Geen ‘selfies’ asb, vra OVK

Argieffoto

Argieffoto

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het ʼn beroep gedoen op kiesers om nie ‘selfies’ met hul stembriewe of in die stemhokkies te neem nie.

“Dit is ʼn oortreding om foto’s te neem of te publiseer wat ʼn persoon se stem op ʼn stembrief onthul. Oortreders kan ʼn boete of selfs tronkstraf vir maksimum periode van een jaar opgelê word indien hulle hieraan skuldig bevind word,” het Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, Sondag gesê.

Bapela sê dit is nie moontlik om kiesers se selfone weg te neem wanneer hulle die stemhokkies binnegaan nie, maar het ʼn beroep op mense gedoen om die wet te respekteer. Bapela sê daar was gevalle waar oorsese kiesers die tipe foto’s geneem het sowel as ʼn sosialemedia-veldtog wat dit glo aangemoedig het.

“Kiesers kan foto’s neem van hulself buite die kiesstasies en van die ink op hulle duime om te wys hulle was deel van die verkiesing,” sê Bapela.

ʼn “Selfie” is ʼn foto van jouself wat met ʼn selfoonkamera geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leana ·

Hoop ook die persone wat die klits skoon kwyt is oor “selfies” neem kennis !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.