‘Geen meer Steve,’ sê MultiChoice

(Argief) Steve Hofmeyr ontvang ‘n Ghoema-toekenning (Foto: YJR Photography)

MultiChoice het bekend gemaak dat hy nie meer enige inhoud sal uitsaai waarin die sanger Steve Hofmeyr verskyn nie. Dit sluit enige argiefmateriaal van die sanger in.

Die maatskappy, van wie DStv ʼn filiaal is, het aan Channel24 gesê dat hy nie enige verdere blootstelling aan die kunstenaar gaan gee deur lugtyd of enige geleentheid waardeur die kunstenaar ʼn inkomste kan verdien nie.

Maroela Media het vroeër berig MultiChoice het versoek dat die musiekvideo van “Die Land” van die benoemingslys van kykNET se Ghoema-musiektoekennings verwyder word as gevolg van Steve Hofmeyr se betrokkenheid daarby. Die lied word deur Hofmeyr, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay en Ruhan du Toit gesing.

MultiChoice het gedreig om sy borgskap van dié geleentheid te beëindig indien dit nie gebeur nie. Die organiseerders van die Ghoema-musiektoekennings, die Ghoema Musiek Trust, is versoek om die “Die Land”, wat vir beste musiekvideo benoem is, van die benoemingslys af te haal.

Talle sangers het daarna vir Hofmeyr in die bres getree en van die sangers het aangedui dat hulle nie die Ghoema-toekenningsgeleentheid sal bywoon nie.

“MultiChoice ondersteun met trots Afrikaans deur ons belegging in inhoud vir ons DStv-platforms [waaronder kykNET] en ons borgskappe vir feeste, geleenthede en die breër Afrikaanse uitvoerende kunste-bedryf,” het die maatskappy in daardie stadium aan Channel24 gesê. “Ons toewyding tot Afrikaans en ander Suid-Afrikaanse tale sal nie verander nie.”

Channel24 het intussen MultiChoice genader om te hoor of die maatskappy hom distansieer as ʼn uitsaaimaatskappy van ʼn nuwe musiekvideo waarin Hofmeyr verskyn. “Die maatskappy het dit duidelik gestel dat dit nie net die nuwe musiekvideo is nie, maar enige inhoud waarin Steve Hofmeyr verskyn.”

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het in reaksie aan Maroela Media gesê MultiChoice is “soos ʼn groot boelie op die speelgrond wie besluit watter maatjie mag waar speel”. “MultiChoice besluit watter sondes verhoor moet word, kla aan, wees regter en verban, bloot omdat hul kan. Aangesien MultiChoice nie meer ʼn platform is nie, maar sedebewaker, wonder mens of Bill Cosby se inhoud ook verbied gaan word? Hulle voel sekerlik ook sterk teen die molestering van vroue.” Maroela Media het vroeër berig Cosby is skuldig bevind en gevonnis op drie aanklagte van seksuele aanranding nadat hy Andrea Constand in 2004 bedwelm en gemolesteer het.

“Dit is ʼn byenes as ʼn mediaplatform sedebewaker wil wees, behalwe as hul doelbewus selektief is met sondes wat verban moet word,” het Hermann bygevoeg.

Maroela Media het MultiChoice genader en wag vir terugvoer. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

158 Kommentare

Nel ·

Ag siestog, Multichoice gaan op die ou end meer kliënte verloor as wat Steve enige advertensie of blootstelling vanaf Multichoice gaan kry.

Jaco ·

Hoop hulle is regverdig en doen die selfde met ander soos Peter Mokaba en Julius Malema en sekerlik honderde ander.

Johanna ·

gelukkig het ons nie multichoice meer nodig nie, wat hulle nie weet nie hulle gee Steve nou meer publisiteit. Viva Steve Good bye multichoice hello TV Box

Alicia Barlow ·

Gangster State: Pieter-Louis Myburg sê dat “cell phone network giants and other major SA companies” onder Ace Magashule se kamp se invloed is. Dit geld seker ook vir Multichoice.

Maureen ·

Ek wil weet wat het die liedjie met die alles te doen almal hou van Steve se musiek,dis omdat Multi choice nie goeie musiek waardeer nie,hulle gaan so baie kliente verloor en baie geld verloor

Ai. ·

Ja dit is eenvoudig..geen meer multichoice vir my nie..Nie tyd vir sulke bias rassiste nie soos multichoice nie…!!!! Tata my money….

Bernard Hellberg ·

“Geen meer Steve” – Multichoice
“Geen meer Multichoice ” – Steve?

Freud ·

Pathetic…. en hy het nie eers geweld aangehits nie…. maar daardie aanhitsers se nuus en videos mag gewys word….

Jean ·

Ek dink DSTV is kinderagtig en ek dink hulle moet ook n les geleer word soos SPUR en die res. Steve praat net die waarheid

Elize Geldenhuys ·

Goed, ons almal weet wie Steve Hofmeyr is. Kan iemand vir ons wys hoe lyk die magsbehepte gesigloses wat agter “MultiChoice” skuil. Oral word geskryf “MultiChoice” het dít besluit en MultiChoice” het dát besluit … “MULTIChoice” … wát ‘n grap! … “OurChoice” of “OnlyOurChoice” is seker meer gepas. Dan nie?

Freud ·

@Susan…. el het, toe ek my multichoice gekanselleer het ook gender, maar toe kom ek agter dat wedstryde online gestream word en ek het die repeats van multichoice nog nie een dag gemis nie.

