Pres. Jacob Zuma het Dinsdag die jaarlikse salarisaanbevelings vir staatsamptenare goedgekeur.
Die Onafhanklike Kommissie op die Besoldiging van Openbare Ampsbekleërs het aanbeveel dat daar geen salarisaanpassing gedoen moet word vir die volgende staatsamptenare vir 2016/17 nie:
– alle lede van die nasionale uitvoerende raad (die president, adjunkpresident, ministers en adjunkministers)
– alle lede van die nasionale parlement
– alle lede van die provinsiale uitvoerende komitee en wetgewer
– alle regters
– plaaslike regering: posisies van uitvoerende burgemesters tot sweep
– tradisionele leierskap: posisie van die koning/koningin tot voltydse adjunkvoorsitter van die provinsiale huis van tradisionele leiers
Die kommissie het ook ʼn 4%-lewenskoste-aanpassing aanbeveel tot die salarisse van plaaslike regering: munisipale raadslede en 6% vir alle landdroste en van voltydse lede van die nasionale huis van tradisionele leiers tot hoofmanne/vroue en ʼn toelating vir alle lede van die nasionale huis van tradisionele leiers en provinsiale huis van tradisionele leiers.
Salarisse en toelatings van verskillende kategorieë vir staatsamptenare word deur die president bepaal nadat hy, onder andere, die kommissie se aanbevelings in ag geneem het.
Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, het in ʼn verklaring bevestig Zuma het die kommissie se aanbevelings vir 2016/17 aanvaar.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Verdien nie eers om president te wees nie wat nog van n verhoging …..klaar sy verhooging gesteel ….
Ag shame
Sal so dink….hy het geen salarisverhoging nodig….hy doen in elk geval niks om die land se ekonomie te laat groei….breek net af met onsinnige stellings …dans en giggel sy pad oop na ander befondsers om sy boeke te laat klop….sy vrouens sal beslis nie af geskeep word deur hul nie n moewiese toelae verhoging NIE toe te ken….NUMBA 1 wen steeds al die pad….
Hoe sê hulle in Engels? “Die spinoff’s.” Dus het hulle dit nie nodig nie, maar daardie ander ysters in die vuur, diiis waar die geheim lê. En natuurlik wie jy ken.
Ag hoe grootmoedig van hulle. Baie dankie (vir niks).