‘Geen spesiale Australiese visums vir wit SA boere’

Julie Bishop, Australië se minister van buitelandse sake (Foto: Manuel Elias/United Nations via AP)

Australië het geen planne vir ʼn spesiale visum vir wit Suid-Afrikaanse boere wat geweld en vervolging wil ontvlug nie, het Julie Bishop, minister van buitelandse sake in dié land, Sondag gesê.

Peter Dutton, Australiese minister van binnelandse sake, het ʼn diplomatieke geskil met die Suid-Afrikaanse regering veroorsaak toe hy vroeër vandeesweek aangevoer het dat wit boere in Suid-Afrika “spesiale aandag” van ʼn “beskaafde land soos Australië” moet kry om vervolging te ontvlug.

Bishop het egter aan die uitsaaier ABC gesê daar is geen planne om wit boere prioriteit te gee oor ander humanitêre visum-aansoeke nie. “Ek glo die humanitêre program se geloofwaardigheid lê juis daarin dat dit nie diskriminerend is nie en dat elke aansoek op meriete gekeur word,” het sy aan die ABC se “Insiders”-program gesê. “Dit was die geval onder die Turnbull-regering, en so ver as wat ek weet, is daar nie enige planne om dié visumprogram te verander nie.”

Die Suid-Afrikaanse regering het ʼn verduideliking van Australië se hoë kommissaris in Pretoria geëis ná Dutton se uitlatings Woensdag in die Daily Telegraph gepubliseer is.

Lees alle vorige berigte oor Peter Dutton op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Ella ·

Ag ja net soos hier praat die departemente nie met mekaar voor n aankondiging gemaak word. Al die opgewondenheid van boere en ander en woede van die regering pure verniet.

Selfbeskikking ·

Ek belowe daar is GEEN ander opsie as om vir selfbeskikking te onderhandel, en noudat die ANC oor grond wil praat, noudat ons kans het, MOET ons die geleentheid gebruik want dis dalk ons laaste kans.

Manie Strydom ·

Boikot die volgende ausie /sa rugby wedstryd en kyk wat gebeur

Jane ·

Net soos verwag RETRACT julle nou weer julle aanbod want julle wil nou nie vir WITTES opkom nie, maar het al die jare nie omgegee om teen apartheid vir mense van kleur op te kom nie nie? Mens kan julle net vertrou sover mens julle kan GOOI .. druk dit, ek is seker TRUMP het meer guts as om POLITIEK korrek te wil wees .. SOU in elk geval NOOIT ‘n AUSSIE WOU WEES nie …

Paul ·

Hul minister van binnelandse sake het een siening, dit wat hy graag wil sien wat positief in die land gebeur, hul minister van buitelandse sake, wil meer diplomaties wees, want sy moet haar aan die lande waarmee hulle betrekkinge het verantwoord, so sy moet ‘n balanseertoer uithaal, maar haar President stem nogal met die minister van binnelandse sake saam, want binnelands is dit die boodskap van regverdiging wat jy aan jou kiesers gee.

Henk Brand ·

Presies! Moet nie vergeet van die polities korrekte ABC nie. Julie Bishop het maar net aan hulle die antwoord gegee wat hulle wou hoor. Peter Dutton besluit oor visums, nie Julie Bishop nie. Ek dink nie daar moet ‘n verwagting wees dat visums net op ‘n skinkbord gegee gaan word nie. Die linkse massas in Australia, wat geen idee het wat werklik in SA aan gaan nie en ook nie die moeite sal doen om op hoogte te kom nie, is klaar besig om van hulle trollies af te raak.

nico lodewyks ·

Paul jy is heeltemal korrek. Australie moet diplomaties wees. Hulle leef nie in afsondering nie. Jy het n goeie insig van wereld politiek. Niks verkeerd met Aussies nie. Goeie mense – vra maar Suid-Afrikaners wat daarheen emigreer het.

