Geen stappe oor ‘rassistiese’ graffiti

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die bestuur van Wits het Maandag gesê graffiti teen kampusgeboue waarin wit mense gevloek word, is “vryheid van uitdrukking” en daarom sal daar nie verdere stappe gedoen word nie.

Volgens die verklaring is die bestuur van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) bewus van die graffiti teen verskeie geboue op die kampus en dit is intussen verwyder.

Die graffiti met die woorde “F*** White People” is glo deur ʼn groep aangebring wat ʼn persoon ondersteun wat Woensdag voor die Menseregtekommissie (MRK) sal verskyn nadat hy ʼn T-hemp gedra het met woorde agterop wat wit mense vloek. Dit is nie duidelik wie die klag by die MRK aanhangig gemaak het nie.

“As die senior uitvoerende span van Wits veroordeel ons die aanstootlike boodskappe ten sterkste en die aanstoot wat dit lede van ons gemeenskap kan gee. Ons het oor die saak beraadslaag en hoewel ons nie met die optrede van die groep studente saamstem nie, is ons wetlik ingelig dat die stellings nie ʼn oortreding van ons land se Grondwet is nie, aangesien vryheid van uitdrukking toegelaat word solank dit nie aanhitsing is om leed te veroorsaak nie,” lui die verklaring.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

“Die universiteit keur nie die optrede van hierdie studente goed nie … en ons moedig hulle ten sterkste aan om hierdie aanstootlike en kwetsende optrede te staak.”

Die bestuur het ook reageer op ʼn stelling wat deur die groep gemaak is dat swart mense nie rassiste kan wees nie, deur te sê daar is ʼn “ernstige metodologiese en intellektuele probleem” met die siening. “Dit is ons siening dat dit inderdaad moontlik is vir mense om op ʼn ras-aanstootlike manier teenoor wit mense op te tree,” het hulle gesê.

Die verklaring lui voorts dat die gedrag van die groep studente nie met veiligheidsmaatreëls beheer kan word nie, maar dat “maatskaplike konvensie” nodig is om die kwessie te bespreek. “Ons moet bo goedkoop politiekery uitstyg en eerder hierdie geleentheid gebruik om betekenisvolle transformasie in die hoëronderwyssektor en samelewing teweeg te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

127 Kommentare

Maddy ·

Dis lek. Laat dit nou andersom is. Dan is di harry los. Hoe werk dit?

Kaspaas ·

Yip was dit abders om dan was daar protes aksies en en en. Wys net die fees must fall organisasies is rassisties in hulle eie

Kathy ·

O nou is dit vryheid van spraak. Siestog Gareth Cliff dat jy deur sulke hel gesit is. Ek is keelvol vir hierdie tweegesig land. Mense word wakker. Swart op wit is nie rassisties maar wanneer dit omgedraai is brand die herrie los. As die skoen pas… trek hom maar aan.

Chris ·

Behalwe dat die Wits-bestuur se uitspraak onlogies en siek is, net die volgende: Hulle het met hul siek uitspraak ‘n besliste presedent geskep: Hulle laat nou die deur wawyd oop vir soortgelyke optrede van student in die toekoms. Onthou net: Die uitspraak geld nou ook vir ander rassegroepe.

John Fourie ·

Die uitdaging nou is om nie tot daardie vlak te daal nie.

carien ·

Ek persoonlik gee gladnie om wat daardie person met daardie t- hemp aan van my se of dink nie.

Chris ·

Carien, ek ook nie, maar om deesdae stil te bly oor sulke dinge, is volgens my lafhartigheid. Niks anders nie. As jy sê sulke dinge skeel jou nie, kon jy maar net sowel stilgebly het en nie eens jou mening gegee het nie. Want wat jy sê, is niksseggend. Ek voel ooks niks wat so ‘n persoon van my op sy T-hemp skryf nie, maar beslis nie in die openbaar nie. Enige mens het sy trots

Liza ·

Rassisme sal nooit ooit ophou nie….. nie hier nie, nerens nie…. nooit ooit nie…. dit is deel van mens wees, wit en swart en bruin en pers…

Pappa Beer ·

REGTIG?!? Maar twee wit meisies by n ander instansieword GESKORS omdat hulle gesigte PERS geverf was vir n partytjie?!? Hoe kan sulke blatante rassisme toegelaat word, daar word nie eers n poging aangewend om dit te versteek nie. Hoekom word daardie student met daardie aantootlike t-hemp nie aangekla vir haatspraak of rassisme nie?

Conrad ·

Dan vra hulle die vraag hoekom is daar rasisme in die land!!! Hoekom is mense so rasisties? Hoekom kan rasisme nie verdwyn nie? Aaaagh… hou tog net asb op om so rasisties te wees. Solank dit so aangaan sal daar rasisme wees!! Dit kan nie anders nie.

