‘Geen rede tot kommer’ oor optog op Puk-kampus

Dié grafika wat op sosiale media versprei word, het talle studente bekommerd gelaat.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het studente gerusgestel dat ʼn optog wat vandag deur die EFF se studentekommando (EFFSC) op die universiteit se Potchefstroom-kampus gehou sal word vreedsaam sal wees ondanks inligting tot die teendeel wat op sosiale media versprei word.

Prof. Fika Janse van Rensburg, adjunk-visekanselier op die kampus, het Donderdagaand in ʼn dringende videoboodskap aan studente gesê inligting dat daar vandag chaos op die kampus sal heers is “fopnuus”.

ʼn Skermskoot van grafika wat die optog adverteer en op sosiale media versprei word, het talle studente bekommerd gelaat dat hulle Vrydag nie die Potchefstroom-kampus sal kan betree nie. Op die grafika word aangedui dat ʼn optog op Vrydag 7 September 2018 sal plaasvind uit protes ter ondersteuning van Engelse klasse by die universiteit. Daar word ook op die grafika ʼn beroep op optoggangers gedoen om “petrolbomme en klippe saam te bring” om “te veg vir klasse in Engels”.

“Hierdie fopnuus wil die indruk skep dat daar môre [Vrydag] chaos op die kampus gaan wees. Dit is absoluut nie die waarheid nie,” sê Janse van Rensburg.

“Die bestuur het die situasie onder beheer. Ons het toestemming gegee aan een organisasie wat by die studenteraad geaffilieer is, die EFF-studentekommando, om ʼn optog te hou en daar is baie duidelike voorwaardes hiervoor. Dit word binne ʼn vasgestelde tydsraamwerk gedoen, daar is ʼn vasgestelde roete wat hulle sal stap. Daar is geen rede om te dink dat die universiteit se normale aktiwiteite ontwrig sal word nie.”

Die optog deur die EFF word gehou uit protes teen die NWU se taalbeleid. Die organisasie dring daarop aan dat alle modules in alle klasse in Engels aangebied moet word. Die EFFSC sal vandag ʼn formele memorandum met hul eise aan die universiteit oorhandig wat deur Janse van Rensburg ontvang sal word.

Die EFFSC het ook Donderdag in ʼn videoboodskap ontken dat die optog met geweld gepaard sal gaan. In die video bevestig een van die leiers van die EFFSC dat daar ʼn memorandum aan die universiteitbestuur oorhandig sal word. “Ons verseker studente dat hierdie optog vreedsaam sal wees en dat daar geen geweld sal wees nie.”

Die optog sal om 13:00 begin by die ou hoofgebou, waarna optoggangers deur Wasgoedpennetjielaan in die rigting van die amfiteater sal beweeg, regs in Lover’s Lane tot by die ingang van die F1-gebou (by die kassiere) waar die protesaksie en oorhandiging van die memorandum sal plaasvind.

Janse van Rensburg het gesê enige studente wat ongemaklik voel om naby die optog verby te weeg, word aangemoedig om bloot van ʼn ander roete gebruik te maak. “Ons beskermingsdienste en ons vennote elders het die situasie volledig onder beheer. Moenie dat persone of instansies wat planne het om die universiteit tot stilstand te bring daarin slaag om met fopnuus jou te laat dink dat jy nie met jou normale aktiwiteite kan voortgaan nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Aijaijai ·

Vroeër jare sou hierdie nóóit toegelaat gewees het nie. Potch is nog een van baie min universiteite waar wit kinders nog soort van die studentelewe van toeka kan beleef. Wonder vir hoe lank.

MissDemeanor ·

Kom ek verduidelik vir jou iets. In ‘n vak soos Biochemie leer mens inelkgeval uit n Engelse handboek wat woorde gebruik soos “scaffold proteins”, dan moet die dosent in die klas in Afrikaans praat van “steier proteine”, dit maak mens net deurmekaar. En as jy klaar gestudeer is en jy word n wetenskaplike wat artikels publiseer, dan moet jy inelkgeval die Engelse terme gebruik. Maak die klasse Engels. Dis goed genoeg vir almal.

MissDemeanor ·

Nog iets, as mens op universiteit is, is jy nie meer ‘n kind nie, jy is n volwassene. Afrikaanse mense is geneig om hul volwasse kinders op te piep asof hul nog babas is. Hul is grootmense, laat hul self besluit wat vir hul reg is en wat nie. Laat hul opstaan vir hulself as hul dink hul word tenagekom.

Anne ·

Aijaijai stem saam met jou. Party mense hoef ons ook nie ‘n “lecture” te probeer gee nie ?

