Geen sameswering oor OB se arres, beweer presidensie

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer. (Argieffoto: Twitter)

Die presidensie het Maandag ʼn berig in The Star, “CR plotting PP’s arrest”, as vals nuus bestempel.

“Bewerings in die berig oor pres. Cyril Ramaphosa en personeel in die presidensie is eenvoudig onwaar en die koerant lewer nie enige bewyse nie,” het Tyrone Seale, waarnemende woordvoerder in die presidensie, gesê. “Pres. Ramaphosa is nie bewus van, of betrokke by enige van die sake waarna die berig verwys nie.”

The Star het berig Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, kan in hegtenis geneem word op aanklag van meineed. Sy sou na verwagting verlede week ʼn verklaring as waarskuwing by die Hillbrow-polisiestasie in Johannesburg ingedien het. Dié verklaring sou glo as ʼn skulderkenning dien in ʼn komplot om haar in hegtenis te neem voor sy ʼn verslag indien waar Ramaphosa ondersoek word omdat hy die ANC se omstrede reis na Zimbabwe op ʼn straler van die lugmag goedgekeur het. ʼn Bron in die polisiestasie het Independent Media glo laat weet iemand van Ramaphosa se kantoor het ʼn polisiebeampte by die stasie gekontak om te hoor hoekom Mkhwebane nog nie in hegtenis geneem is nie. Ramaphosa is na bewering die persoon wat verantwoordelik is vir die skuif om haar aan te kla.

Seale sê The Star maak ernstige bewerings oor die president se gedrag sonder enige grondige bewyse. “Dit is onverantwoordelike en roekelose joernalistiek en dit moet summier verwerp word.”

Hy sê die president bly verbind tot die wet en behoorlike prosedures. “Hy het nog nooit nie en sal ook nooit inmeng by enige strafregtelike ondersoek of enige ander proses nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Dit sal nou ‘n lekker ding wees om te aanskou! Maar in SA se ons maar in Engels “journalistic integrity leaves much to be desired.”

Sarel ·

Dit is maar weer sekere Media aan kant.van misdaad.
Hoekom doen sy nie haar werk nie.
Wat van Magashule…sy het reeds soveel.keer gek van haarself gemaak.
Sy moet ondersoek instel na Magshule se besoek asn Zimbabwe.
Masr ek dink sy byt vas vir volgende jaar se verkiesing omdat sy belowe was haar Pelle kom teruh

Persheks Adri ·

Hoe lag ek nou vir die laaste paragraaf! Regtig en ons moet dit glo pffft? Ag asseblief tog. Hier trek ‘n rokie ne!

4ntj13 ·

Die wêreld raak oorvol aan “conspiracies”. Dit was blykbaar makliker toe ons so 10x minder was. Moet noem dat dagga dit ook nie eintlik sal verminder nie. Ons sal maar sterker moet optree teen enigiemand, of -iets, wat vrees aanjaag. En nie die OB òf prez is onskuldig nie!

Hennie J ·

Nou ja, dit sal groot sports wees. Mog ek die dag beleef dat hierdie dame???????? in n oranje pakkie paradeer!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.