Dit lyk of strenger inperkings Suid-Afrika nie in dié stadium in die gesig staar nie.
Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, het Donderdag in ʼn verklaring gevra vir verantwoordelike gedrag en strenger voldoening aan maatreëls oor die feestyd om die verspreiding van die virus te help stuit.
Dít terwyl die “nasionale koronavirusbevelsraad inperkingsmaatreëls op aangepaste vlak 1 hou”, lui die departement se verklaring.
Volgens die departement het die bevelsraad beraadslaag oor die aanbevelings wat hy gedoen het.
“Die raad het die departement beveel om die stygende getal Covid-19-infeksies, hospitaalopnames, sterftes en die herstelkoers wat hoofsaaklik deur die Omikron-variant veroorsaak word en bydra tot die vierde vlaag in die land, fyn dop te hou.”
Volgens studies versprei die virus nou vinniger as tydens vorige vlae, maar die koers waarteen mense in hospitale opgeneem word of sterf, is steeds betreklik laag.
“Ons doen ʼn beroep op reisigers, veral diegene wat nie ingeënt is nie of net gedeeltelik ingeënt is en uit gebiede kom wat tot brandpunte verklaar is, om ingeënt te word voor hulle vertrek,” sê Phaahla.
Die minister sê superverspreiderbyeenkomste, onder meer partytjies en troues, hou ʼn groot gevaar in dat die virus versprei kan word.
Deur ingeënt te word en alle veiligheidsmaatreëls na te kom, gaan nie net die verspreiding van die virus bekamp word nie, dit gaan ook druk verminder op gesondheidsorgwerkers.
Phaahla sê die departement sal die situasie fyn dophou en aanbevelings wat in die beste belang van mense se lewe en inkomste is, aan die bevelsraad doen.
Die departement werk intussen saam met provinsies om te verseker inentingsentrums is steeds ten volle in werking. Dit sluit in tydelike sentrums by plekke soos winkelsentrums, by padblokkades of sportterreine.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
36 Kommentare
Dankie baas
In teendeel, die hele inperking kan afgeskaf word.
Wonder wat sê al die depro mense nou. Lippe teen die klippe.
Die virus moet nou juis loop soos stroop! Die swaap weet niks… Fire hom!
Moet ons nou dankie se, en vir ewig dankbaar wees?