Geen rasgebaseerde aanstellings in SAPD, sê Phiyega

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Riah Phiyega, die nasionale polisikommissaris, het Vrydag gesê daar is geen program in die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat gebaseer is daarop om mense van sekere rasse of minderheidsgroepe aan te stel nie.

“Ons streef daarna om te verseker dat alle rasgroepe in die opleidingsprogram verteenwoordig word en moedig almal, wat aan die kriteria voldoen, aan om aansoek te doen,” het Phiyega in ʼn verklaring gesê. “Ons is toegewy om seker te maak dat ons die regte gehalte kandidaat het om ʼn professionele diens te verskaf.”

Altesaam 3 800 rekrute sal na verwagting vanjaar met die twee jaar opleidingsprogram begin.

Phiyega het gesê in sekere gebiede word daar slegs klem geplaas op rasgroepe wat onderverteenwoordig is. “Ons wil verteenwoordigend wees, maar sal nooit inboet op gehalte nie. Ons het nie enige ras of taalgroep of kultuur by die proses uitgesluit nie.”

Sy het berigte, dat aansoekers in KwaZulu-Natal aangeraai is dat “isiZulu-sprekers nie moet aansoek doen nie”, ontken.

ʼn Aantal persone wat Donderdag by ʼn saal in Pietermaritzburg opgedaag het om aansoek te doen, is glo weggewys en is aangesê om na enige polisiestasie toe te gaan om die aansoekvorms te bekom. “Dit is slegs omdat die saal in daardie stadium te vol was,” het Phiyega verduidelik. “Hierdie land behoort aan al die burgers, ongeag ras, geslag of godsdiens en is verteenwoordigend van die diverse kulture wat ons in die gemeenskappe sien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Adriaan ·

verteenwoordegind van die land of die area ? Stap by enige polisie stasie in , in blanke gebiede en jy sien maar 2 -3 blanke lede op die hele stasie . Word ook nie in jou taal bedien nie . Maar so iets soos 10 blankes per semester in Pretoria

susan kruger ·

Die polisie van vandag is nie professioneel nie. Wat het geword van ‘n netjiese voorkoms? Hoe kan ‘n oorgewig, om nie die word vet te gebruik nie, ‘n skelm inhardloop van agter af? In die dae toe my man in die polisie was, was dit gedoen. Kandidate is behoorlik gekeur. Hoe word hulle vandag gekeur? Dat swart mense voorkeur kry is geen geheim nie. Dat goeie blankes weggewys word ook nie.

Sarie ·

Daar was eenkeer ‘n foto in ‘n plaaslike nuusblad in George waar ‘n bandiet met kettings aan sy voete vir die polisie weghardloop en ontsnap. Hulle was te stadig en oorgewig

Abel Jansen van Vuuren ·

Fine. Alle rasse word dalk aangestel, maar daai arme oukie gaan ‘n konstabel bly, want daar is geen, geen kans vir bevordering nie. So wie wil by ‘n plek werk waar nie jy of jou salaris erens gaan nie.

JoeV ·

“sal nooit inboet op gehalte” – gehalte is al so lank awesig die persoon sal nie weet wat dit is as dit oor haar loop nie!

CAV ·

En n voorbeeld dat sy nie die waarheid praat nie is ” Renate Barnard “. Die naam en saak spreek mos boekdele

Asjas ·

Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n wit persoon in ‘n Polisie Stasie sien werk het nie, om nie eers te praat van die feit dat jy kan maar vergeet om in Afrikaans gehelp te word. Vandag se Polisie is slordig en traag. Wanneer jy by ‘n Polisie Stasie instap sit hulle agter ‘n lessenaar en kyk vir jou asof om te se “Moet ek nou regtig opstaan en jou bedien?” Wanneer hulle uiteindelik besef dat jy nie weggaan sonder dat hulle jou gehelp het nie, kom jy gou agter dat hulle weet nie wat hulle doen nie, of hulle hou hulle onnosel sodat jy moet weggaan. Hulle is ook intimiderend teenoor die publiek. Die laaste keer wat ek ‘n Polisie Stasie besoek het, wou een van hulle my toesluit want ek het op die verkeerde plek parkeer. Hul privaat karre het al die parkering opgeneem en as hulle mense beter en vinniger help dan sal die tou nie tot in die straat staan nie. EN as ons in ‘n veiliger land gebly het SOU ek my kar buite parkeer het!!

