‘Geen rede vir paniek oor grondonteiening sonder vergoeding’

Lindiwe Sisulu (Foto: Departement van kommunikasie)

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het die afgelope naweek in ʼn verklaring gesê daar is geen rede om “paniekerig of bekommerd” oor grondonteiening sonder vergoeding te wees nie.

Sisulu het in die verklaring gesê sy neem kennis van ʼn aantal internasionale organisasies en individue wat kommentaar lewer oor die parlementêre prosesse in Suid-Afrika met betrekking tot grondonteiening.

“Die president [Cyril Ramaphosa] het reeds in die parlement en op verskeie openbare platforms gesê daar is geen rede tot paniek nie. Die kwessie word behoorlik hanteer en sal tot voordeel van alle Suid-Afrikaners strek; alle verwagtinge en bekommernisse van alle Suid-Afrikaanse beleggers sal in ag geneem word tydens die parlementêre prosesse en die regering sal ʼn besluit neem wat die hele Suid-Afrika bevoordeel.”

Sisulu het gevra dat internasionale én nasionale beleggers die parlementêre proses respekteer voordat ʼn finale besluit oor grondonteiening geneem sal word. “Die beleggers moet ook van die geleentheid gebruik maak om hul insette te lewer. Die president bly verbind daartoe om beleggers by die proses te betrek.”

Die internasionale gemeenskappe het volgens Sisulu ʼn “baie belangrike rol gespeel” in die stryd teen apartheid en sy “onderdrukkende en diskriminerende beleid”.

Dié gemeenskappe moet volgens haar nou weer deel wees van die regering se pogings om die “nalatenskap van apartheid” [dat swart mense minder grond besit] teen te werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Mielie ·

Respekteer n ongeloofwaardige party? Regtig….. CR het gesê hy gaan die kabinet kleiner maak, net nie wanneer en in watter jaar nie. Hy het ook gesê hy gaan korrupsie vasvat en daar is nogsteeds korrupte ministers in die kabinet. Misdaad gaan beveg word met n minister wat ook n klad teen sy naam het. Neewat ANC as julle geloofwaardig wil wees….”put your money where your mouth is”. Wolf in skaapklere…..

Al ·

Ons afstammelinge wie wettig ons grond (met skuld) gekoop het met swaarkry omdat ons nooit mahala huise gekry het nie, moet nou gestraf word!

marous ·

Die dreigemente en uitvoering deur wetgewing is reeds gedoen . Laat die land in isolasie verval deur hul onverantwoordelike eensydige uitsprake en optrede !

Sonja ·

Ek het gister bietjie na ou gesprekke van Julius Malema geluister en kom toe af op ‘n video waar hy sê die grond moet aan die regering behoort. Wat ‘n klomp valse mense. Hulle beloof die grond vir die armstes van die armstes maar die plan is dat hulle die grond wil hê die regering.

Zumie ·

Uiteindelik (soos in Zim) gaan die grond nie na die regering nie maar na die klein groepie ZanuPF leiers…… diefstal deur meerderheidsstem is steeds diefstal

Snowman ·

Dis nou baie duidelik hoekom Barclay’s so gretig was om uit die Land te kom. Ek het gewonder wat het hulle so angstig gemaak.

HFC ·

Dit maak nie saak wat sy of CR sê nie maar wel wat Malema gaan doen as hy nie sy sin kry nie.

leon ·

Die internasionale gemeenskap sal maar weer ‘n belangrike rol moet speel…

Jammer hulle het die anc so onvoorwaardelik gesteun. As die internasionale gemeenskap, soos ons, maar geweet het wat die ware aard van die anc was en is.

Johann ·

Vir een of ander rede dink ek nie almal besef die implikasies van dit nie.
Dink maar net aan al die oorseese maatskappye wat wel grond besit.
Ek voorspel n baie groot probleem.
Mense wat altyd gese het SA sal nie in Zim verander nie…daarsy…dit gebeur

Johan ·

Almal moet bekommerd wees want eiendomsreg is in gedrang….as die regering nie duidelikheid gee oor hoe, wanneer en wat….nie gaan dit paniek saai….want hoe malema praat is daar al klaar besluit van hoe, wanneer en wat……as ANC nie in die dieselfde rigting as eff praat nie…..dan moet hulle so sê…..maar hulle sê nie hulle stem.nie saam.met die uitlaatings van die eff nie……staat wat al die grond besit….hoe kan dit nie nie ekonomie beskadige……

remondo ·

Ja nee tot wie se voordeel , blankes moet maar alles net gee en stilbly, gee eerder n positiewe ekonomie sodat ALMAL werk kry en dan grond kan koop , dis hoe jy n lands trots kan ontwikkel

Riena ·

Die padda moet stadig warm gemaak word. Moenie nou skrik en uitspring nie. Alles is onder beheer. Sjjjuutt….. stil nou …. geen rede vir paniek…..

