Geen plek in SA vir iemand soos Sodwana-gastehuiseienaar, sê DA

Andre Slade en Katarina Križáni (Foto: Sodwana Bay Guest House)

Andre Slade en Katarina Križáni (Foto: Sodwana Bay Guest House)

Die Demokratiese Alliansie het Donderdag uitgevaar teen ʼn gastehuiseienaar in Sodwanabaai in KwaZulu-Natal nadat hy geweier het om swart besoekers by sy gastehuis te ontvang.

“Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om dit te stel dat rassisme, en sy bedmaats – homofobie, seksisme en godsdienstige onverdraagsaamheid – geen plek het in ons demokratiese samelewing nie,” het Mmusi Maimane, leier van die DA, gesê. “Hierdie voorvalle ondermyn en ontspoor die moeilike, maar nodige projek om ʼn regverdige Suid-Afrika te bou waar versoening plaasvind.

Maimane het reageer op nuus dat André Slade, die eienaar van Sodwana Bay Guest House, erken het dat sy gastehuis nie “swart mense of regeringsamptenare” aanvaar nie.

Slade, ʼn selferkende segregasionis, het reageer op ʼn besprekingsversoek van 12 mense van ene Sizakele Msimango.

Ná Slade die bespreking verwerp het, het Msimango op sosiale media uitgevaar om die gastehuis se beleid bekend te maak. Kort daarna het meer as 5 000 persone die “Sodwana Bay Guest House” op Facebook bespreek, terwyl verwante boodskappe op Twitter deurlopend gepubliseer is.

Die Star-koerant het ook Donderdag op Msimango se plasing reageer en Slade gekontak om sy kant van die storie te hoor. Slade het tydens dié geleentheid sy beskouing bevestig en gesê die Suid-Afrikaanse Grondwet is “Satan se wet”.

Verskeie pogings om Slade en sy kollegas later te kontak, was onsuksesvol, aangesien alle bekende telefoonnommers nie beskikbaar was nie.

Slade het glo vroeër ook sy sienings aanlyn gedeel op sy blog, “wheretofromhere.org”. Hy het Maimane sleg gesê in dié webjoernaal. Hy het ook ʼn gratis e-boek vrygestel, “Where to from here”. Katarina Križáni, bestuurder van die gastehuis, was die medeskrywer.

Slade (52) is in Pretoria gebore en die 27-jarige Križáni van Slowakye, glo na bewering in alternatiewe stelsels soos die Antieke Mesopotamiese mite van Inanna en Enki, wat die basis van hul beskouings oor ras en beskawing vorm.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het intussen bevestig hy sal die saak ondersoek, en Maimane het dit verwelkom. “Die MRK moet vinnig optree en ʼn duidelike boodskap stuur aan rassiste en enigiemand wat hulself aan rassistiese gedrag skuldig maak, dat hul skadelike en haatlike optrede nie welkom is in Suid-Afrika nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

105 Kommentare

Koos ·

Hoekom vaar hy nie uit oor wit kinders wat nie werk kry nie oor die kleur van hulle vel (rassisme) ,Black business asosiation,black gun owners asosiation ,elke mens in Suid-Afrika het die reg tot assosiasie hoekom mag hierdie persoon nie besluit wie sy gaste is nie…..en dan is daar nog die dom mense wat vir die party stem ANC in blou.

Karli ·

Mense wat nie besef dat DA is mini-ANC nie, moet regtig wakker skrik. DA praat nét oor nie-blanke groepe. Hul is erger rassiste as ANC want hul wil so graag bewys hulle is nie meer ‘n “wit” party nie!!!

Plaasmoorde is hul tjoepstil oor! BEE wil hil bevorder en nog werk “skep”, grondhervorming moet vinniger gebeur, aborsies bevorder hulle, Godsdiens uit skole is ook reg so ook Afrikaans orals uit by deur.

Nee wat as jy DA stem moet jy nie later huil nie!

Jan maak n Plan ·

Koos jys heeltemal korrek. As wit kinders nie toelating kry by universiteite nie maar swart kinders kry toelating met laer punte – dan is reg in hulle oe. Die ou moet onthou dat Slade n GASTE HUIS bedryf nie n hotel nie. ‘n Gastehuis is waar jy vreemdelinge snags huisves in jou eie huis en enige regdenkende persoon behou seker die reg om in sy huis toe te laat vir wie hy wil. EK dink as meer van ons soos Slade begin maak en ons voet begin neersit en nie so slapgattig is nie sal dit bietjie beter met ons begin gaan en hulle nie so baie op ons trap nie.

