Geen verfballe meer vir Kaapse kese

(Foto: Baboon Matters/Facebook)

Die Stad Kaapstad het vandeesweek teen sy sin aangekondig dat sy Urban Baboon-program voortaan nie meer verfbalgewere as ʼn afskrikmiddel gaan insluit om bobbejane uit die Moederstad te verjaag nie.

Die metro het sy misnoeë te kenne gegee nadat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) aangedui het dat hy nie meer die gebruik van verfbalgewere as ʼn wetenskaplike en menslike afskrikmiddel vir bobbejane beskou nie.

Die Stad Kaapstad glo dié gebruik is nodig om mens én dier te beskerm.

Marian Nieuwoudt, burgemeesterskomiteelid van ruimtelike beplanning en omgewing, wys in ’n verklaring daarop dat verfbalgewere sedert 2012 suksesvol in die Stad se Urban Baboon-program as ʼn menslike afskrikmiddel gebruik word om bobbejane uit stedelike gebiede te hou.

Volgens Nieuwoudt het dié gebruik die afgelope nege jaar bygedra tot die herstel van die bobbejaanbevolking aangesien minder bobbejane in dié tydperk onwettig doodgemaak is.

Die NDBV sê egter hoewel verfbalgewere al vir jare as afskrikmiddel gebruik word, “tye verander en tegnologie ontwikkel het”.

“Net omdat ʼn praktyk jare lank al volgehou word, beteken nie dat daar vandag daarmee voortgegaan moet word nie. Veral as daar alternatiewe metodes is wat gebruik kan word om dieselfde uitkomste te bereik.”

Die Stad Kaapstad hou vol dit is vir bobbejane se beswil om sover moontlik in hul natuurlike habitat te bly. Bobbejane loop volgens die metro ’n groot risiko om in stedelike gebiede doodgemaak te word of beserings op te doen aangesien hulle in dié gebiede deur ’n motor getref, deur ’n hond aangeval of vergiftig kan word.

“Aangesien die NDBV nie alternatiewe afskrikmiddels aanbeveel nie, is dit onduidelik hoe bobbejane aangemoedig kan word om in die toekoms stedelike gebiede te vermy. Ek wil inwoners dus aanraai om sover moontlik die nodige voorsorg te tref,” sê Nieuwoudt.

“Ek wil herhaal dat die onttrekking van verfbalgewere as ʼn afskrikmiddel ʼn impak sal hê op die eiendom en lewenstyl van inwoners wat in gebiede naby bobbejane se natuurlike habitat woon.

“Ons sal dit ook moet oorweeg om die bobbejaanwagters uit hierdie gebiede te onttrek, aangesien daar geen alternatiewe maniere beskikbaar is om bobbejane uit die stedelike omgewing te hou nie,” sê Nieuwoudt.

Die NDBV sê hy is bewus van Nieuwoudt se “teleurstelling” omdat die metro nie in die organisasie se besluit geken is nie.

“Die mandaat van die DBV-beweging is duidelik. Ons voorkom en beëindig wreedheid teenoor en die lyding van diere in ons land. Ons is van mening dat die praktyk om bobbejane met ʼn verfbalgeweer te skiet nie net ʼn verouderde gebruik is nie, maar ook onnodige lyding inhou vir die slagoffers waarop die gewere gerig word.”

Nieuwoudt raai inwoners intussen aan om hul groentetuine en komposareas toe te span en geen kos vir troeteldiere buite te hou nie. Inwoners word ook versoek om hul vullisdromme te stoor waar bobbejane nie toegang tot só ’n drom sal kry nie.

“Inwoners moet ook hul deure en vensters gesluit hou as daar bobbejane in die omgewing is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Sambok ·

Ga-vang een en verf hom wit,sal sien hoe vinnig hulle dan verdwyn,dit was in die bosveld toegepas en werk goed

Stof ·

Doen dit demokraties. Laat die bobbejane toe om in plaaslike verkiesings te staan, en maak net seker hulle word uitgestem.
Vra vir Sonja Herrold hoe. Sy het mos al in die vroeë sewentigs, reeds gesing oor hierdie metode, in haar lied, Blouwaterberge.

Aikie ·

Aangesien die DBV dan “alternatiewe metodes” voorstaan, moet hulle dan nou uitkom met dit. Ek glo aan die gesegde wat sê: “If it ain’t broken, don’t fix it.” Die verfballe het gewerk, wat is die DBV se alternatief? Terselfdertyd kan die DBV ook maar pa staan vir hulle uitsprake en verantwoordelikheid daarvoor vat. Laat hulle kom wys wat hulle in gedagte het. Intussen kan daar maar ‘n waarborg uitgevat word dat indien die mense nie die Bojane suksesvol kan weghou nie, gaan die vergiftigings en ander wreder metodes blom.
Jy kan net soveel keer vat dat hulle jou huis stroop, dan tree jy op.