Al ·

Ek het nou die dag interessante kommentaar gelees dat Basuntu alreeds die Koi San verjaag het voor die Europeers hier geland het.

Hannes ·

Moet dan nie onverantwoordelike uitlatings maak nie mev Sisoelo. Ons gaan ook nie vir julle wag om julle besluite te neem nie. Ons sal daarteen organiseer.

Johan ·

Beleggers moet wegbly. Die mense moet die grond kwessie volg op dstv se parlementere kanaal. Daar kan mens die haat en haatspraak sien en hoor. Ook Malema se galbraak teenoor witmense die naweek. Dit is deur en deur haatspraak en rassisme op sy beste.

Mielie ·

Hy het verdeling aan JZ oorgelaat nou dat daardie troefkaart nie meer tersprake is kom die ou Malema weer uit. Die media gee hom gans en al te veel blootstelling. Van die media huise is ook bang vir hom. Hulle bemagtig hom

Ben ·

Natuurlik is daar rede tot kommer.Die Anc moes eers gedink het voordat hulle en die EEF daardie mosie deur die Parlement gestoomroller het.Deel eerder daardie duisende hektaar grond wat reeds in staatsbesit is uit .In sekere gevalle het hulle probeer maar as die diesel op is weet die opkomende boere nie wat om te doen nie.

Erick ·

Wolwe in slaapklere. Hardkoppige naïewes moet maar verslind word. Ek wil uit die oopgraf uit.

Pietman ·

“Geen rede tot paniek” . Sê die jakkals vir die hoender net voor hy die oond stook.

Xavier Gerber ·

Hoe vertrou ‘n mens uitlatings van ‘n party wat nog geen sinvolle herverdeling van eiendom met bestaande wetgewing kon vermag om nou skielik met iets so radikaal in ‘n sinvolle mate om te gaan?
Boonop laat hulle een van die ondersteuners van die mees korrupte president in ons geskiedenis toe om haar mond voor die internasionale pers oop te maak oor so ‘n belangrike saak.

Ai ai CR!

Jan ·

ANC Alle beloftes wat gemaaks is al verbreuk ,waar kan die Min sulke dinge kwyt raak.Mooi woorde tot hulle gekry het wat hulle wil he.Saam staan Weghardloop sal niks help nie Dit is ons land ook Onthou!!

ferdi ·

Volgende jaar stem ek en ok va my mede boere in di Kaap en Vrystaat vir COPE

Lolla ·

VFPlus…. Sien en hoor niks van die ouens wat probeer cope nie

Louise ·

Ja Johann, ek stem.
Hier is groot moeilikheid oppad en wanneer daai hek eers oopgemaak word, gaan hy beslis nie net sommer weer so toegemaak kan word nie. Dit sal soos n trop beeste wees, wat sal stormloop tot almal in is.
Ai, het regtig gehoop Cyril sal bietjie hoop terug bring in ons land. Wat gaan nou oorbly, net meer plaas moorde, voedsel onsekerheid.

Marius ·

“Will you walk into my parlour?” said the Spider to the Fly,
‘Tis the prettiest little parlour that ever you did spy;

~By Mary Howitt, 1829

Theresa B ·

Ag ja – Julle kan baie goed praat. Ek glo julle want ek is Tinkerbell!!

oop oë ·

Moenie worry nie, dis net lou water, die vlamme is nog sag paddatjie…

Antjie ·

Nou, geagte minister, laat ek dit vir jou uitspel wat sê die beleggers: “Sonder vertroue dat ons belegging in eiendomsreg ten volle gerespekteer sal word, is daar GEEN verdere vertroue in SA se regering om in die land te kan belê nie. Daar is eenvoudig geen middelweg met afgewaterde eiendomsreg nie. Punt.”

henry ·

Hul lieg, die probleem is hul weet wat gaan gebeur as hul net begin eiendom weg vat van mense, daar gaan oorlog wees en groot maatskappye gaan die land verlaat. Daar is nog niks verduidelik hoe hul presies dinge gaan doen nie. Hierdie is alles maar ‘n PR storie.

Vermeemde ·

Fool me once shame on you, fool me twice shame on me.

Ons moenie panikirig raak nie?????
Sy het geen geloofwaardigheid en gaan in die proses niks verloor nie. Net die blanke verloor aanmekaar.

Gerhard ·

En hier sit ek en dink nog die hele tyd hulle is besig om te beluit of hulle eiendom sonder vergoeding vat. Nou hoor ek dit is sommer net ‘n storie en jy hoef nie bekommerd te wees nie, Ai!

