Geen permitte, lisensies nodig om sake te doen – hof

(Foto: Tim Mossholder/Unsplash)

Sakeondernemings het voortaan geen meer permitte of regeringslisensies van ʼn nasionale, provinsiale of plaaslike departement nodig om sake te doen nie.

Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag in die guns van die organisasie Sakeliga beslis en die ononttrekte regulasies wat die minister van kleinsakeontwikkeling daaroor afgekondig het, ter syde gestel. Geen onderneming mag gedwing word om ʼn CIPC-sertifikaat of ander lisensie te toon wat nie reeds voor die ramptoestand verpligtend was nie.

Die hof het bevind die minister van kleinsakeontwikkeling, Khumbudzo Ntshavheni, het haar magte oorskry en dat die regulasies wat sy vroeër vandeesmaand afgekondig het, onregmatig en ongeldig is.

Ondernemings moes by die CIPC aansoek doen om as noodsaaklike diens geregistreer te word sodat hulle toegelaat kon word om hul bedrywighede voort te sit.

“Hierdie saak is ʼn oorwinning vir sakevryheid in Suid-Afrika. Onder die dekmantel van ʼn mediese krisis het die staat gepoog om ʼn algemene sisteem van besigheidslisensiëring in Suid-Afrika in te stel,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, gesê.

“Met onsekerheid en burokratiese rompslomp het die regering drasties inbreuk gemaak op besighede se vermoë om hul sake te bedryf, selfs waar alte dikwels arbitrêre en skadelik regulasies dit wél toegelaat het. Ondernemings wat in besonder benadeel is, sluit in dié wat nie by die CIPC geregistreer is nie – die meeste ondernemings in Suid-Afrika – veral klein en mediumgrootte ondernemings soos die volle verskeidenheid van eenmansake, insluitend informele handelaars.”

Hoewel talle ondernemings op vlak 3 van die afsondering steeds nie mag sake doen nie, vergemaklik die uitspraak nou die proses vir dié wat wel mag.

Le Roux sê besigheidslisensiëring is nou net so onaanvaarbaar as wat dit in 2013 was toe Rob Davies as minister destyds probeer het om ʼn Wet op Besigheidslisensiëring in te stel. “Net soos daar geen regverdiging is vir ʼn vereiste om regeringstoestemming voor verbruik te bekom nie, so is daar geen regverdiging vir ʼn vereiste om regeringstoestemming voor produksie te bekom nie.”

Hy sê daar is ná die uitspraak ongelukkig steeds regulasies wat arbitrêr en skadelik is en verskeie ondernemings word steeds onredelik verhoed om sake te doen.

Sakeliga sê ondernemings en individue wat weens onregmatige vereistes – soos die toon van ʼn CIPC-sertifikaat – skade ly of gely het, sou ʼn skadevergoedingseis teen die staat kan instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter ·

Welgedaan Sakeliga. Die kommunistiese bewind misbruik die Covid-19 situasie om hul radikale ekonomiese transformasie enige tyd deur te voer, asook ander sosio-ekonomiese veranderings. Die mensgemaakte Covid-19 krisis buit hulle doelbewus uit.

JohanR ·

Ek kry altyd soe lekker as die ANC ‘n lekker snot klap kry. Sal vanaand sommer drie biere drink op die wen. Waar in die wereld maak jy ‘n kommunis en iemand in ‘n vakbond soos Ebrahim Patel, Minister van Trade & Industry?

Cornrit ·

Ai Mnr Ramaphosa. Waar kom jy aan hierdie klomp onbevoegde ministers. Jou integriteit gaan skade ly as gevolg van die lot.Jy moet ontslae raak van hulle, asseblief

koos10 ·

Kan die besighede wat nou te na gekom is met die onregmatige en ongeldige wette ‘n eis teen die staat en teen Khumbudzo Ntshavheni in sit vir verlies van inkomste?

Hennie ·

Raak bogenoemde die verbod op verkoop van sekere produkte en die lewering van sekere dienste hoegenaamd. Hoe kan die narre dit beheer as geen besigheid ‘n lisensie het nie? Vra maar net!

Fedup ·

cambodia took a fat chance with her permit crap. Who the hell does she think she is?
One thing to remember cambodia, when people start closing their businesses and lots more is unemoloyed, they will come knocking.
Get yourself a permit for that.

Johanna ·

Vir 60 dae was my 2 man besigheid gesluit as gevolg van die snert. Ek kon ten minste terugval op my man se pensioen, maar my kollega / vennoot het geen inkomste verkry.
Ek wil my verstout om te sê dat die regering nou ‘n hele paar klappe kry en nog meer gaan volg.
Ons het Maandag die besigheid ge-open, maar dit gaan taai wees om weer op die voete te kom. Baie mense moet nou self eers weer salarisse verdien voordat hulle ons weer kan ondersteun.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.