Pieter van der Merwe ·

Tydens sekere geleenthede smeer die swartmense hulle gesigte en liggame wit vir die feesvieringe/byeenkomste. Waar trek mens die streep, wanneer is dit rassisme en wanneer nie. Dit is tyd vir die MRK om in te gryp en duidelike skeidslyne te trek.

Jack ·

Ek meen dit is duidelik uit die verkaring dat die Universiteit deur regslui ingelig is dat hul grondwetlik nie teen die persone kan optree nie aangesien daar geen direkte aanhitsing tot geweld in die slagspreuk is nie.

Ellen ·

As dit nou wit studente was, sou dit rassime wees en hulle sou geskors gewees het. Julle het dubbele standaarde. Een standaard waar alle wit mense as rassiste beskou word en een standaard vir swart mense wat absoluut niks verkeerd kan doen in enige iemand se oë nie.

Boesman ·

Ek wou presies dieselle vra. En as dit nou andersom was? Dan was dit rassisties!

Karma ·

Maar laat die graffiti nou nét “Fvck Black People” gelees het …. Boeta!!! Nee-wat kyk, hier is nou volskaalse rassisme-oorlog aan die gang; voor 1994 was dit wit teen swart, nou is dit mooi net andersom. En steeds suig die Kaapse kleurlinge en Indiërs aan die agterspeen, want hulle is nie swart óf wit genoeg nie.

tamboti ·

Karma hulle ag hulle self moes “swart” net wanneer dit hul pas. Hulle sal hul nooit agter blankes skaar nie, laat hul maar aan die agterspeen bly suip.

Johannes ·

Karma, daar was nog nooit ‘n “rassisme oorlog” van wit teen swart gewees nie. Waar kom jy daaraan? Daar was miskien regverdigbare teenreaksie van die blankes se kant, in meeste gevalle teen swart geweld en terreur.

Ons blankes beter ons oë vinnig oopmaak – die tekens van ‘n volksmoord word AL duideliker…

John ·

Die Donker Middeleeue het met die draai van die wiel weer aangeland. Wie is verbaas?

Gesie ·

Nou ja toe, soos altyd dubbele standaarde.
Ons blankes moet hierdie soort haat-uitsprake sien vir wat dit werklik is, naamlik vrees!

Sarel Strydom ·

Wat verwag jy van ‘n geslag wat van kindsbeen af so geleer word .

Siela ·

Nee kyk ons bly in n absurde land waar haatspraak geduld word MITS dit v swart afkom. Dubbele standaarde!! Ek voel lus en bid die universiteit en n spul ander n tsoenami toe!!!

Pieter dp ·

Nog nooit het rasisme so ge blom soos nou na 1994 nie. Die regering van die dag ondersteen die eensydige rasisme.

Rase haat is nou op sy beste. Hoe jamer dat die wat dit in 1994 wou laat ver ander het , sodat die son ook oor almal moet skyn. Nou uit gemaak word as die boose skeppers van die rase haat.

Matmiet ·

Wil iemand nie daar gaan opklim en net white dood trek en black skryf nie?

Vixie ·

Ek sal geld betaal om te sien wat dan sal gebeur. Dan staak die hele land seker more! Vuilgoed

Karma ·

Waaaaat, Matmiet????? Wil jy nou regtig volskaalse, volskaalse oorlog, klipgooiery, brandstigting, afbreking e.d.m. hê?

Otter ·

Heksejag op pers wit studente is baie duidelik -n geval van “Potjie noem die Ketel swart.”

Kaspaas ·

Nou wat anders is verwag. Swart teen wit diskriminasie is mos nie rassisties nie daarom die uitdrukking. Die wit ras is die enigste ras teen wie wettig gediskrimineer kan word.

veruschka ·

Hulle is die GROOT rassiste. Miskien moet ons ook rassisties raak en ophou om oral en almal te help. Hulle net los en kyk wie gaan hulle wesies versorg en organiesasies stig waaruit hulle voordeel strek ens. Hulle sal nie daaraan dink om hul eie te help want dit word mos deur die (Rassistiese wit mens gedoen. )!!! Hoe meer ons( dom rassiste) hulle help en probeer opbou vir die nageslag hoe meer plunder hul net. Al is daar geen meer blankes in SA nie sal hulle nogsteeds aanhou!!!

Wit warm ·

Veruschka nou vra ek jou nou hoekom help jy nog hulle in die tyd van ons lewes met alles wat hulle aan ons mense doen en se. Gaan help eerder ons eie mense.