Kobus ·

Ek dink die opmerkings van Dutton was ongepas en uit plek uit … hy gee geen oplossing vir die ander 4 miljoen wittes in Suid-Afrika nie, en nie net dit nie, hy wil ons eervolle hardwerkende boere as “farm workers” inbring in Australië, tipies van hulle attitude teenoor ons ou “third world country”. Sies … Ons gaan hier bly en ons eie oplossing vind!

Amanda Wait ·

Net so Kobus. Ons het hulle nie nodig nie. Met die Here aan ons kant, vrees ons niemand nie.

DHK ·

Amanda Wait, jy slaan die spyker op sy kop… Slegs Hy kan ons help, en niemand anders nie.

Manada ·

Amanda, hoe weet jy die here is nie dalk aan Ramaphosa se kant nie ?

Callie ·

Almal werk self hier in Aus- jou eie huis, plaas, was goed ens. Dink jy lees Dutton mis.

VanAfrika ·

En wat maak julle as dit die Here was wat die deur Australië toe laat oopmaak het en nou klap julle dit toe. Vir maande en jare lank bid julle die Here moet uitweg gee en nou dat dit julle in die gesig staar sê julle nee dankie

Eish ·

Dutton het gesê hul gaan daarna kyk, nie dat dit reeds in werking is nie.
Miesies Bishop sê nou net dat ons almal n gelyke kans het onder bestaande wetgewing.
Woordgimnastiek of die sinoniem, politiekery.

Wanda ·

Ons is op die Vader en ons geloof hier om te bly. Om op mense en ander lande staat te maak gaan ons nie help nie, maar ons moet in geloof baie sterk staan en terug keer na ons waardes. God sal ons nooit verlaat, Sy woord herhaal dit 100de kere, maar bekeer julle en draai weg van die wereld en sy gruwels.

Gerrit ·

Ons moet ophou om altyd te hoop vir iets die boere wat so doodgemaak word kom van die kerk af waneer hy voorgelê word ons moet begin saamstaan en onself organiseer ons is in die minderheid maar het baie meer intelegensie as die vyand.

Hanna ·

En toe is die lig aan die einde van die lang, donker tonnel maar altyd net die aankomende trein… So teleurgesteld!

Stem saam ·

Stem saam met jou. Van nou af gaan dit politiese korrekte openbare stellings wees . . . maar agter die skerms ʼn ander strategie.

Só berig SkyNews Australia:
News Corp Australia chief reporter Paul Toohey, who travelled to South Africa to investigate, has told Sky News farmers are struggling to defend themselves, and local police are not dedicating enough resources to investigate the crimes.
White farmers in South Africa are being murdered at a rate of more than one per week, as the country’s new President Cyril Ramaphosa vows to seize back land without compensation.
More than 400 farmers were attacked in 2017.

Paul Toohey het hier EERSTEHANDS kom verneem wat aangaan . . . in sy onderhoude wat ek gesien & hoor het . . . skets hy ʼn uiters donker prentjie oor die RSA boere se omstandighede. Dit is hy wat vir Peter Dutton, Australiese Minister van Binnelandse Sake, EERSTEHANDS ingelig het oor wat hier aangaan

Peter Dutton se immigrasie statistieke weerspieël ʼn onheilspelende prentjie vir Australië. Hordes volksvreemde parasiete wat sy land oorstroom & NIE WIL ASSIMILEER in die Australiese bevolking nie – Afhanklik van Staatstoelaes (Living on the dole in Australia)

Die 200 000 expat Suid Afrikaners het reeds bewys, hulle maak ʼn positiewe bydrae tot die ekonomie & word wel geassimileer in die Australiese samelewing.
Dié RSA expats het teen dié tyd ook ʼn binnelandse politieke drukgroep geWORD, wat die Australiese regering nie sondermeer kan ignoreer nie . . .

Joe Hall ·

Dankie Stem Saam!
Wens die klakouse wil jou kommentaar lees, alvorens daar alweer ‘n volgende teem-en-ween sessie aan’t gang gesit word.
Ai tog. Wees bly dat EEN beskaafde regering hul nek uitsteek om die moord en doodslag wat in hierdie droewe land plaasvind, aan te spreek.
Weliswaar sagkens en in diplomatieke taal, maar DAREM!!!

