Geen sterftes weens Omikron nog aangemeld

(Foto bloot ter illustrasie: JAM STA ROSA / AFP)

Die Omikron-variant is reeds in 40 lande bevestig maar nog geen verwante sterftes is aangemeld nie, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Die VSA, Australië en Chili is van die jongste lande om gevalle van Omikron te bevestig nadat die variant verlede week bevestig is en sedertdien die totale aantal infeksies in Suid-Afrika verby die drie miljoen- merk gestoot het.

Die WGO hou vol dit kan nog weke neem om te bepaal hoe aansteeklik die variant is, of dit erger siekte veroorsaak en hoe doeltreffend entstowwe daarteen is.

“Ons gaan die antwoorde kry wat almal daar buite nodig het,” sê Michael Ryan, uitvoerende direkteur van die WGO se program vir gesondheidsnoodgevalle.

Die WGO het tot op hede nog geen verslae gesien rakende sterftes wat met Omikron verband hou nie. Daar word wel gevrees dat dié variant meer as die helfte van Europa se Covid-19-gevalle in die volgende paar maande gaan veroorsaak.

Op tuisbodem toon voorlopige navorsing deur Suid-Afrikaanse navorsers dat die Omikron-variant drie keer meer geneig is om herinfeksie te veroorsaak in vergelyking met die Delta- of Beta-variant.

Suid-Afrikaanse dokters het intussen ’n styging opgemerk in die getal kinders jonger as vyf jaar wat in die hospitaal opgeneem is sedert Omikron bevestig is. Die dokters meen egter dit is nog te vroeg om te weet of jong kinders veral vatbaar is.

“Naas infeksie by dié ouer as 60 is die voorkoms by kinders jonger as vyf nou die tweede hoogste,” sê Wassila Jassat van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

Chili is die jongste land om die voorkoms van Omikron te bevestig. Die land het Saterdag sy eerste geval van die variant by ’n reisiger opgemerk wat einde verlede maand van Ghana in Chili aangekom het.

Die reisiger is egter ten volle ingeënt en in goeie gesondheid, sê die plaaslike gesondheidsowerhede.

Omikron en die ekonomie

Kristalina Georgieva, hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, waarsku dat die nuwe variant wêreldwye ekonomiese herstel kan vertraag, net soos die Delta-variant vroeër gedoen het.

“Selfs voor die koms van hierdie nuwe variant was ons bekommerd dat die herstel, terwyl die pandemie voortduur, ietwat momentum verloor.”

“ʼn Nuwe variant wat baie vinnig kan versprei, kan vertroue knou,” meen Georgieva.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

miavos ·

Suid-Afrika het wêreldwyd naam gemaak. Suid-Afrikaanse wetenskaplikes was die eerste wat die Omicron-variant geïdentifiseer het en dit onmiddellik aangemeld het. Geen politiek. Knap gedaan!

JohanR ·

Toe se ons gou vir die wereld en daar is Xmas toerisme Suid Afrika toe met die ponde, euro’s en dollars die afgrond in! Miskien as die SA wetenskaplikes COVID-19.5 sien kan hulle miskien net stilbly!

Pieter ·

Hoekom al die paniek? Kom oor Covid. Berig liewer elke dag wat die werkloosheidskoers is. Ek het geen vriende wat aan Covid dood is nie, wel wat van armoede swaar kry agv die Covid-ekonomie.

Francois Le Cochon ·

Ongelukkig weeg 89,000 sterftes van vreemdelinge swaarder as jou vriende se armoede.

Gerhard ·

Ek het 4 familielede wat dood is aan covid maar my familie slaap datem nie honger nie. So nou wat nou?

Nie Verbaas ·

Nou watter variant het die sodanige 21 aan gesterf soos aangemeld in die vorige berig as WGO nog geen sterftes vir Omicron variant gesien het nie? Is hulle werklik aan COVID dood of ander siekte of kondisie?

Gerhard ·

Die ander variante soos bv delta is nie skielik weg nie….

Nie Verbaas ·

Omicron is nou die variant wat nou in omtrek is volgens alle aanduidings, nie Delta nie. Dit is mos nou die oorsaak van reisbeperking. Is dit nie?

Landras ·

Mense sterf nie dadelik nie – hulle suffer vir maande aan ‘n ventilator gekoppel , met hartseer familie wat bid … my vriendin se pa was van die tweede golf tot in die derde een in die hospitaal en ongelukkig oorlede . 5 maande . Gewones sal nie verstaan waardeur Gesondheidsorg werkers gaan nie .

Nie Verbaas ·

Ek kan dit verstaan en dit sal help as die tipe informasie in berigte is. Dit bewys ook egter wat die stand van sake is oor korrekte verspreiding van inligting deur die staat.

