Geen parool vir Bob Hewitt

Bob Hewitt. (Foto: Werner Beukes/SAPA)

ʼn Hersieningsraad vir korrektiewe toesig en parool het die voormalige tenniswêreldkampioen en veroordeelde seksoortreder Bob Hewitt (78) se aansoek om parool hersien en ter syde gestel.

Hewitt sal dus nié op parool vrygelaat word soos die paroolraad vroeër vanjaar oorweeg het nie.

Singabakho Nxumalo van die departement van korrektiewe dienste het die besluit Vrydag in ʼn verklaring bekend gemaak.

Hewitt is in Mei 2015 skuldig bevind aan verkragting en onsedelike aanranding waarna regter Bert Bam Hewitt tot ses jaar tronkstraf gevonnis het.

Bam het destyds gesê as Hewitt in sy 50’s skuldig bevind is, sou hy tot minstens 20 jaar tronkstraf gevonnis word en dat Hewitt net homself vir sy ellende te blameer het.

Hewitt is in Maart 2015 skuldig bevind aan die verkragting van Theresa “Twiggy” Tolken en Olivia Jasriel (voorheen bekend as Suellen Sheehan) in die 1980’s en die seksuele aanranding van nóg ’n vrou, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, in die 1990’s. Die misdade is gepleeg terwyl hy vir hulle tennislesse gegee het. Hewitt het onskuldig op die aanklagte gepleit.

Bob Hewitt (Argieffoto) Foto: tennisworldusa.org

Hy dien sedert September 2016 tronkstraf uit in die St. Albans- korrektiewe sentrum in Port Elizabeth nadat die Konstitusionele Hof vroeër sy aansoek om verlof tot appèl afgekeur het.

Die paroolraad het vroeër vanjaar vergader om te besluit of Hewitt op parool vrygelaat sou word. Jasriel se regsverteenwoordiger het toe gesê daar gaan gevra word dat die besluit hersien word aangesien Hewitt se slagoffers “nie in die saak geken is nie.”

Luidens die verklaring sal die aangeleentheid aan die hersieningsraad voorgelê moet word sodra al die aanbevelings volgens die beoordelingsraad oorweeg is.

Hewitt is ʼn voormalige professionele tennisspeler van Australië. Hy het ʼn Suid-Afrikaanse burger geword toe hy in 1967 met ʼn Suid-Afrikaner getroud is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Sobaiewatnetvryspring ·

Sit en dink hoe jy mense se lewe verwoes het. Wens ek kon my abusers ook laat dit. Jy verdien elke dag en meer

Verwonderd ·

Sobaiewatnetvryspring jy verwpord my eie woorde.. Hoop Bob Hewitt het nou genoeg tyd om te dink.

koose ·

Stem saam met jou Klara. Tinus is jy al daar deur dat jy praat uit ondervinding of wou jy net iets sê?

Tinus Coetzee ·

Ek weet dat die man eintlik ‘n strawwer vonnis verdien het. Ek het toevallig op RSG geluister na die enigste persoon se verduideliking oor waarom hy nie op parool mag uitkom nie.
Sy gaan nou weer deur al die trauma wat sy destyds ervaar het, daarom moet hy sy straf uitdien.
Wat gebeur nou na 3 jaar as sy straf uitgedien is, gaan sy dan weer deur die hele trauma gaan? Ek dink so, want dit gaan weer die nuus haal.
As sy nou net gelos het, het sy net een keer deur die trauma gegaan. Nou doen sy dit eintlik aan haarself.
Sy like om te suffer, sou antie Stienie gesê het.

Moeter dit sê ·

Ek het deernis vir die slagoffers, minagting vir die oortreders. Maar…. Hoekom al die jare gewag?@Sobaiewatnetvryspring En @Verwonderd, hoekom het hulle en julle al die jare stil gebly? Het die slagoffers hulle ouers gesê en die ouers besluit om niks te doen behalwe om die gals met weer te gaan aflaai vir nog n “les?” Dan moes die ouers mos saam met die oortreder aangekla, verhoor en gevonnis gewees het. Thinus vir soveel jare het hulle hulle pyn gedra. Dit sal nooit weggaan nie. Dan ook sommige vroue skuil lewenslank daaragter. Wil elke verkeerd in die boek pleeg en vind verontskuldiging in die feit dat hulle as kinders of tieners gemolesteer en of verkrag was.

Mieke ·

Sjoe Tinus, veroordeel jy nie dalk iets waarvan jy niks weet nie?
Dalk kry mens effens afsluiting van jou trauma juis om dit oop te vlek en die skulduggery aan die pen te laat ry.
Ek dink ons as mense veroordeel darem maar vinnig, ne?