Kaspaas ·

Daar is geen verskil of jy DA of ANC stem nie – op grondvlak is hulle een en dieselfde party.

michael ·

My swaer het n restaurant wat deur ANC mense gehuur is vir 50 mense, waarna 120 mense opgedaag het, die hele plek afgebreek het, al die drank opgedrink het, hom en sy personeel met die dood gedreig het en rassistiese aanmerkings gemaak. Hulle het alles in die restaurant gesteel waarop hulle hul hande kon le en hy het geweldige skade gely. Die ANC het net hulle skouers opgetrek en daar het niks van gekom nie, ook niks van die saak wat hy gemaak het by die polisie nie. Dit is seker nie vir die DA belangrik om hieroor iets te se nie….

MAT ·

Die enigste verskil tussen JZ en Moesie is die een kan lees en skryf en die ander nie verder is hul partye identies. Was by een van Moesie se vergaderings en die hele aand is daar net gepraat oor swart bemagtuging, arm swart mense, en hoe ver die agter geblewended nog agter is en hoe hulle nooit voor gaan kom nie want die blankes wil hullie nie vinnig genoeg instop om hulle voor te kry nie. 85 % van die gehoor was blank en moes die hele aand hoor hoe die arme agtergeblewenis ,wat die meerderheid is, deur die minderheid inderdruk word. Daardie aand het die DA verseker my en my gesin se stem verloor. Die grootste rasiste in die land is die wat heeltyd rasis, rasis skreeu en die vinger wys.

Marius ·

My goeie hemel mense. Hierdie ou is van sy lootjie getik. Hy haat swart mense prontuit. Kyk tog wat het hy kwytgeraak in sy onderhoud met ‘n swart verslaggeefster. Daar is geen gronde om dit wat hy sê te regverdig nie. Moet asb. nie hierdie ou enige erkenning gee nie, want hy is nie ‘n rassis nie, hy is ‘n uiterste hater van swart mense. Enige Christen mens wat probeer regverdig wat hierdie ou promofeer is nie die naam Christen werd nie. Moet asb. nie die korrupte regering en rassistiese anderskleuriges gebruik om jou eie of dié sot se rassisme te regverdig nie. Dis walglik wat hierdie man van swart mense sê.

Fpn ·

Geen rassisme. Elke mens vry om hom te asosieer met wie of wat hy wil asook wie hy voor gas vry wil wees

Rina Willemse ·

Elke mens is vry om te assosieer met wie of wat hy wil! Maar dit wil voorkom asof net sekere etniese groepe daardie voorreg gegun word!!!
Nou word daar ‘n herrie opgeskop oor Slade sy vrye reg toepas!!!
Konsentreer liewer op die moorde, verkragtings, korrupsie, diefstal, swak of geen dienslewering in hierdie land ens ens en probeer ‘n oplossing vind vir lewensbelangrike sake eerder dan om tyd te mors op onbenullighede!

Loon ·

Jy as eienaar van n besigheid mag mos besluit wat die beste is vir jou besigheid of het ek dit nou verkeerd?
Hierdie man het duidelik ervaring van hoe mense optree wat nie hulself kan gedra nie, veral nie as hulle nie self hulle rekening betaal nie(regeringsamptenare)!

Rina Willemse ·

Ja! Loon is reg. Was al direk betrokke by sulke aangeleenthede waar amptenare geweldige rekeninge het wat nooit betaal word nie en dan word die instansies erg te na gekom en moes self deure sluit hieroor.
Ek sal nie ingaan of uitwei oor skade ens wat aangerig word nie, so, toon begrip wanneer ‘n eienaar sy “Reg van Toegang Voorbehou”

Jan ·

Dankie Maroela. Nou het ek n lekker plekkie gekry waar ek kan gaan uitspan.

Poplap ·

Nou ja netnou staan sy gastehuis ook in ligtelaaie soos Pretoria

Adrian ·

DA julle stink, toe afrikaans aangeval word by universiteite nie n woord van julle nie al wat julle doen is om swartes te paai vir stemreg vir da

Thys ·

Ek het al van soveel besighede gehoor wat hul deure moet sluit omdat die staat hul miljoene skuld vir dienste gelewer,sal my nie verbaas as dit die eintlike rede is vir die man se optrede nie…maar soos ons almal weet sodra ñ swart persoon nie van iets hou wat ñ blanke persoon sê nie dan word dit rassisties…

christine ·

Lol lyk my mense van anderlande kom ook nie hier met die groepe reg nie wow watter hoop het ons. Nou gaan Julius en sy vegters daar toesak. As ek die ou was hol so vinnig as jy kan. Moenie eers soos Lot se vrou terugkyk nie

indigogirl ·

is dit nie dalk omdat “swart mense of regeringsamptenare” meeste van die tyd nie rekeninge betaal nie?

ig ·

Ek is n sakeman en werk ook nie vir Munisipaliteite en die Staat nie .Want jy kan nie iemand finansieel dra vir somtyds 6 maande nie.Gaan die MRK my ook nou ondersoek?

