‘Geen sensitiewe inligting’ in slag ná inbraak by DOV-kantoor

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Kent Williamson)

Geen sensitiewe inligting, dossiere of lêers is gesteel toe daar Maandag by die kantoor van die direkteur van openbare vervolgings (DOV) in Bloemfontein die Vrystaat ingebreek is nie.

Volgens Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), word dié items nie in die betrokke kantoor gestoor nie maar in ʼn ander “veilige area”.

Die inbraak het Maandag in die vroeë oggendure plaasgevind en volgens Senokoatsane is daar toegang verkry tot die kantoor van die direkteur van openbare vervolgings, haar adjunkdirekteur en die kantore van verskeie persoonlike assistente.

Daar is vier skootrekenaars en stemopnemers tydens die voorval gesteel.

Die kantoorgebou is afgesper en forensiese ondersoekers het die toneel gefynkam vir DNS en vingerafdrukke.

Senokoatsane het gesê veiligheid by NVG-kantore word baie ernstig opgeneem en dat daar altyd veiligheidswagte aan diens is.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

domheks ·

“”dat daar altyd veiligheidswagte aan diens is.””
Nou waar was die wagte toe daar ingebreek is? Net in SA – seker vas aan die slaap!

trotsNAMSA ·

:) :) “ander veilige plekke” beteken in ‘n kantoor tafel se laai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.