak maar sonder die konteks of ‘n direkte aanhaling. Verder af in die artikel word hy wel aangehaal maar daar is geen verwysings na die sogenaamde ‘uitlating’ nie.

Angus se missie was nog altyd om God alleen te eer en nie om homself te veheerlik nie. Aangesien ek nie self by die geleentheid was nie is ek bevrees dat die aaname bes met ‘n knippie sout moet saam gaan.

Ongelukkig is nuus ongelukkig net eenvoudig nie nuuswaardig as dit nie sensasioneel is nie en in baie gevalle word die werklikheid verdraai net om lesers te lok.

As Christene is ons geroep tot Een Liggaam verenig onder Een Hoof. Die een ledemaat is nie beter as die ander. Elkeen het ‘n funksie en geen een het rede tot roem nie want wat ons is, is net genade en elke oomblik is net geleen.

Eish ·

Die Woord leer ons om alles te toets, ook profete. Indien die damme in die Wes-Kaap vol is Maart 2018, sal dit ons iets sê van die man se roeping.

Kwaad ·

Jammer die wie Angus aanval……haal eers die balk uit jou eie oog. Angus is opreg en ook mens en nooit voorspel dat dit of dat gaan gebeur nie…..hy gee altyd eer aan God. Hy pleit by ons Suid afrikaners om op God te vertrou en Hom in ALLES eerste te stel!!! Soo……asb laat los die skinder en kwaadpraat want dis presies wat satan wil regkry!!!! Ons moet kniel voor ons Hemelse Vader…….en dis wat Angus daagliks doen!!!!

AR ·

As jy nie in Bloemfontein was en ook daardie dag die teenwoordigheid van God ervaar het nie,, moet asb nie kommentaar lewer nie en terloops niemand het betaal om daar te wees nie maar mense het op eie bygedra om daardie dag n sukses te maak. En wat n belewenis was dit want van die oomblik wat ons voet neergesit het totdat ons verdaag het was die teenwoordig van die Heilige God waarlik daar.
Kan jul asb verby geldstories kyk en ophou kritiseer en eerder terugdraai na God en saam bid vir herlewing en vernuwing in ons land. Ons gaan nerens kom met negatieweteit nie. Terloops as jul ook nou nog nie kan sien wat die Here besig is om te doen nie dan is jul blind en sal altyd net die donkerkant sien.

Gerhard ·

Ek was nie daar nie want ek glo nie in valse profete nie.

Mick ·

Ek lees die volgende in die Bybel raak…

Heb 11:1 Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Vir my beteken dit dat as ek die werk van God wil sien, moet ek eerstens glo dat God die werk kan doen.

Die Woord praat telkens oor die plekke waar Jesus min wonders gedoen het in plekke waar die mense se geloof min was. Ook het Hy die genees wat Hom uit geloof daarvoor gevra het en het Hy telkens hulle daarop gewys dat genesing, verlossing en wonders moontlik is deur geloof in Hom en in die Vader.

Dan lees ek die siniese boodskappe, die halfgelowige skermimgs van hoe God se planne vir ons duister is, en al die dinge.

Hoekom sal God ons vra om na Sy wil te soek, en Sy koninkryk na te streef, maar dan Sy wil vir ons wegsteek?

As ek geloof moet hê in ‘n God van wonders, ‘n God wat oor die eeue heen die vreemdste boodskappers gebruik het, hoekom moet ek dan nie geloof in die boodskap sit nie?

Maak dit saak of Angus Buchan of Karel Kraai die boodskap oordra?

Glo in God se vermoeëns om dinge te verander, IPV kerm oor hoe dinge nie verander nie. Vertrou dan dat God om jou te wys en by te staan sodat jy ook deel van die verandering kan wees, eerder as gal braak oor hoe dinge erger word.

Dawie ·

Die Here het vir die konings in die bybel ook rykdom gegee. So hoekom kan Buchan nie ook rykdom kry deur die woord van die Here te verkondig en versprei nie. Ons predikante en pastore kry ook hulle rykdom

Eish ·

En nie een kon dit hanteer nie.
Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel het neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy kop kan neerlê nie.

Mick ·

Soos gewoonlik, weer ‘n klomp swartgalliges wat neuel oor twak.

Die vraag is of God genoeg reën sal stuur of nie. En of Hy kan of nie. Ongeag of die stelling deur Angus Buchan of Sarel Seemonster gemaak is.

En die holrug storie dat God se planne vir ons duister is? Die Woord sê ons moet na Sy wil soek en vra. Hoekom dit doen as Hy nie van plan is om ons te sê nie?