Haan ·

@MissDemeanour indien die Puk afrikaans as onderrig taal afskaf is DIE LAASTE instansie waar Afr. as akademiese taal kan vorm en groei – daarmee heen. Tweedens: “Engelse klasse” is bloot n dekmantel waaronder die universiteit kan verswart. Ek gun enige persoon die voorreg om te kan studeer., maar indien die Puk Engels word is Akademia – wat nog baie klein is- DIE ENIGSTE universiteit met n Afrikaans-vriendelike geaardheid.
Byt vas, luister na die Afrikaanse terme en gaan leer in die handboek die Engelse terme. Wees trots daarop dat jy n taal kan praat wat akademies kan kers vashou,en verbreed sodoende jou horison in beide rigtings.

Lou ·

@Aijaijai….nie meer vir lank nie. Tradisionele veilige, ordelike universiteits kampusse soos ons dit ken gaan uitsterf. Ek het destyds op Kovsies geswot maar sal nie nou my kinders soontoe stuur nie. Die laaste opsie was die PUK. Maar hulle gaan ook onder. Ek weet nie meer nie……

Charles ·

Ek weet nie van Mejuffrou houding nie, maar steier proteiene klink pragtig. So, so trots op my hartstaal, een van SLEGS drie tale wat ontwikkel was in die 20ste eeu tot wereldklas wetenskapstale, tesame met moderne Grieks en Hebreeus.

Ons wil dit so hou, en ons veg daarvoor, want dit is ons reg en voorreg! Ons gaan nie byna 100 jaar se bloed, trane en sweet weggooi oor sekere groepe nie ons en die wonderwerk wat ons taal is kan verdra nie, nooit nie.

Noem hierdie stryd wat nou al vir seker byna 5 jaar woed om ons taal; goeie blootstelling, en op paradoksale wyse, die skop wat Afrikaans nodig het, want dit is al wat bereik word. Pleks daarvan om ons taal en sy reikwydte skade aan te doen, FLOREER dit, en Afrikaans boekverkope BEVESTIG DIT.
Vir ‘n taal wat deur ‘n kleine minderheid gepraat word om mee te ding met die taal van kolonialiste en globalisme is ‘n besonderse prestasie!!! EK LIEF Afrikaans, ook in die lesinglokaal.

Ons is besig om te veg vir ons taal, soos ons voorouers van weleer, en die Here weet, ons sal nooit ophou nie.

Nettie ·

Ek is baie lief vir my moeder- en huistaal, Afrikaans. Verstaan my nie verkeerd nie: ek is óók gekant teen hierdie hordes swart “studente” – van wie 80% nie-gebore Suid-Afrikaners is – wat studente wie se ouers, of hulself, kan betaal – se plekke inneem op universiteite, waar hulle 5 – 10 jaar “sit” om ‘n 4-jaar-graadkursus te voltooi.

Om egter so te skop teen Engelstalige klasse, is om die versene teen die prikkels te slaan. Afrikaans, as taal, is sterker as wat ons dink. Solank ons dit in ons huise, in ons koppe, in ons gemeenskap praat en skryf, sal dit NOOIT vergaan nie.

Voorts, ek lag my ‘n papie vir die EFFSC wat sê hul optog gaan ‘vreedsaam’ verloop. Hulle verstaan nie daardie woord nie. En dan verspreek die “plakkaat” en die video van die EFFSC mekaar – die een sê die optog begin om 10:00 en die ander sê die optog begin om 13:00.

Tipies.

Snowball ·

My kind is daar! Gaan hom glad nie aanmoedig om klas by te woon nie. Fopnuus of nie, daar is altyd die moontlikheid dat radikales wat nie eers studente is nie, hierdie situasies gebruik om chaos te veroorsaak ….Hoop werklik nie dit gebeur nie.

MissDemeanor ·

Jou kind is ‘n grootmens nou. Hy is in staat om self goeie keuses te maak.

Mel ·

My kind is ook daar en volgens hom kry hulle reeds in engels klas? Hang seker af wat die swot, maar regtig maak dit so groot verskil, ek dink in elkgeval Afrikaanse kinders verstaan en praat engels beter as die wat baklei om dit kry. So…. “bring it on”

Laat alle studente begin betaal vir hul studies ·

Laat ALLE studente begin betaal vir hul studies. Die wat niks betaal nie waardeer nie wat op ‘n skinkbord aan hulle gegee word nie. Laat hulle begin betaal dan sal ons sien of hulle nog steeds so maklik betoog oor alles…..

MissDemeanor ·

Dis presies wat studente doen nou, die “fees” het nognie ge “fall” nie .

Ronel ·

Nee MissDemeanor nie alle student betaal nie! ‘n Ongelooflike aantal student kry gratis, vry en verniet beurse, wat tot sakgeld insluit!!!

