Geen permitte vir vissers weens stukkende rekenaarstelsel

(Argieffoto: Pixabay)

Vissers sukkel om aansoek te doen vir visvangpermitte omdat die departement van landbou, bosbou en visserye se aanlyn stelsel waarvolgens hulle moet aansoek doen, die afgelope twee weke al stukkend is.

Gevolglik kan beroepsvissers die risiko loop om hul inkomste te verloor of in die tronk te beland.

Dave Bryant, die DA se woordvoerder oor omgewingsake, bosbou en vissery, het aan Maroela Media gesê ʼn tegniese probleem duik op wanneer vissers hul bewyse van permitaansoeke elektronies aan die departement probeer deurstuur. Die departement ontvang dus nie hul aansoeke nie en die aansoekproses word nooit voltooi nie.

Hy sê die departement stel boonop nie die aansoekers in kennis van die tegniese probleme nie.

“Gevolglik moet talle vissermanne sonder die nodige visvangpermitte op die water uitgaan en die risiko loop om in hegtenis geneem te word of dat hul bote geskut word,” sê Bryant.

Hy sê met die snoekseisoen wat nou om die draai is, kan vissers ʼn groot verlies aan inkomste ly omdat dié seisoen vir baie vissers ʼn hoogtepunt ten opsigte van inkomste beteken.

Die DA het in ʼn brief aan Barbara Creecy, minister van omgewing, bosbou en visserye, gevra dat sy spoedig sal ingryp en verseker dat die departement se rekenaarstelsel herstel word.

“Hierdie kwessie is net weereens ʼn bewys van die departement se swak bestuur. Hulle misluk om basiese administratiewe funksies te verrig, wat enige goed bestuurde regering effektief moet kan doen.

“Die regering wys ook weereens hoe min hy omgee vir die regte en lewensbestaan van vissermanne.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Kan iemand dalk die regering inlig dat as iets gebreek het, dit reggemaak kan word?

Stof

Geld dit ook as ons by Hoxies wil aan visvang?

Rudolph

Ek is bly vir die snoek se onthalwe. Die paar minute se smaak regverdig nie die lyding en dood van seediere nie. Ook nie die skade wat visvang en hengel aanrig aan riviere, damme en die oseane. Ons het nie land of seediere se liggaamsdele nodig om gesond te leef nie. ‘n Dierevriendelike lewenstyl is goed vir die diere, ons gesondheid, en die omgewing

Nie Verbaas

Pateties is al waaraan ek kan dink. Die onbevoegdheid is verstommend.

Danie

“…of in die tronk te beland.”
Groot grap.
Die kreef en perlemoensmokkelaars wat openlik hul ding doen beland nie eers in die tronk waar hulle hoort nie.