‘Geen taal hoort tot die verlede’, sê Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die Erfenisdag-toepsraak. Foto: Siya Duda/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het tydens die amptelike Erfenisdagviering in Upington in die Noord-Kaap die belangrikheid van taal beklemtoon.

Ramaphosa het ʼn beroep op jong mense gedoen om altyd die opofferings wat gemaak is sodat Suid-Afrikaners in vrede kan leef, te onthou en saam met die res van die land se burgers dit as hul plig te ag om dié vryheid te beskerm sodat dit aan hul nageslag oorgedra kan word.

Taal is die wonderlike transmissielyn wat ons aan ons voorouers bind, het Ramaphosa gesê. “Dit help ons om te verstaan waar ons vandaan kom en anker ons en ons kinders in die hede.”

Die Verenigde Nasies het 2019 verklaar tot die jaar van inheemse tale en volgens Ramaphosa is die fokus in Erfenismaand om te verseker dat al die landstale wyer gepraat en gelees word. “Daar is geen taal in hierdie land wat verhewe is bo ʼn ander nie.

“Daar is geen taal wat ons kan sê behoort aan die verlede en moet daar bly nie. Vandag omhels en beoefen ons alle tale wat bydra tot die diversiteit van ons nasie,” het Ramaphosa in Afrikaans gesê.

Ramaphosa het ook gesê elke taal wat in die land gepraat word, het gelyke waarde. “Ons werk hard daaraan om te verseker dat Afrikatale in al ons skole aangebied word. Erfenis gaan nie net oor kulturele bewaring nie, dit is ʼn sleuteldrywer van nasionale ontwikkeling.”

Die oordrag van erfenis kan volgens Ramaphosa ook ʼn rol speel in die bevordering van gesonder gemeenskappe en samelewings.

“ʼn Terugkeer na talle bevestigende tradisies uit die verlede – soos respek vir ouer mense, vroue, kinders en hul regte, asook ʼn gesonde leefstyl – kan sommige maatskaplike probleme oplos.

“Die bevordering van inheemse tale is deel van die breër poging om die mense van Suid-Afrika te bemagtig en hul waardigheid te herstel. Dit is deel van die werk wat ons moet doen om armoede te beëindig en ongelykheid te verminder.”

Volgens Ramaphosa behels dit die skep van ekonomiese geleenthede vir voorheen benadeelde Suid-Afrikaners deur indiensneming, vaardigheidsontwikkeling en ondersteuning vir kleinsake-ontwikkeling. “Dit behels ook die toekenning van grond aan armes, hetsy vir boerdery, behuising of ondernemings.”

Elke Suid-Afrikaner, ongeag hul omstandighede, soek dieselfde ding: ʼn beter lewe vir hulself en hul families en om in vrede met mekaar saam te leef.

“Nou weer, en dalk meer as ooit, bepaal ons optrede as individue ons toekoms as land. Kom ons werk sy aan sy om die Suid-Afrika waarna ons hunker te verwerklik.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Stem saam ·

Oor paar jaar gaan ons terugkyk en dankbaar wees dat ons vasgebyt het. Ek glo dinge is besig om vir die positiewe te verander. Ek voel dit aan in my hele wese. Daar is nog vreeslike baie probleme en slegte dinge aan die gang (ek dink ons is op die kruin), maar die dinge is stadig maar seker besig om beter te raak.

Pieter ·

Nee broer tyd dat jy wakker skrik dan sou dit met ons buurlande ook al beter gegaan het daar is geen verskil tussen die ANC en ZANU PF nie het jy nie gehoor wat se slim mbeki van ou oorle robert nie

Pim ·

Ek stem saam met jou! Ek glo dinge gaan stadig maar seker beter begin gaan.

Reinhardt ·

Ek voel ook so. Daar is n atmosfeer in die lug, ‘n genoeg is genoeg houding. Dit het lank geneem, maar ek dink daar is hoop. Vir die eerste keer in jare voel ek so.

madels ·

Ek stem ook saam. Alhoewel daar nog baie probleme is, WIL EK GLO dat dinge begin beter word want ek dien n God wat gebede verhoor. Daar is derduisende mense in SA wat op hul kniee is vir hierdie land en baie oorsee ook wat bid. Ek kyk op na wat die HERE gaan doen NIE wat satan deur sy mens makkers doen nie.

Erika ·

Liewe President…begin eerste by Lesufi in jou eie regering..hy hoort nie daar waar ons vrede wil hê nie. Hy gun nie die son behalwe vir homself nie. Hy reageer soos ñ buffel…ag nee kry iemand CR met ñ hart!!

JR ·

Shame alles leë woorde sonder betekenis solank Lesufi, Ace, Malema en die Black first weet nie wat sy naam is nie in die parlement is bly SA se toekoms maar donker

LHS ·

Taal is nie die enigste probleem nie Cyril, inteendeel, daar is net eenvoudig te veel ernstige verskille wat nooit opgelos sal kan word nie.