Drieks ·

Gehalte sé” BEE Riah”… jou gehalte is 75 prestent misdadigers in die polisie. Wys jou net, as jy deur die polisie range jou pos gekry het sou jy nie so nonsens gepraat het nie.

Jasper ·

Hierdie grappie van Phiyega is so flou, dit sal nie eers n Joolblad haal nie.

Fanie Bouwer ·

“The police strategic plan for 2005 to 2010 aimed for a complement of 79% black, 9.6% white, 8.9% coloured and 2.5% Indian officers”. Met ander woord Naskom gaan nie lekker om met die waarheid (feite) nie. Hulle doen dit in terme van die Employment Equity- wet. Dit is nie nuwe getalle-apartheid. Hulle wil nie op gelyke basis en meriete kompeteer nie. Meriete is sommer ‘n argaïese ding na hulle mening.

Piet Verdriet ·

As polisiebeampte moet ek sê dat geen ras word gekeer om aan te sluit of aansoek te doen vir bevordering nie. Dit word egter aan gemoedig deur senior en top bestuur. Dit is waar die openlikheid stop. Alle aansoeke word op grond van ras en kleur gekeur. Die feit dat blankes en Indiërs genooi word vir onderhoude is net om te wys dat hulle ook “deel” is van die proses. Blankes se bevordering word met hand en tand deur die einste Riah Phiyega beveg deur elke denkbare proses. So word’n professionele polisiediens in die wiele gery. Vra maar vir die blankes wat nou al tot en met 20 jaar diens het in dieselfde rang. Die beleid van nasionale demografie kry bo alles voorkeur en dit is hulle manier van verskuilde rassisme. Die foto hierbo was seker in die 1990’s geneem.

Sparkie ·

Hoe lekker word daar nou weer gelieg sodat die media ñ meer positiewe beeld kan uitstuur. Geen rasse diskriminasie in die SAPD of liewer in ñ SOB is sover van die waarheid. Enige een is welkom om aansoek te doen vir ñ pos. Dit is slegs vir navrae doeleindes. Die werklikheid is dat geen aanstellings ander dan BBE gedoen word nie. Binne enige SOB is daar blanke werknemers met hoër kwalifikasies as die hoofde. Ook is daar blankes met jare diens en ongeskryfde ondervinding wat die fatcats moet drae en tevrede moet wees met ñ totaal hongerloon. Die fatcats kry ñ salaris soos reeds bekend, R67000.00 per dag vir Bryan Dames, en as hulle die besigheid in die afgrond het, onttrek hulle net en gee apartheud die skuld. So ook is die SAPD op die randjie van ineenstorting. Die bewering dat SA xie beste polisie mag ter wereld het is waar. 95% van die misdade is die polisie in elk geval op die misdaad toneel.

Hennie van Staden ·

Sparkie en Piet Verdriet moet saam stem, weet van wit offisiere, kapteins, wat 15 jaar en langer in range is, bevelvoerders was by verskillende speurtakke en stasies waar hulle uitstekende werk gedoen het maar swart en indiers wat nog op skool banke was toe hul in hullle range gekom het word nou bo hulle bevorder. Hul moet selfs waar daar twee Kolonels, is wat nou kwansuis admin werk daar doen, se werk doen op eenhede want hul is nie in staat om dit te doen nie. Hul moet onder mense werk wat weens hulle onvermoë om die werk te doen van eenheid geneem is en bo hul nou bevorder word . Sterkte aan al die bekwame polisiemanne en vroue wat met God se genade die onreg sal verwerk. Dit sal ons meer as 20 jaar neem om die skip om te draai in regte rigting met bekwame swart, wit , kleurling of indier polisiebeamptes.

JZ ·

Praat is goed koop,gelukkig gio niemand die lieg stories meer nie,

Polla Roux ·

N deel van propaganda is dat die leun soveel keer as moontlik herhaal moet word totdat jy wat die onwaarheid verkondig dit self glo Dis wat Pyega nou doen en sy glo dit .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.