Molly ·

Ja ons almal weet die EFF staan vir “vreedsame betogings” regtig! Alweer takel hulle die kinders….

LHS ·

Hoe de duiwel kan sulke optogte op n geslote kampus area toegelaat word? Van Rensburg moet nie eers probeer aannames maak dat dit vreedsaam SAL verloop nie, net uit dit wat op hulle papiertjie staan is die saad vir n moontlike tydbom klaar geplant, hoekom is diegene wat daardie pamflet opgestel het nog nie in hegtenis geneem vir opstoking van openbare geweld nie?

riaan ·

Hoe kan universiteits bestuur in die eerste plek toelaat dat so plakkat opgesit word en toestemming gee vir die soort byeenkoms.

Noe moet die wetsgehoorsame studente wat wil leer en wie se oers ten duurste betaal verontrief word en ander roete soek/ loop????

Waneer gaan die slapgatte soos ven resnburg begin opstaan teen die EFF??? EFF regeer nie en is eintlik NIKS maar word toegelaat om te regeer en hulle wil op almal af te dwing.

Pateties!!!!

C ·

Het ons nou al ooit van ‘n optog, deur die EFF, gehoor wat rustig en vreedsaam verloop? Indien wel kan ek glad nie onthou nie. My Dogter is ook by die PUKKE, ek hoop maar van harte sy le nog in haar bed en mis klas vandag. Hierdie spul wil als verniet he en dan wil hul nog reel en regulasies ook maak soos dit hul pas. PUKKE is nog ons laaste universiteit waarheen jy jou kind kan stuur en waar hul nog studente lewe het, maar dit sal ook seker nie veraltyd so kan bly nie.

John Montgomery ·

“Daar is geen rede om te dink dat die universiteit se normale aktiwiteite ontwrig sal word nie.” Julle is Snaaks !

Herman ·

Aa ons nou EEN ding geleer het is dat “vreedsaam” en “EFF” nie in dieselfde sin hoort… My jongste seun is 1ste jaar, het hom sopas geboodskap en gevra om liewer vandag weg te bly van kampus, want met hierdie rooi-narre weet mens nooit.

Hans ·

Prof van Rensburg lewe in droom wêreld, in besonder politieke korrektheid. Indien enige student beseer of traumtiseer word dan moet die universiteit en prof van Rensburg in sy persoonlike hoedanigheid met kriminele en siviele eise konfronteer word

Rupert Ashford ·

Ook die Minister van Onderwys en ander “ampsdraers” wat vir Prof van Rensburg voorse en druk op hom uitoefen. O ja, en die polisiemanne “wat net sal staan en kyk” wanneer dinge handuitruk – die agbare Minister het mos gister so gese.

marius ·

Net die woord kommando is reeds militaristies van aard, dus twyfel ek of alles so vreedsaam gaan wees… Ons het mos al lankal die EFF se maniertjies gesien.

marous ·

As dit dan nie vreedsaam is nie , gaan hy volle verantwoordelikheid aanvaar ?

Jana ·

Ek lees met gemengde gevoelens die kommentaar op hierdie nuusberig.
Prof Fika van Rensburg kwyt hom briljant van sy taak. Persoonlik is ek dankbaar dat ek nie in sy skoene staan nie. Hy bevind hom in n politieke knyptang wat bitter min beweegruimte laat. Die politieke klimaat laat nie eintlik nou ruimte vir arrestasie van opruiende studente nie. Dit sal gewoon tot anargie lei.
Tog jammer dat ons mense so min begrip wil toon vir die rol en funksie wat die bestuur van die NWU tans vervul.
Ek het 2 kinders wat aan die NWU studeer. My raad aan hul: sorg dat jy nie dan op kampus is nie.

Rasper ·

Hoeveel keer moet ons hoor: “Geen rede tot kommer”. Dit het al begin in 1990. Ons moet baie bekommerd wees. Afrikaner konsentrasie is nou baie belangrik. Afrikaner konsentrasie sal ons nader na mekaar beweeg. Dit sal maak dat as Suid-Afrika opbreek, ons binne daardie gebied/gebiede, kan aanspraak maak op eie grondgebied. Einddoel = Eie grondgebied. Hoe = Konsentrasie, konsentrasie. Die model = ekonomies. Die voertuig = Afriforum. Weet nie hoe lank gaan dit vat nie. Maar dit is vreedsaam. Dit benadeel niemand anders nie. En laastens, gee dit hoop. Niks is onmoontlik nie. Ons is innoverend, ons kan dit doen, want op hierdie oomblik, het ons geen ander keuse nie.