Heb 11:1 Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

In plaas van jouself wip oor wie iets sê, vra die Here wat Hy sê. En wanneer jy Sy antwoord gekry het, vra jouself of jy voor die wêreld sal op staan en vertel wat Hy vir jou gesê het!

En terwyl jy die balk in jou eie oog soek, vra sommer die Here wat jy kan doen om deel te wees van die oplossing, in plaas van smartvraat speel en skinner en teem.

En Kosie, jammer om te sê maar as jy nie in God glo nie agv ‘n mens se uitlatings het jy nooit geglo om mee te begin nie.

Ek haat nie my ma omdat sy vir my gesê het Kersvader bestaan nie?!?

Sit jou geloof in Jesus, Kosie. Nie in mense nie.

Johann Marx ·

Baie jare terug was ek ‘n kameraman by die Bothaville Landbou Skou. Daar het ‘n weerprofeet vir die boere vertel hulle moet hulle ploegskare skerp maak, kunsmis en saadmielies laat aflewer, tenks vol diesel laat maak, trekkers diens, planters regkry, arbeiders oplei…..want daardie jaar teen 10 Oktober sal die sluise van die hemel oopgaan en sal die boere soveel reën kry dat hulle record-oeste gaan behaal. Direk na sy toespraak het een boer agter in die saal sy hand opgesteek en gevra “En wat as dit nou NIE die 10de Oktober reën nie?” Antwoord die profeet: “Dan bel jy my….dan gee ek vir jou ‘n ander datum!!”

Leandra ·

Ek was ook in Bloemfontein. Wat n ongelooflike dag!!! Ek dank God so baie dat Hy ons land so geseën het met oom Angus. Net nog n instrument van God wat Hy gebruik tot eer van Sy koningkryk om harte aan te raak…is dit nie wat ons almal moet doen nie!! In plaas van oordeel! Oppas.!!!God sal ons oordeel soos ons ander oordeel!!
Ek glo met my hele hart hier is al reeds, uit al die seer en negatief ook geweldig baie positief besig om te gebeur! Jy ‘t n keuse waarop jy wil fokus! Die onbetroubare negatief van die media en mense of die ongelooflike betroubare woord van God! Vir wie niks onmoontlik is nie!!!! Op sy tyd SAL Hy vir ons uikoms gee want Hy het vir ons ALMAL n hart van voorspoed en nie teespoed nie!!!! God is lief vir die wat nou so gal braak ook net so lief soos Hy die het wat Hom lief het. Ek bid net die wat so hard op mense soos oom Angus is, se harte sal verander, want ek glo nie vir een oomblik julle is volmaak nie……

Lorette ·

Ai mense, elkeen spring op sy eie troontjie oor Angus se boodskappe. Ek het dit nie gehoor nie, MAAR ek bid saam met hom dat die Wes-kaap se waterprobleem opgelos sal word, nou, oor ‘n week, maand of dan teen Maart. Kom ons bid almal saam dat dit sal gebeur in plaas van om te oordeel. Ek het familie in die Wes-kaap en weet wat die situasie is – ek bid dus dat ons Hemelse Vader ons almal se gebede sal hoor en sal antwoord. Ons God is groot en magtig soos ek persoonlik verlede week beleef het toe ek moedeloos geraak het oor ‘n situasie waarin ek gedompel was – Hy het op sy tyd uitkoms gegee en ek kry nou nog skaam oor my twyfel – kom ons almal nader tot God ook in hierdie geval en glo en bid dat Hy sal voorsien.

Annatjie Kennedy ·

My vriendin was by die bid dag in Bloemfontein sy sê daar het ‘n wind opgekom en ‘n Suid-Afrikaanse vlag het op gewaai en daar bo gehang en stadig na benede gewapper
Mense.

listen to the song, not the singer!

Satan saai onrus in ons harte deur te verwag dat als wat een mens sê moet materialiseer.
Fyt bly staan dat die onmin in ons land op ras gegrond is. As ons erken ons het die swart mense te na gekom. Kom daar ook genesing

Solank ons mekaar haat sal dinge net slegter raak in Suid-Afrika

Iemand sit agter die opstokery en die moorde, dit gaan oor dominasie deur die heersendes
Net met gebed en vrede kan sake anders word
Bid saam, vergeet wie voorbid
Dit is nie ter sake nie

