Geen stelsel vir grondeise, sê MRK

Argieffoto Foto: led.co.za

Argieffoto Foto: led.co.za

Die SA Menseregtekommissie het Vrydag in ʼn verslag bekend gemaak daar is tans geen stelsel om tred te hou met grondeise nie en dit veroorsaak ʼn yslike probleem.

“Geen stelsel kan tans die eiser, wat sy eis voor die 1998-sperdatum ingedien het, inligting bied oor die status van die eis nie,” aldus die verslag oor die grondhervormingsproses.

Volgens die verslag is die getal van 8 733 eise, wat nog nie afgehandel is nie, ook nie betroubaar nie, aangesien die stelsel wat die eise tel, so baie verander het. Boonop is alle eise ook nie in die staatskoerant gepubliseer nie en die aantal verlore lêers en dokumente maak dit moeilik om komplekse eise op te los en “maak die deur oop vir manipulasie deur beamptes” of selfs “vermeende manipulasie deur beamptes”.

Die Kommissie vir die Herstel van Grondregte het erken dat hy waarskynlik nie die eisproses sal kan hanteer indien dit binne die volgende vyf jaar oopgemaak word nie, soos wat die wysigingswetsontwerp vir die herstel van grondregte voorstel nie.

“Die kommissie het erken dat hy, weens ʼn gebrek aan standaard bedryfsprosedures en die huidige gebrek aan ʼn elektroniese stelsel om die eise aan te teken, nie nuwe ontwikkelings of eise sal kan hanteer nie,” volgens die verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.