Stuiwer ·

Ongelukkig wys die verlede die teendeel. Die EFF kan nie vertrou word nie en die Universiteit se Bestuur is naïef as hulle dink dat dit hierdie keer anders sal wees. Seeing is believing…

Thinus Erasmus ·

Miss Demeanor, jy is welkom om saam met 90%+ van die land se mense (18jarige GROOT MENS VOWASSENES) Afrikaans in een generasie te vernietig ten gunste van koloniale Engels???? en daarmee saam alle wet en orde en redelikheid ook in die asblik gooi! (en dan weer uitgooi in die straat en aan die brand steek en sing en dans van ongebuidelde haat)
Ek en my kinders sal Afrikaans praat en ek sal hul by ander Afrikaanse instellings laat opvoed met waardigheid en orde!
O ja ek sal Saterdagmiddag ‘n vuurtjie aansteek en BRAAI en na lekker boeremusiek luister, dit is hoe verkramp ek is!
Ons gesels vanaand weer na afloop van die “vreedsame” optog.

Katerina ·

Thinus ek self praat soveel Afrikaans tuis soos ek Engels praat, ons is n tweetalige huishouding en ons hou ook van braai en boerekos ens Maar ek voel op universiteit vlak behoort onderrig in Engels plaas te vind. Ons jeug het nie n toekoms hier in die helhool nie. Oorsee word alles in Engels gedoen en hulle toekoms le oorsee. Dit berei hulle beter voor om in Engels onderrig te word. Dis prakties. Dit help nie om emosioneel oor hierdie saak te dink nie.

Bison ·

Wel as iemand seerkry of eiendom beskadig word is dit julle skuld want julle het toestemming gegee.

Thinus Erasmus ·

Katerina, in jou gesin se geval sal Afrikaans in twee geslagte uitgeroei word, jou kinders se kinders gaan nie meer Afrikaans kan praat nie, nou wil ek weet: wat noem jy Afrikaner oorsee wat Engels praat?
Ek emosioneel, maar oor 100jaar sal my kinders se kinders se kinders nogsteeds in Afrika Afrikaans praat.
“I rest my case”

Jerry ·

Solank Afri-Forum nie met hulle pepersproei die EFF konfronteer nie, sal die optog verloop soos beplan! Verbeel jouself dit, n herhaling van pepersproei teen klippe en petrol. Absoluut pateties!

Rasper ·

Afriforum is nie die aggressor in Suid-Afrika nie. Gebruik jou energie, en probeer asb. die ANC/EFF/BFLF verander. Kry hulle ten minste net so vêr om ‘n afsny datum vir BEE, AA en al die ander transformasie planne te gee. Waarheen werk hulle? Hoe lyk ‘n getransformeerde Suid-Afrika? Hoe lyk ‘n getransformeerde universiteit? Wat is die “end game”?

Anoniem ·

Die EFF weet nie wat die woord “vreedsaam” beteken nie.

HEVW ·

Baie teleurgesteld dat alles reeds tot op hierdie vlak vernietig is. Dit gaan nie alleen oor die taal Afrikaans nie . Waaroor dit gaan is die totale vernietiging van die wese van die Afrikanervolk. Juis op hierdie PU vIr CHO ons PUK het ek vanaf 1973 tot 1975 my studies voltooi en van die kommunistiese werksmetodes kennis geneem, Dit is presies wat nou besig is om hom te voltrek.

Charles ·

Die radikale swartes sal nie tevrede wees totdat ons lieflike taal van alle staatskampusse, insl. die laaste bastion daarvan, verwyder is nie en nerens meer gebruik word as onderrigmedium nie.

Mens kan hulle vra: waar gaan dit eindig; maar ek dink nie dit is die moeite werd om met sulkes te redeneer nie.

Dit is net haat, onverdraagsaamheid en wraakneem: gelukkig is ons daarop voorberei: ons sal aanhou veg: ons as volk was gemaak hiervoor !!!

Dankie die Here vir Akademia.

Theresa ·

Wat is die situasie tans op die kampus – dis nou na 10:00?

Ek vind MissDemeanor se kommentaar nydig – of soos jy dalk eerder in Engels wil hoor; mean.
Daar is duisende mense wat graag steeds in Afrikaans wil klasloop. Waarom hinder dit party mense so? Om Afrikaans so te wil uitwerk en omwerk en wegwerk, is ook ‘n vorm van sg. oppression. Los mense uit om in die taal van hul keuse te studeer. As daar nie ‘n woord vir ‘n spesifieke iets is nie, kan ‘n nuwe woord geskep word – nie so direk vertaal word soos ongevoelig gespot word nie.