Irene ·

Hiekom so bohaai daar oor te maak DA
as dit sy keuse is lis hom get julle gehelp met Afrikaans iniv wat gebrand word oor wit afrikaanse kinders wat wil leer Nee jul dink aan jul eie mense ons wit mense het seker ook regte

Stan ·

Die DA raak vervelig!!
Gaan leer by Trump hoe om te “campaign”! Deur normale mense aan te vat verloor jy net meer steun. Vat jou opponente aan.

Marius ·

Jy verteenwoordig net 5% van blankes se opinie as jy dink dié ou is normaal.

John ·

Wag en kyk hoe gaan Maimane in 1919 aan as dit nou al so gaan (as alles nog nie teen daai tyd lyk soos die busse in Pretoria-Wes nie). Die party sal dan al sy lede verbied om selfs ‘n wit motor te besit. Die DA moet eintlik die NN-party heet — die ‘No-No’ -party.

Eddy ·

Moesie jy is reg,niemand glo my as ek se daars geen verskil tussen die eff,anc en da nie behalwe die kleure van die kleure partye naamlik rooi,geel en blou.Julle wil niks met Christus Jesus te doen he nie want julle reelboek is menseregte en dis n onding.

Johan van Wyk ·

Eddy, baie goeie punt. Wittes kan tog nie minder regte he as ander nie. Dit sal opsig selfs nie reg wees nie.

anoniem ·

Jy weet duidelik nie wat in die DA aangaan nie. Christus is deel van ons DA kantoor waar ek werk.

manuel ·

wat het geword van” vryheid van assosiasie “wat in die konstutisie vervat is.

Jacqui ·

Priesies wat ek ook vra Manuel!!! Het ons dan nie die reg tot vryheid van assosiasie nie? !

Johann ·

Ja DA. Desperaat vir elke stem so klim gou op die nuutste wa wat verby kom. Shame..maar soos almal reeds probeer bevestig. In RSA tel sekere begrippe slegs as van toepassing as blankes of Afrikaans naby die definiesie betrokke taak. En Demokrasie? Die keuse van assosiasie of NIE! NET van toepassing op swart mense. Wittes…wel MOET buig voor ALLE aansprake op insluitende funksiinering.

Kobus Swanepoel ·

Ek sou ook nie,as ek ‘n gastehuis of hotel besit enige Anc of Regering toelaat nie! Selfs geen politieke party nie!! Ongeag velkleur want die mense betaal nie! Kyk hoeveel mense sukkel om hulle geld dy die Anc en regering te kry! Dan is daar swart besighede wat nie betaal word deur die politieke leunaars nie. Niks met velkleur te doen nie gaan oor eerlikheid!

John ·

Met ander woorde julle wat so uitvaar aanvaar nog nie julle mede Suid Afrikaners
Pak op en waai , maar onthou jy gaan nerens in die wereld n eksklusiewe wit land kry.
Probeer Orania

Grap ·

Nee John net regverdigheid dit gaan glad nie oor kleur of ras net regverdigheid vir elkeen

Theo ·

John. En net daar hang jou onderrok van onkunde oor Orania uit.

Gesie ·

Ek is lief vir alle mense, my taal, my vryheid, regverdigheid, my God en Godsdiens, nie-diskriminasie, nie-korrupsie…en …en… Die realiteit is dat hierdie waardes nie gedeel word deur baie ander in ons pragtige land nie. Ek gaan ook nie terugsit en sê julle is almal te oulik en mooi so, hou so aan nie. Ek sal opstaan en ook my en my kinders se regte eis. Ek sal ook my eie mense blatant voortrek. Jy is, soos die res van ons Afrikaners en Blankes, die vyand in jou eie land. Of jy dit al besef, of nie.

Verstom ·

Ek stem saam jou John. As die kwessie net staatsamptenare was het die vryheid van assosiasie getel. Maar om dot op kleur ye baseer is wat die ou in die moeilikheod het. Grap… Hoe gaan dit nie oor kleur nie? Hy noem dan blatant dat swartes nie welkom is nie.