Andreas ·

Per hul webwerf: MultiChoice Group is the parent company of MultiChoice South Africa (including SuperSport, M-Net and DStv Media Sales), MultiChoice Africa Holdings, Showmax Africa and Irdeto

Imtiaz Patel (54) Chairperson and executive Director
Steve Pacak (63) Lead Independent non-executive Director
Calvo Mawela (42) CEO
Tim Jacobs (49) CFO
Don Eriksson (74) Independent non-executive Director
Jim Volkwyn (60) Non-executive Director
Nolo Letele (68) Non-executive Director
Elias Masilela (54) Non-executive Director
Kgomotso Moroka (63) Non-executive Director
Louisa Stephens (42) Non-executive Director

Vintcent ·

Multichoice is die ANC se handpoppe. As hul aardsrassiste soos Malema en Noah verdra, is dit mos duidelik hoe die wind waai.

Piet Pompies ·

Dis pateties hoe dinge hier gaan. “Talk is cheap, but money buys the whisky” al verloor MultyChoice al die afrikaanse mense wat agter Steve staan gaan dit nie so erg wees vir hulle nie. Dis n berekende uitspraak wat gemaak is. Hulle weet dat hulle sal maar net aangaan want hulle is net te groot en daarom kan hulle die boelie wees. Dis hartseer. ???

HPV ·

Ag siestog, kyk hoe skrik ons nou vir multiwatsenaam se kinderagtige gekerm.

Ma ·

Hulle sal nooit vir Steve kan stilmaak of sy kitaar se snaar afbreek nie! Ons kan steeds sy musiek luister. Hulle moet maar maak soos hulle wil. Die wiel draai want ń wiel is rond!

Dirk ·

MultiChoice is nie die probleem nie, MultiChoice verbruikers is die probleem, as jou Rugby belangriker is as jou vryheid dan verdien jy wat jy kry, dienste soos die is afhanklik van jou fooi en met jou fooi stem jy of jy, jou verantwoordelikheid.

Guve ·

Regtig, so kleinlik ht ek lanklaas gesien, Multichoice jul speel nou werklik op di verkeerde veld, oppas om julself ni te oorskat ni

Nee Stemmer ·

Jip. Die mense wat nie ‘n standpunt kan inneem teen DSTV nie stem maar net weer “Ja” sodat hulle kan rugby kyk. Rugby is mos vir party mense belangrikker as hul toekoms.

AndreL ·

Solank as wat die multigoed rugbyuitsendings beheer sal Afrikaners hulle ondersteun.

Papa G ·

Hulle beweeg op baie gevaarlike gebied – die sensurering van die kunste volgens subjektiewe moraliteit. Daar is baie, baie inhoud wat uitgesaai en geadverteer word wat beslis as laster teen die Christendom geïnterpreteer kan word.

Lewies ·

Ek is al amper 2 jaar sonder dstv. En weet julle wat daar is baie meer om te kyk daar buite. DSTV SUCK!!! Stream die rugby dis tog al wat ons wil kyk of hoe.

Steve Aanhanger ·

DSTV gekanselleer… Mis dit nie een dag nie. Kyk nou wat ék wil wanneer ek wil…

smurfie ·

Ag kry n lewe Multichoice!
Julle doen dit tog net om aandag te probeer trek, want julle kliente word elke dag minder en julle begin nou panic.
Steve is al laaaaank in die bedryf en almal ken hom. Dis nou nie asof hy julle nodig het nie

Bets ·

Wel multichoice sê maar Tata vir Steve ondersteuners. Hulle het duidelik nie julle huiswerk gedoen nie. Ek het jare nie meer dstv nie ek stream wat ek wil kyk in elk gebak. Baie goedkoper.

Johan ·

Ek sou baie graag van Multi Choice wou hoor wat hulle standpunt oor die BLF en EFF se leiers is. Hulle het baie besliste rassistiese uitlatings gemaak. Hulle is wel nie kunstenaars nie (miskien kul-kunstenaars) maar ek hoor dat Multi Choice al baie danig met hulle was…. Of is Swart rassisme aanvaarbaar?

Hugo ·

Ek het nog nooit DSTV gehad nie en sal ook nooit dit kyk of kry nie.

HPV ·

MultiChoice se volgende stap sal seker wees om die oranje en blou op ‘n wit agtergrond uit hul kenteken te haal want dit verteenwoordig mos die ou vlag!

Pieter ·

Wat hulle nie besef nie is dat van hulle inkomste van ons af kom. Die verbruiker bepaal die produk… so as die verbruiker nie sy gegewe kwaliteit produk kan ontvang nie, sal die verbruiker nie hulle ondersteun nie. Ons is nie die “spaza shop” verbruikers wat maar net aanhou koop nie. Hulle is ook nie ‘n noodsaaklike uitgawe nie. Neeeeeeee, gaan le dan maar by jou mense wat alles vernuut wil he… ons sal ons R5 gee vir wienons wil. Ons is nie afhanklik van julle nie.

Agnes ·

Wie is Multichoice eintlik of wie dink Hulle is Multichoice? Ons het hulle rerig nie nodig nie. Weg met hulle!

Johann M van Heerden ·

Multichoice speel ‘n gevaarlike speletjie. Gaan hulle ophou om ‘n platform vir die EFF en BLF te gee? Wat van Zuma? Ek hoop Afrikaners besef nou hulle word bedreig en stem met hulle voete. As jy wit en Afrikaans is moet jy jou mond hou. So lyk dit baie duidelik. Die probleem is natuurlik dat ons nie saamstaan en verdeeld is. Lees maar gerus die skrywes in die Afrikaanse koerante en kommentare op kyknet.

