Geen ooreenkoms met Sasol by KVBA

Stakende Sasol-werkers en lede van die gemeenskap tydens ʼn protesoptog in Secunda, Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

Geen ooreenkoms kon vandag tussen Solidariteit en Sasol by die KVBA bereik word nie.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die bemiddeling uitgestel om meer duidelikheid oor die bewoording van die finale mynbouhandves te kry. Intussen sit Solidariteit sy staking voort. Volgens Sasol se nuutste verslae is die agterstand met sy instandhoudingsprojek reeds sowat 96 uur.

Solidariteit het ook besluit om die staking ná ʼn dag van protes uit te brei waarby al 180 000 lede betrokke is. Die hooggeregshof het verlede week ʼn besluit van Nedlac, wat Solidariteit se aansoek vir ʼn wettige staking namens al sy lede in solidariteit met die Sasol-werkers afgekeur het, omgekeer. Solidariteit gaan nou weer eerskomende Vrydag voor Nedlac verskyn.

Die KVBA het ingevolge artikel 150 van die Wet op Arbeidsverhoudinge by die dispuut betrokke geraak.

Volgens Hermann is dit nie net in belang van Sasol nie, maar ook in belang van Suid-Afrika om die dispuut om te los. “Suid-Afrika mag nie tevrede wees met eenvoudige oplossings soos absolute rasse-uitsluiting vir komplekse probleme nie,” het Hermann gesê.

Die finale mynbouhandves dien nou voor die kabinet vir goedkeuring. Volgens die handves moet alle werkers, ongeag ras, deel wees van personeelaandeleskemas. Sasol besit steenkoolmyne en moet dus aan die mynbouhandves voldoen. “Onderhandelinge oor die mynbouhandves het jare geduur en die sakegemeenskap, die regering, vakbonde en plaaslike gemeenskappe was daarby betrokke. Sasol wil deur sy Khanyisa-skema die ooreenkoms wat tussen die partye bereik is, verbreek. Die uitgangspunt tydens die handvesonderhandelinge was dat werkers werkers is en nie op grond van ras verdeel moet word nie. Sasol is besig om nou die teenoorgestelde te doen en dit gaan groot rassespanning en verdeling veroorsaak,” het Hermann gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris Ws ·

Waarom word Sasol se bestuurshoof nie aangekla van rassisme nie??Kom AfriForum word net wakker asseblief!

Ig ·

Chris, haal jou skille af van jou oë en waardeer wat Solidariteit alles doen en reeds gedoen het. Miskien moet jy ook bietjie minder vat saans?

Se wie ·

Wel ek hoop nie hulle gaan tou opgooi nie. Staan sterk ouens dit moet werk.

Johan ·

Sasol voel duidelik n veer vir blankes. Dit is nogal opvallend dat die ‘ander’ Sasol werkers nie hulle reënboog gedagtes uitleef en die blankes ondersteun in hulle stryd nie. Opvallend né. Die reënboog riller is wol oor die oë.

Herman ·

Hoop hulle druk deur tot die einde. Ek twyfel egter of Sasol sal toegee. Miskien elkeen R10000 ” once off” bonus- vat dit of los dit…

Eish ·

Dit gaan verseker bloed en trane kos, maar die voortsetting van die stakingsaksie tot suksesbereik is, is bepalend vir die toekoms juis vir ons bleeksiele. Ons getalle het juis tot gevolg dat dit al makliker raak om ons openlik aan die agterste speen te laat suig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.