Willie ·

Nes die staat nie met Wit bemagtiging besigheid doen, kan ander eienaars ook maar kies? Hierdie is eensydig.. Kyk hoe verwoes is die strande na n Desember fakansie…

Moegviraldiebeloftes ·

wil net dit sê elkeen het die reg om toe te laat wie en wat hy wil. dit word mos gesê reg van toegang word voorbehou of bestaan die reël nie meer nie??? elke besigheid in die land het die reël op die deur se kosyn of iewers op ‘n bordjie in sy besigheid. kom die nasioenale verkiesing gaan daar defintief groot veranderings kom. daar is partye wat glo hulle kry dieselfde hoeveelheid stemme, hulle hoef net nog nuwes by te voeg – hulle moet wakkerword.

lettie ·

Sy besigheid..sy besluit..as dit nou n indiër moslem was wat op grond v sy geloof en oortuigings dieselfde besluite geneem het sou hy veg vir sy siening.
Hoekom moet ons witmense alewig die knie buig om op getrap te word.eks jammer ek buig my knie net vir my Here.
Meneer jy mag verseker jou hardverdiende brood en botter regeer soos jy wil.

GJ de C K ·

Kudos aan elke kommentaar hierbo!

Mmusi moet maar elders gaan soek vir die kleingeld (change) wat hy so bedel vir die komende verkiesing.

Onthou hoe die DA Kleinfontein gaan teister het in 2013? Dink net wat gaan hulle maak met Orania, Soltek, Akademia, Afrikaans, Christen vryheid, vryheid van assosiasie. Hulle is voëls va enerste vere: ANC, DA, EFF

Annette ·

Om te dink ons wou DA stem. Ga. Baie blankes wat ek ken het van plan verander. Nee dankie ek stem nie vir my ondergang nie. Gelukkig het al ons vriende en familie van besluit verander.

Rina Willemse ·

So dankbaar om te sien hier is mense wat vir hulself dink en nie glo die DA is die nuwe Jerusalem wat gaan neerdaal nie! Ek kan getuig van die DA se kleinlikheid en eiewaan. Het ook eerstehandse ondervinding van die meelopers se swak maniere. Net bevestig wat ek reeds vermoed het!

Ethel ·

Hulle sit hierdie man en vrou se fotos op en maak van hulle teikens. Dit is waar, as jy wit is, is jou hande so gebind, maar moenie dat iemand jou geloof in God skud nie. God lei die Koning se hart soos waterstrome…..en op d oomblik word die ongeregtigheid en sonde blootgele in ons land. Aborsies, moord, ongeregtigheid,Homosesualiteit, verkeerd word reg genoem en reg verkeerd…. satan se tyd raak min. Keer na God dat Hy v ons veg. Ons kan nie teen d oormag vd ongeregtigheid veg nie,maar ons kan terugkeer na God en d waarheid v Sy Woord….

John ·

Die Ou se duidelik dat Hy nie swart mense ontvang nie,gelukkige julle wat wit is
Ongelukkig het ons geen besluite gehad toe kleur uitgedeel was . Onthou ons het
ook maniere en al die sintuie wat julle het

Koos ·

Ons huidige benadeelde mense word juis so teen gediskrimineer oor ons wit is verduidelik dan asb vir my as wit persoon wat soos jy gesê het ek nie kon kies nie waarom kan ek nie ‘n lid word van die Black gun owner asosiation of die black business owner asosiation nie ?????

Ethel ·

Dit is waar John. God het ons aan d binnekant almal dieselfde gemaak. Dit is tyd dat ons verby ons velle kyk en siele raaksien. Dit geld v elke kleur. Ek het baie respek v mense v alle kleure….dit het tyd geword dat S.A ophou met hierdie deuntjie en begin vooruitgaan…..

Sipho ·

Jy hoef mos nie daarnatoe te gaan nie John, die wêreld is vry. Of net oor die ou nee gesê het, nou wil almal soontoe asof jy nie daarsonder kan bestaan nie. Dis nie asof dit die enigste gastehuis is nie.

Willie ·

Maar daar is baie plek vir mense wat brand, plunder, steel, moor, roof en verkrag… Preoiriteite mense….

Jaco ·

as hierdie man dan so anti-swart is, kan hy maklik met sy slowaakse bestuurder trou en verhuis na Slowakye waar net wit mense bly. dis n geleentheid wat ek en BAIE ander wit mense in SA nie het nie. hy is stupid om sulke lelike goed oor swart mense te se. dit gee alle wit mense in SA, wat nie die land kan verlaat nie, n sleg naam. op die ou end word ons almal sleg behandel/uitgemoor net omdat ons wit is, en dan kan hy maklik vlug Slowakye toe.

