Geen verandering in die petrolprys

Argieffoto

Argieffoto

Die prys van petrol sal dieselfde bly, maar die prys van diesel sal daal, het die departement van energie Vrydag gesê.

“Diesel met ʼn swawelinhoud van 0.05% sal volgende week Woensdag met 5.6 sent per liter daal en diesel met ʼn swawelinhoud van 0.005% sal met 4.6 sent per liter daal,” het die departement in ʼn verklaring gesê. Paraffien sal met 7 sent per liter daal.

“Die rede waarom die prys van petrol nie, soos verwag, met sowat 5c gedaal het nie, en die prys van diesel nie met 10c gedaal het nie, is omdat die onvoorspelbare tydelike leiheffing met 4,38 sent per liter gestyg het,” het Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, aan Maroela Media gesê. “Dit kanselleer dus die oorverhaling op petrol uit, en kanselleer die helfte van die oorverhaling op diesel ook uit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lynette Hendrick ·

Mens kan seker dit verwag het met al die dinge wat aangaan hier in ons land .
Dit is absolUut te duur om iewers heen te gaan . Is daar iemand wat raat het hoe ek nog moet bespaar om deur die maand te kom . Waar gaan ons land .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.