Pitty ·

Dit gaan nie oor Multi -wat -ook-al. N volk se bestaan is sy grond, sy kultuur en sy taal. En dit word gelydelik vernitig. Multitaalonderrig, geloofafbreking in kerke, BEEE, sport. Oorals moet jy inpas en anvaar tot daar nie meer n plekkie vir jou is nie. Maar jy het n keuse. Moenie saamspeel. Lees los die TV geheel uit. Wat is belangriker? Jou kultuur of jou sport wat al lankal van politiek gely is? Ek het nog nooit n TV in die huis gebring nie.

Nel ·

Ag siestog, Multichoice gaan op die ou end meer kliënte verloor as wat Steve enige advertensie of blootstelling vanaf Multichoice gaan kry.

Slim Koos ·

Nee, hulle gaan nie. Almal is net grootbek wat sê hulle gaan Dstv los. Dis die enigste plek waar jy sport kan kyk.

Langoor ·

Kan iemand help om uit n konyrak van 2 Jaar met DSTV te Kom om Steve te ondersteun

Jan Seerot Aucamp ·

Dit was juis oor julle swak inhoud wat ons sommer van ons TV ontslae geraak het. Daar is ander maniere om my tyd mee te verwyl.
Loop spring in die dam, vuilgoed! Vervlaks.

Ivy ·

Gelukkig het ek lankal my dstv gekanselleer. En asb multichoice hou tog net op om met allerhande “specials” te kom om my te kry om weer aan te sluit. Gaan nie gebeur nie!!!! En besef julle nie dat julle aan steve meer advertensie gee as wat julle ooit sal kry.

Lord Oom Piet ·

“MultiChoice, the pay-TV company that owns DStv and M-Net, made a questionable payment of R25m to the Guptas’ controversial ANN7 channel, the #GuptaLeaks show.

In addition, MultiChoice increased its annual payment to ANN7 from R50m to R141m.” News24. 24/11/2017

Multichoice is net so skuldig aan staatskaping en korrupsie soos die Guptas en hul ANC lakeie. Hul skynheilige “virtue signalling” oor Steve is n rookskerm om aandag van hul korrupte handelinge te verdoesel.

Hul onderdrukking van spraakvryheid is net so onverdedigbaar soos die verbranding van boeke.

Helena ·

Ek stem saam. Hulle fluit in die donker terwyl die geraamte in die kas rammel.

Christine Wattets ·

Multichoice sal dus meer lugtyd kan afstaan aan Malema se EFF en die BLF. So wat van kleinlikheid in die korporatiewe wereld is belaglik.

Andries B ·

Multi choice klou vir alles wat hulle het aan kyk-net. Wens kyknet/dstv kan op hul eie gaan !!!! Soos pay per channel. Hulle wil in elk geval niks met ons te maak hê nie. Maar ons moet maar sluk en betaal vir die vooreg om iets in ons taal te sien… en dan steeds blatant teen ons diskrimineer.

Jo-Anne ·

Nou kyk nê, ek’s self nie n steve aanhanger nie maar wat multichoice doen is deskriminasie en boelie. Ek hoop alle Afrikaners en afrikaanses, hetsy, akteur, sanger, sports persoonlikheid of sommer net die gewone man op straat sal opstaan vir wat reg is, of hulle Steve ondersteun of nie. N groot kooperasie mag nie toe gelaat word om n individu uit te sonder en te boelie nie???

una Swanepoel ·

Dit laat my dink hulle is baie bang vir die man Steve

Daan Erasmus ·

Dit MOET teen die kompetisie wet wees. Om jou mag posisie te misbruik om iemand sy bestaan te ontsê.

Zachrys ·

Toe ek dstv kanseleer het hulle soo agter my aangeloop en selfs beweer ek skuld geld op my maand tot maand pakket!… Hulle het selfs gevra wat kán hulle doen om my te behou….! Nou ja nou kyk ek wat ek wil wanneer ek wil op youtube en andere… En ek spaar geld boonop!
Ek vermoed hulle maak ‘n saak om Afrikaans te stop en vir die massas te buig…
Ek sien klaar hoe ons, ons eie ordentlike elektroniese kanale gaan begin….

Johann cb ·

Multichoice is slegs besig om hul eie, en die kykers, se belange te beskerm! Ruil al die ou nat doeke vinnig om!

Helpmyverstaan ·

Wat is hierdie groot sogenaamde “bedreiging” waarteen Multichoice sy belange en kykers wil beskerm? Johann cb help my om dit te verstaan asseblief, wat mis ek?

Gerhard ·

Multi choice se ware kleure kom nou mooi na vore. Borg Malema, probeer Steve stil maak. Shame. Gelukkig het ek vir jare geen tv. Maar multichoice moet ‘n les geleer word. As ons kunstanaars nie goed genoeg is nie, is ons geld sekerlik ook nie!

Terloops, hoeveel miljoene het hulle uit Steve gemaak? Nou moet hulle maar miljoene verloor….

Oujongvrou ·

Hulle skiet hulself in die voet. Net hierdie week vertel n jongman ons dat sy besigheid ly vanwee die gedreig. En hy moet die pot aan die kook hou vir sy gesin. Maar hy vertel daars in die laaste maand helfde mense wat multichoise installeer. So dit vat aan sy sak.