Anoniem ·

Ok John, SO jy sou ook SA verlaat het as jy kon? Jy se: “dis ‘n geleentheid wat ek en BAIE ander wit mense in SA nie het nie? Nou toe – skep vir jou ‘n geleentheid en gaan. Jy is maar ‘n ou bang boetie ne? (vir sleg behander word/uitgemoor word)

Stem saam ·

Ek dink jy laat baie van ons wit-mense se harte warm klop. Hoekom is ons land in die gemors ? Ons volk laat mos toe dat alle kleure en geure net oorvat en maak soos hulle wil. Het ons nou regtig gedink dat ons weer ons self sal kan “terugstem” nadat hulle stemreg gekry het ? Wil net vir jou se…mooi so en wens meer van ons volk wil so voet neersit !

Adri ·

Gaan ondersteun die man. Vryheid van spraak en vryheid van als word weggevat as jy blank is. So dan moet ons maar na ons eie omsien.

Apie ·

Mooi so Andre. Hou jou deure toe vir hierdie kaders. Hulle kan net verwoes en vernietig. Dis jou reg. BRAVOOOOOO!!!

G@tvol ·

Pretoria brand agv Tsonga’s en Pedi’s wat NIE deur ń Zoeloe burgermeester regeer wil word nie. Wat anders is dit as rasse-segregasie? Elke stam wil homself regeer. Daarmee het NIEMAND ń probleem nie. Maar laat een blanke dit durf besluit…onmidellik is dit rassisme. Die breindood libterte is besig om rassehaat aan te blaas saam met die linkse partye deur hulle ideologie te laat probeer geld.
NIEMAND gaan hierdie golf stop nie. Die polisie kon nie eers ń week se opstand in sommige dele van Pretoria stop nie. Wat gaan gebeur as NET 2 ekstra stede hulle voorbeeld volg? Gereed uself…

Ander Koos ·

Die staat/anc wil nie met witmense sake doen nie, dan het witmense seker ook reg om nie met swartmense sake te doen nie? Word mos beweer SA is demokraties…. ha-ha-ha blykbaar dan net vir sekere mense as en wanneer dit hulle pas

Susan ·

Nou net weer bevestiging gekry van hoekom ek nie vir DA gaan stem nie…..!

Allie ·

Bly om te weet dat hy sy Bybel en YAHWE se wette gehoorsaam.
Hy moet net nie buig onder druk nie!

Marius ·

Enigeen wat ondersteun wat hy sê sê sg. YAHWE het beslis ‘n driepunt vurk en horings. Dis veragtelik.

Denise ·

Ek dink elkeen het die reg om te besluit wie hy in sy gaste huis wil laat oorbly en glo my dit geld vir elke een of jy nou swart is of wit is die einaar het die besluit regte !!! En die mense wat so goed op facebook sit onthou without prejudice is jou laaste woorde na wat jy ookal wil skryf gan google die woord !!! Net n voorstel!!!

Connie ·

As ek nog gewonder het, weet ek nou vir seker. Die DA gaan my stem mis.

magrette louw ·

Connie, ek gee hulle ook maar ‘n mis van nou af. Ek hoor dat as die da, eff en van die ander kleiner partye ‘n koalisie vorm kan hulle die anc ore aansit, en ek is te bang om my stem op die da te mors vir die moontlikheid daarvan, dat ek nie sommer gou weer vir hulle sal stem nie.

Dedré ·

Seksisme en Godsdienstige onverdraagsaamheid ??? Wat sal dit nou wees in sy oë??? Homoseksualteit en GOD vs allah???

Piet Pompies ·

Joseph Stalin steek maar sleg af by die “demokrate” van Suid-Afrika, veral as dit by die vertrapping van blanke landsburgers se regte kom. Mmusi Maimane se onverdraagsaamheid laat diktators soos Stalin, Lenin, Idi Amin en Sadam Hoessein na onbeholpe amateurs lyk…

Marius ·

Sjoe, jy klink so ingelig. Ek dink jou stelling is totaal misplaas en sommer net blatant onverantwoordelik. Jy ken Mmusi beter as al die res van ons.

Piet Pompies ·

Ek is bly jy besef dit Marius. Dis net jammer jy is in gebreke om te snap wat ek sê…