Gesiggie ·

Maak soos jul smaak”” jul mag mons… Vryheid van Wat?????? nee eerder haat spraak”’ Hierdie hele Rasistiese opmerkings maak my siek>> het die mense nie iets beter om te doen.. Hier kom n oorlog”’ as jul soek vir Nonsens… sal jul nonsens kry. Hoe kan hul nie verkeerd wees… maar ons is. DIE HELE DING RUK NOU TE VEEL HAND UIT”” SOEK JUL AANDAG OF WAT.

Tom ·

Ek dink dit is openlik hardhandige konflik soek en die oor en weer skelery en die eensydige rassisme ,dink die revolusie is nie meer ver nie

Siela ·

.. En almal sit agteroor in hierdie land met stelle reels vir wit en geen reels as jy swart is nie. Jy mag moor en vloek en slegsê en steel en skel MITS jy swart is… Jy mag rassisties wees en haatspraak bevorder maar die hel is los as n wit persoon iets skeef sê!! Kyk hoe loop en drentel hulle deur ons strate en dink hulle is gestuur. Het jul al een witmens sien drentel in hul strate..een witmens sien inbreek daar.. Alles alles alles rassisme.

Anoniem ·

Sjoe, net bly my van is nie “White” of “”Black”nie! Ons kan mos nou ook hul aankla vir die naam “Black”Label bier…

Reinhardt ·

SAB is toe slimmer as wat ons gedink het, hulle het hierdie ding sien kom en solank Blue Label begin bemark!! haha

Pieter ·

Anoniem, Dit is hoekom Witbank se naam verander is. Ons hou ons asems op oor Witrivier.

Anoniem ·

So, wat’s volgende: Gaan “White pepper” en “Black pepper” van rakke af gehaal word.Lol!

chrisp ·

Verbasend dat hierdie voorspellings gemaak is deur die dom verkramtes daai tyd.
Nog steets plak mense en politieke partye pleisters op die wond(rasse haat en spanning) wat net al groter en groter word.Dit terwyl hulle die oorsaak totaal ignoreer al staar dit hulle reg in die gesig.

Plak die pleisters.

L ·

Iemand Animal Farm op skool gelees.
“All people are equel. But some are more equal then others.” Word wit mense stadig opgestel vir meer as net ekonomiese vervolging? Ek is baie bekommerd oor waarheen die oppad is.

Watookal ·

@carien heelwat boontoe. Stem 100% met jou saam, wat mense van jou sê is nie ‘n refleksie op JOU nie, maar op HULLE! Dit wys hul karakter. Ek gaan voort met my lewe nes ek wil, traak my nie, ek laat ook nie my bloeddruk styg nie, dis net nie dit werd nie. Hulle soek reaksie en van MY sal hul dit nou nie kry nie.

L ·

Ek verstaan wat julle se maarjy kan dit nie los nie. Die waarheid word elke dag ‘n klein stukkie verdraai. As jy ‘n toekoms will he in die land en in vrede wil lewe met jou mede burgers gaan jy nou moet op staan en praat an aandring op jou regte. Los dit en ons dalk oor 10 jaar nie meer as burgers getel word nie.

Watookal ·

L – ek staan op vir dinge wat saak maak om oor te praat. Ek verstaan mense se woede en frustrasie maar ek gaan hulle NIE laat lekker kry deur te reageer al is dit moeilik. Ek weier. Hierdie sal ek met die minagting behandel wat dit verdien. Hulle WIL graag ons opklits en ons moet ons nie laat doen nie.

Leeutjie ·

Watookal: Ek stem 100% met jou! Vir my was dit ‘n “effort” om hierdie skrywe te doen want ek mors kosbare energie. Ons moet probeer om hulle so min as moontlik skietgoed te gee! Met hulle gedrag gaan hulle hulself en mekaar vernietig. Wag maar! die wiel draai!!! Hulle verdra mekaar ook nie…. Ons is ‘n trotse ras en moenie afdaal na daardie vlakke toe nie, dan gaan dit ons onderkry, en soos jy se Watookal, moenie dit toelaat nie, dis dit nie werd nie!

Erns ·

Die Vader alleen weet, ek weet nie wat gaan ons volkie doen nie? Dit is uiters, uiterse rassisme en eensydigheid van die instellings. Hulle is besig met volksmoord, ons karakter, taal… basies dit wat ons, ons maak word stappie vir stappie af te breek.

indigo ·

Hierdie word as vryheid van spraak gesien maar al die “Zuma Must Fall” banniere moet dadelik afgeruk word? Stem saam met almal van julle, Ons as wit mense sit net terug om konflik te vermy ons sien en verstaan die punt van NIKS goed sal hieruit kom as ons optree en gaan betoog dit hits alles net aan.kyk hoe hulle tekere gaan die jamerte is, Daar is baie wat goed is maar leë blikke maak altyd die hardste geraas, Skaape sal altyd volg jamerte dis vir verkeerde leiers en mense wat rasisme aanhits. Die land gaan nooit heel kan wees as ons nie regte leiers het wat nie in die verleede se seer probeer leef en dit vir alles as n verskoning gebruik in plaas van al daardie tyd energie en moeite gebruik om op oplossings en groeie en eenheid te spandeer.