Andreas ·

Manie, of dit nou tyd gaan neem of onmiddelik vir sekeres, dis nie altyd so maklik nie, maar wat wel in die tyd besig is op te gebeur, ook toenemend polities, is dat ‘n waterskeiding besig is om te gebeur. Mense word genoop om volgens hul oortuigings en waardes besluite te begin neem en nie net sommer by ander s’n in te val nie. MultiChoice het in werkliheid ‘n monopolie wat TV uitsaai aan betref en ons sal maar sien in hoe verre dit toegelaat sal word, maar solank dit sekere mense terwille is, moet ons nie asem ophou nie.

Verbaas ·

Ek verstaan nie die rede. Ons sing dan gedeeltes van die Stem in afr en eng na Nkosi by werêld geleenthede!!

Catharina Odendaal ·

Kan enige instansie, of mens, só belaglik en kleinlik wees!! Steve jy is ‘n held!!

TamB ·

Belaglik! Die grap is op Multichoice-soos tieners, hoe meer onderdruk, hoe groter word dit! Steve word groter agv Multichoice ?

Oom Kalahari ·

Multikeuse is ‘n optegte boelie en die intekenaars het ook ‘n keuse. Jul is besig met blatante diskriminasie en op grond van wat ? Steve het geen misdaad gepleeg wat Multikeuse enigsins geraak het nie en daar is kunstenaars en politieke leiers wat erger en swak optredes aangaan wat nie geraak word nie. Nou waar kom jul konsekwenteit in MultiChoice??
Steve Hofmeyr het baie ander platforms wat hy hom kan bemark sonder om van jul gebruik te wil maak, maar glo dat jul nog baie sleg daarvan gaan afkom.

AndrewL ·

Dat een Afrikaner ‘n hele korporasie so kan laat bewe! Viva, Steve!

Steven de Lange ·

Ek sukkel om te glo dat almal wat van die ghoema uitdeling gesê het koebaai multichoice en dstv dit regtig gedoen het en of hul net kameraderie getoon het en justified gevoel het, maar steeds dstv kyk? Kan iemand kommentaar lewer dalk? Dankie
Steven

de Wet ·

Wonder wanneer gaan ons ook begin saamstaan en ook sê geen multichoice vir ons nie

Anonieme Lafaard ·

Ek het vandag my DSTV gekanseleer. Neem net so 5 minute per telefoon. Hulle vra ook die rede vir die kansellasie. Ek het die volgende redes gegee: swak programme, eindelose advertensies en die optrede van Multichoice teenoor Steve Hofmeyr. Ek kon hoor die ou was nogal onhuts, maar hy het gevra …

Chris Schoeman ·

Bye bye Multichoice….ons gaan vir meneer mis, meneer gaan vir ons mis!

frikkie ·

Fantasties ons sal voortaan ook
geen dstv mee kyk nie kansellasie onmiddelik.

Jan Karsten ·

Steve trek vol sale en stadions. Sy DVD en CD’s word ook groot verkopers wat MC en DSTV op hul neuse laat kyk. VIVA STEVE gaan groot ou vriend.

Sdl ·

Toekenning aan ‘mees beïnvloede maatskappy deur n politieke organisasie gaan aan’….
Net na die advertensie breuk.
Welkom terug. Die toekenning gaan aan Multichoice!

PJC ·

Ek het my DSTV inskrywing ń geruime tyd terug reeds gekanselleer omdat ek eintlik net een kanaal kyk en dit vir ń helse klomp geld per maand. Dit het my nog nie een dag gepla dat ek nou sonder tv is nie.

Biebie ·

Multichoice al 2 jaar terug op die zip geskop. Ek speel my Steve musiek kliphard en by die verkeersligte draai ek my kar se vensters af. Viva Steve

pofadder ·

Al 4 maande sonder DSTV, doen ons gesin en veral die kinders baie goed, weer tyd vir mekaar, dis regtig die moeite werd, spaar amper R1000 / maand

JaNee ·

Nou toe nou né! Dat ‘n mpy soos Multichoice bang is vir ‘n Afrikaanse sanger. Hulle voel vere vir Afrikaans – punt. Soek net Afrikaners se geld.
Skop die klomp uit ons huise. Ons moet soos honderd jaar terug weer opstaan en ons eie dinge doen soos Sanlam, Volkskas ens. Almal kan bydra. Koebaai Multi”choice” nogal. Ons sal ons eie ‘choices’ nou maak.

Brenda ·

Luister eerder na Steve se cds, as om Multi choice te ondersteun! 200 mense kanselleer en hulle verloor R180 000. Ons as kykers verloor nie veel nie, hulle kan nie dieselfde sê nie!! Hoop almal ondersteun vir Steve…

Donderstorm ·

Kyk bietjie wie dai man van multichoice familie van is dan sal jul nog beter verstaan.

Realis ·

Laas week het ek ook die regte ding gedoen en twee vol pakket subskripsies gekanseleer!

charl ·

vra vir spur wat gebeur. lyk my multichoice het reeds n choice gemaak om blf en eff se gemors uit te saai wat geweld uitsaai dit is reg. vir hulle. julle is belaglik en verseker sal ek myne stop want wat doen julle het geen betekenis in my lewe nie. steve het wel

Andre Stander ·

My vraag is net, wat gaan die Afrikaners nou doen met daardie extra R1 000 -00 per maand, en al die extra tyd saans/oor naweke..?

