Geen salarisverhogings vir dié hoës

President Cyril Ramaphosa
(Oktober 2018) Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die adjunkpresident, kabinetministers, adjunkministers, die speaker van die nasionale vergadering, die voorsitter van die nasionale raad van provinsies, die adjunkspeaker, adjunkvoorsitter en ander sal nie vanjaar enige salarisverhogings ontvang nie, het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag gesê.

Ramaphosa het alle vergoedings uiteengesit vir staatsamptenare vir die 2018/19- finansiële jaar.

Die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Staatsamptenare het ʼn verhoging van 4% aanbeveel vir alle kategorieë van staatsamptenare, maar Ramaphosa het “anders besluit”, het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Ramaphosa se besluit, om nie die aanbevelings van die kommissie te volg nie, is gebaseer op die idee dat die staat “bedagsaam en reaktief moet wees en selfbeheersing moet toon, veral in ʼn tyd van finansiële probleme wanneer salarisvlakverhogings bepaal word vir staatsamptenare”.

Salarisse en toelatings vir regters van die konstitusionele hof en regters van ander howe sal met 2.5% verhoog vanaf 1 April 2018.

LP’s in die kategorieë van huisvoorsitter, hoofsweep: meerderheidsparty, leier van die opposisie en swepe, lede van die nasionale vergadering en permanente afgevaardigdes aan die nasionale raad van provinsies sal ook ʼn verhoging van 2.5% ontvang.

Premiers, lede van uitvoerende rade in provinsies en speakers sal nie enige salarisverhoging ontvang nie. Lede van provinsiale wetgewers sal ʼn verhoging van 2.5% ontvang.

Landdroste sal ʼn 4%-verhoging ontvang asook ampsdraers in die nasionale en provinsiale huise van tradisionele leiers. Tradisionele konings en koninginne sal 2.5% ontvang. Senior tradisionele leiers en hoofmanne en -vroue sal ʼn verhoging van 4% ontvang, het die presidensie aangedui.

Ramaphosa het die kommissie en die nasionale tesourie bedank vir hul leiding om ʼn finansiële besluit te neem. Besonderhede oor die salarisverhogings sal in die Staatskoerant gepubliseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Hans ·

Ag asseblief, 4% van ‘n half miljoen per MAAND is nou seker min!!?? Die CEO van Eskom kry meer as dit!!!
Dink hulle ons is dom? Hulle 4% verhoging is meer as meeste mense se maandelikse pensioen..??

Gert ·

Dankie Hans baie waar. Dink nie hulle ondersteuners kan daai som doen nie.

Spike ·

Geen verhoging vir hele staatsdiens. Verdien dit nie, want onbevoegde klomp. Comrades het sa vernietig.

lewies ·

Ek is bly daar is nog mense wat die vernietiging van SA aan die klok hang. Dit moet deur baie meer mense oor rassegrense en kultuurgroepe gese word. Dit moet soos ‘n koor opklink. Dan sal ‘n mens graag wil weet wat die randwaarde van foute is wat die ANC hierdie land aangedoen het. Ons sal ook graag wil weet waar kon SA se mense en die land gewees het as dit nie vir die onbeholpenheid van die regerende party was nie. Dit is die groot breinspoeling wat nou aan die orde behoort te kom, oor radiostasies en in koerante moet dit uitgebulder word. Die tyd om hierdie statestiek bekend te maak is moontlik nog nie ryp nie, want daar word nog daagliks kanne wurms oopgemaak. Dit is die enigste wyse waarop die speelveld in hierdie land gelyk gemaak kan word.

David ·

Spike, nie almal in die Staatsdiens is onbevoeg nie. Dit is uiters sleg om te veralgemeen…..

Ouma ·

My man is staatsamptenaar by tegniese dienste en werk HARD so nie alle mense en afdelings is onbevoeg nie

Hennie ·

Ok ek verstaan nou nie. Ons het n president maar tog word daar tradisionele Konings ook betaal? Nou hoe werk dit? Betaal ons as belasting betalers nou nog hulle ook?

Elsa Joubert ·

Ja ons betaal vir die swart konings wat niks beteken vir die land nie. Vandat die cANCer aan beeind gekom het

Adam ·

Hennie, die “tradisionele” elite word al sedert die NP bewind onderhou.

lewies ·

Hulle sal dit op een of ander wyse verhaal. Al is dit rente op die miljoene wat hulle bele het. Dit is nie nuus nie.

