Geen verdagte vas vir moord op PE-onnie

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem vir die moord op Jayde Panayiotou (28), die onderwyseres van Port Elizabeth wat verlede Dinsdagoggend verdwyn het, nie.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê speurders werk een stryk deur om alle inligting en leidrade in die saak op te volg.

“Persone van belang is reeds ondervra sedert die slagoffer ontvoer is, maar dit is normale prosedure tydens ʼn ondersoek en sal so voortduur totdat die oortreders wat by haar ontvoering en moord betrokke was, in hegtenis geneem word,” het Janse van Rensburg gesê.

Sy het gesê die ondersoek duur voort en dat geen verdagte sover in hegtenis geneem is, of positief tot die misdaad verbind kan word nie.

Die polisie het Sondag ʼn identikit uitgereik van ʼn man wat moontlik verbind kan word met Panayiotou se moord.

Janse van Rensburg het aan Maroela Media gesê die tekening is saamgestel uit beeldmateriaal wat hulle van veiligheidskameras bekom het.

Panayiotou se liggaam is omstreeks 10:00 Woensdagoggend in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind, nadat sy vermoedelik verlede Dinsdag buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer is. Sy het gestaan en wag vir haar vriendin saam met wie sy werk toe sou ry, maar het verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het.

Panayiotou was ʼn onderwyser by die Riebeek College Girls’ High School in Uitenhage.

Enigiemand wat die verdagte op die idenitkit herken of meer inligting oor die saak het, kan ao. Anel van Eyk by 041 397 6857 of SAPS Crime Stop by 08600 10111 bel.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

jakes ·

2Punte van kommer: GEEN beloning dalk omdat sy blank is? En nog geen artikel raakgelees haar man rep ‘n woord?

OMW ·

Port Elizabeth – “Jayde is not gone; she is everywhere. Jayde resides in the wind like an elemental force. She can be experienced in the blooming of flowers; she is the yellow in daffodils of her favourite flower. She is the crest in every breaking wave, she is the fertile soil; she is the enduring embers of the fire.”

These were the moving words of Jayde Panayiotou’s husband, Christopher, during his speech at her funeral at the Mater Dei Catholic Church in Cape Road, Port Elizabeth on Monday.

“To my bride, my wife, my best friend and love of my life, it seems as words fail me.

“You were the salt in my sea, the stars in my sky and my sand on earth. You have always been and will forever be beautiful in my eyes. You exuded a radiance that took my breath away; you cast a glow on everything and everyone around you, rendering them purer and more lovely than ever,” he said.

‘Jayde kept me going’

Panayiotou said it was an honour that Jayde had chosen him to be her husband.

“I looked forward to a life that we had ahead of us in which we worked each day to bring out the best in each other. We had the potential to live full and gratifying lives, to be a positive influence on those around us,” he said.

Panayiotou described Jayde as being the most capable and wonderful woman he had ever known.

“I was honoured to be with her for the last 11 years and I am staggered by her sudden passing.

“She made me feel like the luckiest man alive and I never quite figured out why she gave her heart to me.

“Jayde was my drive to do better, Jayde kept me going,” he said.

Panayiotou described Jayde as being a master chef and master baker, who could have made “Mahatma Ghandi break a fast”, as well as being incredibly versatile, capable and deep.

“Jayde would often come home in tears as all she wanted to do was save every child and animal that crossed her path,” he said.

Family

“Over the past 11 years that we were together I grew a profound and deep love and respect for her family, who became my own,” he said.

He said Jayde had always wanted to prove to her parents that she was a capable human being, and had often confided in him about how proud she was of them.

“Jayde only ever wanted the best for her sister Toni,” he said.

‘Not a day of sadness’

Panayiotou thanked the hundreds of individuals who had filled the church for the funeral.

“On behalf of our family I want to thank you all for coming here today to honour Jayde’s life,” he said.

“Today should not be one of sadness, although her passing is truly tragic, it should be a celebration of life for one of God’s greatest creations,” he said.

Haar Man Het wel iets gese………………

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.