Deborah ·

Dis tyd om WAKKER TE SKRIK SUID-AFRIKA. Dis die begin van burgeroorlog in ons land. S. A. het weggedraai van God af en die wit volk gaan al hoe swaarder kry TOTDAT hulle na die Here terugkeer en Hom aanroep as enigste hulp. Gaan lees maar die geskiedenis van Israel en wat met hulle gebeur het elke keer wanneer hulle die Here verlaat en in sonde verval het. Maar nouja, dit gaan nog te “goed” in S.A.. Daar is nog kos en ons is nog “betreklik veilig” ens., maarvir hoe lank nog? Dis ‘n dwaas wat dink dat dit beter gaan word! Bekeer jou van jou sonde, laat staan haatspraak en rassistiese uitlatings, dit maak alles net erger! Soek die Here met jou HELE hart sodat jy en jou familie behoue kan bly wanneer die onheil en geweld spoedig losbars oor ons land en sy mense. Duisende maal duisende gaan sterf, maar diegene wie by die Allerhoogste skuil sal “geen onheil vrees nie”. Lees Joël 2:1-17, (beskrywend van die huidige situasie iniS.A. en wat nog gaan kom) miskien sal dit iemand motiveer om hulle tot God te bekeer. Die Here word geterg met verskriklike sonde wat tot aan die hemel reik en stort nou Sy oordele uit oor ‘n sondige volk wie Hom verwerp het. Moenie jouself regverdig nie, begin by jouself! Mag Yahweh elkeen wie hierdie boodskap lees genadig wees!

Lynette ·

Ek stem so heelhartig met jou saam. Ons moet ons tot God se genade aanroep. Ek wens mense wil ophou praat van oorlog ens. Dit sal nie werk nie. Ons moet soos die Voortrekkers net op God se hulp en genade staatmaak, keer terug na ou waardes, beginsels, godsdiens ens. Hoeveel van ons lees nog die Bybel, gaan KERK toe om God se woord te hoor, stuur ons kinders Sondagskool toe? Praat met mekaar oor God? Onthou….. Niks kan jou red behalwe jou geloof nie. Dus sit jou TV af, klim van jou selfoon af ens. Spandeer TYD met God en Sy dinge. Ons lewe in die laaste dae, lees jou Bybel dan sal jy weet wat ek bedoel! God se hand is in alles! Ons gaan gebuk deur die Antichris…. Ons almal voel en loop deur onder al die onregte, maar slegsê gaan nie help nie. Keer jy en jou gesin terug na GOD, dis die antwoord………..

Jaco ·

Wel gedaan Andre!

Staan op vir jou belegging en jy het die reg om enige iemand weg te wys. Ons almal weet presies van wat jy praat maar ons mag moes niks se nie! Dit is tyd dat ons begin opstaan en terug veg. DA julle het ook my stem verloor want al wat julle kan doen is gatkruip..

Bolander ·

Jaco, ek stem 100% saam met jou. Maar vir wie moet ons dan stem??? Dit maak my bang om net daaraan te dink!!!!!!!!

Kobie ·

Ek het vir Andre persoonlik ontmoet en in sy gastehuis gebly 5 jaar gelede. Wat ‘n wonderlike mens! Hierdie is ‘n gastehuis (sy tuiste), nie hotel nie. Hy behou die volste reg om te besluit wie hy in sy huis toelaat en wie nie. Andre, ek is trots op jou en het die wereld se respek vir jou omdat jy nie terugstaan onder enige druk nie en jy behou jou waardes, jou staan vas in wat jy glo en jou keuses en sieningswyses! Well done!! I wish you luck and send you positive energy during these stressful times.

Laurika ·

Nee maar dis mos nou dom. Hoekom dit duidelik maak jy wil ‘n sekere ras nie by jou plek hê nie? Pleks sê jy net jammer hoor, ons is vol bespreek. Klaar. Geen probleme?

Grap ·

Andre Slade ek was al ‘n paar keer in Sodwana met die myn manne visvang kompetisie maar sal jou definitief ondersteun as ek weer daar kom

Alicia ·

Dis is vir my absoluut skokkend om almal se komentaar te lees. Die probleem is dat daar baie min mense is swart of wit wie se visie vir die toekoms een is wat eenheid en gelykheid wil bevorder. Ek sal steeds DA stem. Musi bevestig dat insidente soos die moet end kry want dit brek af dit bou nie op nie. Maar miskien het almal lank genoeg voorgegee dat hulle tengunste van n reenboog nasie en eenheid is en eintlik nogsteeds neerkyk op ander en met wrokke rondloop. Dan is daar iets wat my so vuurig omkrap en dis hierdie mense wat die vermeetelheid het om te se God is ten gunste van segregasie! Omdat hy mense verdeel het by toring van babel? Regtig! Hou op die Here by als intrek en gaan lees weer jou bybel! Is die gelykenis van die barmhartige samiritaan net van toepassing as dit julle pas! Die bybel se almal is gelyk. Gal 3:28 Dis skokkend ek skaam my. Se jou se gooi jou opinie rond maar hou op om die beeld van God deel te maak van jou verwronge oortuigings, dit is nie God se hart nie.

Lious ·

Deur al die eeue heen het verskillende volke in hul eie lande gewoon en nou is dit ewe skielik nie meer goed genoeg. Miskien is jy die een wat ʼn verwronge opinie huldig so wees eerder nie haastig om te oordeel nie.