George in Bloem ·

Tipies. Hulle se een ding maar doen ‘n totale ander een. Dis absoluut lagwekkend dat mense nog die snert glo wat die spul praat.

Tante ·

as jy n wit padda is wat Afrikaans kwaak sal Ramaposa die pot se water waarin die wit paddas is se water stadig warm maak totdat dit te laat is soos hy jare gelede beloof het so wat is hy nou so respekvol om te prys.Hy is nes Malema BLF en Lesufi

wilma ·

oe jinne julle wie dink SA gaan n beter land word moet wakker word. jul woon in Afrika. als sal nog slegter gaan.. hordes kids vir gesinne en hoe dink jul waar gaan al die geld vandaan kom vir allpay. te veel incompetence. net vet salarisse ini staats dept is al wat hul raaksien. als het reeds verval. hu kan jy25jaar se verval weer ophou. jul moet jul asb neti doodskrik wanneer als totniet is ni

@Engela ·

Ek is seker Wilma is nie die een wat ‘n probleem is by partytjies nie, die een met die rooskleurige bril is ‘n groter probleem, want alles lyk soveel beter as die lyne vervaag in ‘n vals waan waar liegbek politici nog steeds geglo word. Tyd om die kop uit die erdvarkgat te trek…..

Emma ·

Glo niks wat hul so gorrel voor n klomp nie. Dan smeer hy heuning om jou mond dan byt hy jou in die gat.

Kolskoot ·

SAAM STEM
Word wakker C R het gese hulle het baie by Bob geleer en dat die ANC bankvas agter ZANO PF staan .
Op die kruin van die afgrond .
Onthou ons word mos stadig soos paddas gekook .
Dis tyd dat die belastingbetalers hul rug styf maak

Pieter ·

Ek drink nie maar die dag as ons kan saam staan en dit reg kry dan begin ek drink

koos ·

Cyril het vergeet om te sê sat dit net een dag per jaar is. Die ander 364 gaan “normaal” voort.

Stem saam ·

Ek ken ‘n oom en tannie wat gekies het om nooit kinders te hê nie, want hulle het geglo die wederkoms is vinnig oppad. Hulle is nou in hul 70s en word sonder kinders oud. Baie mense wag al vir dekades dat Suid-Afrika ondergaan, maar dit gebeur nie. Suid-Afrika kan nie met Zimbabwe vergelyk word nie weens baie redes. Ek verkies om ‘n positiewe uitkyk te hê. Dit het my tot dusver net goed gedoen. Negatiewe mense was nog nooit suksesvol of gelukkig nie. Jy sal moet kies! Ek kan die land verlaat, maar wil nie. Ek is baie gelukkig hier. My hart is vol, my lewe is vol en ek geniet elke dag. Grotendeels genade, maar ook keuse.

remondo ·

‘kul jou hier , kul jou daar en siedaar! ‘ ………………………net rookskerms,,,,,,,,,,,,,,

JohanL ·

Geagte Mnr Ramaphosa – soos die Ingelse sou skryf: “Put your money where your mouth is”. Eers dan sal ons jou glo.

En hoe moet jy dit doen? Stap 1 – dank die rassis Lesufi af. Dan sal ek jou dalk begin glo. Tot dan………………….. jammer ek glo jou nie.

Hans ·

President ek glo nie ‘n enkele woord wat u t o v taal së nie.

Lug spieëling ·

Nou waarom dan iemand soos Lesufi uit Lethuli huis ontplooi, hom ondersteun en waarskynlik aan hom voorskryf? So verwar hul die Afrikaner met skisofrenie om te bly, en te bly veg en te bly belasting betaal sodat ‘ons’ mense plase, ondernemings en huise kan bly ‘kry’.
Waar hulle eindig om die Afrikaner uit te ryg, begin die uit eie geledere want daar’s boonop ‘n volgende generasie klein groepie BB’s wat verryk moet word. Hulle, vat die koek, want neem die laaste geldjie van goedgelowige pensioenarisse wat dit nie kan bekostig nie en spog boonop, heel vermakerig daaroor. Aandeelhouers van sg. Afrikaner mpye word verryk terwyl hul polishouers onbewustelik bydrae tot Afrikaner projekte waartoe hulle nie ingestem het nie. Die einste mpye ontrek stil stil van AIG. Nice!
Die ANC is wat dit is, maar hulle, uit eie geledere is Lugspieëling van ‘n ander aard.

Trojaanse Donkie ·

Verbeel hy homself steeds dat hy die presedent is? Siestog. Net omdat hy ook nou Mandela se soort hemde dra? Wie glo hom in elkgeval?

waarheid ·

Hy gebruik maar net die heuningkwas.
Haal die skille van julle oe af. Hy is nie betroubaar nie en ‘n leuenaar oor die plaasmoorde.
Kan en sal hom eenvoudig nie vertrou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.