“Geen Nazi-kultuur op Puk-kampus”, bevind verslag

Prof Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU en Itumeleng Pooe, ondervoorsitter van die NWU-raad Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Prof Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU en Itumeleng Pooe, ondervoorsitter van die NWU-raad Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit, het Donderdag tydens ‘n mediakonferensie bevestig daar is nie ‘n kultuur van nazisme of fascisme by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus nie.

Kgwadi en Itumeleng Pooe, ondervoorsitter van die NWU-raad, het Donderdag die media toegespreek oor die verslag wat die universiteit se raad saamgestel en aan Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, oorhandig het. Die verslag is opgestel na aanleiding van die sogenaamde Wessels-verslag, ‘n verslag wat onder leiding van dr. Leon Wessels opgestel is oor oriëntering en beweerde ontgroeningspraktyke op die drie kampusse van die NWU.

Een van die onafhanklike ondersoektaakspan se sleutelbevindings was dat daar nie ‘n kultuur van nazisme of fascisme by die NWU is nie, maar dat sekere voorvalle eerder gedryf is deur “praktyke wat ingebed is in sogenaamde tradisies”. Van die “tradisies” het volgens die ondersoektaakspan se verslag “menseregteskendings” tot gevolg gehad.

Die raad sê in sy verslag aan die minister die uitdaging is om ‘n nuwe ingesteldheid te kry wat ‘n “inklusiewe, gesonde en verwelkomende kultuur op al drie kampusse ondersteun”. Die raad het verder opdrag aan die universiteit se bestuur gegee om proaktiewe en voorkomende strategieë en maatreëls te implementeer “ten einde ‘n herhaling van sodanige oortredings te voorkom”.

Die raad het ook bevestig dat die ondersoektaakspan se bevindinge en aanbevelings “nie die status van ‘n geregtelike uitspraak het nie” maar as ‘n “hulpbrondokument” kan dien. Die raad het wel besluit om ‘n raadskomitee, die “studente-oorsigkomitee”, op die been te bring.

Die mandaat van die komitee sal wees om “toesig te hou” oor ingrypings wat gaan plaasvind na aanleiding van die ondersoektaakspan se verslag. Dit behels onder meer ‘n verbod op die alle “ontgroeningsrituele en afbrekende praktyke” en die ontwikkeling van ‘n “gepaste ontvangs- en induksieprogram wat ‘n verwelkomende kultuur op al drie kampusse sal verseker”.

Lees ook:
Raad bestudeer nog Puk-verslag
Puk: Nog géén besluit oor Wessels-verslag
AfriForum Jeug eis dat Wessels-verslag verwerp word
Puk-debat: Waaroor die geveg gaan en nié gaan nié
Puk-verslag “in politiek ontvang en gebore”
Raad wil Puk-verslag oor ontgroening eers verder bekyk
NWU-klag teen dagblad teruggetrek; transformasie by Puk bespoedig
Voorstelle van internasionale ondersoekspan by NWU belemmer multi-kulturele inslag
Puk: Engels moet gelyk met Afrikaans, sê verslag
Theuns Eloff tree uit met roerende afskeidsboodskap
NWU dien klag in by Persombudsman teen dagblad
Puk-ondersoekspan bekend gemaak
Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit; ondersoek van stapel gestuur
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
Zuma reageer op Puk-groet
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
Oud-student bedank Puk vir balans
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
Basson se roekelose joernalistiek
Video: pukke moet transformeer – departement
Puk-studente begin met eie veldtog
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: “Ons sal nie menseregteskendings duld nie”
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet ‘n g*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor Nazi-saluut

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Franse frans ·

“ten einde ‘n herhaling van sodanige oortredings te voorkom”. Ag shame nou wat was die oortredings weer gewees, ek het die’ spesifieke sodanigheid gemis. Het die swart outjies en westelikke wessels weer begin aanstoot neem as gevolg van vrees vir iets? Ek was dus reg gewees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.