Rupert Ashford ·

Ag ou Julie het soveel ruggraat soos haar PM. Sal altyd die VN ter wille wees. Peter Dutton is egter perd van ‘n ander kleur.

Maria Marais ·

Is dit nie die land wat n SA egpaar en hul kinders wat meer as 10 jaar daar gewoon het terug gestuur het oor die jongste aan n nier kwaal lei nie al het die pa gesê hy sal self die kostes vir die mediese behandeleling betaal nie en dat dit nie n las op die land se gesondheid stelsel sal wees nie…so nou vra ek net hoe so hul soek mos dan net gesonde mense en sal net die bestes wil vat en so sal hul mos dan eintlik n groter gemors veroorsaak… as hul wil vat moet hul almal vat al 4 miljoen met al ons eiendom soos vee en dit sal hul nie doen nie…

Viky ·

Matthèüs 5 vers 10 en 11
Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

HPV ·

Hou net aan om elke moord asook aanhitsing tot geweld teen witmense oorsee te bemark. Die internasionale media en gemeenskap is besig om kennis te neem. Dit is elkeen van ons se plig om hierdie feite, nuus en videos aan kennisse, besighede en koerante oorsee te stuur. Al die adresse is op hul webtuistes bekikbaar.

Tonnel ·

Die positief is buiteland neem kennis daar is groot fout. Volksmoord is realiteit in SA. Boere word uitgemoor. Net soos met destyds apartheid word daar kennis geneem wat in ons land gebeur. Sensitiewe onderwerp vir politici.

Vuurvliegie ·

Nee Hanna, ons sal moet aanhou vorentoe beweeg, al word dit donkerder om ons…Aan die einde van die tonnel sal God deurbreek en die lig sal instroom! Hou net aan glo, moenie moed opgee nie!!!!

Grassie ·

Ek dink die Australiese regering trap nou net ‘n bietjie water want Dutton het sy mond verby gepraat. Austr. het ‘n geweldige groot probleem met onwettige immigrante vanaf die Indiese Oseaan eilande noord van hulle. Daardie migrante is ongeskoold, lui en bobaas bakhandstaners en Oz wil hulle nie hê nie. Hul regering is in ‘n voortdurende stryd met internasionale en plaaslike ” menseregte – organisasies” betrokke wat die Ozzies beskuldig van gevoelloosheid, wreedheid en vele meer. As daar nou openlik voorkeur aan wit SA-boere gegee word gaan daardie spul libs beweer die eilandbewoners is ook boere, maar dat hulle afgekeur word weens hul velkleur. Ek dink Dutton is reg, maar hy moes net ‘n wag voor sy mond geplaas het. Ek wil nie Australië toe trek nie maar van my familie wat daar woon leef voorspoedig en het geen plan om terug te kom nie.

Gerhard ·

Ongelukkig het mense teveel gelees in die een stem uit die regering van Australie. Die huidige regering in Australie sukkel om in bewind te bly en sal nie sommer iets wat as radikaal gesien kan word aandurf nie.

Sê maar net ·

Onthou in die laaste dae sal nasie teen nasie opstaan en volk teen volk. Ons moet net alles in ons vermoeë doen om onsself te beveilig. Hulle sal mekaar self uitsorteer. Dit is skrif

Jef ·

HPV, ek weet jy bedoel dit goed maar ek het dit self ondervind toe ek vriende en kennise vertel het, self laat lees het met gepaardgaande fotos en ook die kommentare wat gelewer word.
Hier in Nederland dring dit absoluut nie deur tot die mense nie, dit alles word afgedaan as “ag dis ver van ons af en ja maar dis nog altyd die land van die swartmense gewees dus julle blankes hoort nie daar nie.
Daar word geen woord gerep oor die toestande in SA nie, radio nog televisie.
Ek weet seker dat die regering hier op hoogte is van die gebeure in SA maar om een of ander rede stel hulle geen belang daarin nie, terwyl Nederland in 1994 voor in die ry gestaan het oor die afskaffing van apartheid en die oorhandiging van SA aan die ANC.
Nederland help SA deur geld in te samel vir kos en medisyne vir al die swart kindertjies maar om blanke kindertjies te help, nee daar is nie geld voor nie.

