Geen planne om SAL te sluit, sê ANC

Argieffoto

Die ANC sal met sy alliansievennote dringende en volhoubare stappe bespreek om probleme te takel by staatsbeheerde ondernemings as strategiese bates in die ekonomie, het die party Sondag gesê.

“Daar is benadruk dat daar geen planne is om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te sluit nie. Die fokus is nou om die uitdagings te takel wat die nasionale lugredery teister,” het die ANC in ʼn verklaring gesê ná ʼn vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee (NUK).

Dit volg ná die minister van finansies se uitlating vandeesweek dat dit nie langer die moeite werd is om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te probeer red nie. Hy het tydens ‘n beleggerskonferensie in New York gesê die beste raad is om die lugredery toe te maak.

Die NUK het bygevoeg die land en party “beweeg uit ʼn baie moeilike tyd in ons geskiedenis” en “die beweging moet groot stappe doen om sy posisie as leier van die samelewing te herbou en te behou”. Die NUK het ook die belangrikheid van sy missie in die huidige fase benadruk om weer op die pad na ekonomiese herstel en transformasie te kom.

“Die NUK het sy vasberadenheid benadruk om vinnig te reageer op sy resolusies oor grond- en landbouhervorming en om die kwessies van water en sanitasie, dienslewering en mense se betrokkenheid in plaaslike regering, werkloosheid onder die jeug en ander kwessies wat noodsaaklik is om die lewens van Suid-Afrikaners, veral armes, te verbeter, aan te roer,” lui die verklaring.

Die NUK neem ook kennis van besware deur nasionale groepe, veral die bruin en Indiër-gemeenskappe, oor hul gevoelens van marginalisering en uitsluiting.

“Wat betref korrupsie en om integriteit te herstel, bevestig die NUK sy teleurstelling met die impak van die VBS Mutual Bank-kwessies op die lewens van gewone mense oor die land heen, veral in Limpopo en Vhembe. Diegene wat skuldig is, sal vervolg word. Die NUK neem kennis van die werk van die nasionale integriteitskommissie van ANC-lede wat in die VBS-saak geïmpliseer word en verwys die verslag na die nasionale werkskomitee vir volledigheid en afhandeling.

“Die NUK benadruk sy ondersteuning aan die Zondo-kommissie wat ondersoek instel oor staatskaping om die waarheid te onthul en om seker te maak so iets gebeur nie weer nie. Die ANC gee sy samewerking aan die kommissie en moedig sy lede aan om ook met die kommissie saam te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

zoom zoom ·

Die ANC kon in al die tyd wat hulle in beheer is niks ordentlik bestuur nie. Wat hulle goed kan doen is plunder. So nou wat voer hulle nou in die mou. Hulle is bang dat die geldkraan toegedraai of die gans wat die goue eiers lê geslag word.

Pietman ·

Het hierdie tipe retoriek al te veel kere gehoor om enigsins dit ernstig op te neem.

Cherokee ·

By herhaling word gesê dat die VBS-Mutual Bank-rowers vervolg sal word, maar om een of ander duistere rede word dit tot hede toe nie gedoen nie.

David ·

Natuurlik oorweeg die ANC nie om SAL toe te maak nie.

Hulle kan nie bekostig om:
1) Al daardie stemme te verloor nie;
2) Die soustrein fooie te verloor nie;
3) Die vakunies te ontstel nie;
4) Die belasting inkomste van SAL salaristrekkers te verloor nie;
5)…ens…

Mars ·

6) Gratis vlugte vir regeringsamptenare en aanhangsels te verloor nie. (Hulle is immers die enigste wat nog met SAL vlieg.)

Pvt ·

Dink julle nie dit is tyd dat politiek en die ou manne uit besigheid uit bly ?

Jack Sadie ·

Die klug duur voort. Geen , ja, geen, sakeonderneming sal na so ‘n lang geskiedenis van droogmaak en ander onreëlmatighede oorleef het nie. Onthou, dis dieselfde kaliber Comrades wat die land bestuur. En daar is mense wat nog hoop!?

What a joke! ·

Ja en jy moet onthou hul die morele vrot korrupte anc bail elke keer hul sous trein besigheid uit ter miljarde op die belasting betaler van Suid Afrika se omkoste…wat n grap die lot!

Koos de Meyer. ·

Wat alles in die groen was toe hulle die land vat is nou in die rooi. Dit kan nie so aangaan nie. Min mense weet dat ons R3. 00 per kilogram per band rubber belasting betaal op alle voertuig en trekker bande.

Johan H. ·

Die een sogenaamde minista weet nie wat die ander minista se planne is nie,,Dink hulle wil nou eers iemand slimmer in die anc soek om te help diink of dit n goei beweging of n stoelgang beweging,is. Bedoelende wie gaan geld verloor en wie nie,,,Dink hulle gaan ver soek…Dis tyd om vertroue in die publiek te herstel deur die lotte op te lyn en by die ORANJE klerestoor te laat masjeer, Voordat ons nie sien dit gebeur nie sal die landjie nie regkom nie,,,,DIT is Feite,,

Elbie Naude ·

Sodra die astronomiese en heeltemal uit verband verukte hoe salarisse gesnoei word wat aan totaal onbevoegde kaders betaal word, sal dinge begin beter gaan. My magtig, die mense werk vir ‘n baas en word stinkryk daaruit maar die organisasies word in die grond in geploeg. Dit sluit alle staat, semi-staat organisasies en munisipaliteite in.

