Geen verhoging vir Zuma en kie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (links) en pres. Jacob Zuma (regs) (21 Mei 2014) Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (links) en pres. Jacob Zuma (regs) (21 Mei 2014) Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag die jaarlikse salarisaanbevelings vir staatsamptenare goedgekeur.

Die Onafhanklike Kommissie op die Besoldiging van Openbare Ampsbekleërs het aanbeveel dat daar geen salarisaanpassing gedoen moet word vir die volgende staatsamptenare vir 2016/17 nie:

– alle lede van die nasionale uitvoerende raad (die president, adjunkpresident, ministers en adjunkministers)
– alle lede van die nasionale parlement
– alle lede van die provinsiale uitvoerende komitee en wetgewer
– alle regters
– plaaslike regering: posisies van uitvoerende burgemesters tot sweep
– tradisionele leierskap: posisie van die koning/koningin tot voltydse adjunkvoorsitter van die provinsiale huis van tradisionele leiers

Die kommissie het ook ʼn 4%-lewenskoste-aanpassing aanbeveel tot die salarisse van plaaslike regering: munisipale raadslede en 6% vir alle landdroste en van voltydse lede van die nasionale huis van tradisionele leiers tot hoofmanne/vroue en ʼn toelating vir alle lede van die nasionale huis van tradisionele leiers en provinsiale huis van tradisionele leiers.

Salarisse en toelatings van verskillende kategorieë vir staatsamptenare word deur die president bepaal nadat hy, onder andere, die kommissie se aanbevelings in ag geneem het.

Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, het in ʼn verklaring bevestig Zuma het die kommissie se aanbevelings vir 2016/17 aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Lance ·

Verdien nie eers om president te wees nie wat nog van n verhoging …..klaar sy verhooging gesteel ….

Gideon ·

Lance dis alles in elk geval net misleiding. Die ‘tradisionele koningshuise’ kry steeds hul reuse-verhogings in 2017 soos altyd….en wie doen die meeste werwing vir die ANC in die platteland?

Kobus ·

Sal so dink….hy het geen salarisverhoging nodig….hy doen in elk geval niks om die land se ekonomie te laat groei….breek net af met onsinnige stellings …dans en giggel sy pad oop na ander befondsers om sy boeke te laat klop….sy vrouens sal beslis nie af geskeep word deur hul nie n moewiese toelae verhoging NIE toe te ken….NUMBA 1 wen steeds al die pad….

Jan ·

Hoe sê hulle in Engels? “Die spinoff’s.” Dus het hulle dit nie nodig nie, maar daardie ander ysters in die vuur, diiis waar die geheim lê. En natuurlik wie jy ken.

Lance ·

In die privaatsektor sou die man al laaaankal afgedank gewees het as hy heeltyd SO aanjaag …wat nog tese n verhoging kry ….wat n joke ! Hy se nogal ..”if I had my own business” …my byna doodgelag

WutBlits ·

Met al die meevallers soos Nkandla van R247miljoen, gratis regskostes om Openbare Beskermer te beveg, swak prestasie sonder om afgedank te word, ens. verdien Zumpie in elk geval nie ‘n verhoging nie en moet hy eerder begin terugbetaal dit wat hy onverdiend totdusver betaal is!

Alida ·

Hy verdien nie een sent van sy salaris nie. Stop hom in die tronk waar hy hoort en laat hom 3de wereld kos eet soos al die ander misdadigers. 700+ aanklagtes en hy loop nog rond. Belaglik.

Ceward Thornhill ·

16 Miljoen Rand om die begrafnis diens van Fidel Castro by tewoon ten koste van ons hard verdiende geld, Castro se soldate het teen ons geveg in Angola, hulle wou die boere volk uitwis nou is Castro die held en Suid Afrika moet na hom op sien. Ek verlustig my nog daarin toe ons die Kubane in n pynappel land oorwin het.

jaco ·

Almal wat hierbo so erg vir arme Zuma verguis oor sy salaris en en ander perks, moet asb die volgende ook besef: ALLE parlementslede, uitsluitend die DA en die VF-Plus, kry R1miljoen PER JAAR, plus ‘n lekker huis plus ‘n grand motor plus ‘n onthaaltoelae. Dis BAIE LEKKER voordele daardie. Dis ‘n money making venture. Is so ‘n erg groot salaris regtig nodig? Brood en melk en petrol en DSTV kos dieselfde vir hulle as vir ons. So elkeen van hulle, insluitend die DA en die VF-Plus, bou ‘n mini-Nkandla. So wanneer julle Zuma se kop wil afkap oor sy salaris, doen dan aan ook dieselfde met ELKE parlementslid, ook die vir wie julle stem.

Ambassadeur JAco ·

Hoekom noem jy nie EFF ook hier nie? Hoekom die DA en VF uitsonder? Ons is bly Zuma het darem een goeie ondersteuner JACO! Jy behoort die volgende ambassadeur vir SA in London te wees, jy staan sterk agter die ANC.

JANNIE SWART ·

EK STEM 100% SAAM MET JACO. DIE DA,VF EN EFF KRY OOK NET SULKE ASTRONOMIESE SALARISSE. HULLE VERDIEN DIT NIE.ALMAL IS MAT NET DAR VIR DIE GELD. HULLE BETEKEN BSOLUUT NIKS VIR DIE MENSE WAT VIRHULLE GESTEM HET NIE. SOUSTREIN IS MAR NET TE LEKKER VIR DIE DA EN EFF.

Theresa B ·

Ag siestog en almal glo hulle. Hulle sal nie hulself ‘n sent te kort laat kom nie. Dis nou weer op ‘n ander wyse “opgemaak”. En die res wat so met oogklappe loop en die grond aanbid waarop Zuma-hulle loop dink hulle is nou eers die beste. Aardetjie tog – hoeveel breinselle het ‘n mens nodig om die 1 en 1 bymekaar te sit………………….

Guptas ·

EN ons glo dit natuurlik? Seker soveel ander geld onder deur die tafel gekry .. was verstom om te hoor wat die GUPTAS ministers aangebied het, dat hulle nie NODIG het om salarisverhogings te kry nie. Dalk kom dit hierdie jaar uit die GUPTAS se sakke uit en dis hoekom die belastingbetaler nie hoef op te dok nie. Bring net ‘n groot sportsak en ek laai vir jou R30 miljoen daarin . wie wil dan ‘n verhoging he?

jaco ·

eks geen vriend van Donald Trump nie. As ek ‘n Amerikaner was, sou ek hoogs waarskynlik nie eens vir hom gestem het nie. maar een ding van hom bewonder ek: hy het gesê dat hy reeds soveel rykdom vir homself uit sy sakebedrywighede geskep het, dat hy sy salaris as president opgee. hy het reguit gesê hy wil dit nie hê nie. Dis $400 000 (amper R5.5miljoen).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.