SO ·

Oogklappe sal te laat van hul oë af val. Hulle gaan die wittes nog mis in hierdie einste land wat hulle die “nuwe” Suid-Afrika noem en net so terloops ons is nie baie nie. Die wiel draai al is dit stadig. Hulle sal nog in opstand met hulle self kom.

Posman ·

As hierdie marxiste ernstig was oor insette vir oor die onteieningskwessie, dan moes hulle dit gevra het voordat hulle ‘n mosie aanvaar het ten gunste daarvan.

GM ·

Hulle moet maar eerste die ministers se grond vat en vir die voorheenbenadeeldes gee. Hulle bedoel mos tog so goed. Hulle sit so ‘all mighty’ daar op hul troontjies, maar hul vet salarisse en grond wat hul besit, is deur belastinggeldjies geborg. Dit sou so lekker gewees het om te sien wat gebeur as ALMAL die volgende paar maande belasting weerhou. Wishful thinking, ek weet…

Eben ·

Die wetgewing is bedoelk om die witmense te manupileer en af te pers. Die grond sal onteien word soos wat die boere vermoor word, een vir een. Solank as wat daar wetgewing is om grond te onteien sonderder vergoeding, solank sal ons ekonomie verdwyn totdat on in dieselfde situasie val as Zimbabwe. Sisulu sê net ons moet nie bang wees nie, maar dui geensins presies aan oor hoekom ons nie moet bang wees nie.

E.K. die eerste ·

As enigeen Malema se mondspoel in PE oor die naweek op die nuus gesien het dink ek mens moet BID dat sy party nie een of ander tyd aan die bewind kom nie. Dis duidelik wat dan sal gebeur. Die ANC is ‘n vulletjie…. Kom ons hoop Cyril sien wat in Zim gebeur het en besef dis net dom om so iets te wil doen.

Beskerm eiendom ·

Ek mag en sal bekommerd wees as my eiendom gevat word en ek sal dit nie toelaat nie, dit is my reg wat ek SAL uitoefen.

Jaco ·

Ek verstaan nou glad nie, kan iemand my groot asseblief reghelp…hoekom is daar enige paniek onder die internasionale gemeenskap??? Die internasionale gemeenskap het dan gehelp om die ANC tot bewind te bring? Mens sou nou dink hulle sal bly wees hieroor want almal het geweet dit gaan tog gebeur, nou is almal kamma verbaas? Nee nee nee…julle mag nie nou hardloop nie. KOM BELE!!! Dis lekker hier!

Andre ·

Al wat die ANC en CR is sê moet nie bekommerd wees nie, maar in die agtergrond draai die wielie. En dan eendag dan ontplof die bom!

Word wakker mense, kry julle self reg.

moeks ·

Dit is nou tyd vir elke persoon om te gaan stem al dink jy jou stem is nie belangrik nie. Selfs al sou boere van hul grond vir hul werkers verniet gee, gaan dit plaasmoorde stop? Hoekom word die Reserwebank nou genasionaliseer? Dit is aanvaar Desember saam met onteiening van grond. Wat volg dan myne en banke?

Casper Labuschagne ·

As daar dan geen rede vir paniek bestaan nie, waarom wil hulle dan onteiening sonder vergoeding toepas en juis waar ‘n spesifieke minderheidsgroep die teiken daarvan is? Inteendeel, as na die voorbeelde van sosialistiese lande gekyk word, waarvan Venezuela net die mees onlangse voorbeeld is dan behoort al die sirenes te loei. Maar as Lindiwe Sisulu vir my sê daar is geen rede tot paniek nie, dan voel ek presies soos die padda in ‘n pot kookwater wat gepaai word dat daar geen rede is om uit te spring nie.

anti vergrype ·

Wil net gryp en he he he.
Sal altyd so wees.
Ons moet na onsself kyk.
Ek is so bly dat die internasionale arena kennis neem.
Gaan vir Ramaposa skade berokken – so hy sal in sy spoor moet trap – en vetrou hom geensins nie – Het nie met Kodesa nie – en nou nog nie en sal nooit nie.

Max ·

Die San is die oudste bewoners van Suidelike Afrika, maar hulle is uitgemoor eers deur die swart stamme wat besig was om af te beweeg in Afrika- LW hulle kom ook van elders – toe deur die wit en bruin veeboere wat beter wapens gehad het. Dus behoort die grond aan die San, as ‘n mens op so ‘n manier wil redeneer en is ons ander almal “gronddiewe”

Fanus ·

Wat my bekommerd maak is as die vir grond grype nie hul sin kry nie sal plaasgeweld en moorde erg toeneem word wakker asseblief.