: ]]

Steven ·

Met n los R1000 in die huis… behoort jy vir die ekonomiese ineenstorting voor te berei.
Die dag wanneer die Rand nul werd is…

Koop soveel silwer bullion munte @ R311 per munt as mointlik…

Wanneer die Rand duik, en dis naby sal die silwer belegging n goeie nes eier wees.

Steek dit net ordentlik weg…

Beth ·

Hoop regtig ons Afrikaners staan saam soos ons voorgeslagte, want ons kan! Skandalig dat ons moet toelaat wat ons aangedoen word. Vandag is dit Steve, môre veel erger. Hoop Solidariteit vat hulle aan en daag MultiChoice uit!! Hulle is vals om bewerings te maak dat hulle Afrikaans ondersteun, dink ons is sotte!!

Anton Fourie ·

Net soos Multi Choice/ Guptas oor die afgelope 3 jaar ontslae geraak het van Afrikaner/ wit werknemers het hulle ook nou besluit om die Afrikaans sprekende wit gemeenskap aan te Val. Grap is premium pakette wat hulle finansier word meestal deur Afrikaanse mense betaal.

Jr ·

Waneer gaan mense besef dat die eerste ding wat kommuniste doen is om die media oor te vat. Hierdie mense is nie demokratik nie maar is kommuniste. Nog ‘n teken is grond onteining. Hulle is nie verniet pelle met Rusland , China , Palestyn , Libia en en die lys gaan aan. Mens hoef nie ń brainsurgeon te wees om dit te sien

Lord Oom Piet ·

Mutichoice is in die lewens-verwoes besigheid.

Multichoice het honderde miljoene rande omkoopgeld aan die Guptas betaal vir toegang tot die ANC se ICASA se dekodeerder tenders, en Multichoice het gratis Zuma-ANC en Bell Pottinger White Monopoly Capital propaganda deur die Guptas se ANN7 Dstv mondstuk gegee.

350 ANN7 werknemers is afgedank toe die Guptas geen nut meer vir Multichoice het nie en onder die bus gegooi is. 350 families se lewens byna verwoes, soos Multichoice nou met Steve probeer maak.

Boet Fasie ·

Multichoice sien net om na die belange van sokker, alles is net sokker en nogmaals sokker

Wse ·

Ek kom reeds 38 jaar klaar sonder enige TV. Met die tyd wat ek gespaar het, het ek self die gras gesny en so nog R800 per maand gespaar op tuindienste. Met die besparing plus die besparing op intekengeld en TV lisensies het ek op die ou einde ‘ n vakansieplek op orania kon bou. Nou kan ek dit weer verhuur…. ek moet nou net die dstv by die vakansiehuis ook kanseleer.?

Bi M Choice ·

Het subskripsie gekanselleer. Wie gee hulle die reg en magtiging? Wie betaal Multichoice elke maand?

Wielspore ·

Ons groet een die dae vir DSTV, nie oor die Steve sage maar omdat ons nie meer waarde vir geld kry. Een van die dae kies ons wat ons op die kassie wil sien, die tyd is verby dat ons moet kyk wat DSTV voorsit. As ek na Steve wil kyk, is dit my keuse, moet nie my my keuses ontneem. Na my mening raak die tyd min vir DSTV se monopolie.

Bert ·

Basies betaal ek DSTV R1000 pm vir Binnelanders en sport. My kinders gebruik glad nie DSTV nie. Hulle is of op Netflix, YouTube of die Xbox. Dit lyk my dat sport-opsies al hoe beter raak via live streaming. Dus groet ons ook DSTV. Deel vd oplossing sal ook wees om ons eie tv-inhoud te skep, net soos met aanlynkoerante en dies meer. Mens hoef nie hierdie nonsens te vat en dan nog te betaal daarvoor nie. Hoe wens ek nie dat Maroela verder ontwikkel word om ‘n volledige antwoord te bied op sy mededinger nie; ek sal betaal daarvoor.

Karlien ·

Help my ook net gou:
Aan die een kant word die WIT Afrikaner vernietig en bedreig( geen regte, armoede, geen toekoms, uitgemoor)
Aan die ander kant: Het ons slaankrag, boikotmag en dus baie geld waarmee ons geweldige impak maak.
Uiters verwarrend. Watter een is dit nou?
Is ons n nasie op ons knieë wat uitgemoor word of baie sterk met baie geld?

Wildeboer ·

Karlien, dit is ‘n moeilike vraag en kan nie vinnig beantwoord word nie. Afrikaners is vasgevang tussen twee fronte. Aan die een kant is daar die ANC, hul meelopers, sport organisasies en die anti-Afrikaner sake establishment soos Multichoice wat reken dit is polities korrek om te doen wat hulle tans doen. Aan die ander kant is daar politieke partye en belangegroepe wat teer op Afrikaners se vrees en onsekerheid, sonder om werklik blywende langtermyn oplossings aan te bied. Die gevolg is dat Afrikaners soos afkop hoenders rondhardloop op soek na antwoorde. Ons moet uit hierdie posisie kom en nuwe opsies oorweeg, want beide fronte gaan ons oor die afgrond stoot.

Adam ·

Die een aspek wat my meer as enigiets anders pla is dat Multichoice se optrede direk teen ons grondwet indruis. Wat ‘n klomp idiote!!!!

Tracy ·

Kan een man so bedreiging wees? Hy kan sy eie “live stream” kanaal begin – mense sal steeds luister. Dit is voorwaar belaglik. Hy brand nie geboue, skaad nie monumente en gebruik nie haat uitsprake maar hy is probleem? Ander mense mag brand, geweld en grond grype aanhits – daarmee saam liedjies sing om moord teen sekere groepe aan te vuur maar ons kan dit sien op dstv?

