Geen meer toegang tot entstofdatabasis vir navorsers

Deur James Stent, GroundUp

(Foto: Michele Spatari/AFP)

Die nasionale departement van gesondheid blokkeer sedert Oktober toegang tot data van die Elektroniese Inentingsdatastelsel, ook bekend as EVDS, aan navorsers van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR), die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, asook navorsingsgroepe wat aan universiteite verbonde is.

Dit kom op ʼn besonder belangrike tydstip gegewe die talle onbeantwoorde vrae oor die nuwe Omikron-variant.

Die MNR publiseer sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika die weeklikse getal oortollige sterftes. Dit word bestempel as een van die nuttigste en akkuraatste bronne van data oor die pandemie.

In hierdie stadium kry navorsers van die MNR ʼn weeklikse homp data oor geregistreerde sterftes op die nasionale bevolkingsregister. Die data sluit in ID-nommers, die provinsie en kantoor waar die sterfte geregistreer is, asook of die sterftes natuurlik of onnatuurlik was.

Indien die navorsers toegang tot die EVDS gehad het, sou hulle byvoorbeeld sterftes onder ingeënte mense en oningeënte mense kon ontleed. Maar hulle kan nie.

Tot ʼn paar maande gelede het die Wes-Kaapse departement van gesondheid nog grafieke saamgestel om aan te dui hoe goed die entstof werk. Tydens ʼn weeklikse nuuskonferensie het ʼn Wes-Kaapse gesondheidsamptenaar egter gesê ook dié provinsie het nie meer toegang tot die EVDS-data nie.

Só lyk die grafieke wat die Wes-Kaap in die verlede saamgestel het. (Grafiek: Wes-Kaapse gesondheidsdepartement)

Dit beteken die departement se navorsers kan nie meer die grafieke saamstel nie.

Dit is net een van die jongste hekkies in die pad van epidemioloë in Suid-Afrika wat uiters belangrike werk doen.

Die departement van binnelandse sake deel nie inligting oor geboorteregistrasies met die MNR nie. Dit is egter nodig om ʼn akkurate prentjie oor kindersterftes te skets. In hierdie stadium ekstrapoleer MNR-navorsers data van die gesondheidsdepartement oor sterftes in gesondheidsorgfasiliteite, maar dit is nie ideaal in ʼn land waar talle geboortes elders – soos tuis – plaasvind nie.

Nadat regulasies daaroor gewysig is, kry MNR-navorsers sedert 2014 boonop nie meer toegang tot belangrike oorsake van dood nie. Die wysiging het beteken dat die oorsaak-van-dood-bladsy op amptelike doodsertifikate geseël word deur die betrokke amptenaar en net deur ʼn amptenaar van Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) oopgemaak kan word.

Doodsoorsaak word slegs deur StatsSA in sy amptelike verslae bekend gemaak – en dan gewoonlik eers drie jaar later.

Voor 2014 het navorsers van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement weekliks data oor die oorsaak van dood ontvang. Dit het hulle toegelaat om vinnige te reageer op openbare gesondheidskrisisse soos die uitbreking van die norovirus. GroundUp het reeds in Augustus verlede jaar alarm gemaak oor dié burokratiese hindernis.

Vrae aan dr. Nicholas Crisp, hoof van die EVDS-program by die nasionale departement van gesondheid, die departement van binnelandse sake en StatsSA is steeds nie beantwoord nie.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Anoniem ·

‘n Mens keer net toegang tot inligting indien jy iets het om weg te steek.

Baardman ·

Hulle is bang die waarheid kom uit dat covid eintlik nie so verwoestend is soos hulle beweer nie

Delene ·

Geen deursigtigheid nie! Speel nie oop kaarte nie! Hou julle vaccine! Neem NIE deel aan ‘n bedrogspul nie!

Hennie ·

Waar is die deursigtigheid omtrent hierdie data, dit is tog ons almal in hierdie land se belang om te weet. Anders kan alles verdraai word om sekere agente se naratief te pas.

Marius ·

As daar baie ongerymdhede of onwaarhede is dan is dit beter om dit weg te steek. So is daar dan niks wat aangespreek kan word nie.

Nie Verbaas ·

En so word waarheid van publiek weerhou. Maak self die afleiding oor hoekom.

Misky ·

Ek voorheen nog getwyfel en oorweeg wat beste sal wees en wat werklik aan die gang is, maar nou twyfel ek nie meer nie. Nou weet ek en as jy niks het om weg te steek nie, word toegang nie geweier nie

Phillip ·

As dit nie n duidelik aanduiding is van korupse nie dzn weet ek nie

miavos ·

Doodeenvoudig bevestig dit dat die entstowwe nie so effektief is as wat Big Pharma probeer voorgee nie. Maar geld wil hulle maak uit hierdie pandemie. Die koei sal gemelk word tot sy kurkdroog neerslaan.

Pieter ·

Nog nooit die data vertrou nie onder die korrupte ANC. Data slegs handig om die ramptoestand lewendig te hou en inentings af te dwing, sonder dat die newe effekte aangeteken word.

AW ·

Gaan Hof toe, julle is volgens my , geregtig op daardie Inligting.

Papsak ·

Ag weet julle wat bitter baie word vir die land weg gesteek glo my

LANA is ELANè ·

So tipies, want hoe nou as Jan Publiek uiteindelik besef die “clot shot” bied absoluut nie beskerming nie en dat dit slegs die begin van ñ reeks spuite is wat die mensdom se voorland is. Waarom dan in elk geval begin?

Andre ·

SAVAERS wys 46 sterftes, en dit is sekerlik net die deel wat wel by hulle aangemeld word.

Jan ·

Indien die staats departemente mekaar nie eens vetrou en/of nie saamwerk nie, hoe verwag hulle dat die publiek hul moet vertrou en moet saamwerk om die pandemie te kan be-eindig??

Vlooitjie ·

As mens nie mag vra hoekom die pro vax mense so stil is oor die berig nie, dan bevestig dit dat hoofstroom media eensydig is.

Jacobus ·

Verstaan tog mooi – een van die hoof doelwitte van die veldtog is om mens teen mens en persoon teen persoon te verdeel. Goeie inligting befoeter alles.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.