Z ·

Sê my Alicia, het Musi iets te sê gehad oor die insident waar n swart man wat by die universiteit sit met n T-hemp wat sê “I hate white people”??

G@tvol ·

Een ding is verseker…die tyd het uitgeloop om mekaar te oortuig van politiek en godsdiens. Die weë het reeds gevurk en elkeen is in sy groepering ingedeel. Ons aanbid verseker nie elkeen dieselfde god nie, want indien jy nie eers die natuurwette kan handhaaf, wat die Skepper van die natuur en die ewigheid in pragtige orde en balans opgestel het nie, hoe sal HY jou as een van SY kinders kan aanneem? Om te baklei teen natuurlike seleksie onder verskillende stamme, volke en kulture, is so belaglik soos om kwaad te wees vir verskillende diere wat nie wil vermeng of op dieselfde veld in vrede wil bly nie.
Jou hart wys jou wat reg en verkeerd is. Elkeen se reg wat vir my ń gruwel is, sal ons elkeen na ons onderskeie groepe toe lei. En jou eie wilsbesluit om teen die Ware God se orde te gaan, sal van jou ń gruwel maak.
So ons SAL ALTYD verskil….

hans brits ·

Dan moet die eff ook waai want hulle maak hulle haat vir blankes bekend.

Tarina ·

Gaan ook nie meer DA stem nie na die insident waar mense geteiken word & sê hul is nie welkom omdat hul nie vryheid gegun word om te kies wie om mee te assosieer nie. Ek stem nou ACDP. Weet my stem is saad & ek moet die Bybel stem, maar gedink ACDP is nie sterk opposisie vir ANC soos DA nie, maar die feit dat ANC aborsie/babamoord & ander ongeregtighede goedkeur het nou net my stem verander. Ons moet weet as christene waarvoor DA staan & nie net aanneem omdat hul dienste belowe hul beter is as ANC. Hul is nie, Goddeloosheid lei na wanorde, immoraliteit & al die siektes wat daarmee gepaard gaan, geweld, armoede, opbreek van families & enige vervloeking denkbaar onder die son.

jen ·

As hy issues het met homoseksualiteit is daar nog groter probleme, want Malema het gese as hy aan bewind kom gaan hy alle gays doodmaak. En hoekom rek die DA nie hul groot monde oor die plaasmoorde en hoe ons blankes daagliks uitgewis word nie…..Wie is hy om vinger te wys, hoekom het hy tot nou toe nie ‘n woord gese oor die feit dat ANC duidelik gemaak het dat hulle van nou af net swart welsyn organisasie gaan ondersteun, maar hoe baie blankes is in wit plakkerskampe…en hy bly stil…..So DA koop ‘n Red Bulle en vlieg…jy weet waarheen. Jys familie van Malema met jou aantuigings

Rapes ·

Ja aan 99% van die mense wat hier kommetaar gelewer het wil ek se . Julle maak my trots om ‘n blanke Suid Afrikaner te wees. Mense staan vir jul regte en kyk op en stoot jul bors uit.

Marius ·

Die ware Christene neem nie deel aan hierdie vuil gesprek nie. Hulle is te besig om Jesus se hande en voete te wees in ‘n wêreld waar Hy gesê het om ander te dien selfs al is dit ten koste van jouself. Hierdie is ‘n versamelplek vir verregse elemente om hul monde uit te was. Pasop maroela media. Julle verteenwoordig net 5% van die blanke bevolking as dit die toon van mense se uitlatings is wat julle wil toelaat. Dis uiters hatig en dra nie ‘n duim van die beeld van ons Heiland nie.

Estelle Haward ·

Baie swak politieke skuif van die DA. As besigheidsman of vrou het elke persoon die reg om te bedien, toe te laat wie hy wil. Daarvoor is daar borde op orals wat sê “Reg van Toegang Voorbehou.” Liewe genade mense, is daar nie belangriker dinge om oor aan te gaan nie. Ons land se hospitale is leeg gesteel, werksgeleenthede verdwyn en daaglikse rassisme op groot skaal deur regeringsbeamptes en politici. Los die besigheidsmense uit wat sy eie inkomste verdien en niks van die staat af vra nie.

vermeende ·

Kan jy glo, daar is nog een eerlike man in SA oor wat staan by sy geloof en hom nie laar voorse nie.