WARE STUDENT ·

Ek het die kommentaar mooi deurgelees en dit is baie duidelik dat meeste mense hier nie rerig weet hoe dit op die kampusse gaan nie. Sedert 2000 het alles verander. Die meerderheid op kampus het die mag, en net vir hulle word daar voorsiening gemaak. Indien die voorsiening nie gemaak word nie, word mede studente aangeval, koshuise en laboratoriums afgebrand en eksamens versteur.
Kampusse is oorlogsones, unies soos SASCO, EFFSC , ANCYL intimideer studente en betoog indien hulle nie hul sin kry nie. Daar is min kampusse oor waar vrede heers. Gaan stap op enige universiteit, dan sal julle die propaganda sien teen die pale en mure wat haatspraak en rasisme aanhits.
Mede studente, wees bang.

Die nuus sal dit nie versprei nie maar n jaar terug was daar petrolbomme op kampusse gegooi, studente aangerand en geboue afgebrand. 1 Biljoen rand se skade.

Ek herhaal, wees bang, hulle wil oorlog he, en enige iemand wat met my stry, weet duidelik nie waarvan hulle praat nie.

Vir ‘n oplossing, stuur jou kind oorsee. As hy hard genoeg gewerk het sal daar vele deure op wees in Nederlanf, UK an Amerika.

Charles ·

Vir ‘n oplossing, stuur jou kind na Akademia, ons eie PRIVAAT AFRIKAANSE universiteit.

Theresa ·

Jy’s reg, Ware Student. En dankie dat jy die waarheid hier weergee.

Michelle ·

Na watter kampus verwys jy? Neem aan nie Potch. My kind is daar en sover was daar nog geen intimidasie, waarvan ek bewus is. Dit kom seker nog.
MAAR kom ons raak paraat en voorbereid in plaas van bang!

ne ·

Moenie bevrees wees nie EK is met julle.
Die mense wil hê ons moet hulle vrees. Maar daar ei net EEN vir wie ek vrees.

Jerry ·

HEVW die Afrikaner belange word geteiken agv Afri-Forum se onversetlike standpunte, skoorsoekende benadering en ondermyning van alle regeringsinisiatiewe. Ons lewe in n tyd van “give and take in order to keep”. Alle Afrikaner belange sal aanhou geteiken word totdat die Afrikaner kultuur vernietig word of tensy die Forum versoenend optree. Geen groep gaan toegee aan enige forum eise tot tyd en wyl die forum sy onversetlike standpunte en benadering verander. Die rigting wat die forum ingeslaan het is uiters dom astrant en gaan die Afrikanerjeug nog meer gehaat maak. Ons kan nie konflik bekostig nie, maar dit is waarheen Afri-Forum die Afrikanerjeug lei, van die wal af tot in die sloot! Tensy AfriForum nie drasties hulle politieke agenda verander nie, is daar nie hoop vir die Afrikanerjeug in SA nie en kan hulle maar net sowel oorsee hulle heil gaan soek. Hier gaan hulle net moeilikheid kry wat hulle op hulself gaan bring!

Debra White ·

Jy verstaan duidelik nie mooi nie. Die EFF en ANC sal blankes teiken ongeag of hul hulself teësit of toegee… En WAAROM MOET ons agteroorsit en toelaat dat hul oor ons loop en daarmee ons jeug se toekoms vernietig??! Indien jy jouself op n skinkbord aan hul bied om verslind te word, maak gerus so, ek, en baie ander hier sal ons ruggrate styf maak en baklei vir ons bestaansreg.

Johan Strydom ·

Wat n belaglike kommentaar,is dit ook Afriforum se skuld dat hierdie klomp wat nou so op Engels aandring ,se ouers te sleg was om hul eie taal te ontwikkel tot akademiese taal,oo nee hulle het eerder klip gegooi en af gebrand.Afrikaans het onder die Engelse gely dit het ons nie afgesit nie en Afrikaans ontwikkel tot akademiese taal en dit reg gekry sonder klipgooi en brand.Vir die wat so se Engels is die wereld taal,gaan se dit vir n Duitser en Fransman ,dan hoor jy hul kommentaar!!

Rooi Jan ·

So kan jy vir ons aandui presies wat het die afrikaner tot dusver gehou in jou “give and take” storietjie Jerry? Want sedert die ooreenkoms geteken is in 1992 is dit nog net gee of ons vat dit met geweld.

Katerina ·

THINUS – Oor 100 jaar sal my kleinkinders se kinders ook nog Afrikaans praat. Jy noem n Afrikaner oorsee n Afrikaner wat in die internasionale mark, Engels praat sodat hy/sy n werk kan he. Dink jy Indiers of Chinese of Spanjaarde wat in Engels in die sakewereld en nywerheidsmark meeding, het hul moedertale opgegee?? Afrikaners sal aanhou Afrikaans praat, die taal gaan nie uitsterf nie. Net soos Grieks of Italiaans nie uitsterf onder Grieke en Italianers wat in Londen in Engels hul dokterspraktyke of argitek firmas bedryf nie.

