“Geen oorwinnaars in Oscar-saak,” sê oom

Arnold Pistorius en sy vrou, Lois. Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Arnold Pistorius en sy vrou, Lois. Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Arnold Pistorius, Oscar Pistorius se oom, het Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria gesê daar is geen oorwinnaars in die uitkoms van sy broerskind se moordverhoor nie.

“In ‘n tragiese gebeurtenis soos die is daar geen oorwinnaars nie. Ons as ‘n familie bly diep geraak deur die verwoestende tragedie,” het Arnold aan verslaggewers gesê na afloop van die hofverrigtinge.

Arnold se vrou, Lois, was aan sy sy. Volgens Pistorius is die familie “diep dankbaar” aan regter Thokozile Masipa dat sy Oscar onskuldig bevind het aan moord.

Masipa het Pistorius skuldig bevind aan strafbare manslag. “Dit gaan nie vir Reeva terugbring nie maar ons harte gaan steeds uit aan haar familie en vriende,” het Arnold gesê.

Die uitspraak het ‘n “groot las” van die familie se skouers afgehaal. “Ons het nooit getwyfel in Oscar se weergawe van die gebeure nie.”

Arnold het gesê dit sal “hoogs onvanpas” wees om kommentaar te lewer oor die meriete van of bevindinge in die saak aangesien die saak steeds voor die hof is.

Masipa het Pistorius se vonnisoplegging tot volgende maand uitgestel en sy borgtog verleng.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.