GM ·

Ja nè, almal wat so bly was dat Cyril vir Zuma vervang het…

Eish ·

Grondonteiening is op pad, so seker as wat die son skyn.
Maak die buiteland bewus daarvan. Doen dit met oorgawe.
Die Simson opsie…

Anti swakkeling ·

Is jy dan niks sonder jou aardse besittings wat jy deur onregverdige ekonomiese bevoordeling gekry het nie, dat jy sal selfmoord pleeg daarsonder?

RB ·

Hoe wil hul hê mens moet hul glo. As niemand moet bekommer nie, hoekom is dit dan enigsins nodig? Die onteiening sonder vergoeding moet nooit ‘n werklikheid word nie, dit het hul ook gesê…in die grondwet. So hierdie is niks anders as die ou gewone stappie van tydkoop nie. Ek, my ouers, en almal wie ek ken betaal, deur harde werk, vir hul eie besittings, met behulp van lenings ens. Waarom moet iemand nou die reg kry om dit dan sommer net te vat??? Of dit nou gaan gebeur of nie…maar natuurlik gaan dit…andersins hoekom word dit enigsins ‘n moontlikheid, vra ek weer!

Padda-in-die-Pot ·

Die strategie om die blanke boere van hulle plase af te jaag, verskil hemelsbreed teen die Zimbabwiese model s’n
Malema het gister nog gesê “geen burgeroorlog” nie . . . net nadat ‘n gesiene beesboer sonder enige rede vermoor is.
Malema weet dat die blanke boere hulself sAL mobiliseer teen plaasbesetters & dat sy rooijasse dan erg gaan pak kry . . . Ramaphosa sal ook geen ander keuse hê om die weermag bevel te gee om wet & orde te herstel nie.
In Suid Afrika gaan die Padda-in-die-Pot se kamerade een-vir-een soetjies op die plase vermoor word; totdat hulle almal uitgewis is . . . want die Padda-in-die-Pot wag op een groot “keerpunt” om uit die pot te spring . . . dié sinnelose GEWAG, gaan die “Padda” sy lewe kos

Irma ·

Tot watter mate maak hulle al die uitsprake om die water te toets en te sien of ons dit kan regkry om vir een keer nie net te praat nie maar regtig saam te staan? As ons saamstaan maak ons dit moeiliker vir hulle om net te vat. Ons het ons lewe lank hard gewerk om by mekaar te maak wat ons het. Het nooit bakhand gestaan om net te ontvang nie. Ons sal ook ons eiendom beskerm met wat ook al sal nodig wees, en dit gaan nie oor aardse besittings nie. Dit gaan oor ‘n plek van rus waar ons ‘n blaaskans kry van die dolheid daar buite.

adriana ·

Die EFF en ANC soek spasie op die plase sodat die massas op groter plekke kan plak.
Hulle weet nie wat om met al die plakkers te doen wat in S A instroom nie.
Hulle het ook gefaal met die bou van huise – so dit is hulle enigste uitweg. Wat weet hierdie mense van boer af?
Wat weet malema van boer af?
Niks.
Hierdie plakkers het juis stede toe gekom vir ‘n beter lewe.
Wat gaan hulle op die plaas doen waar skole skaars is en tegnologie ook?
Op die boer se stoep sit en alles eet wat in sig is tot dit op is en dan trek hulle weer stede toe?
Die grondstorie is ‘n verkuilde agenda en baie sien deur dit.

Alida ·

Hoekom daag Kyknet nie vir CR uit om ‘n oop gesprek op TV oor die kwessie te bespreek nie. Bespreek dan sommer ook JM se haatspraak dieselfde tyd.

Marius ·

So wat word van die miljoene wat aan banke geskuld word deur lenings, indien grond gevat sal word?

Tom ·

Kom ons praat oor wat ons vir aandete gaan hê, sê die wolf vir die skaap.

Francois ·

Net die blote sielkundige effek wat die grondonteiening praatjies het op mense is al klaar genoeg rede vir alle grond in besit se waarde om te daal. Wie gaan nou n kleinhoewe of n plaas koop ? Hulle kan net weer en weer die wet verander……soos hulle pas.
Aan die einde van die dag gaan hulle stadig maar stelselmatig sorg dat die meerderheid van vrugbare grond in swart besit is.
Dit is mos logies !

Asmain ·

Hoe ver terug in die geslagte gaan hulle die onteiening vat? Soos ek verstaan het omtrent die hele Wes Kaap aan die Koi San behoort voor die eerste settelaars opgedaag het. So gaan daardie grond dan na die Koi San? Ek dink nie so nie…eerder n geval tot wanneer die 1ste swart geslag se aanspraak bewys kan word….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.