Geen meer wapens in howe ná bende-voorval

‘n Skermskoot uit ‘n video wat geneem is gedurende die chaos by die Johannesburg-landdroshof.

Die nuutaangestelde minister van justisie en korrektiewe dienste het Suid-Afrika se howe as vuurwapen-vry verklaar na aanleiding van ’n bende-voorval by die Johannesburg-landdroshof.

Minister Ronald Lamola het dié besluit geneem nadat bendelede van Westbury mekaar tydens ʼn bakleiery in die hof getakel het toe die bendeleiers van twee opposisie-bendes toevallig terselfdertyd in dié hof verskyn het.

Die polisie het ingestorm om orde te handhaaf waartydens hulle hul vuurwapens op die bendelede gerig het.

Lamola het na aanleiding van dié voorval vanoggend die hof besoek waartydens hy met hofamptenare en sekuriteit ontmoet het. “Ons kan nie toelaat dat bendes en misdadigers die regstelsel ontwrig nie. Hulle is deursoek en wapens is gevind,” het Lamola gesê.

Die minister het verduidelik dat die uitdagings wat howe in die gesig staar, opgelos kan word. Hy het verder gesê die departement sal dus nou betrokke wees by die polisie om getuies se veiligheid te verseker.

“Ongelukkig het die [twee] bendes terselfdertyd in dieselfde hof verskyn,” het Lamola gesê oor die oorsaak van gister se chaos in die hof. Hoewel die meeste howe die uitdagings waarmee hulle gekonfronteer word, kan hanteer, moet die administratiewe kant van dinge wel verbeter word, het die minister bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andreas ·

Nou wat nog? Ek dag dan dis logies. Skuus, die twee bendes was ‘per ongeluk’ dieselfde tyd in die hof.

koos ·

Slaan my om met ‘n pap snoek. Ons howe is mos lankal wapen vrye sones. Of het ek dit nou verkeerd? Minister, dit gaan oor toepassing en afdwing van wette, soos alle wette in SA!

Andreas ·

En dan kla ons oor misdaad teen boere. Hulle kan dit dan nie eens hier in die howe regkry nie.

Dronkgeslaan ·

So word die staat ontman deur sy eie toedoen. Bendelede word nou beskerm teen polisielede se vuurwapens! Wag totdat n bendelid n paar mense in so n hof doodsteek, hulle weet mos nou die polisie is nie gewapen nie! Wat dan Ronald Lamola, wat dan?

Foxi ·

Die staat het nie meer beheer oor enige-iets nie. Die ergste kom nog!

Leon ·

Jy is reg Koos ek was eendag met n klein knipmessie voorgekeer en kon nie ingaan nie .Nuut aangestelde minister weet nie wat is die reeds vasgestelfe reels nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.