‘Geen nuwe afslag op e-tol aangekondig nie’

Argieffoto

Argieffoto

Die verskeie nuwe vergunnings wat die minister van vervoer vir gebruikers van e-tol aangekondig het, bestaan glo al sedert die stelsel in werking getree het.

Dipuo Peters het gister tydens haar departement se begrotingstoespraak die nuwe vergunnings aangekondig.

Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê feitlik al hierdie vergunnings bestaan egter alreeds sedert die begin van die e-tolstelsel in Desember 2013 en is nie nuwe maatreëls nie.

Joubert sê die minister het onder andere aangekondig dat e-skyfiegebruikers 48%-afslag sal ontvang, afslag buite spitstye gegee sal word, afslag vir gereelde gebruikers gegee sal word en ‘n afsnypunt van R450 per maand op ligte voertuie van toepassing sal wees.

“Al vier bogenoemde vorme van afslag bestaan reeds vanaf die inwerkingstelling van die e-tolstelsel. Dit is nie nuut nie. Die minister het ook aangekondig dat ongeregistreerde padgebruikers wat binne 51 dae betaal, 60% afslag op die alternatiewe tarief sal ontvang.

Dit kan moontlik ʼn beduidende verandering wees, maar dit is nie uit die minister se toespraak duidelik nie. Daar bestaan reeds effektief ʼn grasietydperk van minstens 37 dae, wat in die praktyk selfs langer as 51 dae kan wees weens die wyse waarop die Oortredingsverwerkingsentrum (“Violations Processing Centre” of VPC) e-tolrekeninge hanteer.”

Joubert sê die minister se stellings in haar toespraak dui dus geensins daarop dat nuwe vorme van afslag op e-tol ingestel gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.