Thinus Erasmus ·

Katerina jy terg jouself, ek het familie en kenisse oorsee, almal se kinders praat Engels!

Thinus Erasmus ·

Katerina net so terloops, is enige van die ander tale wat jy noem, in die land van herkoms vertrap of vervang deur Engels, of dan ‘n ander taal?
Ons baklei hier vir die voortbestaan van Afrikaans in Afrika, die moederland van Afrikaans. En nie voortbestaan as kombuis- of weggesteekte huis taal nie, maar volwaardige ekonomiese en sosiale taal vir die wat dit as hul eie beskou. As kinders dan op universiteit net in Engels moet klas loop, dan is die volgende argument dat kinders dan ook van skool af eerder Engels moet praat en leer, en dan volg dit van die huis af want hoe kan ‘n kind dan nou skoolgaan in Engels as dit nie sy moedertaal is nie?
Eintlik is dit eenvoudig: jy staan by jou standpunt en veg daarvoor, of jy gee mee, en gee meer en meer en meer!

Johan Strydom ·

Ai tog hoe belaglik die Chinees of Spanjaard of Italiaaner wat in London n praktyk het het heel moontlik in sy moedertaal geleer daarom kan hy enige plek in die wereld praktiseer

DMC de Koker ·

Hulle is nie die naam kommando werd nie. Klomp kommunistiese moeilikheid makers eerder.

Charles ·

Ek dink dit is bietjie “mosterd na die maal” vir die ANC se “skepping van anargie, wraak en haat” om nou te wil oproerigheid maak, die hersiening van die NWU se taalbeleid is gedane sake, en Afrikaans gaan nerens heen nie by Pukke.

Wat probeer hulle dus bereik? Dalk die opkomende eksamens, wat weer pla?

AG asb tog ·

HOEKOM MAG NET DIE EFF EISE STEL? EN ek wed julle R2 miljoen rand dat julle gaan toegee daaraan soos al die ander universiteite, die minderheidsgroepe wat nog aan die bestuur van sake by die Unviersiteite is is SO BANG vir die EFF en vir rassisme dat hulle hulle SIEL SAL VERKOOP .. dit is die EINDE Van AFRIKAANS By die PUKKE >..

Hans ·

Jana u is geregtig op u mening in sake Prof Fika, aangesien ons in ‘n sogenaamde demokrasie woon hoef ek nie u standpunt te ondersteun nie.

Michelle ·

Self het ek aan ‘n Afrikaanse universiteit studeer, my vakrigting is egter ook meer Engels gerig. Vanwee goeie skoolopleiding en ‘n kurrikulum wat gewerk het, is ek egter ten volle tweetalig. Daar was dus geen nadeel om aan Afrikaanse universiteit te studeer, ons werk baie met instansies oorsee en het absoluut nog nooit enige probleme ondervind om met ander nasionaliteite te kommunikeer nie. En van die kliënte wil Afrikaanse diens he, ja, selfs die wie emigreer het.
My kind sal sover moontlik slegs aan Afrikaanse instansies studeer vanwee die taal sowel as verskeie ander faktore wat daarmee saamgaan. Dit gaan oor baie meer as net die taal!
Daar is nou genoeg Engelse universiteite, los die laaste Afrikaanse universiteit uit. Hulle wat NIKS bygedra het aan die opbou nie wil nou net instap en ‘demand’. Gaan ons maar net terugsit?

Casper Labuschagne ·

Dit het alles met die kalender te doen. Na ‘n seisoen van heerlik partytjie hou is daar letterlik duisende studente wat nou akademies verdoem is om die jaar te herhaal. Tensy die kampus in ‘n oorlogsveld kan ontaard sodat bykomende klasse, verlaagde vereistes en bykomende eksamens vroeg volgende jaar tot daardie studente se redding kan kom. Dit gebeur elke jaar so gereeld as klokslag sodra Septembermaand aanbreek.

Katerina ·

THINUS – Dan is dit mos hul eie skuld as Afrikaans uitsterf onder hulle. Oorses Afrikaners moet Juis Afrikaans soveel te meer as huistaal behou. Dis so n voorsprong in die lewe om tweetalig te wees. Ek en my kinders kan nie bekostig om te ontsnap uit die helhool nie, so tweetalig sal ons altyd hier wees. Jammer om te hoor jou familie en vriende hou nie Afrikaans as huistaal nie. Niemand dwing jou om tuis die landstaal van waar jy woon, of net Engels, te praat nie. Afrikaners het die onus op hulle om Afrikaans as huistaal aan te hou. As hulle nie Wil nie,is dit nie Engels of enige ander taal se skuld nie..

