Geen verhoging vir raadslede dié jaar

ʼn Fel stryd woed voort om die beheer van plaaslike munisipaliteite, maar raadslede wat dié poste reeds beklee, sal vanjaar geen verhoging kry nie. (Argieffoto: Verskaf)

ʼn Fel stryd woed voort om die beheer van plaaslike munisipaliteite, maar raadslede wat dié poste reeds beklee, sal vanjaar geen verhoging kry nie.

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, het Dinsdag in die Staatskoerant aangekondig dat raadslede se betaling onveranderd bly.

Die minister het die besluit geneem in oorleg met die aanbevelings van die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Openbare Ampsdraers en beraadslaging met die uitvoerende raad verantwoordelik vir plaaslike regering in elke provinsie.

Die 0%-aanpassing geld vir lewenskoste op die boonste salarisvlakke, asook toelae en voordele van die verskillende lede van munisipale rade vir die 2020-’21-boekjaar.

Só lyk die vergoedingspakket wat verlede jaar in die Staatskoerant verskyn het:

ʼn Munisipaliteit se graad word onder meer bepaal deur die munisipaliteit se inkomste en die grootte van die bevolking. Groter en meer welvarende owerhede se raadslede verdien dus meer.

Raadslede wat dieselfde of minder as die algehele vergoedingspakket verdien, mag ook R1 103,23 per dag eis op die dae wat hulle vergaderings bywoon. Die bedrag bly dieselfde, ongeag hoeveel vergaderings bygewoon word.

Raadslede mag reiseise indien vir die gebruik van hul eie voertuie in die uitvoering van hul pligte. ʼn Selfoontoelaag van nie meer nie as R3 400 per maand kan ook betaal word, terwyl data van R300 per maand geëis mag word.

Munisipaliteite moet ook versekering uitneem vir verlies of skade aan ʼn raadslid se eiendom of bates, asook lewens- en ongeskiktheidsversekering vir enige skade of verlies wat veroorsaak word deur oproer, openbare opstand, stakings of openbare wanorde.

Indien ʼn raadslid se eiendom beskadig of verwoes word weens enige van dié situasies, kan die munisipaliteit, onderhewig aan bekostigbaarheid, tot 30 dae vir alternatiewe verblyf betaal.

Raadslede kan ook voorsien word van kantoortoerusting, ʼn skootrekenaar of tablet, sakekaartjies, kantoortelefoon en skryfbehoeftes. Uitvoerende burgemeesters, burgemeesters en speakers is geregtig op twee lyfwagte en afwyking van dié bepaling kan net op aanbeveling van die polisie gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JohanR ·

My gooiste maar die darem LEKKER geld daai! Geen wonder hulle steek en skiet mekaar om op die lys te kom nie. Daar is ‘n paar ANC’s wat niks kry want die DA en EFF het daai munisipaliteite geneem.

Racheltjie Debeer ·

Die salarisse is buitensporig hoog! R47928 per maand vir die laagste graad en dan nog ‘n selfoon toelaag van R3400, plus data, plus vergoeding vir die dae waarop hul vergader.

Dis darem bitter baie geld vir niks doen nie! Waar het jy gesien mens kry ekstra geld, buiten jou salaris, om vergadering by te woon??? DIs sommer snert. Hul word mos ‘n salaris betaal, waarom ekstra vergoeding vir vergaderings????

Tipper ·

En die strate in ons neighbourhood is al vol duike en slaggate.

Di ·

LEKKER lewe in die ANC! Geen wonder daar is nie geld om goed in stand te hou nie.

Tipper ·

Mooi maat, ons reël net gou n vergadering dan kry ons daai duisend randjies.

Jannie van Niekerk ·

Geen wonder die munisipaliteite en die land is bankrot nie. Mens noem dit BLATANTE diefstal. Ek is sommer knorrig daaroor dat my belasting moet betaal vir Onderkorporaal Malema se peperduur Hummer sportnutsvoertuign terwyl my ryding ‘n paar hardloopskoene is.

Dup ·

Our people gaan vir die pos(groot salaris) en gee nie ñ duit om vir die inwoners in ñ dorp nie.KFC verkoop hoender dat die vere waai!

Nie Verbaas ·

Ek het nooit besef dat onbevoegdheid so hoë prys het wat vir die meerderheid geld nie.

AW ·

Sê mens nou Dankie ???

Die oormeerderheid , vedien nie sulke bedrae nie.

Yvonne ·

Die melk koei is toe droog uitgesuip…wat nou…einde is nie insig nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.