Geen verdagtes ná moord op bekende sielkundige

Dr. Mirah Wilks is wreed in haar huis vermoor. (Foto: Verskaf)

Nog niemand is aangekeer ná die dood van dr. Mirah Wilks, bekende misdaadsielkundige van Johannesburg, nie. Kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig daar is nog geen verdagtes in die saak nie.

Wilks (69) is verlede Sondag in haar huis in Sandown Estate deur ʼn rower oorval, wat vermoedelik deur die dak toegang tot die huis verkry het. Haar man, Frank (72), was by die kerk toe die voorval plaasgevind het.

Volgens ʼn amptelike verklaring deur die Wilks-familie het net een rower toegang tot die huis verkry en Wilks in die gang voor haar studeerkamer oorrompel.

Wilks het verlede jaar haar doktorsgraad in haatmisdaad aan Unisa verwerf. Prof. Juan Nel, Wilks se studieleier, sê sy was bekend in die sielkunde departement as ʼn persoon van integriteit en inbors, iemand wat ander altyd met die grootste respek en menswaardigheid behandel het.

Sy is reeds op 7 Oktober in die Wespark- Joodse begraafplaas ter ruste gelê. Sy laat haar man, kinders, Tarryn en Bret, en twee kleinkinders agter.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ryan ·

As die storie nie deur die polisie toegesmeer word as ‘robbery gone wrong’ nie gaan daar baie geraamtes uit die kas kom.. Ek wed julle sy was in iemand se visiere en hulle moes haar uit vat voor sy hulle wegsit. Ek het NOG NOOIT gehoor van 4 mans wat sommer deur die dak inbreek en iemand so wreed vermoor nie. Daar steek defnitief nog baie meer in die storie as wat ons dink..

Koos Bronkhorst ·

Simpatie met die familie van n lieflike mens. Daar moet groot druk op polisie geplaas word om hierdie wrede moordenaar te vang. Sy modus operandi om deur die dak te kom is buiten gewoon. Dis asof hy geweet het van hoe die woning se alarm stelsels werk. Die wreedheid van sy dade sê iets. Dat hy haar vermoor het getuig miskien dat sy hom miskien sou kon identifiseer. Sy was n kollega by UNISA. Mens sou verwag dat UNISA ten minste die haar menswees sou vereer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.