Jerry ·

Debra, jy sal net bestaansreg he as jy nie baklei nie. Die antwoord is n kombinasie van gesprekvoering en van weerstand. Jy bied slegs weerstand waar kompromiee nie bereik kan word nie. Weerstand beteken beslis nie, baklei nie! Dit beteken ons staak en braai terwyl ons eintlik moet werk!

GM ·

Miss D, en almal wat voel handboeke is in Engels, dus moet onderrig nét in Engels wees – Mens leer makliker, en kan jouself beter uitdruk in jou moedertaal. Om begrippe in albei tale te leer, is nie so erg nie, dit het soms nogal gesorg vir ‘n bietjie humor. Maar dit nou tersyde gestel…
My vraag is altyd, hoekom moet een groep uitgedruk word, wat ‘n instansie opgebou het, net om plek te maak vir die meerderheid se ‘demands’? Hoekom afvat in plaas van iets self opbou waarin hul ook kan trots vat?
Die taalkwessie gaan meer oor ‘als te wil beheer’, as wat dit gaan oor taal.
By Stellenbosch Universiteit kon ons kies tussen onderrig in Afrikaans of in Engels. Daar was dus 2 klasse vir party vakke, ander klasse was gemeng en het die Prof. ‘n deel in Engels aangebied, ‘n ander in Afr. Eksamenvraestelle was in albei tale gewees. Niemand het uit klasse uitgestorm nie, niemand het petrolbomme gegooi nie. Als was beskaafd.
Hulle het op ‘n stadium ook gekyk na ‘n tolksisteem om onderrig meer inklusief te maak.
As ek nou so kyk na al die universiteite, is ek bly dat ek nie nou daar is nie. Ek kon enige tyd van die dag of nag van die studiesentrum af stap na my koshuis, en dit was veilig. Die hele studentekultuur word vernietig deur toe te gee aan die ‘demands’.

Anita ·

Diegene eat dink dat die hele militante kommunistese PAC en SACP se hulle aksie oor taal handel, mis die hele politieke doeleit van hierdie mense. Verder vergeet die mense ook dat hierdie garde nie regtig wil studeer nie, maar verwoes.

George ·

MissDeanor net een versoek…. sorg tog dat die “Engelse” studente se Engels net verstaanbaar gepraat word sodat mens kan hoor en verstaan wat hulle bedoel!!!

Snowball ·

Janee, hulle doen Engels geensins ‘n guns nie; ‘n wonderlike taal wat nie net bestaan uit “honourable member” en “comrade” nie, maar helaas is die nuanses en omvang van Shakespeare se tong vir baie nie beskore nie, al gil hulle met gebalde vuiste vir onderrig daarin.

Jerry ·

Johan en Thinus, Afri-Forum het weerstand gebied teen “Afrikaans must fall” by universiteite en so sleg tweede gekom dat wit studente gewapen met pepersproei gebloei het en toe gaan staan die forum en verloor ook die hofsaak. Plaas het AfriForum in gesprek getree dan was daar nooit kinders met bakstene gegooi nie en was n hofsaak nie verloor nie en dan was daar nog steeds Afrikaanse klasse. Die forum se mislukkings mbt die behoud van Afrikaans deur nie in gesprek te tree nie, op die slagveld en in die hof kan maar net voor die forum se eie deur gele word en toegeskryf word aan domastrantheid! Dit menere, is dus die forum se skuld dat “Afrikaans gefall het”, want die forum het die saak verloor! So, kry julle feite reg dan praat ons weer!

Snowball ·

Ek gaan een voorbeeld noem, ek glo daar is meer. In Febr 2016 doen Afriforum ‘n beroep op alle Suid Afrikaners om meertaligheid in alle Hoër Onderwysinstansies te bevorder, eerder as om Afrikaans af te skaf. Afriforum en Solidariteit vergader met leiers van die ANC en hulle alliansie vennote om die taalkwessie te bespreek, spesifiek by UP. Hulle vra dat “Afrikaans mustn’t fall, sePedi must rise”. Hulle verklaar hulle bereidwilligheid en toewyding om dit te help bewerkstellig. Afriforum erken die foute van 1976 se taalbeleid en bevestig dat moedertaalonderrig ‘n basiese mensereg is. Dalk het die gesprek nie die nodige uitwerking gehad nie, want die doel van “Afrikaans must fall” was ‘n politieke aanslag op Afrikaners en het nie versoening as uitkoms beoog nie. As ‘n mens ‘n hond will slaan Jerry, gaan jy ‘n stok kry.