Sarie ·

Kyk Lauren Southern se video oor hoekom die res van die wêreld nie oor Suid-Afrika wil praat nie

Anke ·

New Zealand is n opsie vir boere. Boere is in aanvraag daar.

Gerhard ·

Die vraag is, hoeveel SA boere sal wil boer sonder hordes goedkoop arbeiders? In NZ boer baie boere sonder enige arbeiders.

Casper Labuschagne ·

@Gerhard sedert 1994 bestaan die “hordes goedkoop arbeid” waarvan jy praat nie meer nie. Op hedendaagse plase is die boer en sy gesin douvoordag op en aan die gang, maar daar sal geen arbeider in sig wees tot na sewe nie, want so nie moet oortyd betaal word. Waar boere hoegenaamd kan, verminder hulle arbeiders want die ekonomiese waarheid is dat ‘n bokwagter tans nie naastenby sy loon werd is nie. Gaan maak gerus hierdie jaar ‘n draai by Nampo, en jy sal opmerk dat of dit nou trekker van tientalle miljoene rande is, beesdip, of onkruiddoders, alles word verkoop met die proposisie dat dit die behoefte na arbeid sal verminder.

Yankee ·

O gaats, die trein het toe nie by die stasie gestop nie. Nou maar weer gaan uitpak!!

Ella ·

Ek stem saam met jou. Dieselfde gebeur in NZ. In 2016 was ek daar en.op nuus gehoor elke twee weke ontvang hulle 800 Chinese wat betaal word om China te verlaat. Dit is hulle wat huispryse die hoogte laat inskiet het. Agente bie namens hulle by veilings. Al hierdie lande gaan nog jammer wees dat hulle nie eerder ons aanvaar het.

Yankee ·

A nee a Ella. Chinese koop huise daar sommer kontant. Meeste van ons kan nie eens die vliekkaartjie bekostig nie, maar sien kans om op te pak.

Ina ·

Ons voorvaders het nie vir koue pampoen geskrik nie …ons ook nie…Suid-Afrika is my land…Ons sal lewe ons sal sterwe vir jou Suid-Afrika…

Manada ·

Ina, ons voorvaders het uit Europa weggetrek, SA toe. Nou is dit tyd om dieselfde te doen as hulle (te trek). Dit het niks met “skrik vir koue pampoen” te doen nie. Daar’s n tyd om te kom en n tyd om te gaan.

Reguit ·

Rollie het hierbo vir ons mooi vertel wie die slagoffers van misdaad is. Dit sal gaaf wees as Rollie ook vir ons kan sê wie oor die algemeen die plegers van die misdaad is. Byvoorbaat dankie.

Boerboel ·

Die linkse media hier en in Australie noem vir Dutton n rassis. Sommige linkses skryf dat net wit rassiste bly is oor sy aankondiging en net rassiste sal na Australia trek.

Yankee ·

No one will take care of you, no other Country, on one else. Your own Country won’t do it, so why should any other Country!! Take care of yourself, and stop waiting for special attention from someone that don’t give a penny who you are. Wake-up.

renette ·

Mense, sien asb die goeie in wat op die oomblike in Australie gebeur. Die wit mens in SA se struggle is uiteindelik wereld wyd in die nuus. Mr Dutton het groot probleme gekry omdat hy die woord Wit boere gebruik het, maar nog niks is gefinaliseer nie. SA burgers kon nog nooit in Australie op humanitarian visas inkom nie, maar lyk of daar n deur gaan oopgaan vir julle. die visas gaan op merite uitgereik word, so jy moet kan bewys dat jy vir n humanitarian visa kwalifiseer. Ons wat reeds in Australie is moes n baie harde lang deur pad vat om hier te kom, en ons weet nie almal kan dit bekostig nie, maar Australie kan ook nie nou die sluise oop maak vir miljoene mense nie.

