Geen verdere reddingsboeie vir SAL, vra DA

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie het sy verwagting uitgespreek dat Tito Mboweni, minister van finansies, nie in sy begrotingsrede enige verdere reddingsboeie vir die SAL sal aanbied nie.

“Suid-Afrika is reeds só diep in die skuld dat ons eenvoudig nie die geld het om staatsbeheerde organisasies soos die SAL verder te help nie,” het die party Saterdag gesê.

Die ooreenkoms wat SAL met Comair aangegaan het om R1,2 miljard in skadevergoeding plus regskoste te betaal, het tot die kontantkrisis by die nasionale lugdiens bygedra, het DA-woordvoerder Alf Lees gesê.

“Dié ooreenkoms het beteken dat daar nog minstens R1,2 miljard bygevoeg word wat uit die belastingbetaler se sak moet kom om die bankrot SAL aan die gang te hou. Die SAL moes onlangs nog R3,5 miljard leen, buiten die R14 miljard wat die SAL reeds skuld, om sy vliegtuie tot die einde van Maart 2019 in die lug te hou. Ongeveer R12,5 miljard moet voor einde Maart 2019 betaal word,” het Lees verduidelik.

“Hierdie reusagtige bedrae is ‘n meulsteen om die nek van die belastingbetaler, ondanks ‘n reddingsboei van R15 miljard wat die belastingbetaler die afgelope twee jaar vir die SAL aangebied het.”

Die SAL se sakeplan wys op voortgesette verliese van R7,1 miljard vir die 2018/19 en 2019/20. “Die DA glo dié geprojekteerde verliese is optimisties laag en, tensy die verliese deur verdere reddingsboeie gefinansier word, sal die lugdiens gelikwideer word.”

Lees het gesê daar is geen logiese rede waarom die SAL handel moet dryf nie. “Die nasionale lugdiens word duidelik gekelder deur wanadministrasie en korrupsie. Die Suid-Afrikaanse belastingbetaler beleef reeds geldelike probleme as gevolg van ‘n Eskom-krisis wat deur die ANC veroorsaak is en die krisis wat die ANC deur die regering veroorsaak het.

“Daar is privaat lugdienste wat nie ‘n las op die belastingbetaler is nie en gereed en bekwaam is om dadelik enige gaping te vul wat veroorsaak sal word as die SAL sy deure sluit. Suid-Afrika het reeds te veel skuld om verdere reddingsboeie vir die SAL aan te bied.”

Die DA moedig Mboweni aan om minstens van die poste by die SAL te red deur die moeilike besluit te neem om die SAL onder sakeredding te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

John ·

Nee, die boeie is om die enkels van die belastingbetalers… om vlerke te gee aan SAL en sy vergesigte. Die volk lè reeds in ‘n put van armoede en nog is dit het einde niet. Telkens word besture aangewys wat glo sesame is die kodewoord vir toegang tot die towergrot. Foei foei…

Dries du Toit ·

Dit is te wonderlik dat ons goedgelowige mense nogsteeds raad probeer verskaf .”Pleks dat die regering dit doen en pleks dat die regering dat doen” Die ANC gaan niks reg doen nie. Hulle het nog nooit. Hulle sal ook nooit. Hulle wil ook nooit. Hulle sal net alles wat nog nie heeltemal in sy hel in bestuur is verder beroof en vernietig

Alida ·

Wie op in SA vlieg nog met die gemors. Jy beplan alles net om n paar uur voor die tyd te hoor die vlug is gekanseller. Sluit die gemors en gebruik die geld vir instandhouding aan hospitale ens. Duisende gedienste huise kan gebou word met daai geld.

Eps ·

Skenk R500000 vir ‘n maatskappy wat dit wil verniet hê en raak vinnig onstae van dit.

Boet ·

Weereens soos by talle ander maatskappye is wit mense met kennis en vaardigheid vervang om plek te maak vir persone wat onbevoeg is.

Johanna Botha ·

Ag verkoop net die ding …dis n groot flop ! Kundige mense se dit oor en oor op die radio maar die dom mense luister nie en keer op keer hoor ons van die gemors daar !

Koos de Meyer. ·

Hulle sal nie verkoop nie want dan die bodemlose put mos nie gevul word nie. Ons weet mos wat is die wet van Transvaal.

Logika ·

Kan ons net die feite reg kry, asb. ek kan verkeerd wees, SAA skuld MILJARDE rande, maar in Engels, BILJOENE, so wie is nou so dom soos grond, ek of die persoon wat syfers aanhaal???

Sune van Heerden ·

Dagsê Logika

“Billion” is in Afrikaans “miljard”.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Hanna Hoekom ·

Die realiteit is dat die soustrein ten alle kostes moet bly voortstoom. En dit is hoekom ESKOM en SAL nooit geprivatiseer sal word nie. Net te veel lui, dik ANC katte wat sonder werk en ongekende luukses gaan sit. Maar pasop: die gans wat die goue eiers le (belastingbetalers) is op die nek-omdraai punt!

Theresa ·

Eskom val… SAL val….. die hele land val. Dis tyd dat die regering besef daars soveel skade al in SA dat dit dood eenvoudig nie sal herstel nie.

Gert van Wierdapark ·

Geen “Reddings-Boei” sal help nie. SAL het reeds gesink/verdrink. Dit kan nie eers “Ge-salvage”/Geberg word nie, want dit is absoluut NIKS-Werd nie!

Lerato ·

Susan
As ek vir SAA gewerk het, sou ek net soos jy gevoel het. Iewers moet daar ‘n groot skroef los wees. Die Britse lugredery het dieselfde pad as SAA geloop tot dit geprivatiseer is. Die unies is te sterk daarvoor.

George van Boshof ·

Janee,dinge gaan nou al hoe vinniger agteruit.Dis nie meer lank nie………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.