Geen name by matriekuitslae

Argieffoto

Argieffoto

Matriekuitslae wat in koerante gepubliseer word, gaan slegs die identiteitsnommer en eksamennommer van leerlinge bevat, het die departement van basiese onderwys Dinsdag gesê.

Dié besluit is geneem ná ʼn taakspan se aanbeveling dat die gewoonte, om individuele leerlinge se name te publiseer, hersien moet word, het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

Die besluit is Maandag tydens die Raad van Onderwysministers se vergadering geneem dat die uitslae sonder name gepubliseer sal word. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het die vergadering in Pretoria behartig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jan ·

Voorblad van koerante gaan seker dan ook net groot ID nr’s met die aantal onderskeidings wys !!!!!!!!!!

Paplepel ·

Is ook maar om mense die verleentheid te spaar van wie se kinders die beste vaar. (Baie moeite gekos om dit so te bewoord dat Maroelamedia nie my kommentaar uitvee nie.)

Nico ·

Dit is so dat dit seker maar net ‘n spoggery is, maar aan die ander kant, die kind wat so goed in rugby en atletiek doen se prestasies is daar vir almal om te sien. Die kind wat hard gewerk en laat aande gestudeer het mag seker ook maar erkenning kry.

charmaine ·

Ek dink eeder dit is om nie te wys hoeveel van die “volk” gedruip het, en ons hardwerkende,skoolgaande kinders wat hard geleer het om verby die kwota’s te kom wel geslaag het. Want tog doen ons kinders baie beter as hulle juis om oorsee te gaan swot want ons leer en werk teen kwota’s met toelatings en al!

STERKTE AAN AL ONS MATRIEKS!!

Lawrance ·

Die huidige regering het in die 70’s en 80’s die peoples geleer: liberation before education. Nou is daardie peoples die ouers dus voel hulle absolute niks vir opvoeding, geleerdheid, respek en beskaafdheid nie. Dit veroorsaak dat die huidige youth presies dieselfde goed aanleer en so sal dit bly. Dit verklaar ook hoekom hul numma 1 net st 3 het en 62% dit so verkies.

Hermanus Potgieter ·

Ja dit is so dat dit maar ‘n verleentheid afgee vir van die lui landgenote. Ek dink net dit is belaglik. Wat ‘n gesoek gaan dit nie afgee nie! Ek sien dit nie as ‘n spoggery van geen aard nie. Gee die kinders hulle krediet en ‘n koerantuitknipsel waarmee hy/sy dalk sy kinders ook kan motiveer. Daar is ons dan nou almal nommers. Een van die dae koop ons dalk met koepons die staatsbeheerde koerant met die ID nommer van ons kinders. Dankie vir die nuusbrokkie.

Mauritz ·

Julle almal het dit verkeerd. Die rede hoekom hulle dit so deon is om met die stats te peuter. So kan niemand sien dat die wit (nie rasisties) eindelik baie beter doen as die res van die mense.

Freda ·

My dogter het matriek geskryf en baie baie hard geleer, maar die vraestelle was blykbaar n kombinasie van verskillende handboeke, wat dit baie moeilik gemaak het vir die matrieks. Sy het meeste kere in trane by die huis gekom van moedeloosheid. Indien so hardwerkende leerder druip dan sou ek ook verkies dat my naam uitgelos word, dis traumaties vir hulle en my dogter is blank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.