‘Geen spesiale behandeling’ vir Zuma

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste (DKD), het vandag tydens ’n mediakonferensie buite die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal gesê dat oudpres. Jacob Zuma nie voorkeurbehandeling in die tronk sal kry nie en dat hy aan dieselfde regulasies en prosesse as enige ander gevangene onderwerp sal word.

Maroela Media het vroeër berig dat Zuma homself Woensdag kort voor middernag aan die polisie oorgegee het om sy 15 maande vonnis te begin uitdien.

Op die vraag of Lamola bewyse het dat Zuma wél in dié tronk is, het hy gesê dat Suid-Afrika “sy woord daarvoor sal moet aanvaar”.

“Foto’s en video’s word nie toegelaat nie. Ek kan julle egter verseker dat hy in die Estcourt-gevangenis is.”

Lamola het voorts aangedui dat Zuma onder meer in dié tronk geplaas is omdat dit naby sy woonplek in Nkandla is.

Lamola sê alle administratiewe prosesse, waaronder ’n onmiddellike mediese assessering, is reeds afgehandel en dat Zuma tans in die tronk se hospitaaleenheid aangehou word terwyl ’n holistiese en deeglike assessering gedoen word.

“Hy sal ook vir die eerste 14 dae ingevolge Covid-19-regulasies in isolasie wees.”

Zuma se verblyfomstandighede in die tronk sal volgens die departement aan die hand van ’n assessering voltooi word soos deur die Wet op Korrektiewe Dienste uiteengesit.

Lamola het egter beklemtoon dat Zuma in ’n “menslike en waardige” omgewing aangehou word.

’n DKD-amptenaar kon egter nie sê of Zuma ’n enkelsel sal hê of ʼn sel met ander gevangenes sal deel nie en ook nie of hy in ’n hoësekuriteit- of laesekuriteitsafdeling in dié gevangenis sal bly nie.

Die beampte het wel bevestig dat Zuma vanweë sy “gevangenisklassifikasie” en in ooreenstemming met DKD-regulasies toegang tot ’n televisie en openbare telefoon sal hê. “Hy sal nie toegang tot ’n selfoon hê nie.”

Die departement sê dat Zuma ook nie sy eie lyfwagte of private sekerheidspersoneel sal hê nie.

“Sy veiligheid en sekuriteit is die departement se verantwoordelikheid,” het ’n ander DKD-amptenaar gesê.

Ronald Lamola en lede van die DKD buite die Estcourt-gevangenis. (Foto: Twitter / @samkelemaseko)

Die departement sê Zuma sal in aanmerking kom vir parool wanneer hy ’n kwart van sy vonnis uitgedien het.

Hy kan egter soos enige ander gevangene aansoek om mediese parool indien wat dan deur die gevangenis se mediese raad oorweeg sal word.

Lamola sê voorts dat die departement verskeie hotelle en gastehuise reg oor die land besit, maar dat Zuma in die tronk aangehou word omdat ’n hof dit so beveel het.

“Ons sal ons voortaan ook deur die howe se uitsprake en bevele laat lei en ten alle tye die oppergesag van die reg respekteer.”

Intussen probeer Zuma steeds om tronkstraf vry te spring.

Hy het twee afsonderlike aansoeke by onderskeidelik die hooggeregshof in Pietermaritzburg en die Konstitusionele Hof ingedien om die lasbrief vir sy inhegtenisneming asook sy skuldigbevinding en vonnis ter syde te stel.

Die hooggeregshof het Dinsdag gesê dat uitspraak rakende die tersydestelling van die lasbrief tot Vrydag voorbehou is terwyl die Konstitusionele Hof ingestem het om Zuma se dringende aansoek vir die tersydestelling van sy skuldigbevinding en vonnis op Maandag 12 Julie aan te hoor.

Die ANC het aangedui dat hulle Zuma se “dapper” besluit om aan die hofbevel gehoor te gee respekteer en het hulle ondersteuners aangemoedig om kalm te bly.