Sandy ·

DSTV nes julle alles repeat, en die feit dat Netflix al julle customers wegvat, repeat ek “get a friggin life”

Jo B ·

Een van die dae gaan Toyota ook besluit, dat geen Toyota aan ‘n Steve aanhanger verkoop mag word nie. ONS AFRIKAANS IS GROOT EN GROOTER AS MULTI CHOICE EN AL HIERDIE PALUKAS SAAM.
Steve het in elk geval nie hierdie klomp tjol nodig nie. Hy maak genoeg geld met sy vertonings… as hulle hom toelaat… bygesê.

Siener van Melbourne ·

Multichoice voel vere vir die minderheid blankes. Hulle noem hulself eenvoudig ezininzi ukhetho en keiter vir die massas.

HK ·

Dis maar net die begin van fase 1 van die uitwissing van die Afrikaner in SA, die verbanning van die vlag, sensuur van hul helde, marginalisering van hul sport, beperking op indiensneming deur radikake transformasie wat boetes behels vir wit aanstellings, uitfasering van hul taal uit skole, universiteite & howe, is deel hiervan. Die enigste oplossing is dat Afrikaners hul eie private tv & radio kanale moet vestig op platforms wat hulself bou & verskans is teen regerings wette, hul eie skole & universiteite oprig soos Akademia. Tensy Afrikaners nie hul gemaklike lewe as lenings miljoeners prysgee nie ten gunste van die vestiging van ‘n ‘ondergrondse’ netwerk van selfbeskikking wat behels slegs die indiensneming van Afrikaners, slegs aankope & verkope & lewering van dienste aan en van Afrikaners het die Afrikaner se leeftyd in SA uitgeloop. Die Britte neem hul kolonie terug op die rug van die swart meerderheid. Media24/Multichoice het geen Afrikaner se subskripsie nodig vir hul bestaan nie, die instansie wat bekend geword het vir geen reklame bestaan nou slegs weens reklame. Die Afrikaner se lot is in sy eie hande, as hul wil voortbestaan moet hul selfbeskikking in hul daaglikse lewe inkorporeer andersins eenvouding emigreer na wit lande waar hul vry sal wees.

Wat van Sport ·

Kanselleer maar gerus, en Stream die rugby soos volg gratis: kry ‘n Android media player, Download en installeer Mobdro App. Dis vir android. (https://www.mobdro.sc/). Rugby is op Sky Sport Action. Werk ook op android selfone.

Fransman ·

Multichoice behort aan Naspers. Selfs al boikot die hele Suid Afrika vir Multichoice en kanselleer hul DSTV subskripsie sal dit geen verskil maak nie, dit is n multi- biljoen dollar maatskappy met vele meer internasionale belange as Suid Afrikaanse belange.

Tewie ·

Fransman , dit gaan nie oor belange of geld nie, maar oor beginsels. Wat verkeerd is kan goed gekeur word nie.

Willem scheepers ·

Ek dink die tyd het aangebreek dat Steve sy eie party moet begin

rollie ·

Multichoice boikot Steve die persoon, nie Afrikaans nie. Hulle bevorder Afrikaans deur kanale soos Kyknet te hê en om Afrikaanse produksies te borg.

Tanya ·

As ons saam staan en dst kanseleer gaan hulle mos baie geld verloor. Geen dstv geen gord geen lenings woooooo hulle is slim net SOUTH AFRICA die agterste land

Susan vl ·

Ek wonder of die politieke partye bang word dat Steve ñ sterk politieke party gaan stig en weet dat hy baieeeee aftrek sal kry. Die dat hulke hom nou al boikot op sang loopbaan…

Esta ·

En Lesufi, wat alles begin het, sit lekker agteroor en kry lekker! En intussen is hy besig om ons inskrywing sisteem vir gr 1 en gr 8 net so op te foeter!!! Hy kom weg met alles. Bid net hy word nie minister van onderwys nie, want as hy soveel skade kan veroorsaak oor n twiet van Steve vier jaar gelede, dink net wat hy aan ons onderwys stelsel en Afrikaanse skole kan doen!!!

Christina ·

Multi Choice. Jou ghwar. Jy doen niks vir Afrikaans. Steve doen wel. En buitendien is jy jare terug saam met SABC uit my huis geskop. Steve kan maar in my huis instap. Ja ek gaan selfs na sy konserte toe. Maar jou dae was lankal getel.

John ·

Ons kanselleer… en werk ons op en… kanselleer…. Oooh, ons kry baie reg. Dit is soos om vir die munisipaliteit bye-bye te sè. Waar kom die mag van DSTV/Multi No Choice vandaan? Van ons eie Afrikaners se angstigheid om miljarde uit eie opgerigte maatskappye te maak? Ons eie Kaapse boerklonge sit nou dik in die geld en lag vir hul eie naaste. Wynplase en myne is almal vir glo goeie geld verkwansel. En so ploeter die Afrikaners voort. Die VF+ is nou rasse-inklussief (besef julle dit?) so ook ons eens eie unie en dit alles vir meeeer geld. Om die mat onder jou eie voete uit te pluk is nogal ‘n eienskap van Afrikaners en dan daaroor te grens onder die brulsang van die ou eens so wonderlike volkslied al la Griekse drama… Boe-hoeeee…. boem, doem, dom, dom… (Nou sal ons maar sterf vir ons geskenk wat ons self wegegeeee het… boeeee…)

Steve Aanhanger ·

DSTV gekanselleer… Mis dit nie een dag nie. Kyk nou wat ék wil wanneer ek wil…

Hentie de Wet ·

My Premiumpakket is ook gister nie betaal nie- en so sal dit onbetaald bly. Die streep is getrek.

