Geen nuwe remblokke vir Prasa-treine

Gebruikte remskoene wat glo aangewend word vir treine. (Foto: Verskaf)

Die spooragentskap Prasa het nie nuwe remblokke beskikbaar om verslete remme aan treinstelle te vervang nie.

Só lui ʼn bevinding wat die spoorwegveiligheidsreguleerder (RSR) op 22 Januarie in ʼn brief aan Prasa gestuur het.

“Op 16 Januarie het ʼn span van die RSR Prasa se instandhoudingsfasiliteit in Braamfontein besoek. Tydens ʼn inspeksie op die perseel het dit aan die  lig gekom dat Prasa geen nuwe remblokke in voorraad het om afgeleefde remblokke op treinstelle mee te vervang nie,” lui die brief.

Omdat die RSR glo dat dié tekort ʼn veiligheidsrisiko vir reisigers inhou, is Prasa toe aangesê om die RSR van ʼn permanente oplossing te voorsien om te verseker dat genoeg nuwe remblokke by al sy instandhoudingsfasiliteite beskikbaar is om verweerde blokke mee te vervang. Prasa moet ook bewyse lewer dat alle treinstelle wat tans in gebruik is, oor remblokke beskik wat nog nie verweer is nie.

Luidens die brief het Prasa tot vandag (Dinsdag 4 Februarie) om aan die vereistes te voldoen.

Intussen het die DA ook inligting ontvang dat treintegnici en meganiese ingenieurs in dromme vol gebruikte remskoene moet rondkrap op soek na onderdele wat erg afgeleefde remblokke moet vervang. “Deur tweedehandse onderdele te gebruik om erg beskadigde onderdele mee te vervang, hou ʼn wesenlike gevaar in vir miljoene Suid-Afrikaners wat van die spoorlyn gebruik maak,” sê Chris Hunsinger, die DA se skaduminister van vervoer.

Daarom wil die DA hê Prasa moet sy plan om genoeg nuwe remblokke aan te skaf in die openbaar bekendmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

charmaine ·

Die geld is weg die dat daar niks oor is nie eers remblokke nie. Swak.

Scalla ·

Gebruik karton om remskoene te maak, dit word dan op taxis gebruik.

Magda ·

Goeie hemel Ramaphosa / Zondo kommissie – wanneer gaan die korrupsie en korrupte gemors end kry – Slaap julle rustig in die aand met die wete dat julle dit eintlik toelaat om NIKS te doen nie, of om JARE te vat om die sake afgehandel te kry – Kom aan man – begin van hulle uithaal en STOP dit asb mense.

Smurf ·

Gelukkig ry ek nie met n trein nie…..ook nie n taxi nie . Bly uit hul pad……dit is n ongeluk wat n plek soek om te gebeur.

lollapot ·

Sit die ‘groot manne’ wat die room oral so afskep, op een van die treine Kaap toe . . .
Hopelik is dit ‘n oneway ticket!

Jan ·

Nie te lank gelede nie was daar nog spaar blokke in elke rangeerwerf gewees, en opgeleide personeel wat die blokke kon vervang. Soos die geld minder geraak het, het hierdie personeel ook effektief sonder werk gesit, en sit steeds rond maar word betaal. Dis hoog tyd dat rangeer werwe ook vir n slag inspekteer word

HBK ·

En hier leef ek in my hoenderhemel en dink dis net brandewyn wat nie brieke het nie.

Daniel Pieter Schoeman ·

Ja sien tot die sous trein stop nie meer nie . Alles word sommer nou elektonies oorbetaal in hulle rek so hoekom moet hy kan stop

Jonnybegood ·

Daar gaan nog baie ongelukke wees. Ek raak bang om te dink wat maak die klomp by SAL. Gebruik hulle ook tweedehandse parte?

Porseleintjie ·

SA op sy beste. Stel Lesufi aan oor sulke moedswillige nalatigheid.

Niklaas ·

Geen onderhoud. Eisch. Ek hoor deesdae darem net teveel van sulke beskuldigings. En dit verbeter nie in SA . Geld word moontlik beskikbaar gestel daarvoor, maar dan verdwyn dit in een diep en donker agtersak.

Johan ·

Geld wat bestem was vir noodsaaklike dienste regoor die spektrum word nou aangewend om die “Fees have Fallen”- gevolge te finansier. Dit is moeilik om die pot aan die kook te hou as daar nie vuur is nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.