Yankee ·

Stem saam Renette. Vir die eerste maal in my 25 jaar in Amerika word die “man in die straat” hier bewus gemaak wat daar in SA tans plaasvind. Meer en meer mense vra my uit oor die droogte en grond gryping daar.

HPV ·

Jef, ek hoor wat jy sê, dit is tragies maar waar. Die wêreld keer ‘n blinde oog tot ‘n menseslagting plaasvind, dan spring almal skielik op die wa, ‘n goeie byvoorbeeld is Rwanda. Nederland se houding verbaas egter nie, kyk wat was hul houding jeens die tweede wêreldoorlog. Hulle het ook anderpad gekyk en gehoop die probleem sal self weggaan. Gelukkig is hier in Suid Afrika genoeg realiste wat besef hierdie probeem moet aangespreek word want dit sal nie vanself weggaan nie. Ons sal dit maar self moet uitsorteer!

Jerry ·

Wit Suid Afrikaners sal nie toegelaat word om geweld en vervolging vry te spring nie, aldus Julie Bishop. Beslis musiek vir die ore van die ANC en wie moet ons as Afrikaners nou eintlik hiervoor bedank? Ek kan verstaan dat die buiteland bewus gemaak moet word van die Afrikaner se situasie, maar dit is ongelooflik dom om enige ondersteuning van die buiteland uit te blaker aan almal, want enige ondersteuning sal deur die ANC en ANC goedgesinde regerings geblok word. 12,000 boere moes eers hervestig gewees het voordat dit aan almal uitgeblaker word! Die skade wat aangerig word aan die Afrikaner se kanse op vrede en voorspoed deur sekere forum inisiatiewe raak n al hoe groter risiko. Met elke forum inisiatief wat verkeerd loop word die Afrikaner se tande getrek. Teen einde 2019 sal forum inisiatiewe wat skeefgeloop het die Afrikaner haasbek en in groot moeilikheid geplaas he.

NET SOOS VERWAG ·

JANEE, na al die DANKIES is julle toe maar net wat ons gedink het julle is . ..VERRAAIERS, wil altyd probeer POLITIEK korrek wees, julle WEET wat in SA aangaan, maar wil asb nou net nie voorkeur behandeling aan WIT boere gee wat wreed vermoor en aangerand en verkrag word en wie se eiendom afgeneem gaan word nie . NET SOOS VERWAG .. julle is PRESIES wat ons nog heeltyd van julle gedink het .. DANKIE VIR NIKS!!! Wees maar liewer polities korrek en gee aan nog 15 000 Chinese immigrante (ek sien julle was nie hier bekommerd oor rassisme nie) visums!!

Jane ·

DRUK JULLE VISUMS AUSTRALIE, JULLE HET ONS NOU MAAR WEEREENS BEWYS WIE JULLE NOG ALTYD WAS !! Wees maar lekker politieks korrek.

Hendrik ·

Die dinge beweeg in die regte rigting. Niks help so baie soos ‘n bietjie hoop (en jy weet dit is nie moontlik nie – Dutton uitspraak) om net die gedagtes so bietjie oop te maak en weer oor alles te dink nie. Die wereld hoor ons en ons moet net die regte feite vir die wereld instuur. Vasbyt boere en veg (met die pen) vir ‘n oplossing.

Hendrik ·

Ek het nuus vir julle ouens wat so praat en praat en praat oor selfbeskikking……Dit werk .

Casper Labuschagne ·

“Spesiale visums” is hoegenaamd nie dieselfde ding as “spesiale aandag” nie. Om spesiale aandag te fokus op plaasboere, tandartse, chirurge, elektrisiëns, tegniese kundiges in lugvaart en loodgieters is ‘n ekonomiese besluit tot die voordeel van Australië en is inderdaad wat hier gebeur. Gesien in die lig daarvan dat die spesifieke kundiges se eie regering nie net niks vir hulle omgee nie, maar inderdaad selfs ‘n beleid het om hulle deur middel van wetgewing te vervang met persone vanuit inheemse bevolkingsgroepe, sal Australië geweldig baat by tienduisende kundiges wat sal verhuis. Dit is ontsaglik duur om sulke kundiges op te lei en Australië verkry hierdie kundigheid asook werkservaring bloot deur ‘n hand van verwelkoming uit te steek.