GES ·

Ek raai die afgelope “Black Friday” uitverkopings wat gedurende laas jaar plaas gevind het, is erg rassisties. Ek wens die swart mense wil ‘n klag gaan lê teen die kettingwinkels wat betrokke was. Maar nee dit sal nie gebeur nie, want hulle het finansieël daarby gebaat. Ek stem saam met van die vorige kommentare dat hierdie rassisme herrie selektief aangewend word om voordeel te probeer trek daaruit. Dit gebeur net in Suid-Afrika dat ‘n meerderheid bedreigd voel en aan ‘n minderwaardigheidskompleks ly.

Charlotte Barnard ·

Met mooi praatjies gaan ons nie ver kom nie. Ek vertrou Afriforum Jeug sal ingryp hier. Ek wens so ek was nog ‘n student.

Riaan ·

M.A.W ander rasse groepe mag haat spraak op geboue skryf en dis geen probleem nie… maar blanke studente mag nie hulself pers ferf vir n’ruimtewese party nie dan word hulle aangekla vir rasisme want die verf vertoon te donker?!?! hoe die duiwel werk dit? DIT IS PATETIES!! Ek kan nie help om op te merk hoe aggresief die propaganda deesdae geword het nie, daar is te veel openbare dreigemnte deur somige mense waarvan party senior poste beklee oor hoe hull oor die blanke nasie voel en hoe hul teen die blanke nasie wil optree… Die minderheids bevolking het probleme op die horison en ons sal weereens moet vas staan vir ons regte! Wees waaksaam en voorbereid!!

White Woman ·

Ag dis so lekker om WIT te wees. Dat mense so jaloers kan wees…. Maar gaan skryf jy nou dit…jy sit met jou dinges binne in die tronk. BOU net ‘n brug en kom daaroor!! Dankie tog ook my kind is nie by WITS universiteit nie, lyk my ook maar na dubbele standaarde.

Leeutjie ·

Wits gaan ook ‘n naamverandering he. Blacks University.

Zach Coetzee ·

Kyk net hoe vinnig haal die media-blaaie ‘n stelling wat swartmense dieselfde toevoeg, af. Ha Ha Ha.
Die gevaar is dat al word die President tot orde geroep en die grondwet bevestig, en veral dan, sal die tipe histerie groei en groei. Waar gaan dit eindig as verantwoordelike owerhede nie dit aanspreek nie – of dan dit eensydig teen wittes as halsmisdaad verklaar en teenoor swartes as vryheid van spraak!!

Moeg! ·

Ek ervaar dat dinge regtig baie erger word namate die verkiessing nader kom.. ek is van mening dat al die dinge nou gebeur om die fokus van die patetiese ANC regering te skuif.. hoe groter probleme hul dus het, hoe groter raak die witman se probleem.. omdat hul hoop dat hierdie dinge almal se aandag aftrek! Die vraag is net of dinge beter gaan word na die verkiessing en of die seerplekke weer gaan genees?

Ons staan op die randjie van n lelike lang afgrond mede volksgenote.. netsoos wat Piet Retief en ander deur Dingaan om die lewe gebring is nadat hul n “ooreenkoms” gehad het in die vorm van die getekende traktaat vir beeste inruil vir grond is ons vandag op dieselfde pad met die Grondwet wat “ONS ALMAL” sou beskerm.. en nou is daar klaar sprake van grondonteiening .. om nie eens van die volksmoord te praat nie! Mense hou op blind wees! ‘N ooreenkoms beteken niks!

chrisp ·

Ek sien daar word telkens na hulle verwys.Ek wil net noem dat die grootste swakkelinge met geen ruggraat die liberaliste is ,persoone en politieke partye. Dan sluit ek ook die mense in wat die partye en instansies ondersteun terwille van hul en hul kinders se eie ondergang. Sou hierdie mense enige ruggraat besit sou hulle tenminste hierdie organisasies en partye dwing om iets te doen maar telkens is dit maar Afriforum en in ‘n mindere mate die VF wat kapsie maak.Kom stemtyd ja dan stem ons mos vir ‘n “groot” opposisie wat absuluut niks doen nie! Hulle opponeer absuluut niks nie. Waar is hulle nou?Maar laat ‘n wit persoon net skryf dat PW Botha se regering meer bekwaam was, is die hel los,mense geskors. Alhoewel dit ‘n feit is dat sy regering meer bekwaam was as die ANC mag dit net nie gese word nie.
Ek staan verstom dat hierdie mense ten hemele skree oor die onreg maar steets die DA en ander instellings steun. Sou jy die huigelary van bg uitwys word jy ook weer verkramp ,leef in die verlede ens genoem.

