Geen tenderproses glo vir Mandela-borsbeeld

Mandela se standbeeld voor die Uniegebou in Pretoria

Mandela se standbeeld voor die Uniegebou in Pretoria

Die kontrak vir ʼn borsbeeld van voormalige president Nelson Mandela ter waarde van R1.8 miljoen is sonder ʼn tenderproses aan ʼn maatskappy toegeken, het die Sunday Times berig.

Tenderreëls is glo nie gevolg nie, aangesien die parlement die projek as ʼn “nooduitgawe” beskou het, volgens ʼn mening deur die parlement se diensverskaffingsbestuur.

Dali Tambo se maatskappy, Koketso Growth, wat ook die beeldhouwerk behartig het van Mandela se standbeeld voor die Uniegebou, het die kontrak ontvang.

Die 2.2 meter hoë borsbeeld sal na verwagting op 28 April op die Nasionale Vergadering se stappe onthul word. Die koste het intussen van R1.8 miljoen na R2.6 miljoen eskaleer.

Die parlement het die borsbeeldprojek op 12 Junie goedgekeur. Mike Coetzee, sekretaris van die parlement, het glo aan Max Sisulu, die speaker van die Nasionale Vergadering, en Mninwa Mahlangu, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, gesê daar sal nie genoeg tyd wees om die borsbeeld te onthul voor die huidige parlement se termyn verstreke is nie.

Tambo en die parlement het nie aan die Sunday Times kommentaar gelewer nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Babs ·

Arms is ‘n lekker sitplek vir die duiwe om te sit en blertse los. Wonder wie gaan die kontrak kry om elke keer sy wit pak te was.

Lettie Smit ·

Is in elk geval geld mors. Hoeveel huise kon nie gebou word met die geld nie. Na 20 jaar het almal nog nie huise en nou word daar al plase belowe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.