Die Vryheidsfront Plus het die verwikkelinge as ’n oorwinning vir die polisie en regstelsel in Suid-Afrika beskryf.

Die DA het ook Zuma se inhegtenisneming verwelkom en gesê dat dit as ’n boodskap aan Zuma se ondersteuners moet dien dat daar nie ’n bespotting van die gereg gemaak sal word nie.

“As die leier kan tronk toe gaan, kan enigeen.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Thom ·

Dit is net bitter jammer dat julle nie die ” sien is glo ” konsekwent toepas nie .

Sandra ·

Soos voorheen, sit ek dieselfde ding en dink. Ons sal maar sien wat Maandag gebeur.

Harley Davidson ·

Hy sal binnekort uit wees vir mediese redes of in ‘n privaat hospitaal geakkommodeer word,net weer ‘n bewys almal is nie gelyk voor die reg in ‘n piesang Republiek nie.

Androclus ·

Hy gaan net ‘n kwart van die maande uitdien dan kan hy aansoek doen om parool.

Suzette ·

Wat gesê word en wat werklik gebeur is twee verskillende goed – veral in die nuwe SA

JohanR ·

Hoe seker is ons dat hy in die tronk is. Wys hom vir ons in sy designer oranje oorpak. Hoe weet ons hy gaan nie vir 4 maande by die Oyster Rock in Umhlanga sit en suip saam met Bathbile Dlamini nie?

Schalk ·

Glo dit niks!!! Wys photo’s agter tralies in oranje eenstuk!!!

Moeggeploeg ·

Stem saam. Soek foto van hog agter tralies. En nie photoshop nie

Anton ·

As hy nie met ‘n “nommer” tatoo uitkom nie, was hy nie in die tronk nie ????

Androclus ·

Ag wat hulle kan maar alles los hy is dan in die hospitaal vleuel van die tronk.

Mieke ·

Ek glo nie dat hy homself oorgegee het nie – sy aansoek sal eers môre gehoor word…. of soos anders berig, die 12/7/21

Tipper ·

Net die feit dat hy nie n lang tronkstraf kry nie,dit dui al klaar aan op spesiale behandeling.

Inkpot ·

As hy wel in die tronk is, moet hy dieselfde behandeling as al die gevangenes kry, dit sluit die kos ook in en ook dieselfde besoekregte.

Jannie van Niekerk ·

Die agterdeur is oopgelos. “Mediese parool”. Een van die dae sppel hy ook gholf soos Shabir.

Stof ·

Sal ons dus nou maar moet gewoond raak aan Frisco noudat Jacob’s nie meer publiek beskikbaar is nie?

Persheks Adri ·

En ek is die paashaas, tande muis en kers vader gggmmmfff ons soek bewyse nie iemand se woord nie almal lieg!

Willem ·

Ek gló nié zuma is in tronk nie!!!Geen bewyse dat hy wél daar is nie.Hy tien teen een in ñ gastehuis ingeboek!!!

Boerkind ·

Wat het van Shabir Shaik geword?? Ook tronk toe, vrygelaat om sy “laaste” oomblikke tuis deur te bring… en die res is sikusgehalte geskiedenis.

JanSt ·

Na ‘n kwart van die vinnis uitgedien is… so hy gaan 112 dae in hospitaal gaan lê.

Joe Olivier ·

Verskoon my onkunde, hollistiese assessering? Is dit nou waar die gedeelte tussen sy ore ondersoek word of iets anders deurgekyk word of daar dalk ‘n selfoon versteek is?

Kobus ·

Grondwetlike hof gee hom keuse van aanmelding maar hy rapporteer by Escort Korrektiewe dienste? Hier begin die liegstories klaar.Hierdie fasiliteit is die jongste en een van die modernste plek om jou vonnis uit te dien.Sal ook bewyse wil sien dat hy wel agter tralies is. Gelukkig het ons uitstekende joernaliste wat wel ongeruimdhede sal en blootle

Vonkprop ·

So die “tronk” is naby sy huis. Baie gerieflik, met ander woorde hy kan elke dag uitgaan vir middagete by sy huis en ‘n uiltjie knip en dan weer lodge toe…..ag ek bedoel tronk toe.