Retha Boonzaaier ·

@ Jerry,

Indien jy voel dat GESPREKVOERING die probleem kan oplos, stel ek voor jy SELF begin daarmee. Ek glo egter nie jy gaan slaag daarin om ‘n kompromie te tref aangaande die saak. Jy mors jou asem.

NWU bied al ‘n geruime tyd die oorgrote meerderheid van klasse in Engels óók aan d.m.v vertolking en notas, dus word almal geakkomodeer. Indien jy mooi kyk sal jy oplet dat hierdie optog nie net bloot poog om Engels as primêre onderrigtaal te vestig, maar ook om totaal en al weg te doen met die “onderdrukker” se taal nl. Afrikaans. Hierdie spul STEL NIE belang in debatvoering of kompromieë, hul wil dinge hul manier hê en klaar.

Elk het die reg tot onderrig in sy/haar moedertaal, so waarom moet ons toegee en dus aan die kort ent trek?!

Mariska Meyer ·

Charles, Akademia bied baie beperkte studierigtings aan, anders was my kind al lankal daar.

MissDemeanor ·

Daar is inelkgeval net n beperkte aantal rigtings waarin mens seker kan wees mens kry n werk. Ek het op die harde manier geleer dat dit n groot fout was om voorgraads Biologie te studeer, kry maar vandag se studente wat “sportwetenskap” en filosofie studeer ook maar jammer. As Akademia se beperkte aantal studierigtings tenminste dinge is waarvoor daar ‘n groot aanvraag is, dan is dit mos nie ‘n slegte idee om jou volwasse kinders soontoe te stuur nie.

Thinus Erasmus ·

MissDmr waar gaan jy met die gesprek heen? Ons praat van Afrikaans en nie vak of beroepskeuses nie.
Katerina wat jy doen en my familie en kenisse oorsee help nie Afrikaans nie! Maak nie saak hoe of wat jy redeneer nie, jy veg vir ń saak of jy is ń toeskouer, ondersteun ten minste die regte span!
Jerry jou vermoeë om te verdraai, agterste voor onderstebo en totaal onsinnig te redeneer is ongelooflik, ek sal sovêr gaan as om te sê: jy is in ‘n klas van jou eie die onbetwiste kampioen!
Maar ons kan gesprek voer daaroor as dit jou beter laat voel.

Louwrens de Beer ·

ek matrikuleer in 1958 met 5 tale afrikaans engels selebi en latyn. ek het nie die gawe van tale nie. My ondervinding is dat as n persoon nie in sy eie taal n saak kan stel nie.begryp die meeste nie die saal . ek is n luk. My opleiding was in die volgende tale Afrikaans Engels Latyn en Nederland. Ek is meer geskool as die wat net in Engels onderrig ontvang.

Jozi ·

Ek is ‘n ouer van drie kinders wat by die Puk (Potch kampus) studeer het. Eerste een het in 2004 hier begin studeer en dit was toe nog ‘n heel gawe omgewing. Geen onnodige politiek en snert nie.
Oor die jare het dinge uit die aard van die saak verander (transformasie en alles wat daarmee gepaard gaan) en was ek baie dankbaar toe my jongste uiteindelik klaar was met die Puk (einde 2016).
Ek sal niemand aanmoedig om hul kinders hier te laat studeer nie. Die kampus en sy unieke kultuur is iets van die verlede en dan praat ons nie eers van die Bult nie.
Dit was altyd DIE uithang plek vir ons studente waar hulle in vrede tot vroegoggend kon kuier.
Die Bult het sy eie transformasie ondergaan en is die laaste paar jaar al ‘n stink hool wat liefs vermy moet word.
Potch as dorp is ook besig om sy dinges te sien.
Daar is meer slaggate as pad oppervlakte, waterpype lek en word nie herstel nie, studente word op ‘n daaglikse basis beroof en aangeval … die lys is lank.
Die arme studente wat van ver af kom moet die uiters gevaarlike N12 aandurf en ons lees gereeld van nog ‘n jong student wat in ‘n ongeluk betrokke was.
Dan vang hulle uiteindelik graad en wat dan? Soek werk en daar is nie werk nie!
Die Puk is nie die Alfa en die Omega nie. Oorweeg ander opsies.

LHS ·

Ja Jerry, Piet Retief het ook gedink gesprekvoering sou werk. As jy dink weerstand beteken van jou werk wegbly en braai het ek slegte nuus vir jou, jy het werk gehad.

Johanna Botha ·

Hoe meer die PUK neerbuig hoe meer sien mens alie ! Staan tog verdompt eenkeer op vir iets …laat hulle dan hulle eie universiteit bou asb en maak wat hulle wil daar ….goeie jimmel !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.