Maddox ·

100% stem ek saam met jou stelling hier. Waar is die wonderlikke DA nou wat heeltyd so gal braak oor rasisme?.. Heeltemal tjoep-stil soos dit ‘n liberale lafaard betaam. ook die anc en al die ander partye…. oh-ja ek het vergeet dit is swart op wit, so glad nie rasisties of haatspraak nie.Hoe stupid van my.

Magriet ·

En as ‘n wit mens op geboue skryf F*@K black people? Sal daar dan met hulle ook niks gebeur nie? Rassisme in hierdie land het omgedraai! Die nie-blankes kan doen en sê net wat hulle wil teenoor/van witmense – niks gebeur met hulle nie. Maar die blankes word geskors en aangekla? Hoe werk dit? Die witmense is duidelik nie so bevoorreg om Vryheid Van Spraak te hê soos die swartmense nie!

Stev ·

Stuur WITS in sy …….. in. Haal jou kind uit en plaas hom by ‘n ander instansie soos Akedemia in Pretoria sodat hy kan swot, kwalifiseer en bydra toto die ekonomie. Lok al wat wit is uit en los hulle dat hulle aanplunder in hulk eie rigting. Hulle doel is net om ontwrigting te veroorsaak en alles onstabiel te maak.

Gee vir hulle genoeg tou en hulle sal hulself daarmee hang.

Theo ·

Vryheid van uitdrukking?? Wits vs Stellenbosch
Ek stem 110% saam almal van julle, S/Bosch se slap dubbel standaarde skreeu ten hemele.
Wits top bestuur verdien n pluimpie vir die hantering daarvan, en dis nie eers n Afrikaanse Universiteit nie. Wat se dit vir ons van US se top bestuur??

Uit die Ooste ·

Ek werk in Thailand Surat .Hier is nie moord, roof, verkragting of iets soos rassisme nie.
As daar is dan is dit nie eers 1% van die bevolking nie. Ek lees elke dag julle nuus gebeure daar in SA op die net. Dit is skokkend. Totale chaos heers nou daar. Ek kan net bid en se Sterkte.

Leon ·

Ek kan nie meer met jou saamstem nie. Het 2 jaar in Suid Korea gewerk, daar IS NIE hierdie anargie nie!!

Wens(tervergeefs)jz kon lees.

vierkleur ·

Kan ek hier dieselde boodskap skryf en net die “kleur” van die booskap verander of sal ek as rassis aangekla word?

Keelvol vir hierdie regering. Jy kan vir my se wat jy wil,dan is dit vryheid van spraak,maar laat ek nou waag om dieselfde vir jou te se dan word ek aan gekla.

John ·

“Ek is trots om swart te wees, sê die swartman. Ek is trots om ‘n bruin te wees, sê die bruin man. Ek is trots om wit te wees, sê die rassis.” Dit is hoe dit werk in hierdie land, blankes sal altyd gesien word as rassiste maak nie saak wat nie, maar as dit by uitdeel kom dan is die witman goed genoeg.

Hanlie ·

……maar die arme wit Stellenbosch studente wat hulle swart gesmeer het is aangekla vir rassisme! Nou verstaan ek regtig niks meer nie.

CHRISTA ·

Dit was nie eers SWART nie dit was PERS!!! Ek het nie geweet dat ons PERS rasse op aarde het nie!!! Wys jou – ons is nooit te oud om te leer nie!

John ·

Dit is gemors soos die wat maak dat Blankes al hoe minder en minder respek het vir ander. Wonder wat sal hulle doen as al die Blankes net die pad kan vat uit die land uit, wie gaan hulle dan blameer vir hul probleme? Seker weer die witman, want ons het hulle gelos in hierdie gemors.

HEVW ·

Die dwaasheid tog wat so eie aan sekere mense is dat deur om ander af te trek sonder enige prestasie, sal jy die toppunt van die leer bereik. Hierdie tendens is maar deel van n onveranderde werklikheid tot aan die einde van die mensdom sal bestaan.

Pieter ·

Die persoon/e wat die griffel werk op die US se mure aangebering het is nie n ” rassis” hy/sy is n kuns student wat sopas n A+ by die US bestuur gekry het vir sy/haar Graffiti werk.(Tong in die kies) ” A black person can’t be a racist” JA RIGHT.