David ·

Suid-Afrikaners wat hier skryf leef meestal in ‘n vergange dispensasie. Daar is geen belofte in die Bybel dat die Afrikanervolk herstel gaan word nie. Ook geen belofte van voorspoed en vrede hier in ons land nie. Die beloftes van voorspoed en vrede gaan oor Christus wat weer sal kom en en vir 1000 jaar hier op aarde gaan regeer in sy ryk van voorspoed en vrede. Maar mense wil nie hê Christus moet terugkom en self daardie voorspoed en vrede kom instel nie. Ef. 1:3 sê Christus het ons alreeds geseën met al die geestelike seëninge wat daar in die hemel is. Maar wie is daar wat nog daarin belangstel? Wat God wil gee stel ons nie in belang nie. Ons wil hê wat ons nou wil hê. En daarom sal ons dit ook nie kry nie. Die dae is boos. Profesie word rondom ons elke dag vervul en ons sien dit nie raak nie. God se groot toekoms wat Hy beloof het vir die wat Hom lief het, ken ons nie en stel nie daarin belang nie. Ons wil Hom en die Bybel misbruik om te probeer kry wat ons wil hê. Soek die aangesig van Jesus, jou Here. Laat Hy die die enigste God en Verlosser van jou lewe wees. Hy is op pad om sy kinders te kom haal. Hy weet wie aan Hom behoort.

PJ ·

Dit is eienaardig dat daar geglo word wat Siener voorspel het JARE terug maar Angus word afgeskiet en beledig!! Die gelde wat verdien word word gebruik om die woord uit te dra en mense te help. Hou op teen julle neuse se punte vas te kyk en sien die wyer prentjie!! En dit sal eers erger gaan voordat dit beter gaan. Of glo julle ook net aan kitsoplossings.

Callie ·

Gerhard, jy is seker die heilige profeet. Net jy ken die waarheid. Wow

Gerhard ·

Die Kerke loop leeg omdat gootmense wat van beter moet weet hulle met die soort bog ophou. As hulle wil weet waarom hulle kinder nie meer kerk toe gaan nie en dink die Christendom is ‘n feeverhaal moet hulle in die spieel kyk.

Susan VL ·

Julle ongelowiges verwag Angus moet alleen die land reg bid.
Vat eerder hande en plaas liefde in julle harte en buig elke dag jou eie kniee en bid en smeek dat God jou gebed sal verhoor.
Angus is n voorbeeld maar alleen kan hy nie..maar sy rykdom is alles te danke aan God bir wie hy so openlik prys en eer en dien. En jy?
Gewoonlik begin dit by onsself om eers te verander en n intieme verhouding met God te bou voordat ons die mooi kan raaksien.
Dankie oom Angus…vir jou openlike opregte geloof in ons Skepper. Amen

realis ·

Nee wat. Solank my knieg nog kan buig het ek nie vir Buchan nodig nie.
My realistiese siening is dat hy emosionele Christene uitbuit en hulle probeer hul eie gewete te stil deur die vals profeet blindelings te volg.

Andre ·

Wat van gebed in jou eie huis? Moet die mens nou gaan luister na n akteur op uitnodiging om gesien te word en na voorspellings te luister. Profete word ryk oor die wereld en dit gaan nie beter nie.
Andre.

HB ·

AR, ek stem 100% saam met jou!
Wie ken die hart van ‘n mens?
Hier’s dus ‘n hele paar ouens wat klippe gooi. Is julle sonder skuld?
Nee, laat elkeen sy eie hart ondersoek en sy saak met God reg maak.

Ria Bylevelst ·

Sjoe julle besef julle nie dat alhoewel die evangeliefde, soos water, verniet is, maar om dit van die bron na die mense te herlei kos baie geld. Moet nie die gesalfde van die Here aanraak nie. Ondersteun hulle en bid vir hulle, ons land het mense wat gewillig is om hulle lewens op te offer nodig. !!!!Oom Angus het julle hulp nodig!!!! finansiële veral! !!om die lewende water by verlore siele uit te kry. Ek is so dankbaar vir daardie DVD sodat die res van die mense, wat dit nie kon, bywoon, die manifestasies van die Heilige Gees in ons midde kon sien. Ek weet, teken is vir die ongelowiges, net soms het ons kinders van God ook nodig om sit te ervaar. Waar om val julle hom aan!! En dit omdat hy maniere gevind het om nie net die evangelie te versprei maar ook daardeur te verseker dat hy geld kry om dit te finansier.
My boetie, Loutjie Delport, het na.40 jaar in die bediening, selfmoord gepleeg. En weet julle wat hom die moegste, en moedeloos gemaak het, is kinders van die Here. Hulle wat die minste doen lewer die meeste negatiewe kritik. Kinders van die Here wat ‘n louwarm lewe lei, wat gedurig fout vind met hom en ander kinders van die Here. Hy se hy was so besig om vure in die gemeente dood te slaan dat jy nie by verlore mense kon uitkom nie. ‘n. Bo.sal.aan. sy vrug geken word AMEN AMEN

