“In ‘n tragiese gebeurtenis soos die is daar geen oorwinnaars nie. Ons as ‘n familie bly diep geraak deur die verwoestende tragedie,” het Arnold aan verslaggewers gesê na afloop van die hofverrigtinge.
Arnold se vrou, Lois, was aan sy sy. Volgens Pistorius is die familie “diep dankbaar” aan regter Thokozile Masipa dat sy Oscar onskuldig bevind het aan moord.
Masipa het Pistorius skuldig bevind aan strafbare manslag. “Dit gaan nie vir Reeva terugbring nie maar ons harte gaan steeds uit aan haar familie en vriende,” het Arnold gesê.
Die uitspraak het ‘n “groot las” van die familie se skouers afgehaal. “Ons het nooit getwyfel in Oscar se weergawe van die gebeure nie.”
Arnold het gesê dit sal “hoogs onvanpas” wees om kommentaar te lewer oor die meriete van of bevindinge in die saak aangesien die saak steeds voor die hof is.
Masipa het Pistorius se vonnisoplegging tot volgende maand uitgestel en sy borgtog verleng.
Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.
Wens hulle kan vir Oscar nou uitlos!!!!!