Geen strenger inperking vir nou

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid. (Foto: Facebook/Departement van Gesondheid)

Dit lyk of strenger inperkings Suid-Afrika nie in dié stadium in die gesig staar nie.

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, het Donderdag in ʼn verklaring gevra vir verantwoordelike gedrag en strenger voldoening aan maatreëls oor die feestyd om die verspreiding van die virus te help stuit.

Dít terwyl die “nasionale koronavirusbevelsraad inperkingsmaatreëls op aangepaste vlak 1 hou”, lui die departement se verklaring.

Volgens die departement het die bevelsraad beraadslaag oor die aanbevelings wat hy gedoen het.

“Die raad het die departement beveel om die stygende getal Covid-19-infeksies, hospitaalopnames, sterftes en die herstelkoers wat hoofsaaklik deur die Omikron-variant veroorsaak word en bydra tot die vierde vlaag in die land, fyn dop te hou.”

Volgens studies versprei die virus nou vinniger as tydens vorige vlae, maar die koers waarteen mense in hospitale opgeneem word of sterf, is steeds betreklik laag.

“Ons doen ʼn beroep op reisigers, veral diegene wat nie ingeënt is nie of net gedeeltelik ingeënt is en uit gebiede kom wat tot brandpunte verklaar is, om ingeënt te word voor hulle vertrek,” sê Phaahla.

Die minister sê superverspreiderbyeenkomste, onder meer partytjies en troues, hou ʼn groot gevaar in dat die virus versprei kan word.

Deur ingeënt te word en alle veiligheidsmaatreëls na te kom, gaan nie net die verspreiding van die virus bekamp word nie, dit gaan ook druk verminder op gesondheidsorgwerkers.

Phaahla sê die departement sal die situasie fyn dophou en aanbevelings wat in die beste belang van mense se lewe en inkomste is, aan die bevelsraad doen.

Die departement werk intussen saam met provinsies om te verseker inentingsentrums is steeds ten volle in werking. Dit sluit in tydelike sentrums by plekke soos winkelsentrums, by padblokkades of sportterreine.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Pieter ·

Wonder wat sê al die depro mense nou. Lippe teen die klippe.

Hennie ·

Die virus moet nou juis loop soos stroop! Die swaap weet niks… Fire hom!

Byekonfyt ·

In hierdie geval is ek dankbaar. Ek het my kind twee jaar laas gesien en is dankbaar dat hy tussen provinsies mag vlieg om Kersfees by ons te wees. Ek hoop van harte dat dit nie sal verander nie.

Johnny ·

Jy behoort kwaad te wees dat hy in die verlede NIE toegelaat is nie.

Johanncb ·

Is ons nou veronderstel om ons dankbaarheid teenoor die Regering te betuig!

Erik ·

Goeie en wyse besluit! Ek is dankbaar – begin sommer nou die tasse pak en Ventertjie regkry om te hak.

Geregtigheid ·

RAMAPHOSA IS TEN VOLLE INGENT. HET DIT HOM GEHELP NOU? DIE ENTSTOF IS N EKSPERIMENT WAT WETENSKPLIKES WIL TOETS. AS JY N LAB RAT WIL WEES DIS JOU KEUSE

Jeepie ·

Ag tog. Word wakker. Gaan lees die FDA se website. Of dalk na die CDC se site. Waarvan praat jy? Jou onkunde is seker verstommend. En o Ja. Dit is nie ‘n entstof nie. Dit weet ons ook al baie lank.

Strandloper ·

Eerder n rat as n lyk. Daar is nou pille vir dom wees soek net.

Geregtigheid ·

JY KAN INENT TOT NO 100 EN DIT HELP NIE.WORD WAKKER EN SIEN WAARMEE IS HULLE BESIG

Jeepie ·

So wie is die HULLE? Is dit alweer daai stemme wat jy hoor?

Chris ·

Ek kan regtig nie die relaas oor die inenting verstaan nie. Ek is ingeênt. Ek het dit uit vrye laat doen. Ek is eerlik ek het dit oorweeg om nie die inspuiting te neem nie. Ek het met ouens gepraat wat ernstig siek was en het toe besluit om dit te laat doen. Ek wil eerder deel van die oplossing wees as die probleem. Al die anti – enters, hou jou opinie vir jouself soos ek myne vir myself hou.

VaalDonkie ·

Maar jy het dan nou JUIS nie jou opinie vir jouself gehou nie.

Johnny ·

In wese gaan die relaas daaroor dat
(1) die inspuiting nie verhoed dat jy die virus kry of versprei nie
(2) die inspuiting verlig moontlik jou eie simptome, sou jy die virus opdoen
==> om die inspuiting NIE te vat nie het dus geen effek op enigiemand anders nie
==> om die inspuiting NIE te vat nie maak jou NIE ‘n bedreiging vir andere nie
==> omdat daar geen effek op 3de partye is nie, is daar geen nodigheid om dit af te dwing nie.
(3) natuurlike weerstand, wat algemeen bekend is dat dit sterker is as die moontlike weerstand wat die inspuiting jou kan bied en ook langer duur, word nie erken of in ag geneem by die staat en groot besighede se drang om die inspuiting te verplig nie

Madeleine ·

Darem net n groot hoax.

Versprei vinnig maar min sterftes en hospitaal opnames.
Dis Mos n regte verkoue!?

KB ·

Onse volkie sal ook nimmer wakker word! Man, groei ‘n ruggraat en moenie op jou verstand sit nie.
Dat mense nou nog emosioneel kan redeneer oor ‘n pot bog.
Waar is jou geloof en jou verstand?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.