Lance ·

Ek en my gesin was ook by Bloemfontein en dit was absoluut asemrowend en as hy ‘n vals profeet is waarom kom die wat dan reken hulle is dìe ware profete (bv predikante en pastore) en tree op tot vereniging van alle mense en verootmoediging tot ons Almagtige Vader vir hulp met die moorde en korrupsie wat tans ons daaglikse lewe oorheers? Dankie en baie sterkte oom Angus.

suzette mcdonald ·

ai jai jai? dis my volk en mense wat so negatief praat. ek kry skaam. 2 Pet 3: 8 een dag by die Here is soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. ook ….daar sal ‘n geween wees en gekners van tande, elke tong SAL bely en elke knie SAL buig….. of jy wil of nie, jy SAL bely dat God bestaan, day Hy Here is

Mick ·

Wat sal dit beteken dat dinge “beter” gaan? ‘n Nuwe kar in elke garage en ‘n hoender in elke pot?

Dalk ‘n sterk Rand en ‘n vet bonus elke 6 maande sodat ons nog goed kan koop wat ons nie nodig het nie om shine te vang by die buurman wat ons nie eens ken nie?

En wanneer was dit so maklik, om net te bid en te ontvang en te bid en te ontvang? God is nie ‘n vending machine nie.

En wat doen julle, die hordes wat weeklaag oor die stand van die land en die droogte en die pes onderdie vee?

As julle so geregverdig is en elkeen van julle so heilig en opreg is om afstote te neem in “vals profete”, wanneer reël julle ‘n biduur of ‘n dankdiens of selfs net handevat by die etenstafel? Bid by ‘n braai saam met jou pelle wat ook so uitverkore is soos jy?

Solank jou kjieg kan buig? Mooi woorde. Buig hulle dan ‘n slag, nie net in gebed nie, maar ook in nederigheid teenoor jou God en medemens.

Die elitisme waarmee party kan opkom walg my. Dis soos mense wat ander van die pad afjaag omdat hulle dink ‘n double cab bakkie vol plastiek knoppe en boggels gee hulle meer reg op die pad.

Dis net hartseer hoe almal vaskyk in een man, plaas van die mandaat van God se liefde vir ons.

bgj van der westhuizen ·

wel hy maak n voorspeling wat ek nie sal glo nie ons almal weet dat die weer gedraai het en dat die damme vol sal wees in maart nee my oom ons reen begin ligte val in april /mei glo in gebed ja ek glo die man van bo sal sal weer reen gee maar geen mens kan se wanneer nie sal gebeur nie kan net raai

Antionette Boshoff ·

Ons moet bid en glo alles gebeur op God sê tyd. Die wiel begin draai. Het begin by Zim

Chris ·

Daar moet ook vals profete wees om ons te toets – per Deut 13. Elkeen moet maar self besluit of die hele skrif betroubaar is of nie. En dan sal jy ook jou wens ontvang. Glo my, jy sal. Weet net dit: die tyd vir wakkerword is amper op.

Roy ·

Ek is ook deur profete geprofiteer dat ek bevordering sou kry binne 2 jaar in November. En 2 jaar het gekom en gegaan, maar die jaar daarna in November toe kom my bevordering deur. Al wat ek wil sê, wat profete profeteer is wat hulle wel by God kry, maar God het sy eie tyd. En ek glo ook dat die damme daar in Desember gaan vol reën, juis in hulle droogste seisoen, om ons te wys die Here se tyd is Sy eie tyd.

Roosmaryn ·

Siener het gepraat van die geelperske-reen wat gaan val en dat alles grasgroen gaan wees. Dit gaan gebeur as daar groot omwentelinge in die Parlement plaasvind…Almal weet dat die reen einde Februarie begin val! Siener is Angus n bietjie voor, want Siener gee baie meer detail oor wat in die toekoms gaan gebeur. Hy het die Boerevolk telkemale uit moeilike situasies gered, doen Oom Angus dit vir ons volk, of wil hy net sy sakke vol geld maak???????????????!!

Brian ·

Jy is heeltemal reg Roosmaryn. Uit die kommentare hierbo is dit baie duidelik dat die meerderheid Boere genoeg het van valse leiers. Sogenaamde leiers en kenners wat met hul doelbewuste valse beloftes ons in hierdie penarie het waarin ons is. Die Boervolk sal hom nie weer laat vang nie!

Kandas ·

God is tog ook ‘n God van orde en wat die Skepping en natuur met sekere ritme, reëlmaat en seisoene geskape het. Die Kaap is ‘n winter reënvalstreek. Hoe kan damme dan in Maart aan die einde van die Somerseisoen id Kaap oorloop? Dit beteken die Somerreënvalgebied gaan droog wees as dit gebeur. Kom ons wag biddend op God, want ons weet nie. Daar is heeltemal te veel mense wat namens God praat….. Angus is een….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.