Elsje ·

Wittes hou op om hulle so in te stop. Ek was ook skuldig. Ons betaal ons huiswerker en tuinman meer as wat die wet bepaal, dan word al die kos wat oorgebly het (nie oorskiet nie want niemand het daaraan geraak nie) vir hulle gevries en mooi verpak. Elke week kry hul ontbyt en middagete met koffie/tee en koeldrank. Aan elkeen word ‘n brood gegee. Voor Kersfees kry hul ook geskenke en vleis vir oor die feestyd. Wat gebeur toe?….. ek word aangegee want ek het haar kwansuis “gefire”. Ons het die saak gewen, want sy het erken dat dit nie waar was nie. Oppas vir hulle, hul is nie jou maatjie of vriend nie. Hul praat wat jy wil hoor. Oppas vir hulle!!!!!!!

Paul ·

Sulke dinge gebeur, Elsje. Dikwels is dit iemand anders wat die mense opsteek om dit te doen, met beloftes van groot geld by die CCMA. Hulle vat dan natuurlik ook ‘n deel van enige geld. Daar word vir die werkers vertel dat dit reg en normaal is om dit te doen, totdat hulle nie meer dink dis ‘n vertrouensbreuk nie. In meeste gevalle misluk die sake as mense dit teenstaan, maar wat ook gebeur is dat mense dan maar geld betaal net sodat die saak “gedrop” kan word.
Die kwaadstoker kry dan lekker geld en gaan aan na die volgende slagoffers, terwyl die werker sonder werk sit en sonder goeie verwysings moet nuwe werk soek, met ‘n jarelange vertrouensverhouding wat daarmee heen is.

Natuurlik is die werker nie sonder skuld in so situasie nie, maar ‘n groot deel van die skuld kom die kwaadstoker toe.

anne ·

Hoeveel keet bewys Elsje, byt die hand wat hulle voed. Hulle is nie te vertrou nie. Punt

neelsie ·

Elsje,
Baie waar wat jy se, dis die rede hoekom ons Al ons werk self doen.Ons woon in n groot huis met n tuin.
Heerlik en veiliger om nie iemand rondom jou te he nie.

Berhalet Beukes ·

En ek wed nie dis dieselfde ou as die een met die t-hemp. Net om te wys hy kan daarmee wegkom. Dis nie vryheid van uitdrukking nie, dis rassisme en die hele land weet dit!

elmien ·

O nou is dit vryheid van uitdrukking. Regtig !!!!!!!!!!!!!! Dan was die ander ook mos maar net vryheid van uitdrukking.

Pieter ·

Enige iemand die berug in die Media 24 stal opgemerk?
Kan Maroela die sensuur van die foto afhaal, ek verstaan dit kan aanstoot gee maar sal graag wil he die wêreld moet dit sien en dalk ons frustrasie verstaan.

Sune van Heerden ·

Dagsê Pieter

Ons redaksie het juis besluit om die kru woord op die foto te verbloem, aangesien kinders moontlik ook op die berig kan afkom.
Ons kan ongelukkig nie aanspreeklikheid of verantwoordelikheid aanvaar vir foto’s op ander mediakanale nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

m ·

Vryheid van spraak geld net vir swartes. Die oomblik as witte iets se is dit rassisties. Hierdie hele storie is so belaglik en lagwekkend. So raak rassisme maar net erger en erger…..

Willie ·

Soooo. Is dit nie ironies nie ? Die spreekwoord is “Die skrif is aan die muur”. Nogal letterlik ne ?. Hoe lank gaan ons nog droom hieroor ?

Christo Visagie ·

Ek gaan my gevreet SWART inkleur en op facebook sit,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,en enige swart mens of wie ookal kan sê net wat hulle wil.

Riaan ·

Cristo, so graag wil ek nie swart wees nie, dan gaan ek ook n selfbeeld probleem ontwikkel

Leeutjie ·

Riaan jy het my nou laat uitbars van die lag! Goeie een!

DEE ·

Kan ons nie wit studente oortuig om n soortgelyke T hemp aan te trek met die omgekeerde bewoording nie? Dan sal ons mos vinnig sien hoe sake staan?

Rynhardt ·

Wits julle is te lamsakkig om op te tree teen haatspraak wanneer dit kom by blankes! Wits het nog altyd n groot liefde gehad vir die Anc! Wits die grondwet wat julle so aanhang, diskrimmineer vir 22jaar teen ons blankes.Ons mense word met mening onderdruk in die land! Julle by Wits wat handjies vat en soen is in vir n helse groot “verrassing”. Zuma stel die voorbeeld in die land en hy weet sy mense is buite beheer! Hou Donderdag daai staatsrede van hom dop!

MMC ·

My ouma het gesê….gekke en dwase, skryf hul name op mure en glase…..Kan die mense dan nie aangekla word van saakbeskadiging nie? Of mag mens nou maar op ander mense se mure notas los? Wil net weet…dinge in die land verander so vinnig!

Riaan ·

Ek sal nooit n swart motor koop nie, dit wys die vuil baie gou, ek ry net wit motors.

Riaan ·

En dit mense is hoekom ek kan kies met wie ek vriende wil wees.