Hier is maar net nog ‘n simptoom van die postkoloniale verval van Afrika.

Aussie ·

Skut maar net my kop vir paar van die comments. Ek stem nogal saam met 1 van die comments, Wie se dis was nie Here wat die deure oop gemaak het nie. Ek weet nou meer wat in SA aan gaan as toe ek daar gebly het. Oorseese mense Aussies in kluis weet al te goed wat daar aan gaan, meer as wat sommigges besef/dink. Soms sien ons dinge, bel ons familie dai kant oor dit, word dit net gese nee ons weet niks, niks was op ons nuus nie. Die probleem is so baie spreek/lewer soveel negatiewe komentaar uit oor die vissa storie dat dit gaan maak dat die deure van hoop wel toe gemaak word. “Words and thoughts are very powerful.”

Lekker bly ·

Ja wat maak maar die deure toe, gelukkig is daar baie ander lande ook wie se oe (en lande) vir ons gaan oopgaan, bly julle maar in julle stukkie hemel wat een van die dae gaan begin betaal vir die Aboriginies wat die Australiers so mishandel het.

Theresa ·

Is dit presies wat sy gesê het: dat die wit boere nie toegelaat sal word om geweld en vervolging vry te spring nie?
Skokkende uitlating.
Gee sy dus haar mening as pro-geweld en vervolging van wit boere?
Hoe durf sy!?

REGTIG? ·

Ja kyk dit is tipies van ‘n skynheilige. Hulle moeilikheid kom nog met die Aboriginies wat hulle uitgewis en gejag en soos honde behandel het as jy dink apartheid was erg. Die Australiers het die Aboriginies GEJAG .. hulle moeilikheid is oppad .. en so ook met die instroming van CHinese en Siriers in hulle land . wag maar . hulle gaan nog SA toe vlug. Wat verdien julle wat die Aboriginies so mishandel en misken en onderdruk het?? Ook verdrukking en vervolging en geweld ??

Ja? ·

Toemaar hulle vervolging en geweld oor die Aboriginies is oppad .. wag maar . hulle het dit tot nou toe vrygespring .. een van die dae vra hulle visums vir SA !

jean ·

Janee…gedink dis te goed om waar te wees!…Maar dis ook reg…ons voorvaders het uit die hel van die konsentrasiekampe opgestaan en weer van vooraf begin….laat niemand in die wêreld omgee nie…met God aan ons sy (Let wel!) sal ons dit maak…desnieteenstaande die boosheid en haat.

Chris ·

Ek dink Swart Maandag het baie gehelp. Meer mense praat daaroor. As hulle dan nie wil hoor nie. Moet Boere maar meer en meer sulke protes aksies neem tot die wereld dan eintlik wakker skrik. Ek beodoel Australie praat te minste nou daarvan. En Belgie (Vlaandere) het ook daaroor begin praat in Europa. So Swart Maandag het wel gehelp.

Jaques ·

Wat het julle verwag? Wanneer elke Jan, Piet en Kosie die Australiese Ambassade 1000 keer per dag bel en vra wanneer kry ons, ons visas gaan hulle ook begin twee keer dink. Ek bedoel wragtig, hulle is bereid om ‘n paar mense te help maar hulle gaan wragtig nie al die Boere in Suid-Afrika help nie. En dit help ook nie as mense aanhoudend die ambassade bel en hulle net irriteer nie. As hulle dit wil doen, doen hulle dit. Moet hulle nie irriteer met omroepe nie want dit help nie die saak nie. Laat hulle dit op hulle eie besluit doen en hou op bly wees voordat enige iets op papier geskryf is. Wat se die Engelsman. Don’t count your chickens before they hatch!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.