Geen teken van man wat by Oos-Londen-strand verdwyn

Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)

Daar is nog nie enige teken van ʼn man van Mthatha wat verdwyn het toe hy in die see geswem het by Oostelike strand in Oos-Londen in die Oos-Kaap nie.

Geoff McGregor, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) by Oos-Londen, het gesê die NSRI is omstreeks 18:00 ontbied na berigte van ʼn verdrinking ontvang is.

“ʼn Omvattende see- en kuslynsoektog het egter geen teken opgelewer van die vermiste 31-jarige man nie. Hy is vermoedelik deur systrome in die see meegesleur toe hy geswem het,” het McGregor verduidelik.

Die polisie-duikeenheid se soektog duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.