Leon Norris ·

Ek sê nie dat die slagoffers nie seergemaak is of nie trauma beleef het nie, maar onvergiffenis bind jou aan die oortreder vir die res van jou lewe Jy sal nooit loskom daarvan nie totdat jy vergewe nie
Vergiffenis sê nie dat wat die persoon gedoen het nie reg is nie Al wat vergiffenis sê is dat jy die verlede nie weer teen die persoon sal gebruik nie Vergiffenis is tussen jou en God nie tussen jou en die skuldige nie
“vergeef my oortredinge soos ek ander vergewe” Onvergiffenis sê eintlik dat jy nie God se genade vir jou om al jou sondes te vergewe nie ten volle waardeer nie.
Vergiffenis maak jou vry. Oordeel kom God toe en vergiffenis gee die oordeel aan God oor Hy is regverdig en sal regverdig oordeel
My advies is: Vergewe hom. Maak jou vry van jou oortreder en leef ‘n volle lewe in Christus

SNEL ·

Stem nie saam met jou Leon, vergewe en die feit dat n ou sy straf moet dra is 2 verskillende goed. Net soos my kind iets vreesliks doen en my hart seer is en ek hulle vergewe en nie kwaad bly nie, is dit nie te sê hulle word nie gestraf vir hul daad of dade nie. Hul moet weet optrede het gevolge. Dieselfde hier. Sy kan hom vergewe, maar as elke moordenaar en verkragter van vrouens en kinders net vergewe word gaan die hel woeker tussen die mense. Sulke mense hoort agter tralies of hy vergewe is om nie.

Verwonderd ·

Vergifnis se alie. Almal wil vergifnis hë. Rerig? Die opdrag is gaan en sondig nie meer nie. Ek lees nerens erens ” ok ek vergewe jou ploeter nou voort nie”.

Christa ·

Dan wonder ons hoekom die teen wegbly. Ons land is so onvergewinsgesind. Hyt die foute jare gelede begaan Maak ons mensdom dra wrokke saam graf toe. Net so met Wallush. Hy sit jare maar die mensdom Kan nie vergewe nie. By ons Vader het die man Sy straf gekry op aarde maar die mensdom Gaan hul straf by die Here kry.

bokkie ·

So, as die slagoffers haatdraend en nie vergewensgesind is nie kan parool geweier word maar as die slagoffers vergewe dan kan die ou op parool vrygelaat word. Wat ‘n belaglike stelsel van dubbelstandaarde. Slagoffers behoort nie insae te hê by die paroolproses nie, dis ‘n onding. Hulle kon teen die vonnis (toe alle faktore soos berou, ouderdom van slagoffers, ens. in ag geneem is) geappeleer het indien dit onvanpas was.

John Ferreira ·

Ek stem nie saam met wat Bob hewitt gedoen het nie en verstaan wat Tinus sê en Klara het dalk ook “issues”…. Ek het verkies om my molesteerders te vergewe en hulle uit my lewe te kry. ………….maar…………verkragters wat jonk is word op parool geplaas om net weer dieselfde oortredinge te pleeg. Ja, Bob het verkeerd gedoen maar gaan hy weer verkragting pleeg?

Elria ·

Ek stem saam. Maar daar moet ‘n wet Kom na 10jaar kan jy niks meer doen nie. Nou vandat hy’ n ouman is nou wil julle hom straf. Hy het elke dag met dit saam geleef ek is seker hy is baie spyt oor wat hy gedoen het. Laat hom nou net in vrede. En by sy vrou wees sodat hul laaste dae saam kan deur bring.

Arno Scheepers ·

UITSTEKEND, agter tralies is waar verkragters hoort.

EvW ·

nee wat sit maar nog so rukkie en dink aan dit wat jy gedoen !

Lalie ·

Ek verstaan hoe die slagoffer / s voel, maar is dit nie bietjie laat vir geregtigheid nie. Gooi maar die klippe.

HPV ·

Parool? laat mens ook dink aan die Janusz Walus geval, maw geen gevangene mag op parool vrygelaat word as net soveel as een mens dit teenstaan nie. Dit lyk nogal na boendoegeregtigheid of is dit per toeval net gemik teen blankes? Met hiedie vraag probeer ek nie Hewitt se misdaad goedpraat nie maar voel so vraag is geregverdig.

Leon Norris ·

SNEL
Jy het nie mooi gelees nie Hier gaan dit oor die vryheid wat die slagoffers nie het as hulle nie vergewe nie
Ek het niks oor die straf gesê nie Die straf wat die staat stel is sy reg
Ons het nie die reg om te oordeel nie Jy kan selfs bv jou pa wat jou gemolisteer het vergewe en ter selfdertyd hom laat inskryf in die seksoortreders lys
Liefde gaan oor die persoon nie die daad wat hy gepleeg het nie Jy kan die daad haat maar nie die persoon nie Dis hoe God jou lief het As God ons moes oordeel na ons dade hoe klein of groot sou ons die ewige dood ervaar nie die ewige lewe in Christus nie
Hy is besig om sy straf uit te die Om vergelding te soek gee jou nooit vrede nie
As jy nie liefde leef nie hoe kan jy verwag dat God jou moet liefhê

Anoniem ·

Stem saam Leon. Die slagoffers se pyn sal slegs verlig word deur vergifnis.