Callie ·

Kry n bonus sisteem in plek. Elkeen kan 100 000 per maand kry en einde van jaar 10 miljoen as sy afdeling werk en daar is geen korrupsie nie. Nie een sal ooit n bonus kry nie

zoom zoom ·

Seker word hulle byvoordele verhoog bv elke jaar ‘n nuwe ampsmotor waarde R1.8 m. Mag met medies in Rusland ondergaan. Alle eet en drank by parlement is gratis plus 2 bottels whiskey van sy/ haar keusr per week. Ekstra bodyguards wat jou vergesel Na Rusland net vir veiligheids redes wat nie vir die publiek se ore bedorl is nie. Daar is nog ‘n Lys maar Te min spasie

Gemaskerde Sopbeen ·

Wie is die blanke minderheid se tradisionele leier/koning/koningin? Kry Steve Hofmyer en Karlien van Jaarsveld ook elkeen ‘n 4% verhoging? hahahahahahahaaaa……

HPV ·

Corné, stem saam baie beslis nie nou of in die toekoms nie! Hulle is slegs baie talentvolle sangers en hopelik sal dit daar bly.

Staak saam ·

Hel, ek sal ook my verhoging prys gee as ek met die skatkus se sleutel in my sak sit.
Wie dink hy fool hy.

Magrietha ·

Dit is leker in sa kry verhoogings reis op staads se geld.Daar is so veel van hulle wat by huis sit en nog n selaris verdien en dan nog verhooging kry.Die mense wat dir moet kry(SASSA) kry net R90 verhooging en Oktober R10 SA OF MOET EK ZIM VOL OP MEKAAR

Nico ·

Verhoging word net teruggehou tot na verkiesing. Na verkiesing kry hulle elke sent met rente terug.

Snowball ·

Moet ons nou duisel oor dié gebaar van kamtige integriteit? Ná al die vermorsing en korrupsie van dié einste spul soustreinryers? Wat ‘n klug!!

Maljan ·

Traditionele leiers? Ag te lekker. Kry hulle wat die pensioenarisse kry? Staat sal koste sny as hulle eerste kind toelaag betaal maar net 50% van die toelaag vir n tweede kind en niks vir verdere kinders betaal nie. Nou boer hulle met kinders en elke jaar kom daar nog een by. As jy n toelaag nodig het om n kind groot te maak, dan kan jy nie daardie kind bekostig nie. As hulle gaan breek en brand oor die implimentering, span swartplastiek om aanhou spasie te hê en vervolg tot die letter van die wet. Vandalisme is n kriminele oortreding.

Dankie ·

Die president skenk sy hele salaris vir liefdadigheid vir die wat nie geweet het nie. ‘n 4% verhoging is in effek ‘n verlaging as inflasie in ag geneem word. Daar is baie korrupte staatsamptenare wat nie hul salarisse of sout werd is nie, maar daar is baie ander wat hard werk om ‘n verskil te maak (ek is een van hulle). Wonder hoe sou julle gevoel het oor ‘n 2-4% verhoging? Moet vreeslik wees om altyd so te klae oor allles! Raak bietjie positief! Pres Ramaphosa is stadig maar seker besig met goeie werk! Hoe bitter en suur wil julle deur die lewe gaan?? Sjoe!

Nico ·

Dankie jy werk seker in sy kantoor. Vergelyk 2-4 % op jou magtige basiese salaris teenoor ongeveer 6% van ons hongerloon basiese salaris.

Dankie ·

En dan kla dieselfde mense hier oor die nuwe minimum loon van R3500 wat skielik te veel is… Niks is ooit goed genoeg nie. Ons is maar ‘n klae nasie…

Emma ·

Hy kon al lankal die mes ingele het, maar so bang hulle verloor stemme. Nou is dit die minimum loon en grond sonder vergoeding wat stemme moet gee. Net jammer hy kan goeie werk doen maar vir hom vertrou ek nie. Staan n slag op vir witmense en gee die jonges ook n kans in die lewe, hulle bly almal net na ras kyk. Goed gatvol vir hul uitsprake.

Martin ·

Sien dit ook, CR is nie deel van die groep nie, wonder hoeveel hy homself kry?

Alta O’Kelly ·

Gatvol dit is presies wat ek ook wil weet, almal word genoem behalwe die President. Ek glo hy het nie ‘n maklike taak nie, maar hy het homself verkiesbaar gestel.

Wonder maar net

Gert ·

Hoekom betaal vir n koning wat nie slmsl sin is nie. Hy doen niks. Kry 70 mil n jaar vir wat. Traditionele leiers maak genoeg uit grond wat hul verhuur.

Krummel ·

En almal glo hom wragtig nog steeds, nieteenstaande sy reputasie.

Jakkalsdraai ·

Wat van hy wat Ramaphosa is, gaan hy ook geen aanpassing kry nie?? Ek betwyfel, hy is die eerste burger en moet ‘n voorbeeld wees!!! Die res van die vetkatte sal hulself in elk geval meer as self aanpas, hulle hoef nie sy goedkeuring te kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.