Elsabie ·

Gaan myne ook kanselleer . Sal maar moet terug gaan om 7e laan te kyk!
Ons wit geld is nie goed vir jul nie Multi – “wrong”-choice!!

Boemerang ·

Die TV sakemodel is besig om drasties te verander en binne die volgende vyf jaar is Multichoice in elk geval geskiedenis. Hulle het eenvoudig nie die intensie en vermoë om aan te pas nie.

Danie ·

Hoeveel “KYKNET” omroepers het bedank, of is hulle te lief vir hulle poste as om saam te staan vir ’n slag. Skep julle eie stasie saam met Radio Pretoria, Bosveld Stereo, mense wat on af hang klik is van die SAUK of MultiChoice, wat jou geld vat en belê elders maar goedkoper word hulle nie.

hercu ·

Steve vir president!

die CEO van multichoice is ‘n baba wat te groot is vir sy baba boots!!

christine ·

Belaglik ,staan agter jou Steve jy staan op vir ons .Mooi liedjie Die Land. Multichoice wys goed oor en oor en betaal so baie .

Amanda ·

Multichoice is SUUR DRUIWE want ons Afrikaners sal ALTYD agter Steve staan en hulle het gesien dat AIG nie hul borgskap nodig het nie. Die AFRISAAM Fees is om die draai en kyk wie gaan hom daar ondersteun. ONS. Ons wat nie worry oor DSTV, TOYOTA en die ander ouens wat dink geld gaan NIE hul ondergang beteken nie. Ons Suid Afrikaners, hetsy Afrikaans, Xhoza, Pedi, Indier en ‘n hele paar ander sal Steve ondersteun sonder die hulp van die ouens wat dink ‘n doodskleed het sakke. Hulle wat MC is wil ons taal, kultuur en ons as persone vernietig maar het vergeet wat het met die slag van bloedrivier gebeur. We are a force to be reckoned with. Sterkte Steve, ons staan bankvas agter jou. DAnkie Maroela Media wat nie skaam is om Steve te “promote” nie. En een ding moet STEVE onthou: Al is dit negatiewe nuus, jou naam word genoem en hulle kan dit nie weg wens nie. Enige nuus is geld werd wat MC BAIE van gaan verloor.

Liza ·

Dit is verstommend dat ‘n sake onderneming vir klante wat vir hul dienste betaal steeds voortgaan om aan klante voor te skryf. Wat het geword van “the customer is king” beginsel? Wat Multichoice doen druis ook in teen sake etiek.

Daan ·

En tog ondersteun n klomp van ons nogsteed DSTV. Ekt 6 jaar trug myne gestop en is tot vandag nie spuit daaroor nie. Daar is baie ander maniere om die goed te kyk wat hul uitsaai verniet!!!!

common-tator ·

Lae lakke. Dit is wat jy kan doen as jy ‘n monopolie bedryf. Diskriminasie van die ergste soort veral as die teiken nie eers ‘n misdryf begaan nie. Boonop ontneem hulle hom sy reg om ‘n bestaan te maak. Dit staan alles in die Grondwet.

Hentie Smit ·

Het my DSTV gekanseleer. Verbod op Steve is net so belaglik as wat hulle my wil belet om die ou landsvlag in my huis te vertoon. Dit laat mens magteloos voel . Ek weet ons moet op God vertrou, maar n hele klomp van ons aanvaar dit wat met ons gebeur maar net gelate. Is daar dan niemand wat kan leiding neem om vir ons saak op te staan nie ?

Veer ·

Love die man elke dag meer en danksy Multi choice groei sy gewildheid pennieloos!

Gerhard ·

Dalk is dit wat nou gebeur, goed.
Vir 25 jaar het die Afrikaner agteroor gebuig om in te pas in die nuwe bedeling. Vir 25 het die Afrikaner jammer gesê vir dit wat die NP gedoen het. Vir 25 jaar het ons toegelaat dat ons taal, kultuur en menswees stelselmatig vertrap word.

Wat nou gebeur forseer ons on weer te besin, om te begin saam staan, om op te staan vir wat reg is. Dit sluit in die reg om trots Afrikaner te wees. Ek, en by uitbreiding my besigheid, sal nie ‘n Toyota koop of huur nie, ons sal nie Media24 of Multichoice ondersteun nie en ons sal ons Afrikaanse feeste en ander geleenthede ondersteun.

Buiten hierdie het ek reeds aan Media24, Ghoemas en Toyota persoonlike e-posse gestuur om hulle mee te deel waarom ek van hulle verskil en waarom hulle my steun verloor het. Mulitchoice is volgende.

Kom ons staan op, nie net met dit wat ons hier skryf nie, maar spreek direk tot daardie mense. E-pos hulle, FB hulle, Twitter hulle. Laat hulle die boodskap kry.

Dankie Steve. Dis jammer dat jy as die sondebok uitgemaak word, maar ek glo hierdie is die begin van die Afrikaner wat weer begin opstaan en standpunt inneem.