Esther ·

Stap in enige ketting winkel in, stap in restaurante in – daar is geen blanke in diens nie. My dogter het aansoek gaan doen by van die plekke vir ‘n werk – daar is vir haar gese hulle neem nie blankes in diens nie…. en dit is toelaatbaar. Dit is nie rassisties nie??? hoe werk dit? Daar kan op Facebook uitlatings gemaak word oor ons ras dan is dit vryheid van spraak, maar as mense kies om hulle besigheid te bedryf soos hulle wil – is dit rassisties…..

celia ·

Plaas jou brief asb op facebook-dat meer mense dit sien en besef wie is die werklike rassiste. Oral waar n mens aansoek doen vir werk word jy weggewys omdat jy blank is.
Stem vir jou eie mense wat vir jou reg, plaasmoorde ens opstaan: die VryheidsFrontPlus.En sluit aan by Agriforum. Dit is die regte ding om te doen. Tyd dat ons saamstaan. Ek is trots en dankbaar om te se ek het my nog nooit laat mislei deur die DA nie. En die ACDP ook nie. Maak jou oe oop en stem vir jou eie mense.

pat aldrich ·

Nou Ja daar het ons dit. DA is nie wit party nie nou waarom bel julle my vir my stem. DA sal nie my stem weer kry nie. Hou jou gastehuis blank is jou reg om toegang voor te behou.

Jo-anli ·

My kind word werk geweier omdat hy blank is. Hy is een van die sogenaamde milleniuls. AgneeREG VAN TOEGANG BETEKEN PRESIES DIT.

Wanda ·

Ek verhuur vakansie woonstelle, ek sal self besluit wie ek daar sal toelaat. Dis my besigheid, my eiendom, my uitgawes en my toerusting ens. Ek is vol jammer ! Sê ek meer as gereeld sonder om sleg te voel ! My vriendin het haar woonstel verhuur aan 8 ‘raadslede’ haar plek was in ʼn toestand gelos om nie eers van die stank wat in die lug gehang het te praat nie. So….sorry, give that man a Bells !

johan1 ·

Hy het die volste reg om te besluit wie hy in sy gastehuis wil toelaat.Die swartes is gou om van rassisme te praat sodra iets nie in hul guns gese word of gedoen word nie.Kyk maar na die parlament en sy ministers wat net swartes in diens neem en geen blanke of bruine nie,is dit dan nie rassisme wat toegepas word nie.

Gert ·

A ndre ons sal jo ondersteun waneer on oorslaap ,ek hoop jy gaan nou permanent vol geboek wees

Moeg geploeg ·

Marius….nie veel woorde vir jou het nie…dink jy na jy medemense wat soos jy lyk moet begin kyk

bea ·

weet waar EFF nou weer gaan dans…kleuterskool dan hier…maak my siek tot in my siel…

Hannetjie Besselaar ·

Wat van my seun wat geskiet is in Sodwana Mei 2015 Thys Besselaar hy is dood waar is die mense wat gevang is!!!!!!! En dit was swartes!!!!!!! Nou wat nou nog niks gehoor nie!!!!!!!!!!!!!
Marius weet jywat dit is om n kind te verloor vir niks!!!!! Ek het 2 verloor my 2 oudste seuns

G@tvol ·

Ja Marius…tel jouself onder die groot getalle. Moenie TE trots TE vinnig word daaroor nie. As jy die MEESTER se stem geken het, so jy reeds gaan soek het na die minderheidsgroeperinge. Die weg na die koninkryk is smal en al is die die getal van Israel soos die sand van die see…NET die OORBLYFSEL sal gered word. Wie aanbid die sogenaamde Christene dan? So bly jy maar op jou breë weg by die groot getalle versoeningsamptenare en stook die vure verder aan.

Kerneels ·

Lees mooi – hierdie mense is sektaries en ekstrimisties. Dit gaan nie oor betaling van die rekening al dan nie. Ek kan verstaan as hy voel die manne gaan sy plek afbreek of hom nie betaal nie, maar julle gebruik nou die voorval om politieke punte te score. Stem DA dat ons hierdie land kan regruk. Kyk maar na die Wes Kaap! Dis tog nie realisties vir die DA om nou hierdie ou te ondersteun nie!

Rina Willemse ·

Ag Kerneels jy weet nie waarvan jy praat nie! Ken jy die mense persoonlik om sulke stellings te kan maak soos sektaries ens!!! Sover ek weet is daar (nog) iets soos godsdiensvryheid in hierdie land en (tot ‘n mate) vryheid van spraak en assosiasie. Jy leef in ‘n totale droomwereld as jy enigsins dink die DA kan die land regruk! Hulle kyk net na hulle eie mense en misgun minderheidsgroepe hulle regmatige plek in hierdie land. Gaan praat met die Khoi-San en die Vendas, miskien sal jy dan my punt verstaan.
Gaan nie eers begin met die onregverdigheid ens teenoor ons taal, kultuur en ons eie mense nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.