‘Geen ouer moet bang wees om sy kind skool toe te stuur nie’

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die ANC in KwaZulu-Natal het versoek dat daar inhegtenisnemings gedoen word en dissiplinêre stappe geneem word rakende ’n video van geweld by ’n skool in Richardsbaai.

Volgens die ANC is hy gewalg deur die berigte van “barbaarse en onmenslike voorvalle by ʼn bekende skool in Richardsbaai”, het Mdumeseni Ntuli, woordvoerder van die ANC, gesê.

ʼn Ontstellende video doen tans die ronde op sosiale media wat wys hoe ʼn groep leerders ernstige dade van geweld pleeg en mekaar op die skoolterrein aanval. “Die video het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur en ouers bekommerd gelaat oor die veiligheid van hul kinders by die skool,” het Ntuli gesê.

Ntuli meen dit is selfs meer ontstellend dat van die leerders in die video in besit is van gevaarlike wapens soos messe, en dat leerders, veral meisies, skree en weghardloop om skuiling te soek.

Ntuli het bygevoeg dat indien die oortreders nie die nodige straf kry nie, dit ʼn lewenslange emosionele en psigiese impak kan laat op die leerders wat die slagoffers van hierdie skrikwekkende aanval was.

Die ANC het ʼn beroep op ooggetuies gedoen om na vore te kom en bewyse te lewer wat tot suksesvolle vervolging kan lei.

Die ANC het ook ʼn beroep gedoen op Mthandeni Dlungwane, LUR vir onderwys in die provinsie, om aksie te neem en te verseker dat boelie-gevalle in skole gestaak word.

“Geen ouer moet bang wees om hul kind skool toe te stuur nie,” het Ntuli laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tarina Marais ·

Dearest Ntuli. Our society is the reason for these actions. As long as farmers are murdered, violence between cultures left unpunished and the total lack of discipline and disregard of law and order remain as is… we will surely never get this resolved. Die plathand het mos nou sy regmatige plek in opvoeding verloor… en ons pluk nou die vrugte daarvan.

Gemene Deler ·

Hierdie geval laat my weer eens die vraag vra: wie/wat is die gemene deler in die MEERDERHEID gewelddadige voorvalle in SA …..skole ingesluit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.