Dries ·

Snaaks hoe hul die “rassiste” aanhang.Kyk maar hoe begeer hul lang hare, grimmering ,mode-giere westerse kookkuns en drank , tegnologie ,so kan ons aangaan en aangaan met die lysie.Daar is geen organisasie deur hulself nog ooit gestig waarvan ek bewus is wat betrokke is by beskerming van die natuur , omgewing ,oumense , kinders ens nie en hulle self dit alleen bestuur. Alles word deur ons rassiste self opgerig en bestuur.

Rynhardt ·

Ek wil nog n belangrike ding uitspel wat niemand vandag in SA op tv en radio se nie.Afrikaner/Boervolk julle grootste vyanda in SA is die liberale wat ons met mening haat.Jy moet begin wakker word ,veral daardie “slimmes” wat lag oor alles en dink die DA is jou vriend.Hy speel jou soos n viool! Jy as Afrikanwr/Boervolk moet n hegte eenheid word! Dit is wat jou vyande vrees! Daar kan more of selfs n week van nou af haatspraak teen ons gemaak word, die liberale sal nooit ooit vir Afrikaners opkom nie! Kry dit in jou kop! Word n hegte eenheid en staan saam teen jou vyande!

Johannes ·

Ek stem nogal saam, ons grootste probleem in hierdie land is linkse blankes wat steeds glo hande vat met terroriste en die oorgawe in 1994 was die beste ding ooit…

anne ·

Jy praat so waar Johannes. Wens daar is was meer mense wat soos jy dink.

Rikku ·

Ek sien groot “bollie”kom. ‘DIE SKRIF IS OP DIE MUUR”

anna ·

Die hordes het ‘n verskriklike minderwaarheidskompleks en so adverteer hulle dit net meer.
Ook hulle tekort aan aan enige kennis – wat nog te se mense-kennis.
Te kort aan alle kennis.
Dit sal vir altyd so bly want jy sal nooit kan leer as jy net afbreek en nooit opbou nie.
Dit is oor en oor bewys.

Uncle Buck ·

En toe sy die jeug president van die anc jeug liga dat die eff ‘n klomp”monkeys ” is. Wonder net of hy ook gaan geskors word

Trolle ·

Die DA is besig om ons te speel nie ANC nie watter span is in beheer van die US.

Ronnie ·

Het julle enigsins iets anders verwag? My kollega wat van ‘n verskillende ras is as ek, het in ‘n epos aan ons hoof geskryf dat sy nie deur mense soos ek omring wil word nie. En presies wat kan ek daaraan doen?

Leeutjie ·

Goeie raad Sunette. Dan lees ons ook van Ronnie in die koerante!!!

Rico ·

So “white people” STILL want to be known and recognised as “WHITE PEOPLE”, even in these times. One would wonder why they would choose to retain such a heavily laden label even after all that has happened?After all that has been said . After all that has been admitted and proven. What could they possibly gain from such a classification ; such a catergorisation?? One wonders. HmMm.

Anna ·

En daar verwyder maroela my Kommentaar….. Tyd vir n nuwe naam…… Sal dit Dan maar n daaglikse oefening moet maak

Sune van Heerden ·

Dagsê Anna

Kommentaar word nie afgekeur op grond van ‘n persoon se naam nie. Kommentaar word afgekeur wanneer dit nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie. Vergewis jouself gerus van dié maatreëls om seker te maak dat jou kommentaar nie afgekeur word nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Anna ·

Sune,julle kan dalk bietjie werk aan Jul geykte antwoorde. Julle is nie eens konsekwent in dit wat julle goedkeur of afkeur nie. Ek lees gereeld baie erger kommentare as myne wat julle los. Julle is soos Niekie Vd Berg destyds op Rsg. As julle nie saamstem nie is dit of afsny of delete.

Sune van Heerden ·

Dagsê Anna

Klik gerus op die “rapporteer”-knoppie as jy ‘n spesifieke kommentaar onder ons aandag wil bring, of kontak my by [email protected] indien daar dalk onvanpaste kommentaar deurgeglip het.

Baie dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Piet Pompies ·

Gaan voort om jouself van die sogenaamde “wit mense” te isoleer. Dit is altyd beter om te weet wat jou “vyand” doen, deur isolasie weet jy nie wat hy doen. Onderdruk die “wit mense” dan gaan hulle ondergronds en dan het jy groot probleme…….