Bart-Man ·

Was hy nie tot nou spesiaal behandel nie? Was dit jy if ek sou dit dieselfde uitgespeel het? Nee dit sou nie. Hy kry van dag een af spesiale behandeling moenie kom kak praat nie.

ElizeK ·

Oudpresident Zuma Oudpresident Zuma…dit is wat dit is….Has been…haaaas been, so noem die vent ASB Jacob Zuma. Ek wil al braak oor OUDPRESIDENT. Die hele wêreld weet hy was RSA se president en ons grootse ondergang. Hoekom hoe verslaggewers aan om hom te vereer. Hy is n HAS BEEN.

Samuel ·

Hoe kan mens Lamola glo? Zuma sal voorkeur behandeling kry, want volgens Jesse Duarte is hulle so lief vir hom. Hy is al klaar in die hospitaal eenheid en beslis nie oor die redes wat aangevoer word nie. Die DKD dokters sal seker onder druk moet bevind Zuma is medies ongesk en kan nie sy straf uitdien nie. Pfffft.

Dolf ·

Dit is eintlik n skamele troops vir geregtigheid dat Jacob Zuma vandag tronk toe is. Ons land het miljarde Rande se verliese gely as gevolg van hom, en steeds, sy volgelinge laat hulle steeds mislei. Ons land staan op die drumpel daarvan om n mislukte staat te wees, ons sou dit reeds gewees het as die covid virus nie as geldige verskoning kon Dien nie. Party politiek is n gemors, ons moet ons land en sy mense eerste stel en party politiek agter ons stel. Maar nou ja, lealiteite spreek anders.

Thom ·

Is dit goed genoeg as hy dieselfde behandeling kry as Oscar Pistorius ? Dié is darem ‘n moordenaar wat gewoon ‘n onskuldige mens se lewe beëindig het ; in gevangenis die naaste aan sy huis met besoekregte , ‘n gimnasium ens ?

Skim ·

Van wanneer af besit die departement hotelle en gastehuis. Dit sê alles vir my. Wonder wie almal geniet die luukse. Ons sal maar sien wat more gebeur. Dalk kry die Guptas binnekort ‘n kuiergas in Dubai.

Gato ·

Net een ou fototjie van Zuma in sy oranje speelpakkie sal my dag sommer ophelder.

wessel ·

Hoekom word daar agt luukse belastingbetaler voertuie gebruik om ‘n tagtigjarige na ‘ n gevangenis te neem?????

msp ·

Dit was zuma se wens om eerder tronk toe te gaan. Sy wens is maar net volbring.

Foefie ·

Wat is die kanse dat sy “deeglike mediese ondersoek” gaan bevestig sy gesondheid is nie na wense nie en hy bring die volgende 13 of 14 weke in ‘n gerieflike hospitaalkamer deur. Sal maar sien hoe die storie ontvou.

ChrisR ·

Die ou is nou in die tronk……..maar elke dag wat hy sit betaal ons…….sy wonderlike stigting moet ge-invoice word vir elke dag wat hy daar sit….

PJ ·

Waar gaan hulle al die Escort gevangenise sit as zuma se tyd om is… Dit gaan mos sekerlik n nationale erfenis word…

Belinda ·

ja sekerlik… tronke deesdae is anyways al beter as sommiges se woon toestande want kriminele het ook mos human rights.

Nico ·

Is Zuma dan verhewe bo Janusz Walus, wat sit vir die moord op Chris Hani, hy het al hoeveel keer gevra dat sy parool aansoek hersien moet word, geen reaksie, moet hy dan sy laaste dae in die tronk deurbring, hy is ook ‘n bejaarde met siekte probleme. Gee hom parool dat hy die jare wat oorbly by die huis saam met sy familie kan deurbring, daar is van die ANC lede wat reken hy kan vrot in die tronk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.