Geen staatskool vir Malema se seun nie

Julius Malema tydens 'n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Julius Malema tydens ‘n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), gaan voortgaan om sy seun na ʼn privaatskool te stuur, al het hy Sondag gesê staatsamptenare moet van openbare dienste gebruik maak.

The Star het Woensdag berig dat Malema gesê het sy seun sal nie “wanfunksionele en swak” openbare skole bywoon nie. Die koerant berig ook dat hy sy mediese fonds gaan behou sodat hy toegang tot private gesondheidsorg kan hê.

Malema het Sondag aan verslaggewers in Kaapstad gesê dit maak nie sin dat die regering dienste aan die publiek verskaf, maar dat sy leiers nie bereid is om daarvan gebruik te maak nie.

“Ons wil hê dat skole en hospitale verbeter moet word. Dit sal nooit in ʼn goeie toestand wees as LP’s  nie daarvan gebruik maak nie,” het hy gesê.

Malema het Maandag gesê sy agtjarige seun, Ratanang, sal by sy private skool aanbly, tensy ʼn wet aangeneem word om verkose verteenwoordiges te dwing om van openbare dienste gebruik te maak.

“Hoekom moet ek my kind aan swak onderwys blootstel as mense wat aan bewind is dit nie doen nie?” het Malema gevra. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sollie ·

Malema: Sauce for the goose is sauce for the gander – maar blykbaar nie in jou geval nie. Hopelik kom hy houtwerk en ‘n paar ander vakke ook deur!!

Justi ·

Ja Malema…….jy kan nie toepas wat jy preek nie! Jy het beslis dubbel standaarde.

Any excuse is better than none. In my oe is jy werklik iemand wat met n gesplete tong praat. Sies.

Anne ·

Ja nee, hy weerspreek homself keer op keer, kan seker nie eers onthou wat hy alles verlede week kwyt geraak het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.