Flip Boshoff ·

Ja dis waar ….oortreders moet gestraf word…onthou toe hulle die die vrou na Jesus gebring het vir owerspel….daai mense is gestenig…toe gaan Jesus en HY skryf in die sand….laat die wat onskuldig is die eerste klip optel…dit maak nie saak hoe jy wil redeneer nie ons as mense is nes die natuur ….Jagters….onvergewingsgesind….dit maak jou Geestelik Dood…..so as jy nie op n Geestelik plek in jou lewe is nie dan sal jy nie verstaan wat ek hier geskrywe het nie…..
Onthou net die oordeel kom ons nie toe nie……ja dis swaar /moeilik en verstaan nie altyd die dinge nie…..pasop om nie die splinter in ander te sien nie ….maar die balk in jouself kyk jy mis….ek se maar net…..n heerlike daggie verder.

Vra net ·

Ek stem saam dat mens moet vergewe, maar dat dit nie beteken ‘n oortreder kan sy straf vryspring nie. Ek wonder as dit ‘n swart man was hoe sou die kommentaar gelyk het? Of as dit ‘n plaasmoordenaar was? Hopelik sou die wat sou graag wil vergewe nogsteeds vergewe het om konsekwent te bly.

Christa ·

Waarom jare wag voor iemand se lewe ook Wil verwoes. Is dit wat die Bybel van praat” oog vir oog? As mense jare daarvoor gekom het, hoekom maar nie verder swyg nie. As jy die Here in jou lewe toelaat, heel Hy jou wonder en jy Kan aangaan met jou lewe. Aan Hom Kom toe die oordeel.

Kolskoot ·

Wat praat julle so baie in Amerika sou sy straf lewenslank gewees het hy sal in n ongemerkte graf begrawe word sy dood word nie eens aangekondig nie want die wereld stel nie belang nie

Christa ·

Ja SA, oordeel en veroordeel . Moet nie eendag wanneer dit te laat is Wil jammer wees oor julle oordeel teenoor ander nie. Die Here Sal julle ook nie vergewe nie. Die gereg het Sy loop geneem en die man is gestraf maar is dit nodig om nog verder klippe te gooi. Almal Maak foute maar God vergewe jou oor groter foute en DINK nooit weer daaraan nie

Luister ·

Oordeel of nie oordeel, vergewe of nie, maak nie ‘n verskil nie. Die 6 jaar wat hy gevonnis is, was te kort. (selfs volgens die regter.) amper is hy uit na ‘n skamele 2 jaar. Sy slagoffers het die sielkundige wonde en herenneringe vir altyd.

Annie ·

Soos ek verstaan het die meneer alles ontken. Is dit nog steeds die geval? Vergewe sal dalk ‘n makliker proses wees as die oortreder berou het en oop kaarte speel. Dan kan daar met stappe begin word van vergewe dink ek. Andersins is dit moeilik. Dis hoe ek voel oor die aangeleentheid.

Werner ·

Vriende, van julle maak stellings wat nie deur die Bybel ondersteun word nie.

BOOS ·

Ja . En waneer word dokters vervolg wat seuns teen hulle wil besny ? Is dit nie net so i erge vorm van seksuele aanranding nie ??

Tersia ·

Vir Luister wil ek net vra: aangesien sy slagoffers vir ewig die wonde dra, dink julle nie hy gaan sy jare in die tronk ook vir ewig dra nie? Geen wonder Jesus het gesê die vrou kan gaan en nie meer sondig nie. Sy sal nooit die angs kan vergeet wat sy ervaar het terwyl sy weggehardloop het vir hulle wat haar wou stenig nie, dieselfde met Bob, nie hy of sy vrou sal ooit weer dieselfde voel na die tyd nie. Myns insiens is as ‘n ou man het hy alreeds sy straf gedra en sal dit dra tot sy dood. Hy is ‘n gebrandmerkte persoon. Net nog een vraag, al die dames was al in hulle middeljare, hoekom nou eers daaroor gekla het? Wat my aanbetref sou dit eerder ‘n doel gedien het in hulle jeugjare, maar wag tot nou het vir my geen sin in nie alhoewel ek erken geen mens vergeet ooit wat hy verkeerd gedoen het nie!

Nee wat ·

Tersia, jy het geen idee waardeur so n slagoffer gaan nie. Dit laat permanente letsels op allerlei vlakke. Hul was jong meisies. Die een se verhouding met haar ouers het permanent skipbreuk gely. Dit was n ‘prestige’ gewees om jou kinders deur hierdie bekende persoon te laat afrig. Tot met die hofsaak het hierdie slagoffer se ouers bankvas agter Hewitt gestaan! Dink jy hul het haar ooit geglo? En Hewitt was as volwassene in n vertrouensposisie met die meisies, en het deurentyd geen insig getoon nie. Hy vra sy slagoffers en ons Hemelse Vader nie om vergifnis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.