Shakespeare ·

Statistieke in die wêreld vat ek maar met ‘n knippie sout maar in ANC/EFF land vat ek dit met ‘n 50kg sak sout.

VaalDonkie ·

Jy moet maar by die kooperasie ‘n paar sakke megalak koop. Dis goedkoper as sout.

annie ·

My opinie is dat Omikron soos sy naam ‘oud’ aandui, sedert die begin van die pandemie teenwoordig was as die sg ligter vorm van covid. Dit is nou eers uitgewys/opgetel. Om te sê dit is nie gevaarlik nie maar dit is gevaarlik, ons weet nie veel daaroor nie, maar ons gaan vir ewig daarmee opgeskeep sit, vlieg maar rond maar bly eerder tuis is… Dit word nou ‘n swart-komedie werklik waar soos ná die Swart Griep toe mense orals begin dans het totdat hul omval weens ‘n glo spinnekopbyt… so is aangevoer.

casper ·

Maar kom ons harloop almal paniekbevange rond en skree Omikron ne !!!

MakersMark ·

Dink dit beter werk as ivermectin, swembadsuur, of waterstof peroksied. Give it a go !

Marianna ·

Omicron is die laaste asem van covid. Covid is aan die sterf. Hoekom dan nog verplig word om in te ent?

Francois Le Cochon ·

Marianna, nou hoekom sterf griep nie uit nie. Dit is al sedert 1570 met ons.

MakersMark ·

Wel verlig ons met jou kennis. Of is dit hoogs geheim ? Nudge nudge wink wink……

Gerhard ·

Mark – hulle wil nie he ons moet weet covid is besig om verby te gaan nie. Ek het dit op facebook gesien.

Geregtigheid ·

DIS N EKSPERMENT WAT NOG NIE WETENSKAPLIK BEWYS HET DAT DIT WERK NIE. GEDWONGE ENTING IS DIREK TEEN ONS GRONDWET EN INTERNATIONALE WET. WANNEER N ENTSTOF REGTIG WERK IS DAAR NIE NEWE EFFEKTE NIE. MY LIGGAAM MY KEUSE EN DIT BEHOORT DEFNITIEF NIE AAN DIE REGERING NIE. MEDIESE ALLERGIE WORD OOR DIE HOOF GGE SIEN. GELOOFSBESWARE WORD GEIGNOREER. COVID SE STEFTES IS MAAR NET 0.02% VAN STERFTES IN DIE LAND EN WERELD. DIS GLAD NIE N PANDEMENIE NIE. DIE HELE DING WORD VALSLIK OP GOEIE BURGERS AF GEFORSEER.

JohanR ·

Net die ekonomie van Suid Afrika wat besig is om te sterf!

Owlie ·

Scary hoe soveel nuus berigte teenstrydig met mekaar is – geen wonder so baie mense is met rede in twyfel oor die entstof nie. Variante en getalle per dag word tot op dag, datum en tyd perfek voorspel As die WGO nog geen inligting oor sterf gevalle uit Omnicron ontvang het nie is daar net twee vrae
1 Hoekom word belangrike inligting van die WGO weerhou en deur wie
2 Hoe moet die publiek enige iets glo en enige een vertrou

KB ·

Richard Friedland, chief executive officer of Netcare Ltd., which operates the largest private health-care network in South Africa:
“If in the second and third wave we’d seen these levels of positivity to tests conducted, we would have seen very significant increases in hospital admissions and we’re not seeing that. In our primary care clinics it is mainly people under 30-years-old.
So I actually think there is a silver lining here and this may signal the end of Covid-19, with it attenuating itself to such an extent that it’s highly contagious, but doesn’t cause severe disease. That’s what happened with Spanish flu.
We are seeing breakthrough infections of people who have been vaccinated, but the infections we’re seeing are very mild to moderate. So for health care workers who have had boosters, it’s mostly mild. I think this whole thing has been so poorly communicated and so much panic generated.
It’s early days, but I’m less panicked. It feels different to me on the ground.”

KB ·

Dis tyd dat Jan Publiek ook ingelig raak oor die simptome van die Omikron-variant, en dat daar aangevoer word dat Covid-19 (soos met die Spaanse griep van die vorige eeu), nou sy laaste stuiptrekkings begin ervaar.
Lees wat sê Richard Friedland (CEO Netcare Ltd in SA), en begin rustiger raak.

Hasie ·

Die statistieke is in elk geval ni volledig nie en verkeerd verwerk nes die prys van petrol .So ek glo lankal nie meer die getalle nie …..

Dirk Mostert ·

Baie infeksies (a la die PCR-toets), min hospitalisasies, geen sterftes. ‘n Storm in ‘n teekoppie. Maar dit was gerieflik twee dae voor Switserland se referendum ontdek en het hulle geintimideer om hul vryhede en regte aan hul regime af te staan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.