Ander Koos ·

Iemand wat hulle steeds glo, glo seker ook die maan is van kaas gemaak

piper ·

ek dink dat al wat n vlienier in sal wat n ander werk kan kry gaan waai. so sal hulle nie mense he om hulle vlietuie te vlieg nie. n stadige dood is op hande

Johann cb ·

Ek wonder hoé beplan hulle om hierdie “uitdagings” te hanteer! Hoeveel “reddingsboeie” gaan die belastingbetaler in die toekoms moet uitgooi?

Dries du Toit ·

Die ANC sal nog hierdie land reg kry. Die vorige regering het ons so beroof

Emma ·

Sal alles doen om aan bewind te bly om geld te pocket. Hoop hulle kry n groot verassing.ek is al moeg van hulle almal.

Johanna Botha ·

Presies wat mens verwag …sodat die plunder volstoom kan voortgaan !

Gert van Wierdapark ·

Ek is tog SO Bly hul gaan die SAL se “Uitdagings” uiteindelik TAKEL! Eerstens sal hul moet ophou SPEK Skiet oor die Lug-Rede-Lose-Ry en Gly SPEK-Takel. Die SAL se bloedsuier tentakels se miljarde Rande se VERMORSING is nie ‘n Flippen Uitdaging nie – dis’ n Skreiende Ekonomiese Skande…… Stop die Aftakeling van SA en vergeet van SAL!!!

Kotie ·

Wanneer gaan die sous trein ophou!!Nou wil hulle fie SAL red pleks hulle liewers bydrae met die verhoogde Petrol en Diesel pryse.

Koos de Meyer. ·

Party mense leef in ‘n droom wêreld. Al wat die ANC sal regkry is om die land verder in die afgrond in te stoot. Word wakker meneer uit jou drome.

Chris Ws ·

Vir domgeit is daar ongelukkig nie pille nie.Dus sal die anc so voort bly ploeter.

HPV ·

Natuurlik sal die anc regime nie die SA sousL nie sluit nie, wat van hul kaders…

slons ·

as die staat kindertoelaes stop, onthou as jy n toelaag nodig het, kan jy nie n kind bekostig nie, goue handdrukke summier staak, die belaglik hoë salariase van kaders stop, sal daar geld wees om ons paaie ook onbbbee reg te maak

Se maar net ·

En so gaan die sielkundige oorlogvoering teen die blanke voort. Hulle neem kennis van die bruin en indiers se ongelukkigheid. Asb moenie opgewerk raak oor al hulle propoganda nie. Ons het gebid vir ons land nou moet ons glo. Dit is nie in mense se hande nie.

Hennie ·

Hier is wat ons gewone ou burgertjies kan doen:
Gebruik water en elektrisiteit spaarsamig
Verminder brandstof verbruik
Moenie SAA of Mango vlieg nie!
Vermy poskantore soos die pes.

So wurg ons die pleppe waar dit saak maak!

Mickey ·

Ek dink net aan hoeveel mensies huisies kon kry en hoeveel skole al gebou kon wees met al dai miljarde rande wat gaan vir niks. (Baie van hul skole het nie eens ordentlike toilette nie). Sad but true.

Maro ·

Ek wonder net altyd hoe word die dinge toegelaat. Mense moet begin plan maak om op te hou belasting te betaal. Waar is die mense wat weet wat die stappe sal wees? Die regering weet waar om hul belasting geld te gaan haal….klop by die Guptas aan.

Henk ·

Dalk omdat die anc soos met petronet, die sal gebruik om geld na die anc en sy kamerade te kanaliseer?

Wessie ·

Copy en Paste…ons gaan hierdie selfde woorde volgende jaar weer lees!
Dis al wat hierdie misrabele regering kan doen….Praat!

Oujongvrou ·

Die enigste uitdaging wat hierdie regering het sou ek se is om te sien of is daar nog enigsins van die witmense wat julle so afgedank het oor is in die land, en hulle her aan te stel.

Andrea van Vuren ·

En ons beursies gaan nou omgedop word om te help betaal aan ‘n sinnelose projek. ‘Alles tevergeefs’ sê die Prediker.

Henk ·

Ek sien Gordhan wil nou sie SAA skoonmaak en eis die korruptes moet die geld terug betaal? Gordhan eis al vir 10 jaar die SAA moet skoongemaak word. Waarom is die ANC nie gretig om die korruptes strafregtelik te vervolg nie? Waarom eis hulle altyd net die geld moet terug betaal word, maar selfs dit gebeur nie. Zuma het nie sy geld terug betaal nie? Beian Molefe het dit nie terug betaal nie? En Gigaba word deur die ANC beskerm. So word Magashule ook deur die ANC beskerm. En volgens SA wette is die deler net so goed soos die steler!

Leeutjie ·

Volgende wat ons hoor is dat die prezzie die SAL aan China verkoop het!!

marous ·

Politieke vergaderings op Sondae ? Geen wonder die land is kas toe nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.