Lynette ·

Retha, gaan bou genoeg huise vir almal, dan trek ons saam. Mens kan nie alles net los en trek nie. Waar gaan jy bly en wat gaan jy doen? Orania kan nie vir almal plek maak nie.

tamboti ·

Anna en alle kommentaar met spelfoute en sonder kappies, (myne) het hul volste reg, moenie vinger wys nie, in nuwe SA kan omtrent al die kinders nie meer reg spel nie. Dit resorteer ook onder “Vryheid van spraak” in die geskrewe vorm.
Sune’ lyk my jul merk sommige name en pik op ons, kyk bietjie na Wits se voorbeeld oor vryheid van spraak – ek meen dis mos slim mense daai!

tamboti ·

Anna my suster, jammer jong ek voel saam jou, my kommentare sneuwel ook links , regs en senter.

chrisp ·

tanboti
Jy moet ‘n ander naam kry.Jy weet mos wat gebeur as ‘n mens ‘n ou vleise op jou kole braai. Dalk is Maroela jaloers op Tamboti?

ns Hulle is darem nie te sleg nie, ek sou net graag wil weet watter woorde nie gebruik mag word nie.Soms weet ek nie wat ek verkeerd doen nie.

FM ·

Ek was nie n rassis nie , maar na al die diskriminasie teen witmense is ek genoop om n RASSIS te word en nou is ek BESLIS een. Ek is nou gedwing om een te word

Oom Boer ·

Sunè Maroela Media, Ek voel ook afgehaal soos van my mede kommentaar skrywers hierbo met verwysings na :Anna, tamboti, chrisp. Telkemale wat ek sedert Vrydag ‘n kommentaar geplaas het op die twee meisies met pers geverfde gesigte was dit verwyder en geensins so kras as wat ek al op ander antwoorde gemerk het nei. Ook het ek ‘n persoonlike skrywe op Sat 06 Feb’16 gerig aan jouself en ‘n dame Marinè by MM en tot op hede geen antw ontvang. Wys ons dan net uit op ons kommentare wat nie aanvaarbaar is/was nie en verstaan wat jul “bepalings en voorwaardes” lees, maar dan moet alle kommentaar so hanteer word. Groetnis

Freud ·

Hello??? Hierdie is vryheid van uitdrukking en nie teen grondwet nie want hulle het niemand aangehits nie. Dan het daardie tannie in Natal mos ook die vryheid van uitdrukking geniet. So ver ek weet het sy ook niemand aangehits nie.

tamboti ·

Ag ek probeer my gedra, maar menings is nie altyd sag op die oor nie.
Ek sal net graag van die anti-rassiste kampvegters hoor wat hul dink van die meer donker vel persone wat hulle self ligter maak met kosmetiese bleikmiddels? Diskrimineer hulle nie ook nie, of is daar enige medies of wetenskaplik gestaafde redes hoekom hulle dit doen.
En as dit ook as diskriminerend volgens hierdie nuwe SA sedestandaarde is, teen wie diskrimineer hulle ? ?
My gesig is bv. rooi – nie geverf nie; van woede.

Dewald ·

Wel, bring dan net weer apartheid terug, eenvoidig soos dit. Dis dan mos duidelik dat die witmens se poging om uit te reik na die swartes en hulle in te sluit in die samelewing, soos hulle wou he, nie werk nie. Daarom moet ons almal net weer ons eie ding doen. Hulle moet net hul eie infrastruktuur op die been bring, want wat vandag bestaan, is deur die witman gebou!!!

Meraai ·

Toe AfriForum se Jeug-lede netjiese bordjies met die ou straatname in Pretoria aangebring het, is hulle in hegtenis geneem….. Nou word hierdie insident onder die mat ingevee as vryheid van spraak? Nee maggies man! Dis blatante saakbeskadiging en uiters kru!

VERE ·

KAN NIE WAG VIR DIE GROOT AANSLAG NIE,EK TREK SOLANK NA PRIESKA

hans ·

Kan Herman Toerien asb n nuuskommentaar tov die aangeleentheid opstel.

thomas ·

ek sien hiers is in die land met sy eensydige rassisme groot moeilikheid aan die kom,hoeveel moet ‘n mens nog getart word voordat jy tot daardie standard gaan daal

Lorna ·

Daar is ‘n ou gesegte – “Wat is ‘n grootkop? ‘N grootkop is ‘n kleinkop wat ander mense vekleineer om homself grooter te laat lyk”. Ek sou se dit kan ook geld vir rasiste – “‘n rasis is iemand wat ander daarvan moet beskuldig om homself as onrasisties te verklaar”. Kan hulle nie insien dat deur gedeurige die ‘wit mense’ aan te kla as rasisties hulle net die kollig op hul eie rasisme rig?
Daar is nog ‘n gesegte – “‘n mens belaster, treiteer, bedreig en breek af die wat hul die meeste vrees of beny in ‘n poging om ‘n pleister te plak op hul eie gevoel van oneweredigheid en onvoldoendheid. Die groter die vrees of hoe meer hul beny en hoe dieper die gevoelens daaragter, hoe meer kwaadaardig, eennsydig en bespotlik die reaksie.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.