Josua Keys ·

As ek nie op price lock was nie het ek myne ook gekanselleer, net so gatvol vir die klomp snert, wie gee in elk geval Multichoice die reg om namens ons te besluit ??? Multichoice is ons die publiek sonder ons is daar nie n multichoice nie, dit gaan oor die springkaan wat in beheer is van Multichoice net n kwessie van tyd dan kom klop hulle weer aan die miere se deure sodra die veld kaal gevreet is en niks oor is om van te lewe nie. Maar ek weet Maroela sal nie die een op webtuise hou nie want ek is te reguit, maar veite kan jy ongelukkig nie onder die tafel bêre nie een of ander tyd gaan die tafel geskuif moet word en die dag kom finnig nader!!!!!!

Sp ·

Stem saam met jou! Multichoice se programme so vervelig en herhalend.
Multichoice boikot daardeur al die akteurs wat saam met Steve gespeel het.
Of gaan hul net ñ swart kol op sy gesig sit? So sy identiteit verbloem?

Landvaneensydigheid ·

Steve Hofmeyer maak sy mond oop oor plaasmoorde en die internationale reg van afrikaans as taal en mulitchoice verban enige iets van hom. Dus ondersteun multichoice plaasmoorde en erken nie die internationale wette uiteengesit deur die VN nie. Hoekom bestaan multichoice nog?? Oja sodat hulle iemand soos Julius kan lugtyd gee…Jy het my respek Steve!

Jax ·

Geen multi choice mag meer in my teenwoordigheid gewys word nie!

Malstes ·

Shame. Asof dit ‘n verlies om nie DSTV te hê nie. Al die twak wat hulle uitsaai op al hulle kanale is elk geval voor die tyd oral oor die internet beskikbaar. En die rugby word in elk geval 99% van die tyd gestroom op die internet via werwe soos cricfree.net ensomeer. Ek het al amper 4 jaar nie meer daai klomp bloedsuiers in my lewe nie en ek sien meer as toe ek hulle gehad het. Want bowendien kan ek nou kyk wat ék wil wanneer ek wil. Hoef nie week na week te wag vir iets nie, ek kyk dit soos dit my pas soveel dit my pas. Plus, my internet konneksie kos my minder as wat DSTV kos en ek kan dit vir baie meer gebruik as wat DSTV ooit sal kan bied, youtube, Netflix, Showmax is maar sommige van die alternatiewe. Ek noem spesifiek youtube omdat hulle besig is om as ‘n kanaal oorspronklike inhoud te produseer. Nee wat Steve, moet jou nie eers steur aan die klomp sinnelose siele van multichoice nie. Jy is baie beter af sonder hulle want nou kan hulle jou in elk geval op GEEN manier voorskryf nie. Staan saam en sê koevaai vir multichoice, kry ordentlike internet en leef in vrede en vryheid.

anita ·

Multi choice julle is Steve se grootste bemarker. Baie dankie Go Steve go

Anita ·

Ons het die punt bereik waar ons moet hande vat en saamstaan, die Malemas, en ander groepe wil ons fiesies en geestelik vernietig, maar met God aan ons kant , kan ons verskil maak. Steve moet sy eie party begin, hy het tenminste “DERMS” om openlik op te kom vir sy taal …dankie Steve , en vir julle wat kleef aan Kyknet, Multichoice ens. dink verder as vandag, julle vernietig julle self. Oorsee kan ons nie almal gaan nie, ons geld het geen waarde nie, en wat van die bejaardes , die swak geleerdes?? nee , staan op as een groep stop om belasting te betaal , betaal in Trust en stel ook ons eise.

Dienkie ·

@Anita ek stem 100% saam met jou kommentaar. Multichoice wou Steve se stem stilmaak maar doen nou eintlik net die teenoorgestelde.

Andrew ·

Love Steve, of haat Steve – as hulle Steve ban moet hulle Julius (EFF) en Andile (BLF) ook ban. Maar dit sal nie gebeur nie, want rasisme in SA gaan ongelukkig net eenkant toe.

Anoniem ·

Asof Steve enige promofering nodig het in hierdie land. Ba! Hy is ‘n legende. Sal altyd wees. Steve het ‘n manier om mense te motiveer en beinvloed. Ek, for one, sal uit beginsel uit vir Multichoice boikot sover ek moontlik kan.

My skottel het ‘n voëlbad word, dis verseker.

Tewie ·

Ek besef dat ons geen regte meer hier het nie, maar my boere hart klop warm vir ons mense wat sterk standpunt inneem teen MC . Hulle kan nie net maak soos hulle wil nie . Hoog tyd dat hulle opposisie kry

A Mac ·

Iets gee my die gevoel dat die lied ‘n bietjie na aan die nerf van sekere mense is. Dalk dit die rede hoekom Steve geboikot word? As vryheid van spraak hier gemuilband word, wat kan ons later in die res van Suid Afrika se media verwag? Kan een persoon/organisasie sommer so ‘n besluit neem?

Bheki ·

Dit is fantasties dat Multichoice n standpunt inneem teen mense wat seperatisme aanpraat en rassisme aanblaas. Steve Hofmeyr is n skande vir moderne afrikaners en berokken openlik skade aan die integrasie en opbou van ons Suid Afrikaanse nasie. Mooi so Multichoice. Miljoene sal julle ondersteun.

Johann ·

Enuus op 144 bevat niks meer vir my as wit Suid-Afrikaner nie. Cheers DSTV.

At ·

Geen meer multichoice sê At. Ek kanselleer Saterdag myne, kan soveel meer met die geld doen.

Judge Dredd ·

My DSTV laas jaar gekanseleer – wys net te veel gemors vir die geld wat hul vra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.