Rudolph ·

Dit is nie die DBV se verantwoordelikheid om alternatiewe metodes te ontwikkel nie. Hulle mandaat is om wreedheid aan die kaak te stel

Oompievis ·

Geen verfballe meer nie, ruil dit om met 7.62 skerppunt ammunisie

Rudolph ·

Jy is seker een van die mense wat weerlose, onskuldige diere as lewende teikens gebruik

Dries ·

Janee pakslae is uit vir kinders. Kyk waar is ons vandag. Verfballe is uit vir bobbejane. Kom ons kyk nou wat gebeur

Dirk Mostert ·

Die DBV kom op vir die menseregte van die bobbejane. As hulle nie ‘n werkbare alternatief kan voorstel nie, moet hulle liewers hul neuse uit die saak te hou.

Cherokee ·

Wat meen jy by ‘menseregte’ vir bobbejane? Die gesprek gaan nie oor die anc nie.
Bobbejaanregte is wat jy bedoel.

Pieter ·

Die DBV raak deesdae by tye uiters belaglik en irrelevant met hul beheptheid met oorregulering. Hulle sal eerder ‘n dier uitsit as wat ek die dier kan aanneem, omdat ek te ver bly vir ‘n inspeksie. Ander diere-organisasies gee nie om om ‘n inspeksie op my plaas te doen nie. Verder verstaan ek dat elke DBV tak privaat bestuur word, dus wat is hul nasionale mandaat? Ek ondersteun die organisasies wat my ook menslik behandel, nes die diere in hul sorg.

tweeling ·

Nee kyk, daar gaan hulle weer heeltemal oorboord. Tipes van hulle. En die stadsraad luister sowaar na hulle.

JohanCzu ·

Alle besluite bring verantwoordelikhede. Inwoners moet maar die DBV verantwoordelik hou vir skade en verlies aan lewensgehalte as die bobbejane ‘n probleem afgee. Die DBV moet maar verantwoordelikheid aanvaar daarvoor om die bobbejane te beheer.

Sarel ·

Nou wat isxdiec” moderne alternatuef ” wat die DBV vsn praat.

Anton ·

Die gebruik van verfbal gewere is gebore uit ‘n behoefte aan ‘n speletjies genaamd “Paintball” Duisende mense speel dit weekliks en klits mekaar daarmee. Kan die bobjane dit nie as ‘n spel beskou nie? DBV ingesluit.!
Speel maar die spel en skiet gerus mense met verfballe… los net die bobjane uit! Jammer Stad Kaapstad het nie DBV hof toe geneem. Dit is wat gebeur as ‘n vrywillige organisasie wetgewende magte ontvang. Fout!

annie ·

For Baboon Rights… show your respect by standing on your hands, feet up, to show your respect, whenever you see one of them on your stoepie. They will vote for the DA… if their boss Big Ben becomes the leader of the DA pack… bye-bye Steentjie… lacking muscles… on top.

Hennie J ·

Die DBV en die MRK is van dieselfde stoffasie. As iets werk teen ‘kriminele’ dan is dit skielik nie meer die ‘regte’ ding om te doen nie. Hulle kom ook nooit te vore met nuwe oplossings nie.

SjN ·

Begin deur hul elk n skriftelike waarskuwing te gee en dan het hul 30 Dae tyd om redes aan te voer hoekom hul nie verwyder mag word nie , dit is mos standard praktyk.

Danie ·

Lyk my die ndbv wil eintlik he die bobbejane moet so bietjie uitgedun word maar hulle wil dit nie reguit sê nie.
Very pc old chap.

Tanniepetoors ·

Ek ondersteun normaalweg die DBV, maar het een van hulle al beleef dat ‘n trop bobbejane verwoesting saai in hul eie huis? Hoeveel van hierdie “tree huggers” het al van aangesig tot aangesig gekom met ‘n honger bobbejaan? Glo my, nogal vreesaanjaende ondervinding wat nie altyd goed eindig nie. Wat is die alternatief wat die DBV voorstel? Groet die bobbejaan met die hand en vra hom beleefd om elders te gaan moeilikheid maak?

FBS ·

Pragtige voorbeeld van die NDBV wat regulasies daar stel en aksies wat werk kanselleer. Sonder enige werklike navorsing, sleg seker op waarneming. Die beste is dan bedel hulle nog geld.
Hoekom hou hulle hul nie by honde, katte en ander huis diere nie.

Miskruier ·

Solank die mens die bobbejane se veldkos plunder en langs die pad verkoop, sal die probleem nie oplos nie.

Janee ·

“Natuurlike habitat”….vanwaar?…Dit word alles onder hulle vernietig deur ontwikkelaars….

Cherokee ·

Ek kliek kliek en kliek maar kry slegs een duimop gedoen.

Cherokee ·

Het enigeen al aan kennisgewings teen die pale gedink? Soos met verkiesingstye. Iets soos geen bobbejane (anc’s ingesluit) toegelaat.

Clifford Salwyn ·

Stel hulle aan om polisielede te word, probleem opgelos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.